HOOFSTUK 7
WAT IS DIE NAAM VAN DIE GOD VAN DIE CHRISTENE?
WIE AANBID HULLE?
JE-ZEUS CHRESTOS – IESOUS – IESUS – JESUS – GRIEKSE GODIN VAN GENESING : DIE NAAM VAN DIE GRIEKSE AFGOD VAN DIE CHRISTENDOM – JESUS CHRISTUS
As ons terug gaan na die 2de Gebod – “JY MAG GEEN ANDER ELOHIEM VOOR MY AANGESIG Hê NIE ………”, (GEEN ANDER ELOHIEM AS YHWH (YAHWEH) NIE), dan merk ons dat die Christendom inderdaad ‘n ander god het en aanbid. ‘n Griekse god met ‘n ander naam as die Hebreeuse naam van YAHWEH of YAHSHUA – die naam/titel van die hemelkoningin (die ‘HERE’) word in die plek gestel van die Naam van YHWH (YAHWEH). Die Griekse “Iesous” word in die plek gestel van die Hebreeuse YAHSHUA. Die Christendom oortree die 2de Gebod. Hulle beoefen inderdaad BAAL-AANBIDDING. Hulle het en hulle aanbid ‘n ander god as YAHWEH of YAHSHUA, ‘n god met ‘n naam uit die Griekse mitologie uit. Uit die Okkulte.
YAHWEH IS SY NAAM,
DIT IS SY VERBONDSNAAM VIR EWIG PS.135.13; HOS.12:5
DIE CHRISTENDOM AANBID EN DIEN ‘N ANDER GOD
AS YAHWEH DIE SKEPPER.
CHRISTENE AANBID ‘N GOD
WIE SE NAAM ‘N GRIEKSE OORSPRONG HET
Het jy geweet dat wanneer spiritiste die geeste van dooies oproep, dan bid hulle in die naam van ‘jesus’. Weet jy dat okkultiste en sataniste openlik verklaar dat daar ‘n demoon, ‘n bose gees bestaan met die naam van “jesus”?
WANT EK, YAHWEH, JOU ELOHIEM IS ‘N JALOERSE ELOHIEM
Dis geen geheim nie. Die Griekse afgodsgodin van genesing Iaso of Ieso, genitiewe verbuiging “IESOUS”, is ‘n afgod, is ‘n demoon of bose gees – hulle bestaan werklik – al sê jou sinode dis snert, vra enige satanis.
DIE SKRIF WAARSKU TEEN ANDER JESUS’SE
Paulus waarsku ons in 2 Kor. 11:4:
“Want as iemand kom en ‘n ander “JESUS” verkondig as wat ons verkondig het, ……”
Die gewone Afrikaanse vertaling is inderdaad profeties en moet as ‘n waarskuwing dien aan alle Afrikaanssprekende Christene – Paulus waarsku teen ander “jesus’se” in die meervoud!! Luister!! Neem dit ter harte!!
DAAR IS MEER AS EEN “JESUS”
Die Hindus verklaar: “Jesus is die seun en Krishna is die Vader”.
Islam verklaar: “Jesus (Isa) is ‘n profeet, of ‘n boodskapper van god”.
Jehova Getuies verklaar: “Jesus is die aartsengel Michael”
Die Mormone verklaar: “Jesus is die broer van Lucifer”.
En dan is daar ander instansies soos die UFO’s wat beweer dat hulle voortdurend boodskappe van “Meester Jesus” ontvang.
Dan is daar die profetes Elizabeth Claire wat “Jesus” saam met Buddha en Merlin die towenaar klas. Wanneer sy met Merlin die towenaar en met Buddha kommunikeer, sluit sy “Jesus” in hierdie demoniese geselskap in.
Dan is daar mense soos die bekende Duitser Kurt Koch, wat ‘n deskundige is rakende die okkulte en demoon uitdrywing en wat al baie maal gekonfronteer was met die demoon, wat homself bekend stel as die ‘Jesus van Satan’.
Johanna Michaelson, skryfster van “Beautiful Side of Evil” beweer dat sy met ‘n demoon met die naam “jesus” gepraat en kommunikeer het.
SO, CHRISTENDOM!
WATTER ‘JESUS’ DIEN EN AANBID JULLE?
Deur hierdie naam “jesus” te noem oortree ek Exodus 23:13 wat waarsku:
“EN DIE NAAM VAN ANDER GODE/MAGTIGES MAG JULLE NIE
VERMELD NIE; DIT MAG UIT JOU MOND NIE GEHOOR WORD NIE”.
Gebruik jy die naam van “jesus” wanneer jy tot jou god aanbid? Begin eerder die Hebreeuse naam van die Skepper gebruik in plaas van substituut afgodsname wat jy nie eens weet wat die werklike identiteit is van die wese wat jy aanspreek nie.
Weet jy wat gebeur as jy as christen hierdie verbod oortree en ignoreer? Jy beoefen Baal aanbidding (afgodsaanbidding).
EK MAG NIE DIE NAAM VAN ‘N ANDER GOD
AS YAHWEH YAHSHUA NOEM NIE, DIT MAG
NIE OOR MY LIPPE GENOEM WORD NIE!!
DIE CHRISTENDOM OORTREE DIE 2DE GEBOD
EN BE-OEFEN INDERDAAD BAAL AANBIDDING
Baie jammer, ek gaan weer herhaal maar ek wil hê hierdie feite moet vas lê in jou kognitiewe geheue sodat jy dit sal verkondig en vir ander kan vertel en hulle waarsku.
Die Christendom aanbid ‘n heidense Griekse afgod wie se naam vir slegs die afgelope 380 jaar in die Bybel uitgespel word as “Jesus”. Dis hoe oud (of jonk) die naam van hierdie afgod in Engels of Afrikaans of Duits is.
DIE NAAM ‘JESUS’ IS PRESIES 380 JAAR OUD
Dit is afgelei van ‘n Griekse afgodsgodin van genesing, Iaso. Maar in die Ioniese dialek van die Griekse Taal is dit Ieso, waarvan die genitiewe verbuiging “Iesous” is wat vir baie eeue ook so deur die songod-aanbidders gedurende Konstantyn se tyd en daarna in die middeleeue, net so gebruik is. Die naam is eers in 1629 in die KJV Bybel vertaling verander na “Jesus”.
Die naam van die god wat die christene aanbid, is maar baie onlangs eers in gebruik geneem. Voor 1629 was hierdie naam in al wat ‘n Engelse Bybel is, gespel as “IESUS”.
KOM EK BEWYS DIT SWART OP WIT
Die naam “Jesus” is ‘n baie onlangse moderne naam wat tydens hierdie skrywe (2009) slegs 380 jaar gelede vir die eerste keer in ‘n Bybelse vertaling voorgekom het. Voor 1629 het dit in Engelse Bybels voorgekom as Iesus. As voorbeeld haal ek aan uit die KJV Bybel van 1611, die Bishops Bybel van 1568, en ook die Geneva Bybel van 1587 en wel Luk. 1:31:
“For beholde, thou shalt conceaue in thy wombe, and beare a sonne, & shalt call his name Iesus”.
Drie verskillende Bybels uit die donker gryse verlede – identies gespel!
Die korrekte vertaling moet lui: “ & shalt call his name YAHUSHUA” want Hy was Hebreeus, PUNT.
Hierdie is feite wat jy op E-sword kan gaan vasstel. Dis oop vir elkeen wat ondersoek wil instel. Daag jou predikant uit om te gaan kontroleer, hy moet in elk geval vertroud wees met E-sword as hy sy sout werd wil wees as ‘leermeester’ en ‘skrifgeleerde’.
Ek wed jou jy het gedink die naam ‘j-sus’ is ouer as 2000 jaar en nie maar slegs 380 jaar oud nie!!
Die naam van die Joodse Messias was Hebreeus “YAHUSHUA” en Sy Naam was bekend nog voor die grondlegging van die aarde af!!!
Ja, ons kan stry soos ons wil, Christene, sonder dat hulle dit weet, aanbid ‘n ander god, ‘n Griekse afgod – en ons Afrikaanse vertaling help ons verder in die misleiding en die verderf in.
Gaan lees Hand.26 – die DAMASKUS KONFRONTASIE in jou Afrikaanse Bybel en kyk net hoe die vertalers jou bedrieg.
In vers.14 praat die Almagtige uit die hemel uit met ‘n geleerde Paulus wat veronderstel is om Grieks magtig te wees. Die almagtige Messias Yahushua praat met hierdie Paulus in die HEBREEUSE TAAL en Hy vra vir Hom waarom vervolg Paulus Hom. Paulus vra “wie is U Meester?” En die Almagtige Meester, Vlees-geworde-Yahweh-Yahshua-Messias, geofferde Pasgalam antwoord: “Ek is YAHUSHUA”. Maar dit is nie wat in jou Afrikaanse Bybel staan nie. Gaan kyk weer – onthou – daar word met Paulus in die Hebreeuse taal gepraat!!
“Jesus” is nie ‘n Hebreeuse naam nie!! Dit is die duiwelse afgodsnaam van Iesous/Jesus, die Griekse godin van genesing.
WIE WAS DIE MESSIAS?
HET HY ‘N JOODSE OF ‘N GRIEKSE NAAM GEHAD?
Wie was die Messias? Het Hy ‘n Joodse of ‘n Griekse naam gehad?
Gebruik jou gesonde logika – Die Skepper praat Hebreeus. Sou Hy ooit vir Paulus antwoord dat Sy Naam “jesus” is – ‘n Griekse naam in die Hebreeuse taal, aan Paulus wat ook Hebreeus magtig is?
Nooit, Sy antwoord sou ‘n duidelike “YAHUSHUA” wees want dit is wat Sy naam in Hebreeus is = YAH is verlossing. So, ons Afrikaanse vertaling is duidelik ‘n misleiding. Die woord ‘jesus’ het nie eens bestaan op daardie stadium nie want daar was en is nie eens ‘n “J” in die Griekse of Hebreeuse alfabet nie. Glo my – ek het die Hebreeuse alfabet onlangs met baie groot moeite bemeester en ook agter gekom ek vergeet dit weer net so gou as jy nie elke dag daarmee werk nie. (Is dit nie die probleem met ons geestelike leiers nie? Hulle ken nie meer hulle Hebreeus nie – totaal verroes!)
WAAR KOM MENSE AAN DIE NAAM ‘JESUS’?
Die predikante vertel dit is ‘n onskuldige transliterasie vanaf die Joodse Yahushua na ‘Jesus’. Dit is nonsense. Daar bestaan geen “J” in die Hebreeuse of die Griekse alfabet nie – tot vandag toe nie. So, sy naam kon nie ‘jesus’ gewees het nie en kon derhalwe nie so gespel gewees het nie. Dis hoekom dit vir al die jare lank “IESUS” gespel is, soos ek hierbo gewys het.
Vir baie jare lank het die leuen-geeste gewen. Griekse afgodsgodin identiteite word letterlik in ons Bybels ingespel. Die Damaskus-konfrontasie word ook in die bogemelde antieke Bybels bedrieglikerwys vertaal as “Iesus”. So het die naam van hierdie Griekse afgodsgodin in ons huise in gesluip, in ons Bybels, in ons “kerke/tempels”, in ons eie persoonlike lewens in.
‘n Griekse afgodsnaam waarmee ons die Lewende Torah, die Lewende Skepper van die hemel en die aarde aanroep, vernoem en aanbid! Dit is slegs as gevolg van Sy goedertierenheid en Sy guns dat Hy ons nog nie verdelg het nie want Sy ander naam wat ‘n ander sy van Sy karakter beskrywe, is JALOERS en die Skrif sê vir ons Hy is ‘n verterende Vuur.
ONS HET DIE NAAM VAN YAHUWEH YAHUSHUA DIE LEWENDE TORAH, DIE SKEPPER VAN DIE HEELAL, VERVANG MET DIE NAAM VAN ‘N GRIEKSE AFGODSGODIN EN DIE NAME VAN ANDER DEMONIESE WESENS
As ons nie geweet het tot nou toe nie, kan ons vry gespreek word. Maar as ons nou hierdie feite weet, dan durf ons nie voortgaan met die gebruik van hierdie Griekse afgodsnaam nie – dit is dodelik – jy sal sterf. Jy oortree die 2de Gebod.
YAHUSHUA beteken letterlik Yah (Afkorting vir Yahuweh) is ‘shua’ (redding/verlossing). Yahuweh Yahushua is ons verlosser, SLEGS HY, geen ander Griekse afgod nie.
DAAR IS SLEGS EEN NAAM WAARDEUR ONS GERED KAN WORD,
EN DIT IS YAHUWEH YAHUSHUA
Dit is die Skepper se HEBREEUSE naam.
DAARDIE NAAM KAN NIE OOK DIE NAAM VAN ‘N GRIEKSE AFGOD “IESOUS” OF “JESUS” WEES NIE,
DIT IS ‘N GEHEEL ANDER NAAM UIT DIE GRIEKSE MITOLOGIE UIT, DIE VAN ‘N AFGOD
Die Wetgewer waarsku, Hy beveel ons om nie die naam of name van ander
gode selfs oor ons lippe te noem nie. Exodus 23:13 – gaan lees dit, ek
kan dit nie genoeg herhaal nie. Jou predikant mag ook nie hierdie gebod
oortree nie. Hoekom noem hy die name van ander gode oor sy lippe?
Of het Yahshua ook die gebod kom verander sodat dit nie meer relevant is
nie?
Hy is die “Ek is”, dit is nie Sy naam nie, dit is Wie Hy is, deel van Sy
karakter, Hy was en sal vir ewig wees, Hy bestaan – die begin en die einde.
In Jesaja 48:12 verklaar Hy uitdruklik:
“Luister na My, Yaakov en Yisrael My uitverkorenes; Ek is Hy; Ek is
die eerste en die laaste”
In Openbaring 1:8 verklaar Hy weer baie duidelik en herhaal Hy as’t ware
Jesaja 48:12:
“Ek is die Alfa en die Oméga, (die Aleph en die Taf –Hebreeus) die
begin en die einde, sê die Meester YHWH, wat is en wat was en wat
kom, die Almagtige.”
NOU WAAR KOM DIE NAAM “JESUS” VANDAAN EN
WIE IS IESOUS DAN?
Die naam “Jesus” is afgelei en word terug herlei na ‘n Griekse naam “IESOUS”. Gaan kyk na die Strong’s Hebreeuse en Griekse woordeboek. G2424 verwys na die Griekse naam ‘IESOUS’, foneties uitgespreek “ee-ay-sooce”. Dan verklaar Strong’s dat hierdie Griekse naam afgelei is van die Hebreeuse naam H3091 “Jehoshua” (“the name of our lord and two or three other Israelites”). Die feite is egter verkeerd want daar bestaan tot vandag toe nie ‘n “J” in die Griekse of Hebreeuse alfabet nie. Sy Naam was inderdaad YAHUSHUA of YAHOSHUA, en nie soos Strong’s voorgee dit met ‘n “J” gespel word nie. Want dit gee aanleiding tot ‘n taalkundige verkragting wat lei tot die verkeerde “Jehovah” wat nie Sy naam is nie. Die betekenis van “hovah” binne die naam “Jehovah”, is om die minste te sê lasterlik, verkleinerend en afbrekenend en kan beslis nie na die Skepper van die Heelal verwys nie. Doen self ‘n soeke op Strongs 1942 en 1943. Die betekenis van “hovah” dui op perversiteit, slegtigheid, vernietiging, ongeregtigheid, en so meer. Sou dit gepas wees dat daar inherent in die Naam van die Almagtige Skepper sulke lasterlike kenmerke verskuil sou wees? Die naam “Jehovah” is NIE Sy Naam NIE! Dis lasterlik!
WIE WAS IESOUS?
WAAR KOM ONS AAN DIE NAAM?
Volgens die Griekse geloof en kultuur was Apollo een van die belangrikste songod-persoonlikhede. Hy het ‘n seun gehad wie se naam Asclepius was, ‘n godheid wat genesing beoefen het en ook met die son assosieer was. Hierdie einste Asclepius het dogters gehad waarvan een se naam Iaso (Ieso) was, die Griekse godin van genesing. Haar grootouers en ouers word ge-identifiseer as son-gode en is sy derhalwe ook deel van die son-god familie. Maar in die Ioniese dialek van die Grieke was Iaso bekend as Ieso. Die genitiewe verbuiging van Ieso is IESOUS – die einste Griekse naam waarvan “jesus” afgelei en ontspring het.
Iaso is die gewone Griekse naam vir die genesingsgodin, die dogter van Apollo, die son-god. Hierdie godin word ook gekoppel aan die Egiptiese “Isis” wie ‘n seun gehad het met die naam “Isu”. Gedurende die era van die Romeinse Keisers was daar talle aanbidders van hierdie afgod “Isis”. Baie van hierdie gelowiges het hulle bekeer tot die Konstantynse geloof waarin die heidendom vermeng is met die Messiaanse geloof en wat oorgegaan het in die Rooms Katolieke Geloof.
DIE NAAM ‘JESUS’ KOM UIT ‘N SONGOD-FAMILIE
EN WORD TERUG HERLEI NA DIE SONGOD ZEUS
Die Rooms Katolieke Kerk gebruik steeds vandag nog die son-simbool wat bekend staan as die ‘Eucharist’ wat tot vandag toe nog die Griekse letters “IHS” bevat, wat staan vir “IHSOUS” wat later in Latyn vertaal is na Iesus en toe na die Engelse Iesus wat in 1629 “jesus” geword het in die KJV vertaling. Die Griekse “Zeus” was niemand anders as die Egiptiese afgod “Amen-Rah” nie. Die afkorting “IHS”, behalwe dat dit ‘n afkorting was vir “IHSOUS”, was ook die presiese bynaam vir die songod “BACCHUS” alias “TAMMUZ” van wie jy lees in Eseg. 8:14-16 ens. Hulle was almal son-afgode!
Dit ruik verskriklik skerp na afgodediens – hou verby! Bly weg! En dan is daar christene wat met alles tot hul beskikking probeer verduidelik dat dit nie werklik so is nie, maar dat die Griekse Iesous werklik bloot ‘n onskuldige transliterasie is en “dat die “HERE” (Die hemelkoningin) my hart ken”, “hy sal verstaan”. Hulle verwag dat die Grote Elohiem Sy eie Wette moet verag om hulle te akkommodeer in hul aanbidding van Baal!
En juis! Yahweh ken die hart van die mens dat dit “bedrieglik bo alle dinge is, ja dit is verdorwe!”. Jeremiah 17: 9. Dit is hoe Yahweh jou hart ken!!
(HERE/HERA afgodstitels vir die hemelkoningin – Jeremia 7:18 en ander. Vandag word hierdie titel, hemelkoningin ook aan die moeder Maria van die Rooms Katolieke toegedig. Jy durf dus ook nie van die “Here” praat nie. Meer hieroor in hoofstuk 17).
Die naam Iesous word dus terug gespoor na sonaanbidding, afgodediens, duiwelaanbidding. Hierdie naam is verwant aan Iasus, Iasion, Iasius wat in die antieke Griekse geskiedenis bekend was as die seuns van ZEUS. Feite in ‘n latere hoofstuk.
DIE NAAM ‘JESUS’ HET LETTERLIK HOEGENAAMD
GEEN BETEKENIS NIE
Die naam “jesus” beteken net mooi NIKS, behalwe dat dit afkomstig is van die Griekse afgodsnaam Iaso. Dit beteken nie “Immanuel” – ‘god met ons’, nie, dit is ‘n ander gruwelike bedrog. Immanuel beteken wel “god met ons” maar ‘jesus’ beteken beslis nie ‘Immanuel’ nie. Dit is ‘n LIEG.
Die naam “jesus” het letterlik geen betekenis nie. Dit is ‘n baie onlangse naam en eintlik ‘n baie algemene naam wat ook onwillekeurig herinner aan die Portugees hier om die hoek – met alle respek – die naam van die Verlosser en Saligmaker? Is dit moontlik? Net ‘n oningeligte afgodsdienaar sal dit glo.
Maar Christene klou soos klitsgras in ‘n wolkombers daaraan vas – waarom? Dit beteken niks! Elke ander Jan Rap en sy maat word die naam gegee wat veronderstel is om ‘n unieke naam bo alle ander name in die hemel en op die aarde te wees!!
Daar word geskerm en verduidelik dat “Jesus” eintlik ‘n onskuldige transliterasie is van Sy werklike Hebreeuse Naam YAHUSHUA – en dat dit onskuldig in Grieks getranslitereer en vertaal is met “Iesous”.
UITERS VREEMD DAT ‘N ONSKULDIGE TRANSLITERASIE
TOEVALLIG PRESIES DIESELFDE IS
AS DIE NAAM VAN ‘N GRIEKSE AFGODSGODIN VAN GENESING
HET DIE ROOI GEVAAR- LIGTE NIE GEFLIKKER NIE?
Wel dit is uiters agterdogwekkend dat hierdie onskuldige transliterasie terug val op die naam van ‘n heidense Griekse songodin van genesing – IESOUS. Die rooiligte moes dadelik begin flikker het vir daardie vertalers, wie hulle ookal was. Was hulle onbekend met die Griekse mitologiese kultuur geskiedenis?
AS JY IN BEHEER VAN SO ‘N VERTALING WAS,
SOU JY DIT NIE ONDERSOEK HET NIE?
Hoekom hou ons so onwrikbaar vas aan hierdie afgodsnaam? Is dit omdat ons so vasklou aan Baal? Is ons anti-Yahweh? Is ons in opstand teen Yahweh? Probeer ons die satan help? Steun ons hom?
Dit bly totaal onbegryplik dat Christene, en meer pertinent leiers en predikers onder hulle, so vir die behoud van hierdie afgodsnaam skerm. Waarom erken hulle nie maar dat dit ‘n fout was en dat ‘n aller verskriklike belediging en onreg die Seun van die Lewende Elohiem aangedoen was om na ‘n afgod vernoem te word nie? Is hulle te trots met ‘n valse verhewe sin van kennis in pag? “Ons weet beter en ons kan beter interpreteer. Ons voorouers, die Rooms Katolieke, het tog immers al reeds die Skrif her interpreteer, Sy Torah-wette gewysig en selfs die dag van die SONGOD (SONDAG) ingestel en wet gemaak vir die hele wêreld om te gehoorsaam”. En tot vandag toe doen die protestante nog steeds soos wat hul Rooms Katolieke voorvaders beveel het. Word ‘n ware protestant en begin weer te protesteer – gebruik die Hebreeuse name van jou Skepper – Yahuweh Yahushua!
Sê bloot, dit was ‘n fout, ons maak nou ‘n regstelling – ons is verskriklik jammer!! Van nou af sal ons voortaan die persoonlike eie naam van die Skepper van die heelal, YAHWEH gebruik en die van Sy Seun YAHUSHUA. Maar nee – die bedrog gaan voort.
DIE CHRISTENDOM IS SINKRETISME
Kom ek stel dit reguit. Die Christendom is ‘sinkretisme’ – ‘n mengelmoes van heidense afgodsgebruike en ‘n bietjie waarheid. Die Christendom beoefen inderdaad “BAAL-AANBIDDING”. Baal-aanbidding is niks anders as ‘n stukkie waarheid wat vermeng is met ‘n klomp leuens en bedrog nie. Niks anders as wat die Yisraeliete beoefen en waarin Yahweh ‘n AFSKU gehad het nie.
Die Israeliete het dit begin beoefen met die eerste goue kalf terwyl Moses op die berg besig was om ‘n diktasie te neem van die Skepper Yahweh. Moses was besig om ‘n iedere en elke Woord van die Skepper neer te te skryf. Dit pas nadat die Skepper self persoonlik Sy Tien Woorde op klip met Sy vinger vir Moses uitgeskryf het. Onthou Sy Woorde is gees en is lewe en is ONVERANDERLIK.
Aaron het gesê “MORE IS DAAR ‘N FEES TOT EER VAN YAHWEH” en dit nadat hy pas ‘n goue kalf gemaak het. Hy het toegelaat dat die Yisraeliete die goue kalf die volgende oggend aanbid, maar het vir hulle gesê dat dit ‘n fees sou wees tot eer van Yahweh. Exodus 32:4-5.
Kan jy sien hoe vermeng Aaron waarheid met leuens? Sinkretisme. Dit is BAAL-AANBIDDING, AFGODSAANBIDDING, DUIWELAANBIDDING.
Die volgende keer dat BAAL-AANBIDDING weer duidelik na vore kom is toe die 10-stamme-koning, Jerobeam, na Salomo se dood, die feesdae van Yahweh wat Yahweh uitdruklik in Lev. 23 gestipuleer het om gehou te word in die 7de maand (Tishrei), dit verskuif het na die 8ste maand. Hy gelas ook sy onderdane dat hulle nie nodig het om na Jerusalem op te gaan om hierdie feesdae te vier nie. Die koning rig toe twee goue kalwers op en plaas dit op twee strategiese plekke, Betel en Dan, binne die 10-stamme koninkryk vir aanbidding. Die Yisraeliete aanbid Yahweh, maar hulle buig hulle neer voor die goue kallers! ‘n Klassieke Teksboek voorbeeld van sinkretisme.
Niks anders as BAAL-AANBIDDING nie. ‘n Bietjie waarheid vermeng met ‘n allemintige klomp leuens en bedrog. En dit is presies wat vandag in alle godsdienste aan die gang is – van Christendom, Judaïsme, Islam.
Kom uit agter daardie masker uit! Daar is ‘n briljante artikel op die webwerf van
www.servant2000.org geskryf deur ‘n Nasareense Rabbi Paul Todd – “
A message for our time”. Hy bring hierdie patrone en tendense waarna ons reeds gekyk het ook uit tot by die hedendaagse Christendom wat besig is met BAAL-AANBIDDING.
Enige Christen wat na dese, na die lees van hierdie hoofstuk nog volhou om die naam van “jesus” te gebruik wanneer hy/sy sy/haar god aanbid, is of onnosel, dom astrant, of die satan en sy demone verblind hom so, dat hy doodeenvoudig net nie die waarheid kan insien nie, omdat hy/sy nie wil nie.
Bid en vra Yahweh na insig en wysheid – net Hy kan jou lei na die waarheid, want Hy is WAARHEID.
En dan is die waarheid van 2 Thessalonisense 2:9-13 so wesenlik van toepassing:
“hy wie se koms is volgens die werking van die satan met allerlei kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerlei verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal Elohiem hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid”.
Hierdie skrifvers is ‘n skrikwekkende waarskuwing wat enige ongehoorsame ongelowige slapelose nagte moet besorg.
“Jesus” ‘n naam wat ontspring het uit die Griekse mitologiese afgodsgodin Iaso, Iesous, en ‘n naam wat sommer nog gekoppel word aan hordes demone, bose geeste, “jesus” broer van Lucifer, die “Jesus” van satan, ens. Jy weet werklik nie wie jy aanbid nie!!
JY WEET WERKLIK NIE WAT DIE IDENTITEIT IS
VAN DIE WESE WIE JY AANROEP AS “JESUS” NIE
Ek sal in my lewe nooit weer hierdie naam gebruik nie.
MAAR dit wys jou nou net hoe onbeskryflik GROOT die Skepper Yahweh is om ten spyte van hierdie gruwelike naam “jesus” tog nog steeds deur Sy Ruach, opregte gelowiges wat hulle na Hom toe wend in gees en in waarheid, te red tussen deur die gemors uit die okkultiese heidendom en demoniese afgod name. Dit is ‘n wonderwerk, seker die grootste ooit. Geen wonder dat die engele in die hemel juig wanneer een sondaar tot bekering kom nie – dit is voorwaar ‘n verskriklike wonderlike wonderwerk.