HOOFSTUK 10
WAAROM CHRISTENE NIE DIE NAAM VAN DIE ALLERHOOGSTE KEN NIE?
Waarom gebruik ons nie hierdie eie persoonlike name van die Allerhoogste in ons kerke nie? Waarom gebruik ons leraars ditnie? Is hulle skaam of bang vir wat ander gaan sê omdat dit nie tradisioneel is nie? Of is hulle bang hulle word uitgeskop uit die “kerk” uit? Is hulle bang vir materiële verliese?
Dit wil lyk asof dit die eintlike rede is. ‘n NG predikant het onlangs aan ‘n mede Nasareense gelowige gesê dat hy alles erken. Die hoog-afgesonderde Hebreeuse name van die Skepper van die heelal, Sy Torah-instruksies om die Shabbat, die 7de dag van die week te gedenk en af te sonder, en so voorts, maar dat hy ‘n groot gesin het met vier (4) kinders vir wie hy moet sorg. Hy kan nie waag om nou hierdie waarhede te begin preek binne sy gemeente nie. Hy vrees derhalwe, en het nie vertroue in Yahweh om vir hom te sorg nie.
In ‘n ander geval hier in die Vaal Driehoek het ‘n ander Afrikaanse predikant met trane in sy oë vir die lidmaat wat ‘n verkorte weergawe van hierdie boek aan hom gegee het vir sy opinie, geantwoord dat hy nie kan waag om hierdie Skrif-waarhede te verkondig van die kansel af nie, want dan sit hy sonder werk. Hartverskeurend – die kontrole en misleiding van satan!!
Intussen wag Yahweh reikhalsend na gelowiges wie Hom voldoende vertrou om pad te gee uit die Babiloniese sisteem, om uit te kom agter die masker van satan uit, sodat Hy na hulle kan omsien en hulle kan versorg.
Daar bestaan inderdaad oud NG predikante (van wie se artikels in hierdie boek aangehaal word) wat Hom vertrou het en wie vandag as Nasareense gelowiges vir Yahshua die Messias aanhang, Hom lief het en Sy Gebooie soos vervat in die Torah gehoorsaam en onderhou. Ook die heel eerste dame wie as NG Kerk predikant toegelaat is, het agter die masker van satan uit, uit gekom en het ‘n Messiaanse gemeente in Pretoria – sien die bronnelys agter. Yahweh sorg vir Sy kinders – maar om Hom nie te vertrou nie, is ‘n gruwelike afgodsonde – want jy maak meer staat op mammon as op die lewende Elohiem.
Nee, ek verseker jou dat hulle weet waarvan hier geskryf word. Hulle leer kerkgeskiedenis, hulle weet wat se DUIWELSE INVLOED Keiser Konstantyn en opvolgende Keisers op die werklike ware evangelie van die Gesalfde Messias gehad het, hulle weet dat die vertalers van die Skrifte ons baie keer mislei en bedrieg het met verkeerde vertalings.
Waarom is daar dan vandag gedurig nuwe vertalings wat publiseer word en geen regstellings word gemaak nie – gaan dit om geld? Kyk maar net na daardie voorbeeld in Psalm 40 wat ek aangetoon het en wat volledig in die volgende hoofstuk hanteer word.
TEOLOGIESE STUDENTE LEER NOODWENDIG DEUR HEBREEUS
DIE PERSOONLIKE NAAM VAN DIE ALLERHOOGSTE SKEPPER
In die eerste jaar moet hulle die Hebreeuse konsonante YOD, HAY, VAV, HAY teëkom. Verseker sal hulle die professor vra, wat beteken dit? Dan moet hy hulle antwoord dat dit die tetragrammaton is – die Hebreeuse konsonante vir die naam van die Skepper van die heelal. Dan sal hy voortgaan om te sê, “Ja maar, ons vertalers het die eie persoonlike naam van die Skepper vervang met meer aanvaarbare name …… wat vir die mens emosioneel aanvaarbaar geraak het …..” ens. ens.
Ons leraars weet dat die eie en persoonlike naam van die Skepper van die Heelal, Die Elohiem van die geeste, die Elohiem van Abraham, Isak en Jakob en van Israel se naam YHWH (YAHWEH) is en dat Hy Homself aan die mensdom kom voorstel het as die vleesgeworde YAHUSHUA MESSIAS. Hulle weet dit!! Waarom gebruik hulle nie die naam van die Allerhoogste deurlopend en aanhoudend nie? Waarom net so een keer in ‘n jaar of wat, sommer so terloops asof hulle hul gewetes wil sus. Want hulle weet!!
Jeremia 23:26-27 sê vir ons duidelik WAAROM die eie en persoonlike naam van Yahweh nie gebruik word nie – omrede die priesters, die predikante, die pastore, die dominees, die eerwaardes die volk mislei deurdat hulle YAHWEH se naam vergete laat raak het deur die plaasvervangende gebruik van die naam Baal/Bel.
YAHWEH se persoonlike naam is vervang met afgodsname – Baal/Bel/Tammuz, Nebo, Apollo, Isis, Izeus, Iesous, Je-Zeus, Jesus, ens. ens., So kan ek aangaan – almal son-god afgodsname.
AS IETS NET RUIK NA AFGODE
MOET ONS DAARVAN WEGBLY
Ons gebruik vandag meer as ooit, tenspyte van ons moderne samelewing, steeds name wat van son-gode en heidense afgodediens afkomstig is, wat die persoonlike name van YAHWEH en Yahushua vervang. Dis hoekom ons nie die unieke, hoogheilige aparte name van YAHUWEH en YAHUSHUA hoor van ons kansels af nie – DIE ENIGSTE NAAM WAARDEUR ONS GERED KAN WORD – dit sê die Skrif self – daar bestaan geen ander naam waardeur jy gered kan word nie, nie Allah, of Buddha of Confucius, of Lord Krishna of Jesus Christus of wie ookal nie !!
DIE SLEUTEL TOT DIE EWIGE LEWE
IS OPGESLUIT IN DIE KENNIS
VAN DIE PERSOONLIKE NAAM VAN DIE SKEPPER
Die kennis van die eie en persoonlike Naam van YAHWEH is ‘n sleutel tot die ewige lewe. ‘n Sleutel wat die godsdienstige leiers vandag, net soos die Rabbis van ouds, van die gewone mense probeer wegsteek het.
Joël 2:32 sê onomwonde en dit word ook so verbatim deur Petrus-hulle in Handelinge gekwoteer:
“En elkeen wat die Naam van YAHWEH aanroep, sal gered word; want op die berg Tsion en in Yerushalayim sal daar ontkoming wees soos YAHWEH gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat YAHWEH sal roep”.
Ons is en word steeds mislei en so ook alle ander gelowiges wat met die naam “Jesus Christus” groot geword en voorgestel en aangeneem is. Die naam het sy oorsprong uit heidense afgodsname – lees hieronder.
Dit is ‘n feit dat die Skepper God van die heelal Sy eie persoonlike naam, YAHWEH, bykans 7000 keer in die ou Verbond vir ons meegedeel het en die van Sy Seun Yahushua 77 keer.
Die mens, die vertalers, priesters, predikante, ens. het egter verkies om Sy naam uit te wis en te vervang met ‘n titel van hul eie keuse – GOD – in Engels – LORD – in Afrikaans HERE - ‘n titel wat assosieer en in Hebreeus vertaal word met Baal/Bel, en ander afgodsname, beter bekend as SATAN,
DIE GOD VAN DIE UNIVERSELE NUWE WêRELD ORDE.
Die 3de gebod van die Dekaloog, die tien gebooie, is behoorlik verkrag. Die Naam van die Skepper-Elohiem is betekenisloos of inhoudloos gemaak, verwyder uit die woordeskat van die gelowige.
Hierdie bedrog sien nou die lig vandat Yahudim, opregte gelowiges (hulle wat in YAHWEH glo en Sy Gebooie bewaar, ook genoem Nasareners van die sekte wat vernoem is na Yahshua van Nasaret, die Weg en van wie Paulus die voorbok was) begin het om die Dooie See Rolle en ook ander ou vertalings van ou geskrifte soos die Aramese Peshitta, na te gaan en te vertaal en dit te vergelyk met die latere bronne waaruit ons vertalings plaasgevind het.
Daar is selfs gevalle waar sekere verse in ons “Bybels” ingevoeg is wat nooit van tevore in die heel oorspronklike Geskrifte opgeteken was nie. Dit was hoofsaaklik deur die Rooms Katolieke Kerk gedoen om sekere leerstellinge van hulle te ondersteun, soos byvoorbeeld die ‘heidense’ drie-eenheidsgedagte. Ek het alreeds voorbeelde getoon van teksverse wat weg gelaat is asook hele Bybelboeke, maar ek brei meer uit in die volgende hoofstuk. Soos wat hulle arrogant en eiegeregtig weg gelaat het, net so het hulle ook bygevoeg. Ek weet ek herhaal, maar dis so totaal nuwe onbekende feite dat ons dit maar weer ‘n keer kan hoor.
WEGLATINGS EN BYVOEGINGS
AAN DIE ORDE VAN SATAN SE MASKER
Ons het almal geleer dat die Messias Yahshua vir drie (3) jaar lank Sy bediening op die aarde volvoer het. Dit is nie so nie. Hy was 70 weke lank vanaf Sy aktiewe toetrede tot Sy bediening, d.w.s. vanaf Sy doop op 30-jarige ouderdom, tot en met Sy moord op die folterpaal, opstanding en hemelvaart, hier saam met Sy dissipels op die aarde.
Die Roomse vertalers het as gevolg van hul eie agenda in Joh. 6:4 valslik ‘n pasga ingevoeg op die dag wat bekend is as die dag van Trompette – die wederkomsdag van die Messias, die 1ste Tishrei. Jy kan self gaan kontroleer. Kyk na die bronne waarna ek verwys aan die einde van die boek.
Deur hierdie invoeging word die Messias, die Lewende Torah, as ‘n Torahlose Jood voorgestel wat die Torah oortree deur suurdeegbrode aan die skare te voorsien gedurende Pasga, waartydens dit ‘n verbode produk was. Gaan lees weer die bekende stuk oor ‘die vermeerdering van die brode’.
Yahshua sou nooit suurdeegbrode vermeerder en onder Sy toehoorders uitgedeel het tydens die Pasga en die Fees van die Ongesuurde Brode nie – dit is die implikasie van hierdie weergawe. Want Yahushua was ‘n Torah-gehoorsame Joodse Rabbi.
Wat ‘n verskriklike ontnugtering wag nie op Israel wanneer Yahushua op die Feesdag vanVersoening (10de Tishrei) op die Olyfberg in Israel gaan land en hulle Hom (YAHWEH/YAHUSHUA) wie hulle op ‘n folter paal opgehang en vermoor het, sal erken nie!!
Gelukkig is die Dooie See Rolle in 1947 deur ‘n Moslem skaapwagtertjie gevind in die Qumran grotte in Israel en word beskou as een van die belangrikste fondse van ons eeu – sodat ons nou reeds die nodige regstellings en aanpassings in ons vertalings kan maak om ons instaat te stel om die waarheid te kan aangryp en te verkondig en die valse, bedrieglike misleiding te verwerp.
Mag ek jou weer herinner aan:
Die Hebreeuse môrester versus die Griekse môrester;
Die “Amein” versus die “Amen”;
Die Lig versus die duisternis?
Ons kan nie bekostig om NIE akkuraat te wees in die gebruik van ons terminologie nie! Die verkeerde gebruik van ’n naam kan my vasgevang hou binne die Okkulte sonder dat ek dit weet.