HOOFSTUK 3
WAT IS DIE NAAM VAN DIE GOD VAN DIE MOSLEMS?
Die persoonlike en eie naam van die god van Islam is Allah. Alle Moslems weet dit. Maar bitter min Christene weet vandag dat Allahdienaam is van ‘n maan-god wat eeue gelede reeds aanbid is – lank voordat die profeet Mohammed die betrokke maan-god as die Moslems se god aan hulle bekend gestel het.
Argeoloë het egter uit opgrawings vanoor die Midde-Ooste talle tempels/kerke oop gegrawe wat behoort het aan die maan-god. Die mees dominante godsdiens van die antieke wêreld vanaf Turkye tot die Nylrivier in Egipte was die afgodsdiens van die maan-god.
Die Sumeriërs, die eerste geletterde beskawing het duisende klei tablette nagelaat waarin hul godsdienstige afgode-aanbiddingsgebruike beskryf word. Hulle het almal maan-gode aanbid wat verskillende name gehad het.
Hul universele simbool was ‘n sekel maan (“crescent moon”) en dit was ook die mees populêre godsdiens in die hele Mesopotamië, hart van die midde ooste. In die ou testament word die Israeliete herhaaldelik ernstig gewaarsku en gestraf teen die aanbidding van die maan-god wat sy naam ook al op ‘n spesifieke tydstip was.(Deut. 4:19; 17:3, 2 Kon. 21:3-5: 23:5; Jer. 8:2; 19:13; Sef. 1:5, ens.)
Die Skepper Elohiem van Israel het dit verafsku en wanneer Israel gewoonlik weg gedwaal het van die Lewende Elohiem, het hulle gewoonlik verval in die aanbidding van die maan-god.Geen wonder dat Craig Winn bekende Amerikaanse biljoenêr en skrywer van “Prophet of Doom”, vir Allah gelykstel aan satan nie.
En dit is presies wie Allah is, satan. Maar nou word ‘n lasterlike leuen verkondig wat deur biljoene mense geglo word, en ek vra vergifnis dat ek dit moet uit tik: “Allah hu Akbar” wat beteken “Allah is die grootste”. Dit is absolute lastering om dit te sê veral as ons weet dat Allah nie YAHWEH is nie. Laat ons daarom reageer met ‘n luide “YAHWEH hu akbar” = YAHWEH is die GROOTSTE!
LASTERLIKE LEUEN!! – YAHWEH EN ALLAH
IS TWEE VERSKILLENDE NAME VIR DIE SKEPPER VAN DIE HEELAL
N LASTERLIKE LEUEN – DAT YAHWEH EN ALLAH
EEN EN DIESELFDE WESE IS
Dit gril my om die hoog-afsonderlike Kadosh Naam van die Elohiem, die Skepper van die kosmiese heelal, saam in een sin met ‘n afgodsnaam te noem. Daar is ‘n werklike lewendige demoniese gees van Allah in die onsienlike geestes wêreld wat die volle rol vertolk en uitspeel van hierdie maangod, Allah, wat deur die profeet Mohammed bekend gestel is. Die afgod, die maangod as sulks is ‘n dooie ding, maar die bose gees in die geestes wêreld, bekend as ‘Allah’ neem die “rol” aan van hierdie afgod en dan begin sake drasties verander. Daniël profeteer dan oor “ha Allah”. In die Hebreeus word sy naam uitgespel in die betrokke teks – sien ondertoe.
TALLE CHRISTENE GLO DIE LEUEN
DAT ALLAH EN DIE SKEPPER VAN DIE
HEELAL EEN EN DIESELFDE WESE IS
Biljoene Moslems aanbid en dien hierdie werklike demoniese gees wat vir homself aanhangers bymekaar maak in die onderwêreld en dan oefen hulle ‘n kragtige dwaling uit op die Moslem-gelowiges. Die resultaat is demoniese, afgryslike moorde en verminkings en onthoofdings van gelowiges wat in die ware Skepper Elohiem glo. Hierdie afgodsgees(te) mislei die Moslems sodat hulle selfmoord pleeg en valslik glo dat hul ‘n ‘maagdelike’ vergoeding in die ‘paradys’ gaan ontvang.
George Bush, vorige Amerikaanse President het in die openbaar verklaar dat sy eie “Christen god” en die god van die Moslems een en dieselfde GOD is. Tony Blair van Engeland is ‘n vooraanstaande ingeligte opgevoede westerse leier wie hom by George Bush aangesluit het in sy verklaring dat Allah en “sy god” eintlik een en dieselfde wese is. Hierdie leuen word selfs binne die Christendom geglo en verkondig.
DIE MESSIAS YAHSHUA WORD IN CHRISTEN GELEDERE
GELYK GESTEL AAN ANDER AFGODE
In Christen geledere word die Messias Yahshua vervlak tot en gelyk gestel aan ander afgode. Tydens die inlywing van Barak Obama het die bekende Rick Warren ‘n gebed saamgeflans waarin hy Yahshua, die Messias, aan die einde van sy gebed gelyk gestel het aan al die ander afgode wat hy daarin opgenoem het. Tragies! En dit van iemand wat ‘n groot skrifgeleerde in die Christendom is.
Jy moet let op die verwikkelinge in die midde-ooste, rondom Yisrael. Hierdie Islam-draak en sy merk gaan nog ‘n baie belangrike rol speel in die eindtyd-gebeure voordat Yahshua terugkom as Regter en Koning. Hulle gaan Yisrael aanval en totaal probeer vernietig. Satan haat die volk van Yahweh met ‘n passie.
Die twaalf (12) stamme van Ishmael (Gen.17:20) gaan oorlog voer teen die twaalf (12) stamme van Yisrael (Gen.49:28) in die finale eind-oorlog, sien ook Mat.24. Dit gaan ‘n stryd wees tussen LIG en duisternis (die afwesigheid van lig).
DANIëL 9:11: IN DIE HEBREEUS WORD VERWYS NA “HA ALLAH”
Die boek van Daniël verwys na die eindtyd gebeure en in besonder na die rol wat Allah, die maangod, gaan speel. In Daniel 9:11 word spesifiek na die Islam-godheid verwys “Ha-Allah”. As gevolg van Yisrael se ongehoorsaamheid en hul weiering om die Torah te gehoorsaam en Yahweh se gebooie en insettinge na te kom, profeteer Daniël dat Yahweh vir “Ha-Allah” gaan stuur.
Die Restoration Scriptures vertaal die Hebreeuse teks as volg:
“Maar die hele Yisrael het U Torah oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek van Ha-Allah en die eed oor ons uitgestort wat geskryf is in die Torah van Moses, die kneg van Elohiem, want ons het teen Hom gesondig”.
Hierdie bogemelde vers is ‘n ongelooflike profesie deur die profeet Daniël omtrent (die) ha ALLAH, die toekomstige Moslem “godheid”. As gevolg van Yisrael se ongehoorsaamheid om die stem van Yahweh te gehoorsaam en om die Torah na te kom, stuur Yahweh “DIE ALLAH” in die laaste eindtye.
ISA-JESUS IS DIE EINDTYD MESSIAS VAN DIE MOSLEM GELOOF
- EEN EN DIESELFDE PERSOON AS DIE CHRISTENDOM SE ‘JESUS’
Hou maar die midde-ooste dop. Die ganse Openbaringboek sal herinterpreteer moet word. Instede van die Rooms Katolieke Pous as die valse profeet en die anti-messias wat kwansuis uit die Europese lande sal kom, waarom nie kennis neem dat die profeet Mohammed die vloek van Ha-Allah bekend gestel het nie? En dat die Islam profeet Isa-Jesus allerweë deur die Islam gelowiges terug verwag word. Dit is een en dieselfde persoon as die Christendom se “jesus”!!
Miga 5:6 sê vir ons uit watter nasie/volk die anti-messias gaan kom:
“And this man shall be The-Shalom (Yahshua, die Prins van Vrede), when the Ashurite shall come into our land: and when he shall tread in our palaces, then shall we raise against him seven shepherds, and eight principal men”
Hierdie ‘Ashurite’ is ‘n Assiriër – dit is wat ons Skrif verklaar.
Die boek Daniël betrek die midde-ooste by hierdie eindtyd profesie en nie Europa, soos wat ons van kleintyd geleer is nie. Die Islam-draak is ‘n werklike uiters ernstige gevaar, en nie slegs in teorie nie.
Doen self verdere navorsing wat jou hare regop sal laat staan.
Bietjie statistiek. Enige volk of kultuur wat homself wil handhaaf binne ‘n periode van 25 jaar, moet ‘n fertiliteitsyfer van 2.11 kinders per egpaar toon. Europa se gemiddelde fertiliteitsyfer vir sy 31 lidlande was gedurende 2007 slegs 1.38. Die van Frankryk was 1.8 per egpaar teenoor die van die Muslims van 8.1. (Dit is nie ‘n tikfout nie). Daar is tans 52 miljoen Moslems in Europa maar die syfer gaan verdubbel binne 20 jaar na 104 miljoen Moslems. In die Verenigde State van Amerika was daar in 1970 slegs
100 000 moslems teenoor die 9 miljoen in 2008. Islam is die godsdiens wat die vinnigste groei – dit het selfs die ledetal van die Rooms Katolieke Kerk verby gesteek. Binne enkele jare sal die wêreld ‘n Moslem geloof hê. Gaan lees weer die teksvertaling van Daniël 9:11 hierbo!!!
Hier kom groot verdrukking vir die opregte ernstige Nasareense Torah onderhouende gelowige in Suid-Afrika en wêreldwyd. Vir die gewone Christen wat glo dat Allah en Jesus eintlik maar een en dieselfde wese is, gaan daar geen verdrukking wees nie. As ontwikkelde en geleerde manne soos George Bush en Tony Blair dit glo en in die openbaar verkondig, hoeveel te meer sal die gewone man op straat wat minder ingelig is, dit ook glo? Mag Yahweh ons genadig wees hier in Suid-Afrika.
Bybel ontleders verwys na die stad van Rome, as die hoer van Babilon wat op sewe (7) berge geplaas is, volgens die Boek van Openbaring. Daardie sewe (7) sogenaamde “bergies” is klein heuweltjies. Die stad wat wel op sewe (7) berge gebou is, is inderdaad MEKKA, en dit voldoen honderd persent aan die beskrywing van ‘n “berg” in die boek van Openbaring 17:9.