HOOFSTUK 5
WAT IS DIE VERBAND TUSSEN DIE OU “TESTAMENTIESE”
ELOHIEM EN DIE NUWE “TESTAMENTIESE” MESSIAS?
Die Ou Testamentiese Elohiem verklaar dat Sy Naam Yahweh (YHWH) is.
Yahweh stel Homself aan die Yisraeliete bekend in Exodus 20:1-10 – uittreksels daaruit.
“Ek is YHWH (Yahweh) jou Elohiem wat jou uit Egipteland uit gelei het”
“Jy mag geen ander elohiem/magtiges (gode) voor My aangesig hê nie. …. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, YHWH (YAHWEH) jou Elohiem, is ‘n jaloerse EL wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;”
En in Exodus 23:13 beveel Hy:
JY MAG HUL NAME NIE NOEM NIE, HUL NAME MAG NIE EENS OOR JOU LIPPE KOM NIE – HUL NAME MAG NIE UIT JOU MOND UIT GEHOOR WORD NIE – dit is ernstige opdragte wat nie ruimte laat vir ongehoorsaamheid nie. Dis baie ernstig!!
Dit is so erg, so erg dat Yahweh vir ons in Exodus 34:14 sê:
”Want jy mag jou nie neerbuig voor ‘n ander el/magtige (god) nie; want Yahweh se Naam is JALOERS – ‘n jaloerse EL is Hy”.
Hierdie is ‘n skrikwekkende waarskuwing om nie vergeet te word nie!! Vra jouself die vraag: “Wie aanbid en wie dien ek? Is dit die Elohiem van die 1ste Gebod, Yahweh, of is dit ‘n ander god met ‘n ander naam?”
AS JOU ‘GOD’ SE NAAM NIE YAHWEH YAHSHUA IS NIE,
IS DIT ‘N ANDER ‘GOD’,
DAN BEOEFEN JY BAAL AANBIDDING
Hierdie is die lewensbelangrike 1ste en 2de Gebod waarvoor elke gelowige in sy pasoppens moet bly – dit verg voortdurende selfondersoek. Want sonder dat jy dit besef, koester jy dikwels ander gode in jou lewe, soos die ryk jongman. En wat van ander Griekse afgode soos IESOUS wat later J-sus geword het? Sy naam is Yahweh en nie enige ander naam nie. Lees verder, jou hare sal regop staan.
DIE SKEPPER OPENBAAR DEUR SY PROFETE HOSEA EN JESAJA
‘N VERBORGENHEID RONDOM HIERDIE 2DE GEBOD
In Hosea 13:4 en in Jesaja 43:10-11 openbaar Yahweh ‘n
geheimenis wanneer Hy Homself as DIE ENIGSTE VERLOSSER
beskryf. Hierdie Skrifte moet saam gelees word met die 1ste en 2de
Gebooie.
Yahweh herbevestig die inhoud van hierdie gebooie weer in Hosea 13:4:
“Tog was Ek, Yahweh, jou Elohiem van Egipte af, en buiten My het jy
geen Elohiem geken nie, ja, BUITEN MY is daar GEEN VERLOSSER
nie”.
Dit is so oorweldigend groot. Hy bevestig dat Hy Yisrael se enigste Elohiem
was sedert Egipte, EN Hy voeg hierdie wonderbaarlike openbaring by:
“ja, BUITEN My is daar GEEN VERLOSSER nie”.
En Hy herhaal hierdie geheimenis in Jesaja 43:10 - 11
“Julle (Yisrael) is my getuies, sê Yahweh, en My kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is – voor My was daar geen magtige/el (god) nie, en na My sal daar ook nie een wees nie. Ek, Ek is Yahweh, en daar is GEEN VERLOSSER BUITEN MY NIE”
Wil mens dit duideliker hê? Voor My was daar nie ‘n el (god) nie en na My sal daar ook nie een wees nie. En “Ek is die enigste VERLOSSER”. Hy is die “ENIGSTE EL” en Hy is die “ENIGSTE VERLOSSER”. Nou waar pas die Messias in, die Gesalfde wat later in die hernieude testament aan ons voorgestel word? Is Hy nie ook ‘n El (god) nie? Is Hy nie ook ‘n Verlosser nie? Ek antwoord nou nou.
En in Jesaja 44:6 slaan Hy ‘n volgende dodelike spyker in
“So sê Yahweh, die Koning van Yisrael en SY VERLOSSER, Yahweh van die Leërskare (Yahweh Tsevaoth): Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen ander EL (god) nie”
En asof dit nie genoeg was nie, sê/vra Yahweh in Jesaja 44:8
“Wees nie verskrik nie en moet nie bewe nie! Het Ek jou dit nie lank tevore laat hoor en bekend gemaak nie? En julle is My getuies. Is daar enige ander Magtige/El (god) buiten My? Ja daar is geen ander ROTS behalwe Ek self nie. Ek weet van geen een nie”
Die Eerste en die Laaste (die Alef en die Tav = alpha en omega) – waar pas die Gesalfde in van wie Henog praat? Waar pas die Messias in van wie in die Torah en die Profete gepraat word?
Hierbo maak Hy dit duidelik dat Hy ‘n Verlosser is en pas weer maak Hy dit duidelik dat Hy ‘n Rots is. En ook dat daar geen ander Magtige/El (god) buiten Homself bestaan nie. Hy het ons ook duidelik laat verstaan in vers 11 hierbo dat na Hom, sal daar ook nooit ooit enige ander Magtige/El (god) wees nie.
GEHEIMENIS UIT DIE OU VERBOND
YAHWEH = VERLOSSER = MESSIAS
Jesaja 45:20-23 openbaar ‘n geheimenis wat ons nog nooit raak gelees het in die profete nie.
“Kom almal bymekaar, kom nader vir die beslissing, julle wat uit die nasies ontvlug het, die wat afgodsbeelde dra wat van hout gemaak is, en tot ‘n el/magtige (god) bid wat nie kan red nie, julle het geen insig nie. …….. Is dit nie Ek, Yahweh, nie? En buiten My is daar geen ander nie: ‘n REGVERDIGE El/Magtige en ‘n VERLOSSER. Buiten My is daar geen ander soos Ek nie. Kyk na My en laat julle red, al die eindes van die aarde: want Ek is El/Magtige (god) en daar is geen ander El/Magtige (god) nie. Ek sweer by Myself: geregtigheid gaan uit My mond uit, ‘n Woord wat nie herroep word nie; dat voor My elke knie sal neerbuig, by My elke tong sal sweer.”
Hy is Yahweh, ‘n Elohiem van Geregtigheid – letterlik in Hebreeus beteken
dit “El-Tzadik, u Messiah” - Wat beteken “’n regverdige Elohiem EN ‘n
Messias”. Yahweh sê vir ons in hierdie gedeelte, in die direkte Hebreeus,
Hy, Yahweh is Geregtigheid en ‘n regverdige Elohiem MAAR hy is OOK ‘n
MESSIAS.
YAHWEH DIE VERLOSSER, DIE MESSIAS YAHUSHUA
Yahweh nooi die eindes van die aarde uit om na Hom te kom vir redding,
want daar is niemand soos Hy nie, Hy is die ENIGSTE VERLOSSER, die
ENIGSTE MESSIAS. Hy het ons pas hierbo laat verstaan Hy is die Verlosser
en die Messias.
DAAR IS NIEMAND ANDERS NIE
En Deut.4:35 en 39 bekragtig dit – nie in die hemel nie, nie op die aarde
nie. Daar is geen El (magtige) soos Hy nie.
Hierdie Skrifte bewys maar net eenvoudig dat die Vader Yahweh die bron,
die argitek van die mens se verlossing is. Die Abba (Vader) red en verlos
deur Sy Seun, soos bevestig in Psalm 2:12:
“Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan
nie; want gou kan Sy toorn ontvlam. Geseënd is almal wat by Hom
skuil”.
DIE AANVAARDING VAN DIE TITEL VERLOSSER
DEUR DIE MESSIAS YAHUSHUA DUI DAAROP
DAT HY YAHWEH WAS WIE IN DIE VLEES GEKOM HET
Let ook op dat Yahushua deur Sy dissipels Meester en Verlosser genoem
word sonder dat hulle gekorrigeer word. Die Messias het die titel van
VERLOSSER heeltemal aanvaar, sonder voorbehoude. Dit bewys dat die
titel “Verlosser” ‘n direkte skakel na Yahweh is aangesien die ganse Yisrael
bewus is van die feit dat hierdie titel slegs aan YHWH (Yahweh), die
Almagtige Vader, behoort.
Deurdat Hy toegelaat het dat Sy dissipels die titel van “Verlosser” op Hom
van toepassing gemaak het gedurende Sy aardse verblyf, het Hy feitelik,
ipso facto, verklaar dat Hy YHWH was Wie in die vlees gekom het.
Verder is die Hebreeuse woord vir “Verlosser” afkomstig vanuit dieselfde
wortel/stam woord as die term “Messias”. Yahushua het dus toegelaat dat Sy
dissipels na Hom verwys as die “Verlosser” en die lang verwagte “Messias/
Gesalfde”.
YAHWEH = VERLOSSER = MESSIAS
YASHUA = VERLOSSER = MESSIAS
YAHWEH = YAHSHUA
‘n Regverdige, die Enigste, ‘n Verlosser – maar Hy voeg by dat voor Hom
Yahweh, sal ‘elke knie buig, elke tong sal bely’ Voor Yahweh persoonlik,
nie voor enige iemand anders nie – geen ander magtige nie!
Die gedeelte klink so bekend nê – so asof dit Romeine 14:11 kan wees –
en wat meer is, Paulus verwys terug na hierdie gedeelte in Jesaja – hy
kwoteer uit Jesaja uit!! – Die Profete.
“Want daar is geskryf: So waaragtig as ek leef, sê Yahweh, voor My
sal elke knie buig, en elke tong sal Elohiem bely”.
En dan asof dit nie genoeg is nie, kwoteer Paulus weereens Jesaja 45:23 in
Filippense 2:10-11 en herhaal hy jou werklikwaar dieselfde woorde.
So Paulus moes beslis seker gewees het van wat hy hier geskryf het –
“Daarom het Elohiem Hom ook grootliks verhoog en Hom ‘n Naam
gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Yahushua sou
buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde is, en
elke tong sou bely dat Yahushua die Messias die Meester is tot eer
van Elohiem die Vader”.
Aa!! Hier kom ‘n ding. Yahushua – hierdie naam bevat die eerste gedeelte
van die eie persoonlike naam van die Skepper self YAH(U) (Ek is, ek
bestaan onafhanklik uit Myself (hayah) en die laaste deel “shua” beteken
‘redding’ of ‘verlossing’. Beteken dit dat die ou Verbonds-Elohiem ons
‘verlossing’ en ons ‘redding’ is? Klink beslis, ONWEERLEGBAAR so.
En kom ons kyk weer na Joël 2:32 wat reeds hierbo aangehaal is.
“En elkeen wat die Naam van Yahuweh aanroep, sal gered word;….”
En Petrus het die “guts” om Joël 2:32 in Handelinge 2:21 te kwoteer asof
die Ou Verbondsgod en die Messias een en dieselfde wese is!? Hoe sou
hy dit geweet het – ongeleerde visserman?
“En elkeen wat die Naam van Yahuweh aanroep, sal gered Word”
(Woord en Getuienis)
Die Restoration Scriptures kwoteer as volg en ek vertaal so getrou en korrek
moontlik:
“En dit sal gebeur dat wie ookal die Naam van die Meester
Yahweh sal aanroep, gered sal word”
En nou hierdie wonderbaarlike ontdekking. Die kommentaar van die
Restoration Scriptures lui dat hierdie vers in die Aramese Peshitta geskryf Is
as “Mar Yah” wat letterlik beteken dat, om Yahweh aan te roep deur middel
van die naam Yahshua, letterlik ‘redding en verlossing’ beteken, vir die een
wat aanroep.
Kom ons maak net seker en ons gaan gou terug na die begrip “Rots”. Ons
weet nou Yahweh noem Homself die Verlosser. Maar wat van Rots? Kom ons
wees objektief.
In Deut. 32: 4 staan geskrywe:
“Die ROTS — volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; ‘n Elohiem van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.”
En in 1 Samuel 2:2 staan geskrywe
“Niemand is afgesonder (heilig) soos Yahweh nie; ja daar is niemand behalwe U, en daar is geen ROTS soos onse Elohiem nie”
Wat van nog ‘n getuienis? Ek gaan nog net een Skrif aanhaal. Dit wemel in die Skrif oor Yahweh Wie ‘n Rots is en so beskryf en verheerlik word. Gaan kyk self.
Maar kyk watter draad trek Paulus terug uit die hernieude Verbond na die ou Verbond. Gaan lees vanaf vers 1 om die volle goue draad te kry. In 1 Kor. 10:4 verwys Paulus as volg en konnekteer hy ‘n draad:
“en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike ROTS wat gevolg het, en die ROTS was en is die Messias”.
Dit is verstommend!! ‘n Geestelike ROTS wat eintlik die Messias was? En hierdie Skrif verwys weer terug na Num. 20:8, waar Moses met die rots moes praat sodat Yahweh water daaruit kon laat vloei vir die Yisraeliete om te drink saam met hul diere. Hierdie rots vertolk Paulus as synde die Messias (Yahushua) te wees. Maar ons het nou al hoeveel keer gesien dat die rots eintlik Yahweh self is?
En verder was hierdie rots wat Moses met sy stok geslaan het in stede van mee te praat, nie sommer net ‘n gewone klip wat in die woestyn gelê het nie, dit was ‘n besonderse rots. Dit het die Elohiem van die geeste, Yahweh, versinnebeeld en hierbenewens vereenselwig en identifiseer Paulus hierdie rots met die Messias Yahushua.
Maar ook ‘ongeleerde’ Petrus visserman tref ‘n verband tussen die Messias en ‘n rots/steen. 1 Pet. 2:4 lees:
“Kom na Hom toe, die lewende steen wat deur die mense wel verwerp is, maar by Elohiem uitverkore en kosbaar is”
En Paulus in Rom.9:33 verwys ook na hierdie hoeksteen wat ‘n struikeling vir baie Yisraeliete gaan wees en dit is duidelik waaruit hy sy bron kry. Hy kwoteer feitlik verbatim uit die betrokke Jesaja 8:13-15 en Jesaja 28:16 uit.
Sowel Jes.8:13-15 as Jes.28:16 verwys na ‘n rots, ‘n hoeksteen wat ‘n struikeling vir baie Yisraeliete gaan wees, as dit nie reeds was nie. Lees die gedeeltes self. Dis ongelooflik, ek wil nie onnodiglik herhaal nie, maar dit gaan ek weer sê – sien jy letterlik hoedat die apostels uit die ou Testament uit kwoteer en nie nuwe dinge skryf nie? Die ou Verbond is die fondament vir die nuwe of hernieude Verbond.
Die Messias ‘n rots, ‘n hoeksteen? Yahweh ‘n rots? Ek het ‘n woordsoek gaan doen op e-sword vir hoeksteen – daar bestaan talle Skrif-gedeeltes wat spesifiek na Yahushua, die Messias verwys as sodanig.
Yahweh die rots? Yahushua ‘n rots van struikeling? Is daar ‘n verband? Yahweh is Elohiem, en ons het nou al reeds hierbo vasgestel dat Yahushua en Yahweh dieselfde persoon, dieselfde wese, dieselfde identiteit het. Verlosser/Saligmaker – wat is die verband hierso?
In Hand.13:23 lees ons dat Yahushua as Verlosser gebring is uit die nageslag van Dawied, die seun van Yieshai.
Yahshua ook ‘n Verlosser? En ek dog Yahweh deel Sy eer met niemand anders nie? Jesaja 42:8:
“Ek is YAHWEH: Dit is My Naam: en My eer deel ek met niemand anders nie …”
WWOOOWWW!! Yahushua is nie iemand anders nie. WANT DIT BLYK DUIDELIK DAT YAHUWEH SY EER MET YAHUSHUA DEEL!!
Hier kom nou ‘n wesenlike belangrike feit wat almal neig om te ignoreer. Yahweh openbaar Sy eie karakter, Sy wese, dit wat Hy is. Ek verwys nie na Sy geregtigheid, Sy regverdigheid, of Sy liefde of Sy guns nie – nee, Hy openbaar iets so misterieus dat dit ‘n totaal ander betekenis gee aan die persoon van die Gesalfde Messias Yahushua. SY ONVERANDERLIKHEID.
YAHUWEH = YAHUSHUA = ONVERANDERLIK
In Maleagi 3:6 openbaar Hy hierdie karaktertrek van Homself (en van Yahshua): “Ek is Yahweh; Ek verander nie …”
En ook Job, lank voor Paulus toe hy nog net ‘n gedagte in die Vader se plan was, verklaar in hoofstuk 23:13: “Maar Hy bly onveranderlik Een – wie sal Hom dan teëhou?” En Paulus eggo in Hebreërs 13:8: “Yahushua die Messias is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid”
“Ek is Yahweh, Ek verander nie – Yahshua die Messias gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” – Yahshua verander nie, net soos Yahweh, ‘onveranderlik Een’!!
En dan plaas Paulus die kersie op die koek van hierdie gedeelte van die skrywe met Titus 2:13 wat bekragtigend lui:
“terwyl ons die geseënde hoop en die verskyning van die voortreflikheid verwag van die grote Elohiem en ons Verlosser, Yahshua, die Messias”.
Die “grote Elohiem” wys op Yahweh, wie anders? En Yahweh word sondermeer gelyk gestel aan en identifiseer met Yahshua die Messias. Yahweh = Yahshua!
Paulus praat beslis nie hier van twee afsonderlike wesens nie. Hy praat van “die grote Elohiem” en “ons Verlosser Yahshua, die Messias”, of anders gestel, hy verwys na “die grote Elohiem” wie ook “ons Verlosser Yahshua die Messias is” Dit is grooottt!!!
Kan mos nie – ou Verbonds-Elohiem (god) = nuwe Verbonds-Messias Yahshua? Kan nie wees nie. Die nuwe Verbonds-Messias is dan so sag en vriendelik en vergewensgesind – so anders as die kwaai en wrokkige, onversetlike ou Verbonds-El (god). Regtig? WONDERLIK!!
YAHSHUA DIE MESSIAS WAS OOK KWAAI
Dink bietjie mooi – hoeveel keer het die Messias nie die skrifgeleerdes uit gekryt as slange en addergeslag en gebroedsels nie? Hoeveel keer het Hy nie die Skrifgeleerdes beskuldig dat hulle nie die Torah van Moses onderhou nie, maar eerder die leringe van mense?
Hoeveel keer het Hy nie ‘n Sinagoge-erediens ontwrig deur op te gestaan en te begin preek, die skrifgeleerdes die waarheid te vertel, soveel so dat hulle so kwaad geword het en Hom wou stenig en Hy tussen hulle deur verdwyn het nie? Yahshua het nie teruggedeins vir die waarheid nie – as iets verkeerd was, het Hy dit reg gestel.
YAHSHUA HOU BY DIE REëLS VAN DIE TORAH
GUNS (GENADE) VORM DIE HOEKSTEEN
Die vrou wat na bewering in owerspel betrap was. Yahushua stuur ‘n vrou wat na bewering owerspel gepleeg het, weg. Dit is ‘n daad wat die doodstraf verdien. Hoekom? Het Hy die Torah verander? Nee Hy is regverdig en handel ewig volgens die Torah. Die Fariseërs en wetsgeleerdes het nie aan die Torah vereistes voldoen nie – vereis die Torah nie minstens twee (2) getuies in ‘n klagte nie? Ja! – die man wat betrokke was, waar was hy? Waar was die getuies wat hulle betrap het? Hulle moes die eerste klippe gooi. Hulle was nie daar nie. Hierdie wesenlike elemente het in die klagstaat ontbreek. Die aanklaers van die vrou het dus ook die Torah oortree en OOK gevaar gestaan om aangekla en geoordeel te word. Yahshua het dit aan die Fariseërs en wetsgeleerdes uitgewys en daarom het hulle almal druipstert weggegaan. Daar was geen getuienis wat hierdie klagte kon staaf nie, nie volgens die Torah reëls nie.
Yahshua was daarom ook verplig om hierdie vrou skotvry te laat weg gaan met ‘n vermaning om nie weer te sondig nie – guns (genade) in die Torah ingebou. Yahshua sou verplig gewees het om die Torah vonnis oor haar te voltrek het, as die klaers die Torah-reëls nagekom het.
YAHSHUA HET SELF VERKLAAR DIE TORAH BLY VAN KRAG
Die Torah is nie tot niet verklaar nie, Yahshua sê dit self. Yahshua was gehoorsaam aan die Torah voorskrifte en daarom kon daardie klagte net nie substansieer word nie. Yahshua sou nooit strydig met die Torah van Sy Vader Yahweh, owerspel kondoneer nie en die vrou met ‘n kloppie op die skouer en ‘n ligte vermaning weg stuur nie. Haar oortreding was ernstig en het die dood verdien. “Die siel wat sondig moet sterwe” en “die loon van die sonde is die dood”. Kan nie daar by verby kom nie!
Teoloë verstaan nie – hulle interpreteer hierdie gedeelte na aanleiding van ‘n verkeerde begrip van guns (genade) wat die hoeksteen van die Torah is. Die aanklaers het dood eenvoudig net die Torah voorskrifte verbreek en daardeur self gevaar gestaan om aangekla te word.
GUNS (GENADE) IS NIE ‘N ‘NUWE TESTAMENTIESE’
UITVINDSEL NIE
Guns (genade) is nie ‘n uitvindsel van die nuwe Verbond nie – dit is die hoeksteen van die Torah. Die Christendom het nie die konsep ontdek nie – hulle hou nie die patentreg daaroor nie.
Die algemene persepsie bestaan binne die Christendom, en ons het so daarmee groot geword, dat die Ou Verbonds-Elohiem ‘n El van wraak en woede is, terwyl die Nuwe Verbonds-Messias liefdevol en vergewensgesind is. ‘n Oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Sonder om baie volledig hierop in te gaan wil ek net volstaan deur te sê dat hierdie idioom van toepassing was op ernstige misdade, aanrandings, moord, verkragting, en so voorts, oortredings wat deur die Yisraeliese regsisteem hanteer moes word en nie deur die indiwidu self nie.
Die outoriteit om die “oog vir ‘n oog en tand vir ‘n tand” beginsel af te dwing is aan die regters gegee binne die regstelsel van die Yisrael volk. Die indiwidu is nie toegelaat om die reg in sy eie hande te neem nie.
Daarom het Yahshua ook gesê, “draai die ander wang”, want dit het nie ernstige aanranding of besering impliseer nie. Nee ons ken nie die Skrif nie, anders sou ons nie sulke hopeloos verkeerde vertolkings gegee en ander so verkeerd geleer het nie.
In elk geval sê Lev. 19:18 vir ons dat ons nie wraak mag neem of ‘n grief teen iemand mag koester nie en dat jy jou buurman moet lief hê soos jouself. Dit is mos nou strydig met die “oog vir ‘n oog en tand vir ‘n tand” beginsel – en ons weet die Skrif kan nie strydig met Homself wees nie. Wat is dan die probleem? Ons interpreteer die Skrif verkeerd.
Kom ek skud jou met hierdie waarheid. Daar is meer as 150 verse in die Ou Testament wat handel oor die liefde, die guns en goedertierenheid van Yahuweh, die Ou Verbonds-Elohiem. Daar is geen verskil tussen Yahweh en Yahshua nie! Kyk maar gerus na ‘n paar van hierdie volgende Skrifte wat ek NET uit die Torah uit haal. Ek raak nie eens aan die Psalms of die profete nie. Exo.15:13; 20:6; 34:6; Num.14:19; Deut. 5:10; 7:7; 7:9; 7:12-13; 10:15; 10:18. Daar is meer as 150 skrifte in net die Ou Verbond oor die liefde van Yahweh.
Maar, daar is ‘n ander sy van Yahuweh en Yahushua.
YAHUSHUA DIE MESSIAS KOM TERUG
AS ‘N ELOHIEM VAN WRAAK MET ‘N SWAARD IN SY MOND
Die liefdevolle Yahushua kom terug as Regter om te oordeel, om oorlog te kom maak, om die bloed van die onregverdiges te vergiet. Hy kom terug met wraak, met ‘n swaard in Sy mond (Sy Woord, Sy Torah). Hy kom om te vernietig, Sy vyande en diegene wat ongehoorsaam aan Hom was en wat nie Sy gebooie/Torah onderhou of in Hom geglo het nie. Hy, Yahshua is ‘n Elohiem van wraak, Yahshua is ‘n verterende vuur, wanneer Hy op die Olyfberg kom land, skeur Hy die berg in twee!!! AMEIN EN MAG DIE DAG GOU KOM!
Die ganse wêreld lê klem op die ‘liefdevolle jesus’, die sagte, die vergewende ‘jesus’. Dit is nie volgens die Skrif nie. Hierdie ‘sagte liefdevolle jesus’ is die god van die Nuwe Wêreld Orde! ‘n Oud okkultis wie onlangs vir satan verloën en haar rug op hom gedraai het en hom met ‘n passie haat, vestig my aandag daarop dat hierdie Nuwe Wêreld Orde “jesus” een en dieselfde wese is as die anti-chris (anti-messias) die MAITREYA.
SAL DIE ANTI-MESSIAS NIE DALK TERUG KOM
AS “JESUS” NIE?
Die MAITREYA se pad word vir hom uit geplavei. Satan het lank reeds daarmee begin!! Die ganse wêreld, die Christendom, die Moslems, die Hindoes, “new age” humaniste, almal verwag dat “JESUS” weer gaan terug kom. Die Maitreya = meester van liefde. Vir die ganse Nuwe Wêreld Orde sal hierdie Maitreya die groot leermeester wees vir wie almal gewag het. In die Oosterse gelowe word hy voorgestel as die ‘laggende Buddha”.
Wanneer die werklike ware PERSOON – die werklike Messias van Yisrael, die Hebreeuse Yahushua weer terugkeer as die Koning, YAHUSHUA, gaan Hy terugkom om te oordeel, met ‘n swaard in Sy Mond (die Torah) en gaan Hy verwoes en vernietig almal wat die ongeregtigheid doen en Torahloos leef.
Die valse messias, die anti-chris, gaan tevoorskyn kom en mag homself “jesus” noem om selfs die uitverkorenes te probeer mislei – sien Mat.24:24 en Openbaring 13:14. Hy gaan beslis die meerderheid mislei en die mensdom gaan dink dat hy, die anti-chris, met die naam van ‘jesus’, inderdaad die ware verlosser is. Die anti-chris sal nooit in die naam van Yahushua kom nie, want dan sal niemand hom volg en in hom glo nie. Hy sal dan niemand kan mislei en verlei nie! Want almal verwag ‘n “jesus”.
Jy kan verseker weet, dat indien jy lewe gedurende die bestel en regering van die anti-chris, dat hy anti-Torah instruksies gaan gee en omdat baie nie gegrond en gevestig is in die Torah van Yahweh nie, sal hulle mislei en bedrieg word. Dit is slegs diegene wie in Yahushua glo en Hom lief het EN Sy Torah/Gebooie doen en gehoorsaam, wat volgens Openbaring, gered sal word.
Die Messias Yahushua, Abba Yahuweh is onveranderlik! Hy haat Torahloosheid (sonde) en Hy kom om wraak te neem – die goddelose se bloed gaan vloei, 200 myl ver en dit gaan teen die stange van die perde opstyg – betaaltyd vir TORAHLOOSHEID!!
DIE VERANDERLIKE SAGTE LIEFDEVOLLE “JESUS”
IS BESLIS ‘N VALSE MESSIAS
Yahushua van die Nuwe Verbond verskil net mooi niks van Yahweh in die Ou Verbond nie!
So my gevolgtrekking is niks anders as dat die Ou Verbonds-Elohiem Yahweh en die Nuwe Verbond se Yahushua inderdaad een en dieselfde Elohiem is. En Yahushua bekragtig dit!!
In Mark. 12:29 op ‘n vraag deur ‘n teoloog antwoord Yahshua self deur die Sh’ma (Deut.6:4-5) te kwoteer:
“Yahshua antwoord hom: ‘Die eerste is: Luister Yisrael, Yahweh ons Elohiem (god) is die enigste Elohiem” (of ”Yahweh is een”)
Hierdie feite is onweerlegbaar in die Skrifte.
In Jesaja 12:2 lees ons dat YAHWEH – die Skepper Elohiem, die Elohiem van die Israel volk, die Elohiem van Abraham, Isak en Jakob – inderdaad YAHUSHUA is. Ek haal uit die Restoration Scriptures aan en vertaal so korrek moontlik na Afrikaans:
“Kyk, El (God) is my Yahshua (verlossing): Ek sal vertrou en nie bang wees nie: want YAH, YAHWEH is my sterkte en my lied; Hy het ook my Yahushua (verlossing) geword” – die Hebreeus lees letterlik “YAHWEH, my sterkte en my lied, het my YAHUSHUA geword”
Die profeet sê dan in duidelike taal dat YAHWEH Yahshua geword het. Dit word ook bevestig uit die Dooie Seerolle.
Kom ons kyk na Handelinge 2:38 (daar is nog talle Ou verbondsgeskrifte maar ek volstaan hiermee) en wel die Restoration Scriptures wat o.a. put uit die oorspronklike Aramese Peshitta:
“Toe sê Kepha (Petrus) vir hulle, Bekeer en word gedoop (onderdompel) elke een van julle in die NAAM van die Meester-YAH Yahushua die Messias tot vergifnis van jul sondes, en julle sal die gawe van die Ruach Hakodesh (Heilige Gees) ontvang.”
In die Aramese Peshitta (Mar-Yah Yahshua) verwys “Meester YAH” na
YAHWEH en hier stel Petrus vir Yahushua, die Messias, gelyk aan
YAHWEH.
EINTLIK NOEM PETRUS HOM “YAHWEH YAHSHUA”!!!
En dit is WIE HY werklik is!
Die Nuwe Verbonds-Messias Yahshua is niemand anders as die Ou
Verbonds-Elohiem vir wie jy normaalweg dood bevrees was! Die
Messias is ‘n afbeelding/afskynsel van die Groot Ewige Vader Yahweh.
Ek gaan hierdie hoofstuk afsluit met kommentaar uit die Restoration
Scriptures oor hierdie bekende wonderlike hoofstuk oor Yahshua die Messias.
Minder bekend is hoofstuk 54 en daarom is die onthullings daarin absoluut
wonderbaarlik.
Jesaja 53 praat duidelik oor die Lydende Dienskneg, die Messias Yahshua. En
die kommentator sê dat jy die naam van YAHUSHUA duidelik in hierdie
Hoofstuk kan vind deur elke twintigste (20ste) letter terug te tel van links na
regs, en te begin met die tweede “yod” in “ya’arik” in vers 10 – as jy dit
doen, kry jy die woorde “YAHSHUA-SHEM’I” of in plein Afrikaans
“YAHSHUA IS MY NAAM”.
Hierdie hoofstuk is so in die kol en vol waarheid dat die ortodokse Joodse
Rabbis ‘n verbod geplaas het op die lees van hierdie besondere hoofstuk in
die Sinagoges op ‘n Shabbat. Die Joodse Rabbis besef inderdaad dat hierdie
hoofstuk in duidelike taal na die Messias Yahshua verwys, maar hulle
ignoreer en ontken Hom.
Hoofstuk 54 vers 5 lui:
“Want jou Maker is jou man(s), Yahweh van die Leërskare is Sy
Naam; en jou Verlosser(s) die Afgesonderde Een van Yisrael; en Hy
word genoem die Elohiem van die ganse aarde”.
Sien jy die meervoude in hierdie vers. Dit is presies soos dit in die
Hebreeuse teks verskyn. Die Hebreeus “ki baalecha asechah” of “omdat
jou mans jou Maker is”.
Die “Maker(s) is duidelik YAHWEH en YAHSHUA, en Sy Verlosser(s), “ve
goalecha” (in Hebreeus letterlik meervoud). Na wie anders verwys hierdie
as na Yahweh en na die Messias Yahushua?
En in vers 13 lees ons
“en jou kinders sal deur Yahweh geleer word” terwyl Yahushua in
Johannes 6:45 duidelik na Homself verwys as Hy kwoteer:
“dit is geskryf in die profete: En hulle sal almal deur Yahweh geleer
wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom
na My toe”
DIT IS SO DUIDELIK SOOS DAGLIG: YAHUSHUA,
DIE NUWE “TESTAMENTIESE” MESSIAS IS
NIEMAND ANDERS NIE AS DIE OU
“TESTAMENTIESE” ELOHIEM,
YAHUWEH, WIE HOMSELF
IN DIE VLEES KOM
MANIFESTEER HET