Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

WEBWERF-LYS EN ANDER BRONNE

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 26
 
WEBWERF-LYS EN ANDER BRONNE
 
Die volgende bronne sal jou help om Yahuweh te leer ken en ‘n verhouding met Hom te bou. Die geestelike voedsel wat jy nodig het, is vasgelê op hierdie webwerwe.
 
http://www.yadayahweh.com/ Conversation with God. Craig Winn, biljoenêr Amerikaner wat die Moslem-leuen ook aanvat in “Prophet of Doom”. Ek verwag dat hy een van die dae arresteer sal word op grond van die nuwe sg. haatspraak-wette in die VSA. Hy is gereeld op radio en TV om Islam te ontmasker. Sy boeke is gratis en hy ‘bedel’ nie geld nie. Sy leuse is dat die evangelie gratis is en daarom verkondig hyself dit ook gratis. Sy webwerf was die inisiële stimulus wat ons aangepor het om self navorsing te begin doen.
 
http://www.theownersmanual.net/ The Owners Manual. Ken Power. Ongelooflike insigte in die Torah – ‘n lewende Skrif wat die Skepper op nuut weer voorstel in Sy soewereiniteit, Sy geregtigheid en afgesonderde heiligheid, Sy genade en liefde soos weerspieël in die Torah. Die Torah word lewendig want jy kry insigte wat jy nog nooit gehad het nie.
 
www.emetministries.com    Rabbi Daniel Rendelman hou hierdie lewendige aktiewe webwerf aan die gang terwyl hy ook sy gemeentelike aktiwiteite nakom en boonop nog voltyds sekulêre werk verrig. Sy gereelde artikels is kos vir die siel.
 
www.yourarmstoisrael.org       Laai sy skrywes af oor die verlore tien stamme van Israel. Dit is absoluut oorweldigende leringe waaraan ons nog nooit bloot gestel was nie, maar waar en seker. Jy kan ook die Restoration Scriptures True Name Edition Study Bible van hulle af bestel. As myne iets moet oorkom, dan bestel ek dadelik weer een, al kos dit wat.
 
www.nazareneisrael.org      ‘n Absolute MOET. ‘n Webtuiste van Messiaanse Nasareense Israeliete.Lees die boek “Original Faith of the Apostles”, laai dit van die webwerf af.
 
Die “Final Reformation” van Dr. Koster en ook sy “Come out of her My People”. ‘n Moet vir die ernstige hervormer. Hierdie boeke word op oorsese webwerwe aangehaal. Dr. Koster was ‘n Afrikaanse medikus en ‘n vorige superintendent van die H F Verwoerd Hospitaal, ‘n ware hervormer. Sy werke word wyd aangehaal oorsee en vorm die basis van baie Nasareense standpunte. Ek het pas, terwyl ek besig was met die finale redigering van hierdie boek, vasgestel dat van sy skrywes weer gedruk word “Gaan uit haar uit, My volk”. Gedruk deur http://www.messianic.co.za. Doen jouself ‘n guns en probeer hierdie boeke van hom in die hande kry. Dis volledig. Jy kan nie beter nie. Na ek sy Afrikaanse werke gesien het, wil ek hierdie een in jou hand iewers weg steek.
 
The Sacred Name deur R Clover. WOW!! Jy sal sommer weer jou eerste liefde herwin. Hy het ook talle ander puik publikasies. Sy navorsing is onverbeterlik. Dit is akademies puik, van hoogstaande gehalte. JY kan dit nie koop nie en die publikasies is slegs beskikbaar by oorsese Universiteitsbiblioteke en verder gratis beskikbaar vanaf die webtuiste. Maar satan is siedende woedend hieroor – daar is uitermate teenreaksie hierop vanuit anti-Torah geledere. Jy moet die boek dringend aflaai terwyl dit nog beskikbaar is van http://www.2besaved.com/sacredname.pdf Die oorspronklike webtuiste waarvan ek dit afgehaal het, is poef, weg.
 
www.elim.co.za N G predikant wat in 1999 reeds uit die Christendom uit is en ‘n Yisraeliese Nasareense webwerf bedryf (hoewel hy dit nie so noem nie) met ‘n huisgemeente in Vishoek. Daar is ‘n oneindige skat van artikels. Die Woord en Getuienis Skrif kan ook van hulle bestel word – ‘n skat, elkeen in ons huisgemeente het een en bestudeer dit. Ons het van al ons ou “Bybels” ontslae geraak. Die teks is steeds oorwegend gebaseer op die 1933 Afrikaanse vertaling en ook die 1998 Scriptures, maar die afgodsname en titels is vervang en die oorspronklike persoonlike Hebreeuse eie-name van die Skepper is terug gebring in die teks in. Hierdie huisgemeente organiseer jaarliks die Fees van Tabernakels onder in die mooie Kaap wat deur Nasareense Yisraeliete vanoor die hele land bygewoon kan word.
 
www.briderevival.org/ Die heel eerste vroue N G predikant wat gelegitimeer is maar met wie Yahweh gepraat het en sy toe in gehoorsaamheid ‘n Yisrael Nasareense gemeente in Pretoria begin het. Pretorianers wie die Shabbat wil hou, kan daar aansluit. Uiteraard moes sy ook die sisteem verlaat. Die artikels op haar webwerf is Ruach-gedrewe. Ek bid dat ons Afrikaanse predikante daar gaan kers opsteek.
 
www.2besaved.com Nieu Zealanders – ‘n wonderlike webwerf met diep leringe – daar is waardevolle “links” vir aansluiting by ander werwe.
 
www.fossilizedcustoms.com WOW wat kan ek hieromtrent sê? Gaan kyk self. Hierdie ouens delf diep en ontmasker die bedrog en leuens en word hoog aangeslaan deur ander navorsers. Bestel die boek “Fossilized Customs” deur Lew White by http://www.messianic.co.za of by Qodesh Drukkers in Krugersdorp. Jy moet verander as jy nog nie het nie! Kry hierdie Engelse boek.
 
www.wildbranch.org Brad Scott was onlangs in die RSA en sy leringe is kosbaar en gerig vanuit die Hebreeuse perspektief.
 
www.wisdomintorah.com Hierdie Leviet se leringe is ongelooflik. Hy was ook onlangs in Johannesburg saam met Brad Scott.
 
www.yaiy.org/   Hierdie is ‘n verkwikkende webwerf van die “Yahweh Assemblies in Yahshua” – verspreid oor die aardbol. Hulle artikels is kosbaar en ‘rotsvas’ (sound) – manna vir die siel – Lionel Gets is in Benoni in die RSA beskikbaar vir navrae – 011 8498592 of 0829594721. Hierdie mense is al reeds sedert 1930 besig met die restourasie van die Hebreeuse grondslag van die geloof in Yahushua.
www.laydownlife.net ‘n Liggewende webwerf van geestelike ‘biefstuk’ bestaande uit meer as ‘n 100 artikels deur “Yedidah”, wat ‘n absolute moet is vir die gelowige wat dit erns het met Yahweh /Yahshua en wie begeer om deel van Sy bruid uit te maak. Sy hanteer eindtyd profesie gevestig op die Torah. Haar lering is ongelooflik, ‘n vrou, voorheen ‘n christen-pastoor van die Assemblies of God in Amerika, nou ‘n profetes en boodskapper van Yahweh Yahshua.
 
www.isr-messianic.org Hulle publiseer ook die Scriptures 2009 wie die oorspronklike Name van Yahweh ( יהוה ) en Yahshua ( יהושע) in die Hebreeuse alfabet gedruk het. Vir die Engelssprekende is hierdie Skrif ‘n moet. 
 
En dan is daar Qodesh Drukkers van Krugersdorp, 011 - 6609075, wie talle publikasies versprei wat verband hou met die Nasareense gelowige wat die Torah onderhou en die Messias Yahshua lief het. Hulle is oop oor naweke die 1ste dag, maar nie op die Shabbat nie. Dr. Koster en Lew White se boeke is by hulle verkrygbaar. Die 2009 Scriptures kan ook van hulle aangekoop word, in Krugersdorp.
 
www.servant2000.org Nasareense Rabbi Paul Todd hanteer verskeie onderwerpe. Een wat jy moet lees en aflaai, gratis, “A message for our time”. Ek het pas hierop afgekom en dit bevestig weer net die waarheid en die erns van die inhoud van hierdie navorsingstuk wat jy tot hier toe gelees het. Daar is te veel buite bronne ter bevestiging. Ons durf nie meer Baal aanbidding pleeg nie. Kom uit agter die masker uit!
 
http://www.raphaellataster.com/ “Was the New Testament Really Written in Greek?” Jy sal nie glo hoe die mense ons bedrieg en belieg het sonder om ‘n oog te knip nie! Hierdie boek is akademies puik gefundeerd.
 
www.restorationoftorah.org Die outeur van hierdie webblad het ‘n artikel geskryf “The Restoration of Torah”. Hierdie artikel is ‘n moet vir alle Nasareense gelowiges en ook Christene wat opreg soek na die volle waarheid. Ek is oortuig dat ‘n Christen wat onaangeraak, onveranderd bly deur hierdie artikel, en weier om te bekeer, sy bloed is op sy eie kop.
 
Maak dan sommer ‘n draai by www.danielstimeline.com om te sien hoe naby die verdrukking werklik is. Die inhoud van hierdie betrokke webwerf word gekorroboreer deur ander soortgelyke onafhanklike webwerwe waarvan die Torah die fondament is.
 
NEW AGE BIBLE VERSIONS” An Exhaustive Documentation Exposing The Message, Men and Manuscripts Moving Mankind To The Antichrist’s One World Religion deur G A Riplinger – Jy durf nie meer sommer maar net ‘n vertaling gaan koop nie – van hulle is demonies gedrewe om te mislei.
 
Hierdie is enkele webwerwe waarmee jy kan begin. Daar is hordes ander waarby jy ook mettertyd sal uitkom. Ekself het ‘n paar maande gelede nie eens geweet van elim of briderevival nie. Ek het nou eers agter gekom dat daar letterlik hordes klein huisgemeentes in die RSA is wat wyd verspreid is. Orals begin mense die Torah-waarhede besef en vind werklike bekerings plaas en vind letterlike informele kontak plaas tussen nuut bekeerde gelowiges.
Gaan in op hierdie webwerwe en laai die inhoud af op jou hardeskyf. Van daar kan jy dit laat uitdruk in boekvorm. Dis duisende bladsye geestelike waarheid wat jy nog nooit by jou predikant of van jou ouers of sondagskoolonderwyser gehoor het nie of selfs nog nie in boeke gelees het nie.  Baie van hierdie Skrifwaarhede sal ‘n algehele paradigma skuif van jou heersende denke vereis. Van die boeke hierin genoem kan ook van die web afgelaai word – klik op google en soek die titels – dis gratis soos wat al die ander boeke gratis is.
YAHUWEH = YAHUSHUA = Elohiem Yah red, Elohiem Yah is verlossing!
NS. As jy werklik nie kans sien om radikaal tot Yahweh te bekeer deur Sy Shabbatte en Feesdae te vier en te onderhou nie, (en jou te distansieer van die huidige christelike afgod feesdae waaronder ook die Sondag, nie) EER HOM dan deur minstens Sy Eie Persoonlike Hebreeuse Naam te begin gebruik – YAHUWEH/YAHUSHUA en verwerp die ander valse Griekse heidense titels en name wat deur die heidense Christendom gebruik word – moet nie die name oor jou lippe laat kom nie. Is dit te veel gevra? Hyself moes gedink het dat dit belangrik is, anders sou Hy nie Sy eie persoonlike naam bykans 7000 keer in die oudste Geskrifte vir ons bekend gemaak het nie – en die van Sy Seun 77 keer!! As jy aanhou daarmee, beledig en belaster jy Hom bewustelik. Sodoende kan jy minstens in die praktyk vir Hom wys dat jy Hom eer en “vrees” en Sy wense respekteer – al wil jy Hom nie voluit volg nie.
Ek wens so dat ek verkeerd is, maar hoe meer ek navorsing doen, hoe duideliker word dit vir my dat die feite wat ek van allerlei bronne opdiep, van Australië, Kanada, Amerika, Europa, Brittanje, noem maar enige land, dwarsoor die aardbol, absoluut waar en korrek is. Hierdie is nie sommer maar net ‘n toevallige ‘internet – storie’ nie. Hierdie feite kom van die Allerhoogste self. Hy verafsku onkunde en Hy verwag dat ons onsself op die hoogte moet stel met Sy Torah, met Sy Skrif-waarhede. Gaan besoek hierdie webwerwe en sien hoedat die Feeste van Yahweh die toekomstige profetiese gebeure, die Wederkoms, gaan beïnvloed en akkommodeer. Die Christendom weet hiervan niks nie, is totaal onkundig hoewel dit vas gesement is in die Torah – Yahweh se lewende Woorde!! Jy durf hulle nie veronagsaam nie, disrespekteer nie. Sy Torah is LEWE.
 
EK SLUIT AF MET ‘N TRAGIESE, MAAR OBJEKTIEWE GEVOLGTREKKING:
 
Die arme Christendom is maar net een van die baie ONDERAFDELINGS VAN DIE OKKULTE wat in hulle geheel die koninkryk vorm van Lucifer alias ha satan. Die Christendom is ‘n andersoortige grys-wit OKKULTISME wat beoefen word deur onwetende, niksvermoedende, opregte kinders wat die Allerhoogste in Gees en in Waarheid probeer aanbid en dien, maar onwetend vasgevang is in demoniese verblinding. Die woorde skryf ek met diep hartseer, sonder enige oordeel, met die wete dat ek naby gesinslede het wat nog nie daar uitgekom het nie, wat nog nie besef dat hulle ‘letterlik’ deel is van Yisrael nie en dat hulle net moet weg breek en soos ware Yisraeliete moet begin leef en die gewoontes en gebruike van die Christendom moet verwerp. Gelukkig kan hulle want die Vader ken hul verblinding en misleiding en Hy roep daagliks Christene uit die Christendom uit om te bekeer terug na die oorspronklike geloof van die Apostels wie die Torah onderhou het en wie die Messias Yahshua lief gehad het met hulle hele lewe, met alles wat in hulle was en hulleself vir Hom gegee het, selfs in martelaarskap.
 
Dit is moontlik wanneer die VUUR van die ALLERHOOGSTE, SY RUACH GEES, die christen gelowige skoon, uitbrand sodat hy/sy‘n 180 grade omkeer maak na YAHUWEH YAHUSHUA toe en Hom begin aanbid as ‘n ware opregte Yisraeliet wat die Torah gehoorsaam en die Messias Verlosser Yahushua aanvaar en Hom met sy/haar hele hart en lewe lief het en dien.
 
Hy identifiseer Homself reeds in die 1ste Gebod as YHWH (YOD, HEY, VAV, HEY) en dan openbaar Hy Homself as die Messias Yahushua van die Hernieude Verbond wie in die vlees gekom het en wie as Hoë Priester en Koning aan die Regterhand van Sy Vader YAHUWEH sit, ooreenkomstig die geldende Torah van die Priesterlike Orde van Melgisedek. Hy het seker gemaak dat jy nie fout kan maak nie. Kom uit die okkulte uit en keer terug na die oorspronklike geloof toe.
 
Shalom allecheim! Baruch ha Shem Yahuweh Yahushua.
(Vrede, vir jou, geseënd is die naam van Yahweh Yahshua)
 
Baruch atah Yahweh, Eloheynu melech ha olahm
(Geseënd is U Yahweh, ons Koning van die heelal)
 
Asher natan lanu eh derech
(wie ons die weg gewys het)
 
Ha Yashua be Mashiach Yahushua
(van verlossing in die Messias Yahshua)
 
Amein!!!
(Amein!!!)
 
 
 
 
koosdupl@gmail.com

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement