HOOFSTUK 23
WATTER ROL SPEEL DIE TORAH VANDAG IN JOU LEWE?
Wees baie eerlik met jouself en beantwoord die volgende vrae.
Ø Het Yahweh ooit op enige tydstip enige van Sy wette verander en weg geneem?
Ø Het Hy ooit die geboortereg van Ephraim weg geneem?
Ø Het Hy ooit weg gedoen met die Torah – die Shabbat, die Feeste en Nuwe Maan feesvieringe?
Ø Het Hy ooit op enige stadium te kenne gegee dat die afval vretende land- en waterdiere soos die vark, die kreef of die baber voedsel vir die mens kon word sodat die mens vlees kon inneem wat onder andere bestaan uit wurms, kankers en ander siektes wat hulle optel uit die afval wat hulle vreet.
Ø Het Hy ooit Levitikus 11 tot niet verklaar?
Levitikus 11 se dieet-voorskrifte is deel van Yahweh se opdrag om vir Homself ‘n afgesonderde volk te versamel. ‘n Volk wat nie soos ander heidense volke lewe nie. Dit was deel van die huweliksverbond wat die Yisraeliete by die berg Sinai met Yahweh aangegaan het. “Want Ek is Yahweh”.
Mense gaan deesdae letterlik dood van dit wat hulle eet. Vark griep!!?? Yahweh sê uitdruklik in Jes.66:17 dat jy geestelik tot niet sal raak omdat jy jou eie verfoeilike weë kies deur vark te eet.
Maar die arrogante godsdienstige moedswillige Christene verklaar: “Ek kan eet wat ek wil, ek is nie onder die wet nie, ek is onder die guns (genade)”.
Christen-leraars steun op die leuen wat satan aan hulle voorhou en interpreteer Handelinge 10 so totaal buite konteks, so absoluut verkeerd. Yahweh sê doodeenvoudig vir Kepha (Petrus) dat hy nie die Rabbiniese Talmudiese wet moet gehoorsaam en eerbiedig wat ‘n Jood verbied om met ‘n persoon van ‘n “heidense” volk omgang te hê of om hom te besoek nie. Hierdie Talmudiese wet word nie in die Torah van Yahweh gevind nie. Die Yisraeliete is wel verbied om met ander volke of nasies te vermeng of om onder hulle te woon vanweë hul Torahloosheid en afgodsaanbidding, maar die Yisraeliete was nooit verbied om die Torah aan hulle te verkondig en om ‘n lig vir hulle te wees nie.
As Yahweh die rein- en onrein-wette van kosher voedsel in die Torah wou omkeer en tot niet maak, sou hy dit mos duidelik aan Kepha (Petrus) getoon het sonder dat hy verward sou wees.
In vers 28 sê Yahweh in eenvoudige taal vir Kepha “Jy mag geen mens wat ek geskape het onrein of “common” noem nie”, want, sê vers 35, “in elke nasie of volk, word hy wat Yahweh vrees en wat geregtigheid najaag, deur Yahweh aanvaar”.
Jou predikant het tot vandag toe te vertel dat Yahweh Sy eie Torah wette wat betrekking het op rein en onrein voedsel in Levitikus omgekeer en tot niet verklaar het. Dit is so sonder insig, so totaal teen Yahweh se soewereine gesag gerig.
Hierdie visioen het net een boodskap, naamlik om aan die Jode te toon dat daardie mense wat oor die aarde versprei is en vantevore onrein was, rein gemaak sou word deur die Bloed van Yahshua die Messias en as sodanig aanvaar en verwelkom moes word binne die ekklesia van Yisrael. Dit het niks met rein en onrein kosse te doen nie!! Petrus sê self telkens as dit gaan oor rein en onrein eet instruksies dat hy dit NIE kan verontagsaam nie. Gaan lees die Skrifgedeelte weer om duidelikheid te kry.
Laat ons duidelik verstaan – daar is baie van die verordeninge en insettinge in die Torah van Yahweh wat ons nie vandag meer kan nakom en onderhou nie. Maar dit is nie te sê dat dit afgeskaf of tot niet gemaak is nie. Ons lees dat die Torah WEER gedurende die 1000 jarige vrederyk geïmplementeer gaan word. In Jesaja 66:22-23 lees ons dat die Torah selfs weer van krag gaan wees in die tydlose ewigheid!! So, ons moet dus aanvaar dat van daardie voorskrifte wat vandag nie nagekom kan word nie, weer in die toekoms her-ingestel sal word.
Sommige van die Torah-instruksies soos die ‘ma’aser’ (tiende) die ‘sh’mittah’ (7de jaar Sabbath van die Land), die Yovel (Jubileum) ‘ha bikkurim’ (eerste vrugte) en die instruksies wat normaalweg offerandes genoem word, kan slegs binne die land van Yisrael nagekom en onderhou word.
Dit maak hierdie Torah-instruksies nie minder relevant vir diegene van ons wat in die ‘galut’ (bannelingskap) verkeer nie. Dit beteken slegs dat ons vermoë om aktief deel te neem in hierdie bepaalde instruksies, vir eers agterweë moet bly tot ons weer in die land van Yisrael is of selfs in sekere gevalle totdat die Tabernakel of aanbiddingsplek weer opgerig is.
Die Torah instruksies bly steeds deel van ons geestelike DNA en moet vir ewig deel wees van ons bewussyn. As jy in die Messias Yahshua glo en Hom lief het, is jy deel van die saad van Abraham, is jy deel van die belofte, is jy ‘n Yisraeliet – so jy kan maar soos een begin leef ook, waar moontlik.
Dit word gesê dat daar slegs drie dinge was wat die toorn van Yahweh laat ontvlam het –
1. Die verwerping van Yahuweh en Sy Torah;
2. Die oortreding van die Torah wat “sonde” is; en
3. Die benadeling van Sy volk en/of Sy land (Yisrael).
Die Christendom leer dat die enigste rede vir “god” se oordeel die verwerping van “Iesous” is.
MAAR DIE WERKLIKE EN WARE MESSIAS VAN DIE SKRIFTE
WAS DIE LEWENDE TORAH
DIT BETEKEN
DAT DIE VERWERPING VAN DIE TORAH
DIE DIREKTE VERWERPING VAN DIE MESSIAS
YAHSHUA VAN YISRAEL BETEKEN
Niemand durf die ewige Woord van Yahweh, van Sy Seun Yahshua, die Messias verwyder nie – albei is een. Joh. 1:1; 14 en 17 lui:
“In die begin was die Lewende Torah, en die Lewende Torah was by Yahweh, en die Lewende Torah was Yahweh. (14) En die Lewende Torah het vlees geword en onder ons kom woon (tabernakel)…. (17) Want Moses het die Torah gegee waarvan die onverdiende guns en waarheid gestalte gekry het in Yahushua die Messias”
IS DIE ONDERHOUDING VAN DIE TORAH
DAN NIE MAAR NET ‘WERKE VAN DIE VLEES’ NIE?
Moet nie na hierdie absolute nonsens luister nie. Om die dinge te doen wat die Torah ons beveel om te doen, is nie “werke van die vlees nie” en om ons te onthou/weerhou van die dinge wat die Torah ons beveel om nie te doen nie, is nie “werke van die vlees” nie – Dit is die waarheid maar dit is strydig met die algemene Christelike opinie.
Ek het vroeër juis ook genoem dat die Nasareense Rabbi Moshe Koniuchowsky uitdruklik verklaar dat die begrip “werke van die vlees” nooit as sulks deur Paulus gebruik is in sy omsendskrywes om na Yahweh se Torah te verwys nie, maar wel na die Talmudiese Torah – die oorgelewerde, menslike wette en gebruike, in Grieks, nomos. Hierdie nomos moes elke keer binne die bepaalde konteks interpreteer word, hetsy as “menslike Torah”, of as die “Torah van Yahweh”. Ek het vroeër verwys na ‘n artikel: “The Restoration of Torah” deur Tony Robinson. Hierdie is ‘n MOET vir elke gelowige. As ‘n christen hierdie artikel gelees het en hy bekeer nie, is sy bloed op sy eie kop. Die skrywer verduidelik die “nomos”, die werke van die vlees wat as “menslike torah” teenoor die Torah van Yahweh staan. En dit is juis net hier waar die leuens en dwalinge ontstaan het. Paulus was vir eeue totaal mis verstaan. Satan word heeltemal ontmasker in hierdie artikel.
Hoe dit ookal sy, oorweeg die volgende baie noukeurig. “Werke van die vlees” impliseer doodgewoon per definisie die mens-gemaakte-werke. Dan moet hulle gewoonweg hul oorsprong by die mens hê, dan moet hulle dood gewoonweg deur die mens self ‘geskep’ gewees het, deur die mens bekragtig gewees het.
Die mitzvoth (Yahweh se opdragte, die mens se gehoorsame werke wat volg in gehoorsaamheid aan die Torah instruksies), die mishpatim(die oordele en geregtigde beslissings) en die chukim(Yahweh se statute en verordeninge ofskoon nie altyd logies nie, is ewiglik bindend en verpligtend) van die Torah kom nie vanaf ‘n mens nie, is ook nie deur ‘n mens geskep of deur ‘n mens bekragtig nie, maar wel deur Yahweh self.
Hierdie mitzvoth, mishpatim en chukim in Yahweh se Torah, is almal Woorde wat uit dieselfde Bron afkomstig is, die Bron wat gesê het “Laat daar Lig wees” (Gen.1:3). Dit is Yahweh se Woorde. Hierdie Woorde is geadem deur die Gees van Yahweh, hulle is gevul met skeppende krag om tot stand te bring presies dit wat hulle sê.
Vir die opregte gelowige Nasareense Yisraeliet wat in Yahshua glo en Hom eer en lief het, en wat die Woorde van die Allerhoogste Skepper en Vader Yahweh respekteer en eer – Sy mitzvoth, mishpatim en chukim, soos uitgespel in die Torah, kan hulle nooit ooit “werke van die vlees” wees nie omdat hulle die Allerhoogste se Woorde is. En Sy Woorde is Gees en Lewe.
William G Bullock sê: “The mitzvoth, mishpatim and Chukim spelled out in Torah are not works of the flesh – but the expected outworking of the DNA of the neshamah (eternal spiritual core) of every person the Holy SET APART One has redeemed and recreated”.
Jesaja 55:10-11 bevestig hierdie feite
“Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deurvogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal My Woord wees wat uit My mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voorspoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur”.
Hierdie insig is so oorweldigend! Die kragbron van die Woorde van die Torah – die mitzvoth, mishpatim en chukim wat daarin verklaar is, is niks anders as die ongerepte, profetiese skeppende energie van die Stem van die Almagtige Skepper van die Heelal nie.
Die krag om die mitzvoth (die mens se gehoorsame werke) te doen, is geleë in die mitzvoth self, nie in die mens nie.
Die krag om ooreenkomstig die mishpatim (oordele en geregtigde beslissings) te lewe, is geleë in die mishpatim self, en nie in die mens nie.
Die krag om die chukim (statute en wette van Yahweh)te onderhou en na te kom, is geleë in die chukim self, en nie in die mens nie.
DIE MENS OORTREE SY GEBOOIE WEEREENS
DEUR SY EIE WETTE NEER TE PEN
Die mens het egter weer gaan oortree, soos gewoonlik. Yahweh se Torah instruksies soos gekategoriseer in die Mitzvoth, die Mishpatim en die Chukim is duidelik en verstaanbaar. In Deut.4:2 waarsku Hy uitdruklik:
“Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van Yahweh julle Elohiem mag onderhou, wat Ek julle beveel”.
En dit is presies wat die Skrifgeleerdes en Rabbis van ouds gedoen het. Hulle het allerhande menslike rituele, rites en gewoontes bygevoeg en hierdie menslike gebruike so hoog aangeslaan dat dit selfs hoër as die Torah self beskou is. Dit was vir hulle belangriker om hierdie menslike wette en gebruike te onderhou en presies na te kom as wat hulle die letterlike Torah instruksies sou gehoorsaam.
En soos ons reeds gesien het, dit was juis hierteen wat Yahshua die Fariseërs en skrifgeleerdes gekap het en hulle beskuldig het dat hulle nie die Torah onderhou nie, maar eerder menslike insettinge waardeur hulle gemeen het, hulle die Skepper gedien het. Dit was ook juis hierdie werke van die mens (werke van die vlees) waarteen Paulus in sy omsendbriewe te velde getrek het – hierdie menslike torah – wat nutteloos was, en NIE die Torah van Yahweh wat Gees en Lewe is nie.
Sien jy waarom jy nie die Ewige Woord van Yahweh, Sy Torah kan skei van Yahshua, die Lewende Torah nie. Dis om te rebelleer en die Skrif te wil verander! Om die Torah te ontken, is om die ware Yahshua Messias te verwerp en om die ewige verbond te verbreek.
Wil jy een van daardie moedswillige godsdienstige Christene wees wat die skrywes van Paulus verkeerdelik aanhaal om die Messias Yahshua se eie persoonlike leerstellinge te wysig en te verander? Die mens is sondig van nature, die mens is wetteloos/Torahloos. Hy is doodgelukkig dat hy “hemel” toe kan gaan en nog steeds sy lewe hier op aarde kan leef soos hy wil. Is dit nie ‘n tipiese nominale christen nie?
Iesous die Griekse son-god/afgod van die Christendom, het mos die Hebreeuse wetboek weggesmyt, teen die kruis vas gespyker en hy vergeef ons alles wat ons verkeerd doen as ons dit bely, al hou ons aan om dit weer en weer te doen.
Nou watse opdrag is dit om ‘afgesonderd’ te wees omdat Hy ‘afgesonderd’ is, om volmaak volwasse en sonder blaam te wees terwyl ek die Woord verkondig?
In die Grieks/Romeinse godsdiens is daar geen verantwoordelikheid teenoor Yahweh en Sy Woord nie. Nie ‘n verpligting om enige iets te onderhou of te gehoorsaam nie – nie eens die eie persoonlike woorde van die Messias nie.
Hulle ignoreer en vee hulle letterlik af aan Joh.14:15 en 15:14 wat ondubbelsinnig sê:
“As julle My lief het, hou My Gebooie. Julle is My vriende as julle alles doen wat ek julle beveel”. Is dit regtig so moeilik?
Paulus sê vir ons in Rom.8:4 dat:
“die geregtigheid van die Torah word vervul in ons wie hul lewens lei volgens die Ruach van Yahweh”
In verse 8 bevestig Paulus dat diegene wat na die vlees lewe, (werke van die vlees/die mensgemaakte reëls) nie instaat is om die Torah te onderhou nie en kan dus ook nie vir Yahweh behaag nie. Dit is ongelooflike geheimenisse wat uitgebring word wanneer jou vertaling suiwer is. Sien die Restoration Scriptures in die verband.
Gedurende die jare 1135 – 1204 NC het ‘n Joodse Rabbi, Maimonides, ‘n uiteensetting gedoen van die Torah wette. Hy het ‘n totaal van 613 opdragte in die Torah wat deur Yahweh gegee is, genotuleer. Die getal 613 klink geweldig baie en mens kan voel dat dit ‘n las kan wees (Sommige Rabbis het minder, ander meer getel). Maar wag – daar is nog meer wette en instruksies in die hernieude testament alleen, meer as 1100!! Nou baie van die Torah wette het betrekking op die priesters, sommige op getroude mans en vrou, sommige is vir kinders, sommige vir grondeienaars en ander weer vir verskillende groeperinge binne die Yisrael volk.
Die Torah-wette in bv. Levitikus 15 het betrekking op vroue wat hulself moet afsonder gedurende hul maandelikse menstruele siklus. Daar is sekere wette wat slegs kan geskied binne die land van Yisrael self of die wette wat betrekking het op die offerandes van diere, slegs wanneer die Tempel funksioneer. Vandag is daar nie ‘n Tempel nie. So daardie besondere Torah-wette kan nie vandag toegepas word nie.
Maar ons moet dit duidelik kry, vir iedere en elke opdrag is daar geestelike insigte en praktiese toepassings wat op ons lewens indiwidueel van toepassing gemaak kan word.
Ken Power het ‘n insiggewende boek geskryf oor die hele Torah en hy het die Torah wette wat Maimonides gekategoriseer het, verder ontleed en nog meer geestelike insigte daaruit gehaal in die lig van die hernieude Verbondsvoorskrifte. Sy boek is ‘n moet vir die gelowige Nasarener, sien dit onder in die bronnelys.
Hierteenoor bestaan daar meer as 1100 verskillende opdragte in die hernieude testament alleen. Dit vorm nou deel van die Torah. Dit lyk nie, as mens daarna kyk, asof Yahshua en Sy apostels en ook Paulus weg gedoen het met die Wet nie!!??
Die Torah omskryf presies wat sonde is en lei ‘n persoon direk na die Messias Yahshua toe – Rom.7:7 (wow) en Galasiërs 3:21-22.
Die Torah is die standaard van die Almagtige se Wil in ons lewens.
“Dus is die Torah afgesonder en die gebod is afgesonder en regverdig en goed” Rom.7:12
IS JY WETTIES AS JY DIE TORAH INSTRUKSIES HOU?
IS JY WETTIES AS JY JOU LANDSWETTE HOU?
Om die Torah/Wet te onderhou is nie wetties nie – dit is geregtigheid. Die wet moet onderhou word omrede jy dit wil onderhou en nie uit vrees uit nie. Yahshua het beklemtoon AS ons Hom liefhet, dan moet ons Sy gebooie onderhou. Yahshua is ons geregtigheid. Yahshua is ons Lewende Torah, in Hom alleen is verlossing en bevryding en die Ewige Lewe.
Na watter Gebooie verwys Yahshua hier in Joh. 14:15? Na die Torah instruksies. Daar was geen ander geskrifte op daardie stadium nie!!
“As julle My liefhet, bewaar My gebooie”
Psalm 19:7 sê inderdaad vir ons dat die Torah van Yahweh lei jou tot wedergeboorte. Die Restoration Scriptures lees:
“Die Torah van Yahweh is VOLMAAK, dit HERSKEP/BEKEER (teshuva) die wese van die mens, die getuienis van Yahweh is onwrikbaar seker, dit maak die eenvoudige wys”
As jy dit nie wil vat en uit die Christendom uit weghol nie, dan weet ek nie.
GEEN enkele woord of sinsnede soos wat dit deur die Skepper Elohiem gespreek en opgeteken is in Sy Heilige afgesonderde oorspronklike Geskrifte het VEROUDERD of ongeldig geword NIE. Alles is steeds vandag net so van krag as wat dit was. Sy Woorde is onveranderlik, Ewig, soos Hyself Onveranderlik Ewig is.
“LAASTE” PLEIDOOI VAN MY KANT AF.
Yahweh is gees en Sy Woorde is gees en lewe. Yahshua bevestig dit vir ons as Hy vir Sy dissipels sê in Johannes 6:63 “die Woorde wat Hy tot hulle praat is gees en is lewe” So ook, die Woorde van Yahweh soos vervat in die Torah, die Tien Gebooie, daardie Woorde is gees en is Lewe.
Dit is vir ewig, onveranderlik, blywend geldig en van krag. Yahweh en Yahshua KAN nie verander nie. So OOK nie Sy gebooie nie – DIT IS EWIG!!
WIL JY DIE KONINKRYK BEëRWE?
VOLG DAN DIE KONINKRYK SE REëLS
As jy wil deel wees van die Koninkryk van Yahweh en Sy Seun Yahshua dan MOET jy die Koninkryksreëls en –wette nakom en dit onderhou. As jy ‘n Yisraeliet is ooreenkomstig Galasiërs 3:29, ‘n nasaat van Abraham en volgens die belofte erfgename, en volgens Galasiërs 4:28 ‘n kind van die belofte – is jy ‘n Yisraeliet, jy kan dit nie ontken nie. Soos jy vroeër gelees het, is dit net ‘n Yisraeliet wat in die nuwe Jerusalem sal kan ingaan – nie ‘n christen of ‘n moslem of ‘n jood of ‘n hindoe of ‘n kerklidmaat of ‘n wat ookal nie.
Die gelowige Nasareense Yisraeliete het werk om te doen hier op aarde. Hulle moet ligte wees, die sout – hulle moet die geregtigheid, die genade, guns, die goedheid, die afgesonderdheid van die Skepper Yahweh reflekteer. Hulle kan dit doen deur die Torah instruksies getrou en nougeset na te kom. Die Shabbat te onderhou, rein voedsel te eet, die Feeste van Yahweh getrou te vier, hul mede-burgers lief te hê en dit uit te leef in dade, die owerhede te gehoorsaam want hulle is deur Elohiem daar geplaas, en so meer. Die gelowiges moet boodskappers wees.
Nee wat, dis Joodse wette! Dis nie vir my nie – minag die Torah, die wette van Yahweh wat in die hoogste hemele van krag is en ook in die Koninkryk van Yahshua hier op aarde. Rebellie teen die Skepper en Sy verordeninge. Die tendens is vir my so helder as wat die son gereeld dag vir dag in die ooste opkom.
Die Christendom preek dat “Iesous” ons een groot bevel gegee het naamlik “om mekaar lief te hê” – MAAR daardie bevel spruit uit Levitikus 19:18, uit die Torah uit. Dit is die kern, dit is die spil waarom alles draai. Die liefde vir Yahweh, die liefde vir Sy Skepsels, my buurman – ekself skiet geweldig te kort en ek streef na volmaaktheid wat hierdie gebod betref. Maar moet ek nou die ander twee Gebooie, die 2de, 3de en die 4de Gebod ignoreer asof hulle nie bestaan nie? NOOIT, dit is ‘n flagrante oortreding van die Torah, doelbewus en opsetlik. Die Torah moet in sy totaliteit nagekom word, geen enkele Gebod mag agterweë gelaat word nie.
Dis tipies wat die “new age beweging” predik. Alle godsdienste predik dit – die LIEFDE. Die Nuwe Wêreld Orde godsdiens waarvan die pous van Rome die hoof is, predik die ‘liefde’. Almal predik DIE LIEFDE. Solank jy maar net almal ‘lief het’. ‘n Vae algemene emosie wat jy uit jouself uit moet openbaar teenoor almal. Liefde – gegrond op wat? Seks? Instinkte? Die satan predik ‘liefde’. Moeder Maria, die hemelkoningin, predik ‘liefde’. Hulle predik almal die basiese beginsel, die fondament waarop die Torah berus, maar hulle ignoreer die gebou, die Torah instruksies, die Torah insettinge. So amper die waarheid, baie naby, baie vals, baie satanies! KLINK SOOS DIE VALS HEILIGE GEES, die Kundalini gees, “Lordo”.
Die Torah is vir ewig. Jeremia 33:20-22 sê:
“So sê Yahweh: AS julle My verbond met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie, DAN sal ook My verbond met Dawied, My kneg, verbreek kan word dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Leviete, die priesters, my dienaars. SOOS die leër van die hemel nie getel en die sand van die see nie gemeet kan word nie, SO sal Ek vermenigvuldig die nageslag van my kneg Dawied en die Leviete wat My dien.” (hierdie is geskryf lank nadat Salomo reeds oorlede is en is profeties van die toekomstige wêreld)
Ons het doodeenvoudig te make met ‘n geval van VERBOND – ‘n BLOED verbond by welke geleentheid Yahshua Sy lewe gegee het en die bloed van Yahshua gestort is om Sy verlore Yisrael skape te versoen met Yahweh. Die enigste manier waarop ons deel kan word van hierdie Yisrael-kudde is deur Yahshua alleen.
Lees Esegiël 47:22-23 en ook hoofstuk 48. As ons nie geassosieer kan word met hierdie biologiese saad van Yisrael nie, is ons buite die Verbond van Yahweh. Ons is of deel van die Olyfboom Yisrael, of ons is deel van die gebreekte takke waarvan die Messias sê dit in die vuur gegooi sal word om verbrand te word (Joh.15:1-7)
En wat sê die Skepper, die Almagtige Elohiem in Jesaja 66:20(b) -23:
“…, net soos die kinders van Yisrael die voedsel offer in ‘n rein voorwerp bring na die huis van Yahweh. En ook sal Ek uit hulle priesters en Leviete neem, sê Yahweh. Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor My aangesig sal bestaan, sê Yahweh, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. En elke maand op die nuwemaan en elke week op die Shabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor My aangesig, sê Yahweh”.
In die verre toekoms, dalk nie meer so ver nie, sal die Almagtige Skepper Elohiem ‘n nuwe aarde en ‘n nuwe hemel skep. Hy sal Sy stad Jerusalem uit die hemel uit afbring na die nuwe aarde toe. Ons sal dan steeds die nuwemaan-feeste vier (wat die begin van ‘n nuwe maand aandui ofskoon tyd nie meer sal bestaan nie). Ons sal steeds die sewe Feeste van Yahweh van Lev. 23 vier. Ons sal steeds die Shabbat gereeld elke sewe dae vier, vir ewig vir altyd!
Die Torah van Yahweh is hier om te bly tenspyte van die feit dat die mens deur die geskiedenis probeer het om die Torah te verban en te laat verdwyn. Die feite is daar – en die Christendom gaan dit ook nie reg kry nie!! Halle luh YAH!
‘EMUHAH’, DIE HEBREEUSE KONSEP VIR GELOOF
GAAN ALTYD GEPAARD MET TORAH WERKE
Onthou, blote Torah onderhouding op sigself, beteken geensins dat jy “redding” bekom of ‘n plek in die toekomstige wêreld verwerf nie. Die “yeshua” (redding) deur die Almagtige Vader Yahweh en die erfenis in die toekomstige wêreld word slegs bekom deur “emunah”, die Hebreeuse konsep vir ‘geloof’ wat gepaard gaan met Torah-werke. Ware Torah onderhouding, in die gees en krag van die Messias, is ‘n uitvloeisel en natuurlike resultaat van die “yashua” (redding) deur die Almagtige Abba Yahweh.
Torah onderhouding is doodnatuurlik vir enige gelowige wat die Messias Yahshua huisves as inwonende Meester en Koning. Die Messias Yahshua is in elk geval die outeur, die gewer, van die Torah en Hy onderhou die Torah geheel en al in sy totaliteit. As Yahweh Yahshua werklik in jou as gelowige lewe en indien jy werklik in Hom verseël en verenig is deur Sy Gees (Ruach), dan sal jy DOEN soos wat Hy DOEN, met ander woorde, dan sal jy en ek die Torah doen.
Bou ‘n verhouding met Yahweh (gebruik Sy eie persoonlike naam) en onderhou Sy verordeninge deur Sy Wette en Feeste na te kom. Dit is die kern (hart) van dit wat Hy in ‘n verhouding met jou wil hê. Dis ook die kern/hart van die Torah!! Dit wat jy kan onderhou, doen dit na die beste van jou vermoë – omdat jy wil en omdat jy Yahweh liefhet.
Deur die Torah na te kom en veral te let op die simboliese en profetiese betekenis daarvan, kan jy die ongelooflike verlossingsplan van Yahuweh vir die mensdom baie beter verstaan, soos wat dit besig is om te ontplooi in die toekoms in. Die staat van Israel, die midde-ooste, is die sterkste barometer op die oomblik – let op hoe dinge daar ontwikkel.
Om YAHWEH se Wette en Verordeninge na te kom is nie “werke” nie – jy kan hulle ignoreer as jy wil, dit het niks met jou uiteindelike saligheid te make nie, maar dit KAN ‘n bepalende faktor wees op die feit of jy deel gaan wees van die Eerste Opstanding (die beter opstanding) of van die Tweede Opstanding, die Wit Troon Oordeel, die Tweede Dood, die Poel van Vuur.
Maar as jy in YAHWEH glo, SAL jy die Wette en Verordeninge van Yahuweh na kom en onderhou OMDAT jy Hom lief het en vir geen ander rede nie.
Dit is aan hierdie feit dat ons weet ons Sy kinders is. Dat ons Sy gebooie en verordeninge onderhou omdat ons uit liefde vir Hom dit WIL doen en nakom. En sodoende kan jy deel wees van die Eerste Vrugte Oes waarvan Yahushua die Eersteling is om saam in die Eerste Opstanding by Sy wederkoms uit die graf uit lewend gemaak en beklee te word met ‘n nuwe verheerlikte fisiese/geestelike liggaam, ‘n liggaam van been en energie.
Ons moet Hom gehoorsaam, dien en volg. As die volk as ‘n geheel dit nie doen nie, sal ons as indiwidue dit moet doen en nie wag tot die “geestelike leiers” die leiding neem nie – daar wag in elk geval ‘n geweldige oordeel vir hulle in hul hoedanigheid as “wagters op die mure”, en ek wil nie dan naby wees nie!! – dit is nou by die Tweede Opstanding of die Groot Wit Troon Oordeel, die Poel van Vuur-oordeel.
Die arme, arme, arme predikante word verblind deur die god van hierdie wêreld - satan. Maar as jy enige een konfronteer met die harde ware en werklike feite, dan reageer hy of sy en etiketteer jou met Rom.1:22 wat niks anders is as “geestelike moddergooiery” van hulle kant af nie, as sou jy kwansuis “voorgee om wys te wees, maar eintlik dwaas is”.
Die waarheid van die inhoud van hierdie boek kan egter nie ontken of weerlê word nie. Sommige lidmate gee die boekie vir hul predikante vir kommentaar omdat hulleself nie instaat is om te beoordeel nie, terwyl ander die inhoud aangryp en hulle tot YAHWEH bekeer.
WAAR PAS DIE ONDERDOMPELINGSDOOP IN?
Hierdie belangrike geestelike handeling is die “hek”, die “poort”, die “ingang” tot ‘n afgesonderde lewenswyse vir Yahweh.
Die onderdompelingsdoop was ‘n integrale deel van die Joodse geloof in die Ou Verbond. Dit het deur geloop tot by Johannes die doper wat ook vir Yahshua gedoop het in die Jordaanrivier. Selfs Yahshua se dissipels het die doop toegepas, met Yahshua se medewete, ofskoon Hyself nie gedoop het nie. Bekend nê?
Kepha, Petrus, gelas uitdruklik in Handelinge 2:38;
“BEKEER julle, en laat elkeen van julle GEDOOP word in die Naam van Yahshua die Messias tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Afgesonderde Gees (Ruach Hakodesh) ontvang”.
Mikvah, Onderdompelingsdoop, opreg in geloof, in die naam van Yahshua, het die vergewing van sondes tot gevolg.
Mikvah, Onderdompelingsdoop, opreg in geloof, in die naam van Yahshua, het tot gevolg dat die ou mens sterf, dood gaan, en dat jy beklee word met Yahshua die Messias, en as ‘n nuwe geestelike mens uit die doopwater uit opkom.
PETRUS SE BOODSKAP VERSKIL RADIKAAL
VAN DIE EVANGELIESE PREDIKER
WAT JOU UITNOOI OM DIE GRIEKSE IESOUS
AAN TE NEEM AS JOU EIE PERSOONLIKE SALIGMAKER
Die boodskap, die opdrag is totaal verskillend van die Westerse Griekse godsdiens waar die evangelis jou uitnooi om “iesus chrestos” as jou persoonlike saligmaker aan te neem en die ‘sondaarsgebed’ agter hom aan op te sê sodat jy ‘gered’ kan word, sodat al jou probleme opgelos kan word en jy ‘n wonderlike geseënde christelike lewe hier op aarde kan hê. Dis ‘n uitnodiging om “IESOUS” te dien en te aanbid. Dis ‘n uitnodiging om BAAL te aanbid en as jou god te aanvaar. Dis totaal strydig met die opdrag van Handelinge 2:38!!
As jy in Yahshua die Messias wil glo, moet jy jou laat doop. Dis nie net vir aanneem nie. As jy gered wil word, moet jy glo en doen. Ek het verwys na die onderskeid tussen die betekenis van die terme “glo” en “doen”.
Die onderdompelingsdoop het tot gevolg dat jy as ‘n heiden, ‘n sondaar in die water afgaan, maar opkom as ‘n nuutgebore Yisraeliet, deel van die twaalf stamme van Yisrael.
Onderdompelingsdoop word pragtig beskrywe in Jes.1:16-17:
“Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor
my oë weg, hou op om kwaad te doen, leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee. Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê Yahweh: al was jou sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit Rooi soos purper, dit sal word soos wol.”
Jy het die doopwater ingegaan as ‘n heiden wat hom tot Yahweh bekeer, en jy kom uit die doopwater uit as ‘n Yisraeliet, maak nie saak wat jou velkleur is nie. Jy het jou met Yahshua beklee, Sy Ruach woon in jou. Jy is Sy letterlike tempel hier op aarde. Jy is Yahshua se getuie. Dit is ‘n uiterlike simbool van wat innerlik met jou gebeur – jy word begrawe, jy sondaar. En jy staan uit die water op as ‘n nuutgebore Yisraeliet. Mikvah is ‘n simbool van jou ‘huwelik’ met Yahweh Yahshua. Die mikvah is nie bloot net ‘n uiterlike fisiese handeling wat as simboliek beskou moet word nie. Onthou, die gelowige het ‘n bepaalde reaksie tot gevolg in die onsigbare wêreld. Hierdie fisies daad waarin die gelowige homself ‘begrawe’ en sterf en opstaan as ‘n nuwe mens in Yahshua, as ‘n inge-ente Yisraeliet, het ‘n onbeskryflike implikasie in die geesteswêreld!
Die einde is besig om aan te breek. Die Torah vertel vir ons hoe en wat die einde van die tye gaan wees. Genesis is ‘n werklike gebeurtenis wat deur die Skepper aan die mens deur Moses laat opskryf is sodat ons ook die simboliese, die metaforiese boodskap daarvan kan begryp. Dit is letterlik waar, maar het ook ware profetiese betekenisse vir die gelowige. Genesis tot Deuteronomium het ‘n meervuldige doel. Dis nie net letterlik nie, maar is geestelik van lewensbelang en wys ook op die toekomstige hiernamaals.
Noag se vloed self was ‘n simbool van die doop. Die vloed het die aarde skoon gemaak van die verskriklikste sonde, die verskriklikste geweld en ongeregtigheid en misdadigheid. Die mense in Noag se tyd was op ‘n pad van selfvernietiging – gelukkig het die Skepper ingegryp en skoon gemaak anders het die aarde vandag nie bestaan nie – die mens sou die aarde en hulself totaal en al self vernietig het – SELF DESTRUCT
Die vloed van Yahweh het die aarde skoon gemaak. Die aarde is weer deurnat en oordek deur water wat reiniging gebring het van alles wat vuil, besmet, walglik, gewelddadig en sondig was. Die mens is verhoed om homself te vernietig – dit was guns aan die kant van die Skepper.
Noag se vloed word interpreteer as ‘n doop as gevolg waarvan die aarde skoon gewas is. Noag en sy gesin het met die Allerhoogste verenig, as gevolg van die doopwater waardeur hulle gegaan het, het hulle ‘n nuwe lewe binne gegaan, skoon gewas van die vorige besmetting wat die aardbewoners op hulself gebring het. Selfs 1 Petrus 3:20-21 vertel ons dat die vloed van Noag gereken word as ‘n water doop waardeur Noag en sy gesin gered is deur die waters.
En jy wat in geloof deur die waters gaan om in onderdompelingsdoop ‘begrawe’ te word, jy bevestig dat jou ou mens dood is en begrawe word in die water en dat jy opstaan as ‘n Yisraeliet. Opstaan as ‘n nuwe mens, beklee met Yahshua die Messias. (Ek moes dit herhaal)
Ek kan nog baie oor die onderdompelingsdoop skryf. Die Skrif alleen het 39 verse in die nuwe testament met 46 verwysings alleen na onderdompelingsdoop. Die ou testament se Hebreeus verwys na “mikvah” maar Strong’s woordeboek het die drade nog nie bymekaar getrek nie, anders sou ons ou testament-tekste oor die doop ook kon bytrek.
Hoe dit ookal sy, die onderdompelingsdoop is ‘n duidelike opdrag maar daar is duisende protestantse christene wat hierdie opdrag ignoreer en dit vervang met ‘n heidense afgod ritueel. Ek praat van die ‘besprenkelingsritueel’ wat niks anders is as ‘n Babiloniese waterritueel waartydens die duiwels geleentheid gebied word om die kleine onskuldige babatjie te beset en te treiter vir die res van sy lewe nie. Die ouers skep onwetend toegang tot hul babatjies vir die demone.
Van ons huis gemeentelede wat hulle laat ‘mikvah’ het onlangs, het eers belydenis gedoen dat hulle ouers die heidense Babiloniese waterritueel oor hulle beoefen het en het dit uitdruklik in die naam van Yahshua verwerp. Daarmee saam is alle demoniese invloede ook verwerp in die Koning se Naam.
Onthou, jou vorige lewenswyse was nie volgens die Torah nie. Dit was Torahloos. Nou moet jy begin om soos ‘n Yisraeliet te lewe, begin die Torah van Yahweh te bestudeer en begin om Sy Gebooie uit dankbaarheid te onderhou. Die 4de Gebod is die eerste een van ‘n hele reeks Gebooie wat jy moet leer om te begin onderhou. Sy hoogverhewe afgesonderde Hebreeuse Naam is ONONDERHANDELBAAR.
Wees gehoorsaam en gaan deur hierdie poort in tot ‘n afgesonderde lewe. Offer jou liggaam as ‘n lewende offerande aan Yahushua die Messias, Ons Meester en Koning wat vir ewig gaan heers. Leef afgesonderd vir Hom.