Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

SATANIESE KOMPONENTE IN DIE CHRISTENDOM

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 17
 
SATANIESE KOMPONENTE VAN DIE SON-GODSDIENS WAT
DEUR DIE CHRISTENDOM OORGENEEM IS TEENOOR DIE
AFSPRAKE VAN YAHWEH
 
17(A) SON-DAG   VS   SHABBAT
 
Alle geskiedenisboeke vertel dieselfde verhaal. Son-god aanbiddingwas uiters gewild voor die koms van die Messias/Yahushua en ook daarna. Die konflik wat bestaan het tussen die Messiaanse geloof aan die een kant en die Son- en Maan-god afgodsdienste aan die ander kant is beëindig toe Konstantyn die twee UITEENLOPENDE TEENOORGESTELDE godsdienste met mekaar laat saamsmelt het.
 
In die jaar 324 NChet Konstantyn die Sondag formeel verklaar as ‘n gemeenskaplike feesdag vir sowel christene as heidene sodat dit ook baie duidelik onderskei sou word en apart gehou sou word van die Joodse Shabbat.
Hierdie gebeure was geprofeteer duisende jare vantevore deur Daniël 7:25:
“En hy sal woorde praat teen die Allerhoogste en die afgesonderdes van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, ….”
Hierdie ‘meervoudige’ profesie het eenhonderd persent waar geword. Die “vasgestelde tye” soos bepaal in Lev. 23 en Deut. 16 is uitgewis en vervang met heidense gebruike en heidense feesdae wat afgedwing is op die nuwe godsdienssisteem deur Keiser Konstantyn.
En Sondag was die dag waarop Baal, Bel, Zeus, Here en hordes ander son-gode vereer en aanbid is. Sondag was die dag van die son-gode. 
 
SONDAG WAS ALTYD DIE DAG VAN SATAN.
 
Dis tog logies dat die Sondag van die afgode behoue moes bly en dat die misleiding en kapings-operasies moes voortgaan. ‘n Keiserlike edik/wet is uitgevaardig waardeur alle aanbiddings- en godsdienstige samekomste slegs op ‘n Sondag mag plaasgevind het. Geen Messiaanse gelowige was toegelaat om die Shabbat of die spesiale feesdae van Yahushua wat Hy in die ou Verbond (Lev. 23) verordineer het, te onderhou nie!! Sondag is “geheilig” tot eer van die son-gode en NIE omdat dit die opstandingsdag van Yahshua was nie. Lees verder hieroor – die Messias het nie op ‘n sondag opgestaan nie!!
Die ou testament is deur hierdie wetgewing verwerp en ‘n demoniese anti-semitiese dekreet het gelowiges verbied om enige Joodse gebruike te onderhou en na te volg.
Later het die priesters en predikante begin voorgee en argumenteer dat Sondag die opstandingsdag gedenk en daarom het Sondag die Shabbat vervang. Pous Innocent het geskryf dat Sondag gevier word vanweë die wonderwerkende opstanding van die Meester.
‘n Kerkvader Origen het geskryf dat die opstanding van die Meester nie slegs een maal ‘n jaar gevier moet word nie, maar gereeld elke agt dae. ‘n Calvinistiese predikant met ‘n doktorsgraad in Teologie het my pas weer herinner dat die Son-dag herdenking reeds begin het direk na Yahushua se opstanding.
Wat leer hierdie skrifgeleerdes op ons kweekskole? Kry hulle nie skaam vir die opsigtelike leuens wat hulle verkondig nie? NEE, lyk nie so nie. Dis heeltemal strydig met die gedokumenteerde geskiedkundige bewyse dat die ware en opregte gelowiges tot en met ongeveer Konstantyn se tyd OPdie Shabbat, soos dit OOK Yahushua se gebruik was, vergader het en hulle OOK nog die Wette van Moses nagekom het. Hierbenewens het hulle OOK op Sondag EN OOK nog op ander dae bymekaar gekom. Onthou, hulle het geweet, soos ons ook, dat die Shabbat deur Yahweh geseën was, MAAR OOK AFGESONDER was.
 
Inteendeel, direk na Pinkster het die gelowiges op daaglikse basis met mekaar vergader en “van huis tot huis” brood gebreek. En om “brood te breek” beteken gewoonweg om ‘n maaltyd te nuttig, nie “nagmaal” nie. Hulle het nooit opgehou om die Shabbat te gedenk nie!
 
En weet jy wat!? Nuus vir jou – Yahshua het nooit die Sondag, die eerste dag van die week uit die graf uit opgestaan nie!! Daardie Rooms Katolieke Priesters het nie hul Torah geken nie, anders sou hulle nooit daardie fout begaan het nie – En ons eie dominees, pastore, doktore en kweekskool professore verkondig nog steeds hierdie bedrog dat Yahshua Vrydagmiddag gesterf het en Sondagoggend opgestaan het – kom uit hulle uit, moenie meer hulle leuens glo nie. Hierdie mense is veronderstel om jou leermeesters, jou geestelike leiers te wees!! Maar hulle is gehipnotiseerd, verblind, glo steeds hierdie bedrog sonder om self te gaan ondersoek instel.
 
AS JY IN DIE MESSIAS GLO WAT SONDAG OPGESTAAN HET,
IS DIT ‘N VALSE MESSIAS
 WANT HY VOLDOEN  NIE AAN DIE TEKEN VAN JONAH NIE.
 
Die messias waarin die Christene glo is ‘n valse een. Hy voldoen nie aan die enigste teken wat vir ons gegee is nie, die “TEKEN VAN JONAH” – drie (3) volle dae en drie (3) volle nagte in die hart van die aarde, d.w.s. twee en sewentig (72) ure in die graf. So gaan dink en bereken weer! Vra jou predikant om jou te help met daardie sommetjie. Lees maar net verder!
En as jy glo dat die Messias Yahshua drie dae en drie nagte, 72 uur, in die graf was en op die derde dag opgestaan het, MAAR jou predikant en jou “Bybel” vertel jou Hy het Vrydagmiddag gesterf en het Sondagoggend opgestaan, dan glo julle, jy en jou predikant, mos aan ‘n ander wese!!
 
Onthou daardie Fariseërs en Skrifgeleerdes het Yahshua spesifiek gevra vir ‘n teken – en Hy gee hulle die teken van Jonah!! (Mat.12:38-39; 16:1-4 en Luk.11:16-30)
 
Ekself het my hele volwasse lewe geglo dat Yahshua Vrydagmiddag gesterf en Sondagoggend opgestaan het – goeie Vrydag. Toe ek as 7-8 jarige seuntjie ‘n suikerbekkie met die windbuks op die plaas doodgeskiet het, het ek vir die res van my lewe, tot onlangs toe, skuldig gevoel dat ek ‘n ‘lewe’ geneem het op “liewe Iesus” se kruisigingsdag, goeie Vrydag. Jare daarna het ons die opstanding steeds vroeg oggend elke Sondag gevier deur vir ‘n kerkdiens te vergader sodra die son opgekom het. Ons was vreeslik ernstig en opreg, maar ons was verkeerd! In wese het die vroeë oggenddiens met sonsopkoms te make met, en/of spruit dit uit sonaanbidding. Die songode is die rede vir hierdie vroegoggend diens wat die Christendom met opstanding Sondag vier.
Kom ons keer weer terug na Konstantyn toe.
 
KONSTANTYN VERANDER DIE 4DE GEBOD
ANTI-SEMITIESE OFFENSIEF
 
Hierdie Nasareense gebruike is deur Konstantyn stopgesit met sanksie/ dreigement van die doodstraf want geen Christen was toegelaat om die gebruike van die Jode, YAHWEH se volk, na te volg nie!
Hoe durf ons die vierde Gebod deur blote gebruik en gewoonte ongeldig verklaar? Ons ag onsself mos hoër as die Almagtige Skepper van die ganse heelal. Die vierde (4de) Gebod sal NOOIT herroep word nie – Yahushua sê self so.
Die arrogante mens self het die Almagtige Skepper God se (4de) vierde gebod herroep.Want gedurende die Sitting van Laodicea is Sondag-aanbidding formeel by wyse van kodifikasie in die Christen praktyk ingelyf, nie om Sy opstanding te vier nie, maar as ‘n anti-semitiese offensief. Die kerk het so vroeg reeds as vanaf die 2de eeu begin om Hebreeuse/Joodse invloede teen te werk en om anti-semitiese leerstellinge in plek te stel. Nie net die Shabbat is geteiken nie, maar ook die Feeste van Yahweh.
 
Die Raad se Kanon Nr.29 verklaar: “Christians must not Judiaze by resting on the Sabbath, but must work on that day, honoring rather the Lord’s Day by resting, if possible, as Christians. However, if any shall be found Judaizing, let them be shut out from Christ”.
En let sommer op die Raad se Kanon Nr. 37: "It is not lawful to receive portions sent from the feasts of Jews or heretics, nor to feast together with them."
En Kanon Nr. 38 lui: "It is not lawful to receive unleavened bread from the Jews, nor to be partakers of their impiety."
 
Dit was die werk van die Kerk vroeg in die 4de eeu onder Keiser/Pous Konstantyn! Ons weet hoe om YAHWEH te tart en waarom sal ons nie ook met rampspoede gestraf word nie? Waarom sal ons straf hoegenaamd vryspring?
 
POUSLIKE DEKREET IN 1923 VERHEF DIE ROOMSE KERK
 BO DIE SKRIF
 
En in 1923 eien die Rooms Katolieke Pous hierdie eer vir homself toe:
Sunday is OUR MARK of authority. The Church is above the Bible and thus transference of Sabbath observance is proof of that fact. And lo, the entire civilized world bows down in reverent obedience to the command of the holy Catholic Church
(Catholic Record September 1st 1923)
 
EN ALLE PROTESTANTE DOEN DIT TOT VANDAG NOG STEEDS!!!
 
Daniël profeteer dat wette en tye sou verander in die toekoms.
“En hy sal woorde praat teen die Allerhoogste en die afgesonderdes van die Allerhoogste mishandel; EN HY SAL PROBEER OM TYE EN WET TE VERANDER, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende ‘n tyd en tye en die helfte van ‘n tyd”. Daniël 7:25
 
Dit is slegs die mens en die mens alleen, die Romeinse Staat en toe later die Roomse Kerk waarin die Romeinse staat oorgeneem en opgeneem is, wat besluit het om die 4de Gebod van die Skepper Yahweh/Yahshua te verander – nie Yahshua nie.
As jou predikant, priester of pastoor jou vertel dat die Shabbat nou Sondag is, mislei/bedrieg hulle jou of is hulle of moedswillig of hulle weet niks van hulle kerkgeskiedenis af nie. Vlug weg van hom af. En dalk lieg hulle nog verder deur vir jou te wil vertel dat Sondag sommer enige dag van die week mag wees – van Shabbat weet hulle nie eens nie.
 
Jy sien Yahweh het die Shabbat geseën en toe BOONOP die Shabbat OOK NOG AFGESONDER. So jy kan nie, durf nie Yahweh se Shabbat op enige ander dag van die week hou nie. Lees maar Gen.2:3. PUNT.
 
Dit was mense, afgodsaanbidders en meer spesifiek Konstantyn wat die Sondag as ‘n spesiale feesdag verhef het, nadat dit reeds vantevore vir eeue reeds deur alle son-godaanbidders gevier is. Maar nou het die nuwe christene bygekom om dit ook sodanig te vier. Satan was god, hy en sy owerstes en ander trawante is aanbid onder ‘n verskeidenheid van name wat die son verteenwoordig het. 
Hy het ook sy onheilige feesdae, sy eie en talle ander son-godafgode se verjaardag op 25 Desember laat herleef en ingestel en ook YAHWEH se spesiale afgesonderde feesdae gekaap!!!
 
Maar YAHWEH is besig om sy kinders se oë oop te maak om die ware onvervalste suiwer geloof van die Blye Boodskap wat die Messias verkondig soos tydens en direk na sy dood, opstanding en hemelvaart, weer te begin vestig in die harte en denke van duisende Yahudim gelowiges (Nasareners) dwarsoor die wêreld. Ongelukkig, soos die Skrif self waarsku, is diegene egter slegs ‘n klein ‘oorblyfsel’ – dit gaan nie baie wees nie.
Tenspyte van die misleiding deur hoeveel teoloë, predikante, pastore, priesters, eerwaardes, rabbi’s en ander geestelike leiers sal YAHWEH sorg dat die nuwe hervormde blye boodskap, wat bestaan uit die Wet van Moses, die Profete en die Psalms en die hernieude verbond wat deur die Messias Yahushua persoonlik met Sy eie bloed gesluit is, gestroop van afgodsdiens en afgodssimbole, weer sy regmatige plek in die harte en verstand van opregte gelowiges sal inneem. Maar dit sal nie baie wees nie.
Sê nou maar net hierdie klein oorblyfsel is bedoel om die simboliese of metaforiese tipologie van die 144 000 verseëldes te wees wat in die laaste dae die evangelie wêreldwyd gaan verkondig, 72000 pare, twee twee? Let wel, diegene wat die evangelie gaan verkondig, nie die enigstes wat gered sal word nie. Sê nou maar net Yahweh soek hierdie klein groepie mense uit om Sy onvervalste, suiwer evangelie, sonder afgodsname, en die Torah van Yahweh te verkondig voor en gedurende die Groot Verdrukking wat moet plaasvind? Sê nou!? Dit moet ‘n heerlike roeping wees.
Honderd vier en veertig duisend Yisraeliete uit die tien “verlore” stamme vanoor die res van die wêreld en die twee in Yisrael (Yahudah en Benjamin). En dalk mag ons deel wees van hierdie heerlike evangelie ekspedisie – maar dalk dagdroom ek net.
 
17(A)(i)      WAT Sê YAHWEH? (VAN DIE SHABBAT)
 
Kan ‘n Gebod van YAHWEH sommer so deur ‘n besluit van mense verander word!!?? Lyk asof dit kan!!! Dit het dan gebeur!!!
 
Die enigste en algehele outoritêre gesag rakende die Enigste Ware Geloof, is die Verlosser en Messias Yahushua self. Mat. 28:18 sê: “Aan My is alle mag (outoriteit) gegee in die hemel en op aarde….” Slegs Yahushua kan enige besluite neem oor geestelike sake – nie menslike sinodes nie!!  Die groot kontroversie onder ons gewone mense aangaande Sondag versus Shabbat, ai tog!
Yahushua is ons hoogste, soewereine en onomstootlike ewige gesag. Die Skrif toon dat dit Sy gewoonte was om die Shabbat te onderhou – ‘n gebruik wat ook deur Paulus aangetoon is. Yahushua het ons duidelik beveel om Sy Vader, YAHWEH, se Gebooie te onderhou en na te kom waarvan die Sabbat die vierde gebod is – Sy ware aanbidders is diegene wie Sy gebooie bewaar.
 
DIE SHABBAT DIE ENIGSTE VERBOND TEKEN
VIR DIE OPREGTE GELOWIGE
 
Die Skrif leer dat Yahuweh die Shabbatte aan Israel gegee het om vir hulle ‘N TEKEN te wees van die verhouding tussen hulself en Yahuweh SODAT hulle sou weet dat Yahuweh hulle uit verkies en afgesonder het (Esegiël 20:12). 
 
Die Shabbat is die enigste verbondsteken wat die Nasareense Yisraeliete apart, een kant stel van die ander nasies in die wêreld. As die Shabbat dan ‘n teken is van Yahweh se volgelinge, beteken dit dat die verwerping of nie-onderhouding van die Shabbat, die 7de dag, slegs daarop dui dat daardie betrokke persoon of groep persone nie volgelinge van Yahweh is nie, maar eerder volgelinge van ‘n Griekse afgod. Die anti-messias het ‘n teken, so het Yahweh ook ‘n TEKEN en dit is die Shabbat.
 
Israel was veronderstel om vir die res van die wêreld ‘n voorbeeld te wees sodat die nasies van die wêreld begerig sou wees om die Elohim van Israel te dien en te aanbid – hulle moes die kop wees en nie die stert nie. Die boodskap is vandag nog steeds geldig en van toepassing en daarom lê die verbond wat tussen Israel en Yahweh bestaan ‘n blywende en permanente verpligting op Israel (en ook ons wie deur die geloof deel is van Israel) om die Shabbat vir ewig te onderhou. Jy sien, Yahweh se definisie van wie ‘n Israeliet is, is gegrond op Gal. 3:29 en Gal. 4:28. Jy is ‘n “werklike” Israeliet. Nie net volgens die geloof en ooreenkomstig “kopkennis” nie. Volgens Yahweh beskou Hy jou as ‘n Israeliet en jy moet dan leef soos ‘n Israeliet. Jy glo in die Messias Yahshua en jy onderhou Sy Gebooie uit dankbaarheid uit, waarvan die 4de Gebod, die Shabbat-onderhouding ‘n kardinale bevel is. Net soos “jy mag nie moord pleeg nie”, “jy mag nie steel nie”. As jy hierdie laaste twee onderhou, hoekom sou jy weier om die Shabbat, die 4de Gebod te onderhou?
 
Ons wat ook kinders van Abraham geword het deur die geloof in die Messias Yahshua, is die werklike saad (zera) van Abraham (Gal.3:29) en erfgename van die belofte, wat ook dieselfde verpligting het om hierdie vierde gebod van Yahweh te gehoorsaam (Eksodus 31:13-18 – is vreeslik duidelik).
 
Hierdie opdrag het YAHWEH aan Moses en Israel gegee terwyl Hy met Sy vinger die tien gebooie uitgeskryf het. Dit neem YAHWEH ses teksverse lank om die betekenis en die belangrikheid van die Shabbat aan Moses en Israel mee te deel – gaan kyk self in die skrif.
MAAR mense het ‘n streep daardeur getrek – “dis nie meer van toepassing nie”, “ons maak ons eie wette”, “wie is god eintlik per slot van rekening?” “Ons is self ‘gode”, “ons leef nou onder die genade”, “ons Griekse afgod ‘jesus’ het alles kom verander”.  
 
Slegs Yahushua was die volmaakte offerande wat die mens kon uitkoop deur met Sy bloed te betaal en kon versoen met Vader YAHWEH. Die feit dat die mens self niks kan doen nie, nie eens kan help deur goeie werke te doen om sy saligheid te bewerk nie, is die profetiese/simboliese boodskap van die onderhouding van die Shabbat. YAHWEH verbied enige normale werk. Die werklike fisiese en effektiewe onderhouding van die Shabbat deur gelowiges is verder ook ‘n kleedrepetisie van die toekomstige Shabbatsrus wat vir die gelowige wag in die toekomstige hiernamaals vorentoe.
Hebreërs 4:9 is totaal verkeerd vertaal in die Afrikaans – sabbatismos – beteken letterlik ‘om die shabbat te onderhou’ dit moet lees “There remains a keeping of Shabbath to the people of Elohim”, direk vertaal uit die Grieks uit.
 
Kolossense 2:17 verwys na Paulus wat praat van die afgesonderde feesdae en van die Shabbat as ‘n skaduwee/bewys van wat nog moet kom in die toekoms– die Afrikaanse vertaling is ook hier foutief – die KJV lees “which are a shadow of things to come” – verwysende na onder andere die Shabbatte wat steeds in Paulus se tyd onderhou was as synde tekens van gebeure wat in die toekoms nog moet plaasvind. 
 
Ironies hoe mense leerstellinge en reëls fabriseer, en kerke en koninkryke stig, gebaseer op verkeerde vertalings!! En dan wil mense nog argumente bou op verkeerde vertalings – so ‘n vermorsing van energie!
 
17(A)(ii)             YAHUSHUA SE VERWAGTING VAN TOEKOMSTIGE                             GELOWIGES RAKENDE DIE SHABBAT
 
Wat was Yahushua se eie verwagting met betrekking tot die toekomstige voortgesette onderhouding van die Shabbat deur sy gelowige volgelinge?
 
Gaan lees hierdie skrifgedeelte self. Matteus 24:14-21.
Yahushua praat hier en vertel sy luisteraars van die toekoms (toe die Tempel vernietig sou word in 70 NC) en ook die eindtyd, die tyd waarin ons en ons kinders nou lewe. Hy praat asof Hy verwag dat Sy volgelinge in 70 NC en ook die eindtyd (vandag) steeds die Shabbat sal onderhou. In vers 20 sê Hy “Bid dat julle nie in die winter of op ‘n Shabbatdag hoef te vlug nie”.
Yahushua het nie die ou Verbond tot niet gemaak nie. Hy het steeds, soos Sy gewoonte was, op die Shabbat die Sinagoge besoek en die mense geleer – Hy het dan self hierdie Wet gemaak! 
Hy het dit ‘n nuwe betekenis kom gee deur die hernieude Verbond in ons harte te kom skryf. Die hernieude Verbond is reeds verduidelik en verklaar in die ou Verbond. Met die hernieude Verbond wat YAHWEH op ons harte kom skryf het, het die ou Verbond nog duideliker en verstaanbaarder geword deurdat dit in mekaar vervleg, verweef en verstrengel is en mekaar wesenlik aanvul.
 
Die hernieude Verbond is gebou op die struktuur van die ou Verbond wat op sy beurt weer gefundeer is op die fondament, die Wet van die Liefde wat gevind word in Deut. 30:6. Die een kan nie sonder die ander gelees en begryp word nie. Die wette van Moses en die Skrifte van die profete en die Psalms is ‘n integrale deel van die profetiese reddingsplan van YAHWEH.
Kyk net die pragtige vertaling van Johannes 1:17:
Maar die Torah wat deur Moses gegee is en waarvan die onverdiende guns (genade) en waarheid vergestalting gevind het in Yahushua die Messias
(Kyk maar na Strong’s G1096 die betekenis – to come into being; to become; revealed, to cause to be – dit is ‘n openbaring van ‘n geheimenis, dit is groootttt!)
En hierdie vers vertaling word ondersteun deur Romeine 10:4:
Want die Messias is die werklike doel van die Torah as ‘n ewige regverdige verlossing vir elkeen wat glo
 
Yahshua het ons as’t ware ‘n vergrootglas voor ons kom hou sodat ons die Torah behoorlik sou begryp. Wie van julle het al moord, owerspel of afgodediens gepleeg? Meeste van ons het.
Onder die Torah sou sodanige oortredings baie moeilik vergewe word, indien wel. Maar weens die offerande van Yahshua aan die folterpaal waartydens Hy Sy eie bloed gestort en ons los gekoop het, kan ons dadelik vergifnis en verlossing ontvang en versoen word met Yahweh die Vader, en het Hy, die Lewende Torah, inderdaad die bestaande Torah vervolmaak en uitgebrei. Ons het ‘n lewende Hoë Priester wat altyd deur vir ons intree voor Abba Yahweh.
 
Omdat ons “kerke” en geestelike leiers klem lê op hoofsaaklik die hernieude Verbond, verstaan ons by verre nie die ware, volledige en totale Verlossingsplan nie omdat die fondament, die Ou Verbond, ontbreek!
 
Dit is lewensbelangrik dat enige nuwe gelowige in Yahshua eers by die begin moet begin. Hy/sy moet eers onderlê word in die basiese beginsels. Jy moet inderdaad eers kennis opdoen van die fondasie. Yahweh moet jou as’t ware eers na Hom trek en jou aan Homself bekend stel alvorens Hy jou kan voorstel aan Sy Seun Yahshua. Yahshua sê self dat niemand kan na Hom toe kom as die Abba Vader die betrokkene nie eers Self na Hom getrek het nie.
Dis so ironies dat nuwe bekeerlinge in die Christendom ‘n nuwe “testamentjie” gegee word of die evangelie van Johannes sodat hy kwansuis ‘geestelik’ kan groei. Die fondasie van die geloof in Yahweh, wie Homself kom manifesteer het in die liggaam van Yahshua is die Torah, die Lewende Woorde van Yahweh wat gees is, dit word ignoreer en irrelevant verklaar.
 
Yahushua se sterwe, opstanding en hemelvaart is nie die volle weergawe van YAHWEH se verlossingsplan nie, daar is nog ‘n deel van Sy Verlossingsplan wat ons miskyk en dit word deur die profetiese simboliek van die 3 (drie) oorblywende feesdae illustreer en verduidelik in die totaliteit van die Geskrifte.
 
In Genesis lees ons – die Dooie Seerolle – dat die Almagtige Skepper Yahweh Elohim by drie verskillende geleenthede persoonlik neergekniel het op die aarde. Die Hebreeuse woord is “barak” wat vertaal kan word “neer gekniel om te groet en op te lig”. Dit het die Almagtige Skepper van die heelal gedoen in Gen. 1:21-23 nadat Hy die diereryk geskep het!! Ja, en met die skepping van Adam en Chavah (Eva – afgodsnaam) het YAHWEH in Gen.1:28 spesiaal langs hulle (Adam en Chavah) kom kniel, hulle bewonder en hulle op getel en hulle geseën (ge ’barak’)!!!
Die derde geleentheid wat YAHWEH ge ’barak’ – neergekniel en spesiaal toegewy het – was toe Hy die Shabbat ingestel het. Gen. 2:3 wys ons iets besonders. Nadat Hy die Shabbat GESEëN het, het Hy dit OOK NOG AFGESONDER. Yahweh het ‘n baie belangrike opinie van Sy Shabbat.
Dink bietjie na. Waarom sal die gelowige nege van die tien gebooie hou terwyl hy slegs die een, die 4de gebod ignoreer en oortree? Waarom moet die ander gebooie nagekom word? Uit dankbaarheid vir ons verlossing?
 
Maar in dieselfde asem word vir my gesê dis “wetties” om die 4de gebod na te kom. Is dit “wetties” as ek nie “steel” nie? Is dit “wetties” as ek probeer om nie jou vrou te begeer nie? So iemand is ‘n ignoramus, so iemand weet gewoonweg net nie dat “wetties” beteken om op die wet staat te maak vir jou verlossing en volgens die Skrif is dit ‘n ernstige dwaling – dwaalleer van duiwels.
As jy die Torah onderhou uit dankbaarheid teenoor Yahshua, is dit beslis nie wetties nie.
As jy die 4de Gebod gehoorsaam met dieselfde gesindheid van eerbied, liefde en uit dankbaarheid vir wat Yahweh vir jou gedoen het, is dit beslis nie “wetties” nie – dis net eenvoudig die gehoorsaamheid van ‘n dankbare kind, ‘n dankbare Yisraeliet, teenoor sy Hemelse Abba Yahweh, dis gewoonweg ‘geregtigheid’.
Om die 4de Gebod te oortree is Torahloos, is wetteloos, is sonde.
“Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid/ Torahloosheid, want die sonde is wetteloosheid/ Torahloosheid”.
1 Joh. 3:4
 
WAT SOU DIE SATAN SE ADVIES AAN JOU WEES?
MOET JY DIE SHABBAT ONDERHOU OF NIE?
MET RESPEK,
 EK DINK SY ANTWOORD GAAN KLINK
 SOOS DIE VAN ‘N CHRISTEN
 
Om die Shabbat te onderhou, te gehoorsaam, is om ‘n direkte instelling/opdrag van Yahweh self, te onderhou. Die Shabbat is nie ‘n Israelitiese of ‘n Joodse instelling nie. In Lev. 23: 3 word dit gesê: “- dit is ‘n Shabbat van Yahweh in al julle woonplekke”
 
Die Shabbat is so belangrik vir Yahweh dat Hy in Jes.56:6 sê:
“En die uitlanders wat hulle by Yahweh aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van Yahweh lief te hê deur Sy knegte te wees – elkeen wat die Shabbat hou, sodat hy dit nie ontwy nie, en hulle wat vashou aan my verbond”
Yahweh sê in hierdie Skrifgedeelte dat die uitlander, die nie-Jood, wat die Shabbat hou, geseënd sal wees. Hy/sy sal ‘n gedenkteken en ‘n naam ontvang wat beter sal wees as die van seuns en dogters – ‘n ewige naam wat nie uitgeroei sal word nie. 
Gaan jy ‘n ewige naam, ‘n gedenkteken ontvang? Of het jy die teken van die anti-chris, die anti-messias? Draai om – ontvang die merk van Yahweh en kom uit jou Sondag aanbidding. Dis jou keuse – Yahweh sal jou merk soos Hy beloof, nie jou predikant of tradisie nie.
 
Daar word oor ‘n wye spektrum openlik erken dat die uitfasering van die Shabbat deur die toedoen van mense plaasgevind het en nie op grond van die Woord van Yahweh nie.
“NEE, ons is nie wetties nie” – skop die Skepper in die tande!! Ons is mos sterker as Hy – niks respek vir Hom nie. OI!, ek is bly ek is daar uit, ek is dankbaar Hy het my geroep EN dat ek gehoorsaam reageer het! Ek kon net sowel Sy roepstem ignoreer en nog in die Christendom verlore gebly het. Dit was suiwer net guns – onverdiende guns! – die feit dat ek gehoor het en toe reageer het. Ek kon net sowel net gehoor het sonder om te reageer het en in daardie geval sou ek gedoem gewees het.
 
 
Die Shabbat is vir YAHWEH ‘n besondere spesiale afgesonderde dag : "YHWH (elohim) blessed and adored (barak - knelt down and lowered Himself to greet and extol) the seventh (shabiy’iy - seven; from shaba’, meaning solemn promise and oath, and shaber meaning to interpret and explain the meaning or significance of a communication; the basis of shabat, or Shabbath, the reflection and rest) day, setting it apart (qodesh - separating and purifying it) because (kiy - surely forasmuch and indeed) in that day He rested and reflected (shabat - ceased and contemplated) on account of (min) all (kol) the divine endeavors  (mala’kah - from mal’ak, the ministry and mission of the heavenly messenger and visible manifestation of God) which by way of relationship (‘asher) He had created (bara’ - had caused to exist), prepared, and produced (‘asah - fashioned and accomplished)." (Genesis 2:3).
 
Dit is fantasties!! Kyk die betekenis van “mala’kah” – die Shabbat dui profeties ook op die Hemelse boodskapper, Yahushua, wie ook die fisiese manifestasie is van YAHWEH, wie Gees is!!!
Durf ons as mense die Shabbat wat deur Elohim YAHWEH so hoog geag is, dat Hy Homself op die aarde laat neer kniel en afgebuk het om die “sewende” dag te seën en toe af te sonder – “barak” – ignoreer en sondermeer net vergeet en eenkant toe skuif??
 
Ons speel met vuur want die Shabbat is bo en behalwe ‘n teken dat Yahweh ‘n verbond met Israel het, en dat Israel deur Yahweh afgesonder en uitgesonder is om vir die res van die nasies ‘n voorbeeld te wees, ook ‘n profetiese vooruitspelling.
 
Dit is ‘n kleedrepetisie van wat nog moet kom – die Messiaanse Shabbat wat ‘n duisend jaar gaan duur, die “millennial Shabbath”. Ses dae van werk plus die Shabbat.
 
Die Shabbat is ‘n TEKEN, ‘n MERK!! – dat ons nie kan werk om ons saligheid te verdien nie, dat Yahushua die perfekte offerande was waardeur ons met YAHWEH versoen kon word. ‘n Teken wat deur YAHWEH vir Israel gegee is, en ook vir ons wat deur die geloof letterlik kinders van Abraham geword het – die TIEN (10) verlore Efraimitiese stamme van Israel – nie ‘n geestelike Israel nie en ook nie die kerk nie – allermins!! Ware Israeliete!
 
DIE SHABBAT IS DIE MERK  VAN DIE KINDERS VAN YAHWEH
DAT HULLE AAN HOM BEHOORT
 
Die Shabbat is die teken, die merk van die kinders van YAHWEH vir die wêreld daar buite dat hulle aan YAHWEH behoort.
As ons kyk na die rol en die simboliek van die Shabbat in die Skrif – ‘n ewige teken van Yahweh tussen Homself en Sy volk – en die rol wat die Sondag speel in die Rooms Katolieke-Christendom godsdiens, die teken van gesag van die Pous – dan is dit glad nie te vêrgesog om te beweer dat hierdie twee dae, Shabbat versus Sondag, onderskeidende tekens of merke gaan wees gedurende die heerskappy van die anti-messias (anti-chris) nie. Bedink dit bietjie baie ernstig. Is Sondag nie dalk die merk van die dier nie?
 
Nie net in Genesis nie, maar vir ‘n 2de keer in Levitikus, stel YAHWEH die hou van die Shabbat in en verordineer Hy die Shabbat by wyse van wetgewing, deur middel van die vierde gebod. Die Wetgewer beklemtoon WEEREENS die betekenis van die Shabbat, en verordineer YAHWEH WEEREENS, hierdie keer, die Shabbat as integrale deel van ‘n reeks van spesiale feesdae – feesdae wat aan Yahweh behoort, NIE aan die Jode nie.
 
Kyk net Lev. 23. Vers 2 lui “….Die volgende is MY feeste”. Dan sê YAHWEH vir Moses van die ses dae wat hulle moet werk, maar die sewende is ‘n rusdag (vers 3) “waarop julle ‘n gewyde byeenkoms moet hou”.
Behalwe dat dit die Shabbat van YAHWEH is, is dit ook boonop ‘n FEESDAG vir die ware Yahudim (gelowige) wat ‘n spesiale verhouding met YAHWEH het. Vers 4 lees: “Verder is daar ook die volgende feeste tot my eer, gewyde byeenkomste wat julle op vasgestelde tye moet vier”.
 
Die sewe (7) spesiale feesdae van YAHWEH in Lev. 23 moet saam met die Shabbat (wat ook as ‘n spesiale feesdag omskryf word) onderhou word aangesien elkeen ‘n spesiale profetiese betekenis het – ‘n Kleedrepetisie van sewe werklike fisiese gebeurtenisse in Yahushua se verlossingsplan waarvan vier (4) reeds fisies plaasgevind het en drie (3) nog in die toekoms gaan plaasvind  - meer hieroor later.
 
Yahushua se verlossingsplan eindig nie met sy sterwe, opstanding en die uitstorting van Sy Gees nie. Daar is nog drie werklike fisiese gebeurtenisse in Sy Verlossingsplan wat nog moet plaasvind en wat beskryf word deur die res van die spesiale feeste wat oorbly. Hieroor meer hieronder.
En steeds herinner die Shabbat ons dat ons niks kan doen nie, hulpeloos is, en ons net kan vertrou en glo dat YAHWEH Sy reddingsplan sal deurvoer soos Hy reeds bewys het deur die eerste vier (4) feeste te bewaarheid (werklik te laat plaasvind) –later hieroor meer.
Terloops, hierdie Feeste van Yahweh, saam met die Shabbat, gaan in die 1000-jarige koninkryk van Yahuweh, en ook in die tydlose hiernamaals weer ingestel word en gaan die basis wees van die onderlinge verhoudinge tussen die KONING self en die nasies van die wêreld. Hy wat dus beweer hulle is iets van die verlede, weet nie waarvan hy praat nie!! (Jes. 66)
 
17(A)(iii)    HOE BEHOORT ONS DIE SHABBAT TE ONDERHOU?
 
Die Shabbat is veronderstel om die bruid se dag te wees. Yahweh het ‘n spesifieke afspraak met Sy bruid op die dag aangesien sy dan rus en na haar Bruidegom kan luister. Die Shabbat is allerverskrikliks belangrik vir die Skepper. Gaan doen ‘n studie oor die woord Shabbat en kyk net hoeveel teksverse handel daaroor. Die Shabbat is seker die een Gebod wat vir die Skepper baie na aan Sy hart lê – maar nou ja, ons, die mens, gode in ons eie reg, skop dit eenkant toe, vervang dit sonder enige Skriftelike gronde met die sondag, dag van satan, of enige dag wat jy wil.
In Jesaja 58:13-14 belowe Yahweh:
“As jy jou voet weerhou van die Shabbat – om NIE JOU SAKE op My afgesonderde dag te doen nie, en as jy die Shabbat ‘n VERLUSTIGING noem en die afgesonderde dag van Yahweh HOOGHOU; en as jy DIT EER deur NIE jou gewone gang te gaan nie, NIE geleentheid vir jou sake soek of ydele taal praat nie; DAN sal jy jou verlustig in Yahweh, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Yaakov; WANT die mond van Yahweh het dit gesê.”
 
Daar is 96 verwysings in 86 verse in die hele Skrif, Genesis tot Openbaring, na Yahweh se Shabbat. Hierdie 4de Gebod is ook ‘n opdrag wat gepaard gaan met die doodstraf indien die dag nie gehou en ge-eer word nie. ‘n Uitermate ernstige opdrag. Yahweh maak ons nie summier oombliklik dood soos daardie Yisraeliet wat in die woestyn hout bymekaar gemaak het op die Shabbat nie. Nee die blote feit dat jy Sy Shabbat, die dag waarvoor Hy spesiaal neergekniel en geseën het, vroeg in Genesis, onteer deur dit nie te wy nie, dit nie afsonderlik apart van ander gewone dae te hou nie, veroorsaak dat jy stadig geestelik sterf omdat jy verkies om Hom nie te respekteer en te gehoorsaam nie.
 
KAN JY DIE SKRIF VERANDER SOOS DIT JOU PAS?
 
In Gen.2:3 het Yahweh die Shabbat geseën, MAAR die besondere dag ook AFGESONDER. Die Shabbat is hoegenaamd nie soos enige ander dag nie. Jy kan dit ignoreer of dit verwerp, MAAR jy kan hierdie feit nie verander nie. Die Shabbat is spesiaal AFGESONDER. Die Torah leer ons dit. Daarom kan jy nie enige ander dag vir die Shabbat verruil nie. Die Shabbat is Yahweh se spesiale dag wat Hy vir die mens gemaak het. Jy kan dit nie nou gaan verander in enige ander dag soos jy wil nie. Waar in die Skrif sê Yahweh jy kan? Of aanvaar jy maar net klakkeloos jou leraar se woord bo die van die Almagtige Wetgewer? Jy is tog nie ‘n “sheeple” nie? Jy is seker instaat om self die Skrifte te ondersoek?
Ons sal almal betaal vir ongehoorsaamheid, niemand kom daarmee weg nie. Christene besef nie dat hulle besig is om wel inderdaad geestelik te sterf nie. Nou onlangs wil ‘n predikant ‘n besigheidsafspraak met my maak vir Shabbat oggend. Ek weier en wys hom dat dit Shabbat is. Ek maak toe dadelik die voorstel dat ons eerder Sondagoggend ontmoet vir besigheid, wat hy dadelik sonder huiwering aanvaar! Hy besef nie wat hy doen nie, en dat hy dit doen omdat hy alreeds grootliks geestelik gesterf het nie.
 
HOE HET DIE NASARENERS EN YAHUSHUA
DIE SHABBAT GEVIER?
 
Die Shabbat begin Vrydagaand so teen sononder en eindig Saterdag ook so teen sononder. In Genesis lees ons “dit het aand geword en dit het more geword” dan word die hoeveelste dag dit was, genoem. YAHWEH sê so, nie Konstantyn of tradisie nie.
Dit is die dag waarop YAHWEH jou wil seën. YAHWEH se Gees wil oor jou “hang” (hover) soos ‘n arend oor die nes van haar kuikens. Yahweh wil jou voed en jou klee en jou bemoedig en voorberei en met jou kommunikeer. YAHWEH wil ‘n spesiale verhouding met jou hê. Hy wil op die dag met jou praat en Hy wil op Sy beurt ook hoor wat jy vir Hom wil sê. As jy tot Hom nader, nader Hy ook tot jou – dis ‘n Skrif belofte. Daarom is dit ook ‘n feesdag.      
YAHWEH praat met jou deur Sy Skrif. Op die Shabbat is jou belangrikste prioriteit om die Skrif van YAHWEH te bestudeer (lees) en te oordink – sy Ruach (Gees) sal jou leer. Omdat jy nie jou gewone alledaagse werk mag doen nie, simbolies van Yahushua se guns-geskenk aan ons, kan jy baie rustig en ontspanne verkeer. Niks jaag jou nie. Wees ontspanne en lees die Skrif. Jy sal vind dat teen die tyd dat die Shabbat verby is, jy nog besig is met ‘n onderwerp en dat jy steeds voortgaan om Skrifstudie te doen, al het die Shabbat “formeel” reeds ge-eindig. Jy en jou gesin kan saam verskillende onderwerpe bestudeer en bespreek.
Om die Shabbat te onderhou word ‘n heerlike feestyd! Yahuweh seën jou en jy beleef ‘n intieme saamleef-verhouding met Hom wat jy ook deur die week voortsit. Daar bestaan geen menslike “MOETS” en “MAG NIE’S” nie – iets wat Yahushua geïrriteer en kwaad gemaak het toe Hy die Fariseërs beskuldig het dat hulle swaar reëls neerlê op die volk wat hulle self nie nakom nie! Jy kan die Shabbat alleen tuis vier of saam met ander gelowiges.
Onthou, om in ‘n persoonlike verhouding met YAHWEH te wees, is nie ‘n godsdiens nie. YAHWEH haat godsdiens – jy kan nie by “hierdie beweging” op aarde aansluit nie. Jy kan slegs hier op aarde aansluit by YAHWEH se hemelse gesin en dan direk met Hom as die Hemelse Vader kommunikeer. En as jy die hele Shabbat niks doen nie, met die gedagte dat dit die Shabbat is wat YAHWEH jou beveel het om te gedenk, is dit ook goed. Jy hoef ook net mooi niks te doen nie.
Baie belangrik egter is dat jy die Shabbat apart sal gedenk – nie soos enige ander dag nie. Geen besigheid nie, geen koop of verkoop nie, geen rondritsery vir eie plesier nie, geen aktiwiteite waardeur jy jou eie belange of doelstellings bevorder nie. Dis Yahweh se dag, geen ‘window-shopping’ en sosiale ontspanning nie. Niks mag inmeng met die onderhou van Yahweh se Shabbat nie. Nie gerieflikheidshalwe ‘n situasie omskep tot ‘n noodoproep van “die kalf is in die put” nie.
 
Hoe beleef jy die Sondag? ‘n Uur of twee in die “kerk”, gevolg deur tee, middagmaal en Sondagkoerant, ‘n skuinslê-sessie later die middag? En dan weer vir ‘n uur of wat “kerk” toe vanaand? As jy nie vanaand “kerk” toe gaan nie, dan kuier jy maar rond of voor die televisie of met ander mense saam. Of deesdae is daar blykbaar net ‘n oggenddiens. Bring jy jou tyd na dit deur in die besige winkelsentrums? Koop en verkoop? Onthou sondag is veronderstel om jou “shabbat” te wees!!!
Maar het jy ooit gedurende die Sondag persoonlike tyd met Yahweh spandeer en kans gekry om Hom beter te leer ken, ‘n persoonlike verhouding net tussen Hom en jouself (“bonding”) – sonder om tussen ander mense te wees? Yahweh is Gees en Hy wil geestelik met jou kontak maak.
 
YAHWEH stel nie belang in watter “kerk” jy behoort nie en of jy wel aan ‘n “kerk” behoort nie.  Hy haat “godsdiens”. Hy stel belang in ‘n persoonlike verhouding met jou en Hy leer jou deur Sy skrifte, Moses en die Profete en ook nou die hernieude Verbond.
Die Ruach/Gees van YAHWEH wil jou persoonlik koester en leer en “groot” maak. Jy het nie “rabbi’s” nodig nie. Daar is duisende ander Yahudi’s oor die wêreld met wie jy geestelik kan kommunikeer en gesels en ‘n geestelike familie op aarde vorm. BAIE BELANGRIK dat jy sal onthou dat van jou verwag word om op die Shabbat die Torah (ou Testament asook die hernieude Testament te lees en te bestudeer – sien Hand. 15:21 – baie belangrik om hierdie voorskrif te volg)
Die middag van die 6de dag (Vrydag) behoort ons alreeds voorbereidings te tref vir die Shabbat wat die aand om ongeveer 18h00 begin en duur tot die volgende aand ook om 18h00. Sorg dat daar genoeg kos en koeldrank is sodat jy nie nodig het om die Shabbat te ontheilig/ontwy om gedurende die Shabbat enige inkopies te moet doen nie, of te kook nie – dit kan vermy word. Kos kan vooraf gemaak en net gedurende die Shabbat opgewarm word sodat jy nie onnodige werk hoef te doen nie. Ook vermy ons enige sosiale omgang deur in die dorp of stad rond te loop en met die oë te koop of rond te kuier. Dis Yahweh se Shabbat. Op die wyse eer jy YAHWEH en wys jy dat jy Sy voorskrifte respekteer en nakom, omdat jy Hom lief het. Ons durf nie die Shabbat deurbring soos ons die Sondag deur gebring het nie toe ons nog in die Christendom was nie. Jy durf nie TV kyk om die sport te geniet nie. Dan minag jy Yahweh se Shabbat. Dan is jy maar net deel van die wêreld.
 
Ons self is ‘n klein huisgemeente wat gewoonlik om 14h00 die Shabbatmiddag bymekaar kom waartydens ons die Torah lees soos die opdrag is in Handelinge 15:21, dit daarna bespreek en dan afsluit en uitmekaar uit gaan – dikwels eet ons saam aan die einde van die Shabbat en gesels oor die dinge van Yahweh. Ons het vasgestel dat daar letterlik tientalle sulke huisgemeentes dwarsoor Suid-Afrika bestaan wat op die Shabbat vergader en die Torah lees en bespreek. Hierdie gelowiges het almal uit die Christendom uitgekom en beskou hulself nie meer deel van die Christelike heidendom nie. Hulle het almal een ding gemeen – hulle het Yahweh Yahshua lief met hul hele hart en siel en wese en hulle is ernstig oor die nakoming van Sy Torah gebooie, omdat hulle Hom lief het en hulle kan nie wag dat Hy weer terugkom aarde toe nie.
Wat meer isnou onlangs het ons, op ons eie, deur Yahuweh se guns en gebede om wysheid en te verstaan, geleer om die nuwemaan feeste van Yahweh ook te begin vier. Dit kom basies daarop neer dat die gelowiges op die nuwe maan, wanneer die maan ‘n dun skyfie (‘sliver’) vorm en vir die eerste keer sigbaar is in Jerusalem, (wat dan ook die begin van ‘n nuwe Hebreeuse maand is) bymekaar kom en saam eet en oor die dinge van Yahweh gesels. En dis wonderlik want ons hier in Suid-Afrika in die Vaaldriehoek, sien ook daardie eerste dun skyfie van die nuwe maan op dieselfde tyd as in Jerusalem. Dis vir ons heerlik om deel te wees van Nasareense gelowiges dwarsoor die wêreld wat Yahweh se nuwemaan-feeste vier.
Elke nuwe Hebreeuse maand, word ingelui deur ‘n nuwe maan. Dis soos Yahweh dit bepaal het. Ons blaas op die ramshoring tot eer van Yahweh Yahshua – dit is ook deel van geestelike oorlogvoering. Ons blaas op die ramshoring soos Yahweh ons in Sy Torah beveel, tot eer en verheerliking van Sy Groote en wonderlike Naam. Yahweh het hierdie nuwemaanfeeste ingestel, nie ‘n mens nie.  Sien byvoorbeeld Ps. 81:2-5. In die Ou Verbond is daar 14 verskillende verwysings na die nuwemaanfeeste.
 
Die opregte gelowige rig inderdaad sy hele lewe in volgens die kalender van Yahweh om Sy Feeste soos Hy uitgestippel het in Lev. 23 te vier en te onderhou. Hy sal sy vakansie-reëlings tref met die feesdatums en die Shabbatte in gedagte. Sodoende beplan die gelowige sy hele lewe met Yahweh voorop in sy gedagtes, eerste in sy lewe. Ek is oortuig dis hoe Yahweh dit wou hê – altans dit is ook soos dit inderdaad gaan werk wanneer Yahushua as Koning op die aarde gaan heers! (Jes. 66)
 
17(B)          PAASFEES OF PAASHAAS-FEES VS PASGA EN DIE FEES VAN DIE ONGESUURDE BRODE
 
Wat ‘n verwerplike duiwelse verdraaiing van die werklike naam van die fees. Selfs die King James Bybel gebruik hierdie afgod vertaling in Handelinge 12:4 (Easter) – Operasie: Ontbloot – die – gesig – van – satan – vervolg!!
 
Hoe vier ons dit?Met allerhande paasnaweek sjokolade eiers – simbole van son-god afgodediens? En wat van die koekies of ‘buns’ wat die vrouens vir die “HERE”, die hemelkoningin en ander afgode gebak het soos in Jeremiah 7:18? Die Christendom is inderdaad nog steeds besig met afgodediens!! Ja, en ‘n lekker lang naweek by die see!! Of ‘n afgewaterde kerkdiens op paas Sondag waar ons vertel word “Hy het opgestaan” en dit nadat hy pas die vorige Vrydagmiddag gesterf en in ‘n graf weg gelê is. En daarna ‘n bul van ‘n Sondagmiddag-ete en ‘n skuins-lê sessie. Die betekenis van die werklike en ware feeste het niks daarmee te doen nie en ons het die seëninge wat Yahweh vir ons bedoel het heeltemal verloor.
 
Gedurende die Sitting van Nicaea in 325 NC het die biskoppe onder voorsitterskap van Keiser/Pous Konstantyn beslis dat Paasfees altyd op ‘n Sondag gehou sou word en dat die Christene nie die Jode durf navolg nie!! (Vir julle wat belang mag stel in hierdie gedeelte van die kerkgeskiedenis, dis op verskeie onafhanklike webwerwe beskikbaar op die internet – jou hare sal regop staan!!) Konstantyn het alle biskoppe versoek om hierdie nuwe praktyk, Paas Sondag, orals in Rome, in Afrika, deur Italië en in Egipte toe te pas en te beoefen. Pous Innocent het later die besluit gekwalifiseer en verdedig deur te predik dat die opstanding van die Meester nie slegs een keer ‘n jaar herdenk word nie maar gereeld elke week.
 
WAAR KOM PAASFEES VANDAAN?
 
Die Oxford English Dictionary verklaar dat paasfees ‘n fees is ter ere van Eostre, die godin van vrugbaarheid en van die lente. Sy is ook assosieer met Usha die Hindu godin van die oggendskemering. Eostre, ook genoem Eastre, Eostra of Ostara het in gesmelt in die christen-kultuur. Hierdie selfde godin was ook in die Griekse kultuur bekend as Eos of Ishtar, die godin van die oggend. In Griekse klassieke mitologie word sy uitgebeeld as ‘n lustige seksie godin wat vrugbaarheid propageer en daarom het die simbole van paashasies met hul eiertjies hul verskyning gemaak.
 
Dit word vermoed dat hierdie selfde Ishtar godin ook in die ou Testament na verwys word as synde Ashtaroth. Die naam van Astarte was Ishtar in Nineve, bekend as die godin van die hemel. Hierdie duiwelse misleiding het doodeenvoudig ingesluip in die Christelike kultuur en die betekenis van die werklike fees van pasga is afgewater en by die deur uit gesmyt.
Kry dit duidelik ons het hier te doen met duiwelaanbidding, satanisme – Operasie-Kaap-YAHWEH-se-Feesdae!!
 
Daar is geen ander verontskuldigende verklaring nie. Ons kan dit nie afmaak as outydse stories nie. Ons DURF NIE deel hê aan enige gebruike of gewoontes of enige iets wat verband hou met afgode-diens nie. Ons mag dit NIE NABOOTS of “VERCHRISTELIK” nie!! YAHWEH is baie duidelik hieroor. Kyk bv. Levitikus 18:3-5; Deut. 12:30-31; Esegiël 11:12, ens.
 
17(B)(i)      YAHWEH SE SEWE (7) FEESTE (MIQRAS/AFSPRAKE)
 
Die syfer sewe (7) het ‘n besondere betekenis in die Skrif – dit stel volmaaktheid voor. Ses dae van skepping plus een rusdag = 7 (sewe). Sewe dae van die week, sewe feeste van YAHWEH, ens – wys alles op die voltooiing van YAHWEH se verlossingsplan vir die mens.
 
Die verlossingsplan sal volkome afgehandel wees binne ‘n tydraam-werk van ‘n sewe-duisendjaar periode. Dit het begin met die val van Adam en sal eindig met die afhandeling of be-eindiging van Yahushua se heerskappy aan die einde van die duisendjarige vrederyk (millennium Shabbat). Nadat die duisendjarige vrederyk verby is, sal die tydlose ewigheid begin(tyd sal nie meer bestaan nie) – die 8ste dag.
 
Die bewoners van die tydlose ewigheid sal bestaan uit diegene wie gekies het om YAHWEH te eer en Hom lief te hê en om in Sy Ruach Hakodesh (Gees) geklee/deurdronge/omvou te wees. Hulle sal onsterflike geestelike wesens wees met verheerlikte liggame soos wat Yahshua was na Sy opstanding. Hulle sal vir ewig in die nuwe Jerusalem en die nuwe aarde woon. Dit sal ‘n nuwe vars begin wees in ‘n sondelose toestand.
Die agste (8) dag verteenwoordig die bekendstelling van die ewigheid, direk na die 1000-jarige vrederyk en meer spesifiek die Groot Wit Troon Oordeel, of te wel ook die Tweede Opstanding waarvan in Openbaring gepraat word.
 
YAHWEH het sewe (7) spesiale feesdae (miqras). Dit is ingestel deur die Instruksies van Moses (die Torah). YAHWEH sê ook uitdruklik dat daardie feesdae SY feesdae is – dit behoort nie aan die Jode/Israel/Boere/Zulu/ Xhosa-volk nie – dit behoort aan YAHWEH, Skepper Elohim vir altyd en ewig.
 
Hierdie feesdae behoort ook nie net tot die Ou Verbond nie. Selfs Paulus bevestig in Kol. 2:16-17 dat hierdie 7 (sewe) feesdae van YAHWEH ook deel is van die hernieude Verbond. Dat hulle profetiese betekenis na die toekoms verwys waarby ek en jy nog betrokke gaan wees.
Kol. 2:16-17 soos aangehaal uit die Woord en Getuienis lees as volg:
Moenie dat enige iemand julle oordeel in voedsel en in drank nie, hetsy met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of ‘n Shabbat, wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam van die Messias”.
Die kommentaar in hierdie Skrif op die verse is dat “die liggaam van die Messias” grammatikaal saam met die eerste gedeelte van vers 16 gelees moet word, met ander woorde: “Moenie dat enige iemand behalwe die liggaam van die Messias julle oordeel nie ….
En ‘n Yahshua-gelowige Rabbi Mosheh Koniuchowsky, ‘n ander onafhanklike bron, redakteur van Restoration Scriptures, True Name Edition, lewer as volg kommentaar hierop: Aangesien van Israel verwag is om al YAHWEH se ewige statute te hou en na te kom, durf geen persoon buite die Yisrael-liggaam van die Hernieude Verbond, dit waag om die manier waarop die Yisrael gemeente Sy statute en Gebooie onderhou en nakom, te beoordeel of te kritiseer nie.
Geeneen buiten die gemeente van Yisrael kan leiding verskaf oor die wyse waarop die Feeste gevier behoort te word nie. Hierbenewens toon hierdie Skrif in vers 17 dat wanneer ons die Feeste vier en hou, openbaar en “predik”, dat ons die toekomstige Koninkryk voorhou en nie net gebeure wat reeds in die verlede plaasgevind het nie. Die vertalers oor die algemeen hou voor dat die hou van die feeste gaan oor gebeure van die verlede. Lees weer die Skrif hierbo en luister en doen wat Yahweh jou vermaan. Vergeet jou prediker.
 
Tydens die skrywe van die omsendbrief deur Paulus, het vier (4) van die miqra (feeste) reeds plaasgevind. Wat sê Paulus dan vir ons in die Skrif hierbo? 
Paulus waarsku eintlik vir ons dat die profetiese vervulling van die oorblywende drie (3) feesdae ook nog in die toekoms sal plaasvind – en ook die profetiese vervulling wat ons in die nakoming en onderhou van die Shabbat leer.
Hierdie spesiale feeste/afsprake/miqra vorm die hart/kern van die Torah. Aangesien YAHWEH die eerste vier (4) profetiese feeste, REEDS in die regte volgorde, op die betrokke dae en datums, en op dieselfde wyse as wat dit versinnebeeld word in die Torah, fisies laat uitspeel het, is die kanse oorweldigend dat die werklike fisiese uitbeelding van die oorblywende drie (3) spesiale feeste/miqra/afsprake OOK in dieselfde volgorde, op die betrokke dae en datums en op dieselfde wyse wat dit versinnebeeld word, SAL plaasvind met Yahushua in die hoofrol.
 
Elkeen van hierdie feeste van Yahuweh het ‘n unieke profetiese boodskap wat YAHWEH spesifiek vir Sy kinders gehou het. Maar ons mense is te slim en het dit heeltemal ge-ignoreer deur ons blind te staar deur net die hernieude Verbond (Nuwe Testament) te beklemtoon.
 
DIE BLOUDRUK VAN YAHWEH SE PROFETIESE
VOORSPELLINGS WORD GEVIND IN LEVITIKUS 23
 
En om alles te kroon, NADAT Hy die Shabbat deur die vierde (4) gebod ingestel het in Exodus 20, kom Hy WEER en maak Hy die Shabbat ook deel van Sy 7 (sewe) feeste (miqras/afsprake)!!!
 
Kom ons lees nou een van die belangrikste gedeeltes in die Instruksies van Moses, die Torah,‘n gedeelte wat die mens en ons sogenaamde geestelike leiers egter as onbelangrik ag en verwaarloos.
 
Levitikus 23 van vers 1 af en ook Numeri 28 en 29. Vervang asseblief tog net die titel “Here” en “God” met die persoonlike en enigste eie Naam van die Skepper van die heelal, YAHWEH. Begin dit solank oefen.
Wat lees ons? Yahweh verordineer SY feestye as afgesonderde/aparte byeenkomste – “dis My feestye” (v. 2), nie die Jode s’n nie.
 
YAHWEH herhaal vir die soveelste keer die belangrikheid van die Shabbat wat hier ‘n integrale deel vorm van Sy feesdae (miqras).
 
1.   Die Pasga-fees – Die 14de Nisan/Abib, die eerste maand. Gewoonlik Maart/April in ons kalender). (v. 5) YAHWEH se Pasga op die 14de van die 1ste maand. Dit is simbolies van Yahushua, die volmaakte Offerlam wat nog moes kom op daardie tydstip.
Hierdie fees is die inleiding van Yahweh se verlossingsplan vir die mensdom soos wat dit uitgebeeld is by die Yisraeliete in Egipte. Hierdie pasga-fees het ten doel gehad om te voorkom dat die doodsengel wat daardie nag deur Egipte sou beweeg en alle eersgeborenes van mense en diere sou dood, die dood van eersgeborenes onder die Israeliete sou veroorsaak.
Deur Yahweh se instruksies sorgvuldig te volg, is die Yisraeliete gevrywaar van die doodsengel se opdrag, om alle eersgeborenes dood te maak, of dit nou mens of dier was. DEUR Yahweh se liefdevolle instruksies soos vervat in Sy Torah sorgvuldig te volg, kan die moderne mens ook die probleme verhoed wat ons oorval in sowel hierdie lewe as in die ewigheid. Gehoorsaamheid is hier vereis van die Yisraeliete net soos dit vandag vereis word en die aansmeer van die bloed aan die deurposte daardie tyd was simbolies ‘n teken van gehoorsaamheid. Dink jy nou regtig dat die engel van Yahweh die bloed kon sien twaalfuur daardie nag? Hy het geweet wie Yahweh gehoorsaam of nie. Die vier van Pasga dui dus simbolies op ons gehoorsaamheid of Torahloosheid. Kies jy!

Op die 10de dag van Abib/Aviv/Nisan (Maart/April) moes die lam vir inspeksie in die woning ingebring word om seker te gemaak het dat dit sonder enige letsel of gebrek was. Die lam is gedood ‘tussen die aande’, tussen die oomblik wanneer dit begin donker word en die oomblik van volkome donkerte, so ongeveer 15h00 en sononder op die 13/14de Abib. Dan word die lam ge-eet na sononder, plus minus 16h00 wat ook tegelykertyd die begin is van die 14de Abib/Nisan, synde die Pasgafeesdag. Die lam is gebraai oor ‘n vuur. Die binnegoed is uitgehaal en om die lam se kop gedrapeer – wat

genoem is die ‘gekroonde offerande’.  
Die gebraaide lam moes dan vinnig en staande ge-eet word. Daar was nie tyd om te wag dat die brood moes rys nie en daarom moes hulle ongesuurde brode bak. Die bloed van die lam is aangesmeer aan die boonste deurkosyn en aan die kant kosyne van die deuropening. Die mense moes die lam eet met sandale aan hul voete en die brood in hul bakke en hulle moes gereed wees om baie vinnig te vertrek sodra die doodsengel sy besoek aan Egipte afgehandel het, teen middernag die 14de Abib/Nisan.
 
En wanneer die doodsengel die bloed aan die deurkosyne sien, het hy by daardie betrokke Hebreeuse huis verby beweeg sonder om enige van die eersgeborenes onder die mense en die diere dood te maak. Die uitdrukking dat die doodsengel “passed over” het aanleiding gegee tot benaming Passover (pasga) of “pesach” in Hebreeus.
 
1.   Die Fees van die Ongesuurde Brode – Exodus 12:17-18 – die 15de Abib/Nisan, ‘n hoog SHABBAT, ‘n jaarlikse Shabbat. ‘n Fees wat 7 (sewe) dae lank gevier moet word. Dit begin direk na die Pasga – Lev. 23:7 –‘n hoog Shabbat, wat simbolies is van sonde en rebellie en valse leerstellinge. Die Yisraeliete het haastig die middel van die nag van die 14de/15de Abib, na die dood van die eersgeborenes van die Egiptenare op bevel van die Faro, met al hul besittings en vee en goedere vertrek vanaf Rameses.
Hulle het onder die lig van die vol maan na Sukkot getrek om die beendere van Joseph te kry. Teen die tyd dat hulle vertrek het, het hulle ook ongesuurde brood gehad om te eet. Teen die tyd dat Faro se verdriet in woede verander het, het hy ‘n weermag bymekaar gemaak om agter die Hebreërs aan te gaan.
Die Skrif sê dat die Yisraeliete om en by 600 000 mans (bo 20 jaar) plus vroue en kinders was. ‘n Konserwatiewe skatting van tussen 2 en 3 miljoen Israeliete saam met vreemdelinge wat saam getrek het.
 
2.   Die Fees van die Eerste Vrugte – Exodus 14. Die dag na die gewone weeklikse Shabbat wat volg op die 14de Nisan. Die Yisraeliete was vasgevang in ‘n kloof wat by die Rooi See uitgeloop het en Faro het hulle gejaag. Hy het geweet dat hy die Israeliete drie dae gegee het om hul Elohiem te gaan aanbid, maar as gevolg van sy agtervolging kon hulle nie binne die drie dae omdraai nie en moes hulle aanhou vlug om aan sy wraak te probeer ontkom.
Op die 17de Abib het hulle die see bereik terwyl dit nog nag was. Die Rooi See was voor hulle en Faro se hele weermag was agter hulle. Hier het die grootste wonderwerk ooit gebeur. Hulle is gered en Farao en sy weermag vernietig. Die Egiptenare het hul eiendomsreg oor die Hebreërs verloor. Soos wat die see voor die Israeliete in twee verdeel het om ‘n droë pad te vorm, net so het die seewater weer na mekaar beweeg en die ganse Egiptiese Weermag verswelg.
 
3.   Die Fees van WekeExodus 19 en 20 – gewoonlik Mei/Junie in ons, die heidense Gregoriaanse, kalender. In Lev. 23:15 en 16 word Israel gemaan om versigtig 7 (sewe) volle weke af te tel, beginnende vanaf die dag na die Fees van die Eerste Vrugte “moet julle 50 dae tel”. Hierdie feesdag noem ons vandag Pinkster (Shavuot), ook ‘n Shabbat. Dit simboliseer die toekomstige uitstorting van die Gees van YAHWEH. Oorlewering wil dit hê dat Yahweh Sy Torah (Sy leringe en instruksies) wat die bepalings van die huwelikskontrak tussen Elohiem Yahweh en Sy volk, Yisrael behels het, by die berg van Elohim – Sinai/Horeb – aan die Yisrael volk gegee het. Die berg Sinai is in die hedendaagse Saudi Arabia, in die Midian gebergtes, soos die Skrif ons meedeel. Dit het die Yisraeliete 50 dae geneem om die ‘berg van Elohiem’ te bereik vanaf die dag waarop hulle deur die Rooi See is. Pinkster in Grieks is ‘vyftig’. Die terme van die huwelikskontrak word verwoord in die 10 Gebooie. Dit omskryf die karakter van die een wie Yahweh verlang Sy bruid sal wees. Die Tien Woord (Gebooie) is geskryf deur die ‘vinger van Yahweh’ na wie Yahshua verwys as die Ruach (Gees) van Yahweh.
 
4.   Die Fees van die Trompette (Taruah) – vers 24, verwys na die 1ste dag van die Sewende maand (Tishrei) gewoonlik September/ Oktober in ons kalender. ‘n Shabbat, ‘n gedenkdag deur basuingeklank, (silwer trompette en ramshorings), ‘n vreugdevolle feesdag. Simbolies van YAHWEH se wederkoms om Sy gelowige Yahudim te kom haal. Nie net Paulus nie, maar ook Jesaja verwys daarna. (Jesaja 66, Sagaria 14:16-17) Dit was oorspronklik die nuwe jaar wat gevier is om die eerste skeppingsdag te gedenk op die 1ste Tishrei. Die mense het veral ook bymekaar gekom om die nuwe maan, wat die nuwe maand aangedui het, te vier. Die Fees van Trompette is die enigste fees wat op die nuwe maan val, die 1ste dag van ‘n nuwe Hebreeuse maand. Hierdie nuwe maan is aangedui deur die eerste skynsel (sliver) van die nuwe maan en is gevier met die geskal van silwer trompette en ramshorings (sofars). Dit is die dag waarop die laaste silwer trompet deur die hemelse boodskappers geblaas sal word. Op daardie dag sal daar nie tyd wees vir ‘n mens om ‘n ramshoring te blaas nie!
 
5.   Die Fees van Versoening (Yom Kippur) (Lev. 25) op die 10de dag van die Sewende maand (Tishrei). Dit is ‘n Shabbat. Dit was en is steeds die somberste dag van die jaar vir die Yisrael volk. Dit is slegs ‘n fees vir diegene wie se sonde vergewe is deur die bloed van die Messias en wie met Abba Yahuweh versoen is. Dit is egter ‘n dag van vas en rouklaag vir diegene wie se sonde nog vergewe moet word, of diegene wie staat maak op goeie werke, (diegene wie wetties wil wees) of diegene wat geen bloedversoening het nie omrede hulle die bloed van Yahshua die Messias verwerp het – soos die hedendaagse ortodokse Judaïsme. Dit was op hierdie dag dat die hoë priester in die allerheiligste, waar die ark van die verbond was, ingegaan het en waar die teenwoordigheid van Yahweh was, om die bloed van ‘n bok voor Yahweh aan te wend vir die sonde van die volk vir daardie betrokke afgelope jaar (Lev. 16) Dit was die dag vir nasionale redding van Yisrael. Die dag was ook gereken as die dag “waarop die hek gesluit is” – wanneer die goddelose wie uit eie keuse verkies het om buite die Verbond met Yahweh te wees, vir ewig gedoem is. Hierdie dag het ook gedien as afsnypunt vir die begin van die Jubileum-jaar wat elke vyftigste jaar aangekondig is met die geklank van ‘n groot ramshoring (Lev. 25). Dit was slegs teen die einde van hierdie dag dat godsdienstige Jode in Jerusalem toegelaat was deur hul Rabbis om die aller heiligste Naam van Y A H U W E H uit te spreek.
     Hierdie dag word beskryf in Sag.12:10. Yahweh sê Hy sal in daardie
    dag die Gees van guns en smeking oor die huis van Dawied en die
    inwoners van Jerusalem uitstort. Ek aanvaar die Yisraeliete gaan so
    onder gewetenswroeging en oortuiging van sonde wees wanneer hulle
    hulle Messias Yahuweh/Yahshua sal sien, die een wat hulle deur die
    eeue heen verwerp en geminag het, dat die ganse volk sal ween en
    weeklaag en rou bedrywe. Elke familie, elke stam, elkeen wat die
    Messias nog nie as Sy persoonlike Messias, vleesgeworde Yahweh
    aanvaar het nie. Elke knie sal voor Hom buig, elke tong sal Hom bely.
 
    Die Nasareense gelowiges van vandag kan, as hulle wil, hierdie    
    besondere dag as ‘n vas-dag deurbring, uit dankbaarheid vir hul
    verlossing en versoening deur en met Vader Yahweh. Andersins kan dit
    ‘n wonderlike feesdag wees wat gevier word uit dankbaarheid dat hulle
    deur die guns van Yahweh nie eendag sal hoef te weeklaag en rou
    bedrywe oor hulle die Messias verwerp en geminag het nie soos die
    ander stamme van Yisrael. Dit kon so maklik gewees het!
 
6.   Die Fees van die Loofhutte/Tabernakels – op die 15de dag van die Sewende maand (Tishrei)Die Bruilofsfees – die eerste dag is ‘n Shabbat. Hierdie fees duur 8 dae lank. Die Yisraeliete moes hul rondtrekkery vir 40 jaar lank in die woestyn gedenk deur die fees te hou, sodat hulle nie sou vergeet hoedat Yahweh hulle van voedsel en water voorsien het, hulle genees het, hulle gedissiplineer het en hoe Hy hulle in die beloofde land ingelei het en hulle oorwinnaars oor al hul vyande gemaak het nie.
 
Gedurende die week moes hulle in tydelike hutte woon, of tente (tabernakels) sodat hulle die woestyn-reis sou onthou. In hedendaagse Yisrael gedurende die Fees van Tabernakels, slaan elke Israelitiese gesin ‘n tydelike hut op, of tent, en vir die duur van die Fees eet en slaap hulle daarin en hou partytjie vir die duur van die agt dae lange fees. Dit is ‘n vrolike jolige week. Op die laaste dag van die Fees dans hulle met die Torah deur die strate ter viering van die Woord van Yahweh.
Jy sal ook onthou dat met die Fees van Tabernakels het Yahshua op die laaste dag, die 8ste dag, in die Tempel luid uitgeroep dat almal wat dors het na Hom moes kom. Hy het inderdaad die LEWE aan die Jode van Sy tyd aangebied. Hierdie 8ste dag van die Tabernakelfees gaan weer letterlik plaasvind nadat die 1000-jarige Koninkryk van Yahshua verby is.
 
7.   Nuwemaan-feeste - Hierdie feeste is aparte feeste wat nie deel vorm van Yahweh se Lev. 23 feeste nie. Yahweh gee egter opdrag dat hierdie fees gehou en gevier moet word in verskeie Skrifgedeeltes. Die Fees van Trompette is die enigste Fees wat saamval op ‘n nuwemaanfees, die 1ste Tishrei, die begin van ‘n nuwe Hebreeuse maand. Vreugdevolle lawaai kenmerk hierdie 1ste Tishrei, wat op ‘n nuwemaanfees val. Silwer trompette en ramshorings word geblaas.
 
Nie een van die Lev. 23 feeste val elke jaar op presies dieselfde dag volgens die Gregoriaanse kalender nie, (die een wat ons gebruik) maar wel volgens die Bybelse skriftuurlike kalender. Die datums van die betrokke feesdae word vandag steeds op dieselfde wyse bepaal soos YAHWEH die Israeliete in die Torah beveel het. Die ortodokse Karaite Jode in Jerusalem bepaal die begin van ‘n maand, die 1ste, deur die verskyning van die nuwe maan fisies waar te neem. Hulle, saam met twee onafhanklike getuies, bevestig die verskyning van die maan wat dan die nuwe maand se begin bevestig en die begin van ‘n nuwe Hebreeuse maand aankondig. Dit is ook die nuwemaan feeste waarvan die Skrif melding maak wat gevier moet word met die blaas van ramshorings, omdat dit die nuwe maand inlui.
 
      As jy die Torah bestudeer, sal jy merk dat dit die Skepper behaag
      vreugde verskaf, wanneer Sy Yisrael Volk fees vier voor Hom en Hom
      loof en prys en eer en vrolik is. Die nuwemaan-feeste is volgens die Skrif
      ‘n tyd van samekoms, offerandes en gesellige saam verkeer van hulle
      wat aan Yahweh behoort – Lees maar self Num.28:14; 1Sam.20:5;
      Psalms 81:3; Jes.66:23 en ook Kolossense 2:16.
 
HET OFFERANDES VERVAL?
     
      Jy vra: “Offerandes? Wat bedoel jy daarmee?” Ons het onlangs van
      William Bullock, wie ‘n Parsha kommentaar skryf wat ons elke Shabbat
      saam lees met die betrokke Torah gedeelte waarop dit betrekking het,
      die volgende notas ontvang oor die hou van die nuwemaanfeeste. Hy
      verwys na Numeri 28:11-15 waarin die fees van die nuwemaan
      beskryf word en die offerandes wat daarmee saamhang.
      Hy bevestig dat daar geen aardse tempel of ‘n altaar bestaan waarop
      ons fisiese offerandes kan offer nie. Die Messias Yahshua is ons
      volmaakte offer. Hy sê egter uitdruklik dat die kern van die
      nuwemaanfees, die aanbiddingsvereistes en die wyse waarop die
      fees gevier moet word, nog steeds net so relevant is soos vierduisend
      (4000) jaar gelede. Ons moet meer let op die inhoud van Rom. 12:1
      en doen.
 
     Hy vra die vraag of elkeen van ons bereid is om onsself tydens die
     nuwemaanfees weer her toe te wy en onsself, ons liggaam, siel en gees
     opnuut te offer en op te dra aan Yahweh en onsself as ‘n heerlike geur vir
     Hom te offer? Indien wel, dan is dit ‘n offer en word dit die brand-
      offer genoem.
      Hy vra of jy bereid sou wees om jou bloed te stort, soos wat rooi wyn
     sou vloei, indien dit van jou vereis sou word deur jou Skepper, Yahweh.
     Jy mag dalk net geroep word om jou lewe neer te lê vir Yahweh en Sy
     Woord en Sy Getuienis. As jy bereid is, gewillig is en dit opreg aan
     Yahweh beloof, dán is dit ‘n offer en word dit die drankoffer
     genoem. As jy bereid is om tydens die nuwemaanfees elke handeling,
     elke woord, elke gedagte wat jou mag skei van die Messias Yahshua, te
     offer in hernieude toewyding aan Yahweh, is dit ‘n offer en word dit
     die sonde-offer genoem.
 
      Romeine 12:1 bevestig maar net die voorgaande. Stel jou liggaam as
     ‘n lewende Offerande aan Yahweh. Ons is nou die Lewende Tempel van
     Yahweh. Ons kan nog steeds offerandes bring soos wat Bullock hierbo
     bepleit. Dit is ‘n wonderlike gedagte wat alle Nasareense gelowiges
     gerus kan toepas met die begin van elke nuwe Hebreeuse maand. Dit
     geld as ‘n hernieude belofte, ‘n hernieude oorgawe aan die Messias
     Yahshua. Soos wat elke nuwe maan ‘n nuwe maand daarstel wat elke
     maand ‘n hernieude begin aandui. Dit behels opregte aanbidding in Gees
     en in Waarheid, met ‘n hart wat die regverdige regspraak lief het, wie ‘n
     arm en verslae gees voor Yahweh het EN wie bewe vir Sy Woord.
     (Jes. 66:2)
     
     (As jy graag sy weeklikse Torah Parsha kommentaar wil hê, stuur net vir
     hom ‘n e-pos na rabbisson@cableone.net)
 
17(B)(ii)              YAHWEH SE EERSTE VIER FEESTE WORD LETTERLIK VERVUL!!
 
In Daniël 9:24-27 vind ons seker een van die belangrikste profetiese voorspellings in die ganse Skrif.Dit is ongeveer 538 jaar voordat Yahushua werklik op ‘n esel Jerusalem binne gery het.
Sewentig sewetalle is oor jou volk en jou heilige afgesonderde stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf. Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou tot op ‘n Gesalfde, ‘n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle lank sal dit herstel en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid. En ná die twee en sestig sewetalle sal ‘n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van ‘n vors wat sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met ‘n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog wees, vasbeslote verwoestings. En hy sal een week lank met baie ‘n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar ‘n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.”
 
Vers 25 dryf skeptici tot raserny want dit pen die datum vas waarop die 70 – weke periode, van Daniël se profesie sou begin en dit spesifiseer ook die presiese tydperk wat moes verstryk voordat die Messias/Prins sou verskyn!! Saam met hierdie gedeelte moet Nehemia 2:1-6 ook gelees word.
YAHWEH het lank, ongeveer 538 jaar voor die tyd die volgende werklike gebeure voorspel: Yahushua se aankoms in Jerusalem op ‘n esel, die laaste Pasga-maaltyd wat Hy met Sy dissipels sou nuttig, Sy verraad deur Judas, Sy moord en die opstanding, Sy hemelvaart en die uitstorting van Sy Ruach Hakodesh (Gees). Jy onthou die aanhaling uit Jesaja waarin YAHWEH sê dat Hy alleen verklaar wat gebeur, voordat dit gebeur. Deur Sy profete het Hy dit baie duidelik vir Sy volk Israel gemaak om te kon vasstel presies wanneer Hy as Messias in Jerusalem sou verskyn.
 
In Zachariah 9:9-10 voorspel YAHWEH:
“Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel—op ‘n jong esel, die vul van ‘n eselin.”
Ek kan vir ure aanhou met aanhalings uit die Ou Verbond, die Psalms, die Profete, ens. wat wys op die koms van die ware Messias Yahushua. Maleagi 3:1 voorspel:
“Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Meester na wie julle soek, naamlik die Boodskapper van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê YAHWEH van die leërskare.”
 
Johannes die Doper word voorspel.   Baie Israeliete het hierdie voorspellings ter harte geneem en dit onthou en bewaar. Dit was die leiers van die Joodse volk wat Hom verwerp het – baie van die gewone mense het in Hom geglo, soos jy self weet.
 
DIE EERSTE 4 (VIER) FEESDAE VAN YAHWEH
 WORD DUISENDE JARE LATER IN DIE PRAKTYK ‘N WERKLIKHEID
WORD LETTERLIK VERVUL – PERFEK PRESIES
 
Kyk nou hoe perfek en presies die eerste 4 (vier) feesdae van YAHWEH duisende jare later in die praktyk ‘n werklikheid word OF anders gestel, letterlik vervul word!!
Onthou ‘n nuwe dag begin in Bybelse tye die aand wanneer die son begin sak – vir duidelikheid, kom ons sê 18h00 – en dan volg die oggend en die dag eindig die aand weer met sononder 18h00, wanneer die volgende dag weer begin.
 
1. DIE PASGA (PESACH) vervul (Hierdie is baie belangrik, lees dit  deeglik)
Yahushua het Jerusalem op die 10de Abib/Nisan op ‘n eselsvul binne gery in Sy hoedanigheid as die LAM, vir inspeksie en ondersoek deur die leiers van die Fariseërs en die Sadduseërs en die algemene bevolking – totaal ooreenkomstig die Torah vereistes. (Sien Pasga hierbo)
Joh.12:12-16; Mat.21:1-9. Hulle het Hom verskeie vrae gevra, maar kon geen fout met Hom vind nie. Hulle het Hom vir vier volle dae ondersoek en ondervra. Die godsdienstige leiers was marionette van die Romeine en hulle was nydig op Hom aangesien hulle in Hom ‘n bedreiging vir hul eie status-posisies gesien het. Hulle het besluit dat Hy moes sterf, al kon hulle geen fout met Hom vind nie. Luk.13:34-35; 19:28-44; Joh. 11:47-53.
 
Hulle het nie besef dat Hy gekom het om Sy lewe neer te lê nie, om die Huis van Yisrael te versoen met Yahweh, en om die verbond met die Huis van Yehudah te hernieu. In Mat.15:24 verklaar Hy uitdruklik dat Hy gekom het vir die verlore skape van die huis van Yisrael. Dit is in lyn met Luk.1:33 wat profeteer dat Hy sal koning wees oor die huis van Yaakov tot in ewigheid …..
Die noordelike 10 stamme het na die dood van Salomo versprei in Samaria in. Hulle het sodanige afgodsdienaars geword dat Yahweh verplig was om hulle ‘n skeibrief uit te reik (Jer.3:8). Die stam van Yehudah was ook Torahloos maar nie soveel soos die noordelike 10 stamme nie (die Huis van Israel, is ook genoem die Huis van Efraim of die Huis van Josef).
Alhoewel die stam van Efraim die geboortereg gehou het van al twaalf die stamme, het sy afstammelinge, soos Esau, hul geboortereg geminag en agter die afgode van vreemde nasies aan gehoereer.
Daarom was hulle teen die jaar 786 VC deur die bank versprei en verstrooi en ge-assimileer onder vreemde heiden nasies. Hulle het hul identiteit verloor en is totaal opgeslurp in die omringende kulture, soveel so dat hulle onherkenbaar was selfs vir diegene uit die stam van Yehudah. (Hosea hoofstukke 1-3 gee vir ons ‘n aanduiding wie hierdie mense vandag is) Vandag lei ons uit die geskiedenis, argeologie, legendes en Bybelse skriftuurlike navorsing af dat die meeste van hierdie noordelike 10 stamme in die noorde van Irak/Iran beland het en ook in Wes-Europa en Amerika en selfs Suid-Afrika.
 
Omdat Yahshua in Mat. 10:5-6 Sy dissipels gelas het om nie na die heidene te gaan nie, maar na die “verlore skape van die huis van Yisrael”, het hulle inderdaad noordwaarts en weswaarts gegaan met die versoenende boodskap van die Messias Yahshua om terug te keer na die Torah en hul Elohiem Yahweh.
Yahshua het inderdaad ooreenkomstig die Torah voorskrifte gekom ten einde die huweliksooreenkoms (Ou Verbond) met die Huis van Yisrael wat deur die egskeidingsbrief verbreek is, te herstel. Yahweh kon volgens Torah voorskrifte nie sondermeer weer ‘n “huweliksooreenkoms” met die egbreker-party (Yisrael en Judah) sluit nie. Een van die partye tot die ooreenkoms moes sterf sodat die ‘langslewende’ weer in die huwelik bevestig sou kon word.
Yahweh, die onsterflike Elohiem van die geeste, het toe in die vlees as Yahshua aan die folterpaal kom sterf en het weer uit die dode uit opgestaan nadat Hy met Sy eie bloed weereens ‘n hernieude verbond met Yisrael, al twaalf stamme, gesluit het. Yahshua het derhalwe weereens ‘n huweliksverbond met die huis van Yisrael aangegaan waarvan die profeet Jeremiah getuig. Jy moet die Torah ken om hierdie geheimenisse te kan begryp. Uittreksels uit Jer.31:31-34 lui:
Kyk die dae kom, sê Yahweh, dat ek ‘n hernieude verbond met die Huis van Yisrael sal aangaan, en met die Huis van Yehudah … Ek sal My Torah in hul harte skryf. En Ek sal vir hulle ‘n Elohiem wees, en hulle sal My volk wees … want hulle sal My ken, van die geringste van hulle tot die grootste, sê Yahweh. Want Ek sal hulle hul ongeregtighede vergewe en hul sondes nie meer onthou nie”.
 
Dit was die hernieude verbond in/deur Sy bloed. In hierdie hernieude verbond kon Hy die Huis van Yehudah, die suidelike koninkryk met die drie stamme insluit, en ook die heidene buite die verbond met Yisrael – daardie heidene wat deel uitmaak van die nasies. (Efesiërs 2:8-19). Daarom kan gesê word Yahushua het vir die “mensdom” gekom.
 
Yahshua se dood was dus uitsluitlik om die Huis van Yisrael (die noordelike 10 stamme van Yaakov) te versoen en te restoureer terug in die groter kudde in sodat hulle uit hul hart uit die Torah van Yahweh sou onderhou en eerbiedig. Dit is waaroor Pinkster gaan. Nie oor ‘n sogenaamde nuwe “kerk” nie.
 
Teen die einde van die 14de Abib/Nisan sterf Yahushua, so teen ongeveer 15h00. Hy was die Hoë Priester wie Homself geoffer het. Hierdeur is die skuld wat ons Yahweh verskuldig is, naamlik die ewige dood, ten volle vereffen en nou is ons geregverdig voor die aangesig van Yahweh (Joh. 19:30 – dit is vervul (kala), in Hebreeus. Maar in Aramees, die taal wat Yahshua gepraat het, beteken ‘kala’ ook “my bruid”. Dit is ongelooflik betekenisvol dat Hy in Sy laaste doods oomblikke nog aan Sy bruid, Yisrael gedink het!! Hebreeus is Yahweh se taal en dit is vol meervoudige betekenisse.
Sien ook Deut. 21:22-23/Gal.3:13 vervloek is hy wat aan ‘n boom/hout hang’. Doen jouself ‘n guns – gaan lees hierdie verwysings!!
Yahshua het aan ‘n boom/paal/hout gehang – nie aan ‘n afgod simbool van fertiliteit, ‘n kruis nie!!)
 
Yahshua het tot op die presiese sekonde die instruksies vir die Pasga-lam in Exodus 12 nagekom. 1 Kor. 5:7-8
want ook ons Pasga-lam is vir ons geslag, naamlik die Messias Yahshua. Laat ons dan feesvier …’.
 
Die Fees van Pasga, Ongesuurde Brood en van Eerste Vrugte dek een volle week, sewe dae, en word normaalweg die Fees van Ongesuurde Brode genoem of “Pasga-week”. Die ongesuurde brood of matzo is simbolies van sonde/afgode-diens/valse leerstellinge wat verteenwoordig word deur suurdeeg wat ontbreek in hierdie matzo-brode.
 
Geen brood met suurdeeg of enige produk met suurdeeg in, mag ge-eet word van sononder, die begin van die 15de Abib/Nisan tot en met die einde van die laaste dag van hierdie feesweek nie. Voordat die 15de Abib/Nisan aanbreek, moet alle gelowiges alle suurdeeg uit hul wonings uit verwyder, soos wat Yahweh hulle beveel in Lev. 23. Dit is simbolies van soos wat ons verduidelik word 1 Kor. 5:7-8 – dat ons ontslae moet raak van die sonde in ons lewens.
 
Die Messias het ‘n spesiale “Pasga-maaltyd” met Sy dissipels gevier, die Dinsdag/Woensdag 13/14 Abib/Nisan wat bestaan het uit wyn en brood. Hierdie laaste maaltyd het nie vir ons Messias ‘n gebraaide pasga-lam en bitter kruie ingesluit nie.
Dit was ‘n voorbereidende maaltyd wat simbolies moes wees van Sy opkomende offerande die volgende middag. Hy het Homself openbaar as die Messias en die beker, simbolies van die nuwe verbond in Sy bloed, geneem en vir Sy dissipels gegee om uit te drink. Dit moes dien as ‘n herinnering elke keer dat hulle Sy offer dood sou gedenk. Hy het hulle die prentjie van Sy dood probeer skilder en toe om middernag van die 14de Abib/Nisan na die tuin van Getsémané gegaan waar Hy verraai is. Hy het op die aand wat Hy verraai is die brood en die wyn geneem.
Yahshua is kort na 15h00 dood op Woensdag 14 Abib/NisanMat. 27:45-50 – op die tydstip dat die priesters die pasga-lammers vir elke huishouding in die Tempel in Jerusalem geslag het. Joh. 1:29 wys na die Lam van Elohiem wat die sonde van die wêreld op Hom sou neem. Josef van Arimathea moes haastig maak om Yahshua van die folterpaal af te haal en in die graf weg te lê voordat die 15de Abib/Nisan om 18h00, teen ongeveer sononder, sou aanbreek, die hoog Shabbat, die jaarlikse Shabbat.
 
DIE ENIGSTE TEKEN WAT AAN DIE MENSDOM GEGEE WAS,
 IS DIE TEKEN VAN JONAH
 
Die Skrifgeleerdes en die Fariseërs het die Messias spesifiek gevra vir ‘n teken. Yahshua sê toe vir hulle dat hulle slegs die teken van Jonah sal ontvang. ‘n Teken wat tot vandag toe nog geld. Luk. 11:29 stel dit uitdruklik dat Yahshua ‘n teken sal wees vir hierdie geslag, soos wat Jonah ‘n teken was vir die inwoners van Nineve!! Drie dae en drie nagte, 72 uur in die graf – en niks korter nie, anders was Hy nie die Messias nie.
Yahshua moes dus vir 72 uur lank in die graf wees, in die hart van die aarde soos wat Jonah in die maag van die vis was. Drie dae en drie nagte. Yahshua het immers self geprofeteer dat Hy vir daardie tydperk in die hart van die aarde sou wees, Mat. 12:40. Dit was die enigste teken wat aan die mensdom gegee is dat Hy die ware Messias van Yahweh was, geen ander teken nie.
 
AS YAHSHUA NIE DRIE DAE EN DRIE NAGTE, 72 UUR,
 IN DIE GRAF WAS NIE,
 WAS HY NIE DIE WARE MESSIAS NIE
 
Sononder, 18h00, sou die 15de Abib/Nisan begin – ‘n Shabbat volgens Lev. 23:6-8. Daarom moes Josef toestemming van Pontius Pilatus kry om Yahushua se liggaam af te kon haal om te gaan begrawe voordat die Shabbat teen ongeveer son-onder, sou begin. Dit moes dol gegaan het om betyds toestemming te kry en Yahshua se liggaam van die paal af te haal, in doeke toe te draai en in die grot-graf weg te lê voordat die hoog Shabbat, die jaarlikse Shabbat van 15 Nisan/Abib om 18h00 aan gebreek het. Hy moes voor die begin, voor die aanvang van die Fees van Ongesuurde Brode in die graf weg gelê word, en daar was nie veel tyd oor voor die Shabbat sou begin nie.
Maar Yahweh het alles haarfyn beplan, tot op die sekonde toe. Josef van Arimathea en Nikodemus haal Sy liggaam van die folterpaal af en lê Hom weg in die tuingraf, naby waar Hy aan die paal opgehang was. Skriftuurlik moes dit noodwendigerwys op die laaste uur van die 14de Abib/Nisan wees, kom ons raai, net so tussen 17h00 en 18h00. Dis baie close!! 
En so word Levitikus 23:5 letterlik in die praktyk verwesenlik!!
 
2.   DIE FEES VAN ONGESUURDE BRODE
Yahshua, die Messias word in die graf weg gelê, teen son-onder, net voor die eerste dag van die week-lange fees van Ongesuurde Brode, 15de Nisan, begin. (Mark 15:42; Luk 23:50-56) Daardie aand het Yisrael, die skrifgeleerdes, die fariseërs, die Sadduseërs almal gebraaide pasga-lam en bitter kruie en ongesuurde brood ge-eet ter viering van hierdie fees soos die Torah vereis in Lev.23.
Ek is seker dat die dissipels nie deel was van daardie fees nie – hulle moes seker getreur het soos mense sonder hoop, want hulle het steeds nog nie besef wat besig was om te gebeur nie – hulle moes plat geslaan gewees het, oorbluf, sonder hoop! Yahshua is dood!!
 
Yahshua vervul letterlik die Fees van die Ongesuurde Brode en bevind Hy Hom in die graf/sheol. Sy liggaam sterf, Sy siel (nephesh) sterf, Hy is dood, morsdood – DOOD. Sy gees het teruggekeer na Yahweh en wat Hy in Sy Gees gedoen het, lees jy in oa. 1 Petrus 3:18-22, Efes. 4:8-10 Die sonde van alle mense van die vroegste tye tot op die laaste dag, voordat Hy weer terug kom om Sy Gelowige Yahudim kinders te kom haal, was op Hom geplaas. Op hierdie Hoog Shabbat, hierdie jaarlikse Shabbat, die 15 de Abib/Nisan, bevind Yahushua Hom in sheol, Sy liggaam in die graf, maar Sy Gees in die Doderyk.
Yahshua was die koringkorrel wat in die grond in geplaas is Waaruit baie
vrug sou kom – Joh.12:24. Yashua het dit self gesê!
Levitikus 23:6 word letterlik bewaarheid in die praktyk.
 
Die volgende dag, die 16de Abib/Nisan, Vrydag, ‘n gewone     
werksdagbevind Yahushua Hom nog steeds in die graf. Die gelowige
vroue koop  speserye en tref voorbereidings om Sy lyk te balsam. Onthou
hulle kon dit nie doen die dag van Sy dood nie – Hy is te laat oorlede op
die Woensdagmiddag (14 Nisan/Abib). Die volgende dag (wat begin het
van so 18h00 Woensdagmiddag af) was die hoog jaarlikse Shabbat, 15
Abib/Nisan, waartydens hulle ook nie kon werk of koop of verkoop nie. So
die opvolgende dag, die gewone Vrydag, die 16 de Abib/Nisan, was die
eerste dag waarop hulle weer hul gewone normale werksaamhede kon
hervat en winkels toe kon gaan om speserye te koop vir Yahshua se
liggaam. Dit was die 2de dag!!
 
Die volgende dag, die 3de dag, die dag waarmee die ganse Christendom
hulle tot vandag toe mee misgis het, is die gewone weeklikse Shabbat,
17 Abib/Nisan, en die Messias is steeds in die graf en die gelowiges rus,
doen geen werk nie, ooreenkomstig die gewone weeklikse Shabbat
voorskrifte.
Teen die einde van die weeklikse Shabbat, ongeveer tussen 17h00 en
18h00, (72 uur sedert die presiese tyd toe Hy Woensdag-middag, 14
Abib, in die Graf geplaas is) staan Yahushua op uit die dood op die
gewone weeklikse Shabbat. 72 Uur nadat Hy in die grot/ graf geplaas
is, en nie op die 1ste dag van die week, Sondag, soos ons geleer is nie.
Die berekeninge is eenvoudig. Doen dit self. Tel 3 (drie) dae af op jou
vingers. Een dag is 24 uur. Van Woensdagaand wat tel as die begin van
die eerste 24 uur, Donderdagaand, Vrydagaand, Shabbateinde
(Saterdagaand) teen ongeveer 17h00 en 18h00, teen dieselfde tyd wat
Hy Woensdagaand in die grot/graf neer geplaas was = 72 uur, drie dae
en drie nagte!
Kom ons som kortliks op:
Onthou Woensdagaand met sononder (18h00) begin die eerste 24uur
periode, 15 Abib/Nisan, jaarlikse hoog Shabbat, nag/dag no. 1.
Donderdagaand met sononder (18h00) begin die tweede 24uur periode,
16 Abib/Nisan, nag/dag no. 2. 
Vrydagaand met sononder (18h00) begin die derde 24uur periode,
17Abib/Nisan, nag/dag no. 3. (aanvang van die gewone weeklikse
Shabbat).
 
Teen die einde van die weeklikse Shabbat, laatmiddag teen sononder net
voor die 1ste dag (sondag) begin, toe die 72 uur verstreke was (3 dae en
3 nagte = 72 uur), teen ongeveer tussen 17h00 – 18h00, (dieselfde tyd
dat Hy in die grot/graf weg gelê is Woensdag (laatmiddag 14 Abib/Nisan),
staan Yahushua op uit die dood terwyl daar ‘n aardbewing plaasvind en
die klip voor die graf weg gerol word.
 
DIE ENIGSTE TEKEN DAT YAHSHUA DIE WARE MESSIAS WAS,
 IS DIE TEKEN VAN JONAH
 

 

 

Die Psalm skrywer sê vir ons dat die Messias nie verderwing sou sien
nie. Lazarus het verderwing gesien – hy was vier (4) dae in die graf en het
al begin ruik. Maar nie die Messias Yahshua nie, Hy was slegs drie (3) dae en
drie (3) nagte in die graf soos Hyself voorspel het – DIE TEKEN VAN
JONAH. Was Hy die Messias, of was Hy nie? Gaan bestudeer verskeie
sekulêre bronne – kyk na die webtuiste lys agter in hierdie boek. Ek het
geen twyfel nie en ons gaan Hom eersdaags weer sien! Yahushua, nie
“jesus” nie.
 
GRAFDOEKE BEHOORLIK OPGEROL
 
En dan laat Hy Sy grafdoeke agter, behoorlik opgerol, ooreenkomstig die tradisie en gewoontes van die Jode, naamlik, dat indien iemand voornemens is om weer terug te keer na die plek wat hy verlaat het, hy altyd sy bagasie netjies opvou en dit agterlaat. Yahshua se grafdoeke waarin Hy toegedraai was, was netjies opgerol gevind!! PROFETIES! Hy kom beslis terug.
 
Die Rooms Katolieke Kerk en vertalers was verantwoordelik vir hierdie wanbegrip waarmee alle protestantse kinders groot geword het – dat Yahshua Vrydagmiddag dood is en Sondagoggend opgestaan het. En protestantse predikante hou vol om hierdie onwaarheid te verkondig!!
Die Skrif sê uitdruklik dat Hy 3 dae en 3 nagte in die graf sou wees. En talle ander teksverse bevestig dat Hy die derde dag sou opstaan. Hy sê self die teken van Jonah is die enigste teken wat Hy ons sou gee – Sy eie Woorde.
 
Vertalers wat nie bekend was met Lev. 23 nie, het bloot aanvaar dat dit ‘n Vrydag moes wees waarop Hy gesterf het aangesien die volgende dag dan ‘n Shabbat was – ‘n totaal verkeerde aanname as gevolg van ‘n gebrek aan Torah-kennis. Hulle het nie die jaarlikse hoog Shabbat van 15 Nisan (Aviv) in berekening gebring nie as gevolg van hul swak Torah kennis. So, besluit of jy jou kerk gaan glo of die Skrif waarin Yahshua self sê hoe lank Hy in die graf sou wees en volgens wie se voorskrifte jy die Pasga-fees gedenk of dit bloot ignoreer en jollifikasie hou.
 
3. DIE FEES VAN EERSTE VRUGTE
18de Nisan – is die begin van die Sondag (1ste dag van die week – 18h00) en die oggend vroeg met sonsopkoms (+- 06h00) vind die vroue, en in besonder Maria Magdalena, die leë graf met die klip wat weg gerol is. Dis immers lig en hulle kon toe mos begin om Sy liggaam te balsem en met speserye te behandel. Die gewone weeklikse Shabbat was toe nou ook verby die vorige aand om 18h00. Dit is die 18de Nisan en volgens Levitikus 23:11 en 15 is dit die dag van die Eerste Vrugte.
1 Kor. 15:20-23 verwys Paulus ook na Yahshua as die eerste vrugte van die wat ontslaap het – die Eerste vrugte self waarvan melding gemaak in Lev. 23:11 en 15.
 
Soos wat die Yisraeliete die Rooi See oorgesteek het op droë grond en soos wat hulle daaruit in ‘n nuwe land aangekom het, so het Yahshua in die hart van die aarde in gegaan, die graf in, vir en ten behoewe van elkeen van ons. En soos wat Hy opgestaan het uit die dood uit, so het Hy die houvas van satan en al sy duiwelse demone op ons losgemaak en ook die bande van die dood vernietig. Farao het die Yisraelitiese volk as sy eiendom besit. Hy het eiendomsreg oor hulle gehad soos wat satan dit ook op ‘n tyd oor ons as gelowiges gehad het. Farao en sy totale weermag is vernietig, en die Hebreeuse volk ook nie meer langer slawe van die Egiptenare nie. Die eiendomsreg van satan oor ons is be-eindig.
 
 
Yahshua het die vervulling van hierdie Feeste tot op die sekonde nagekom. Op die 18de Abib/Nisan, die 1ste dag van die week, sondag, vaar Yahshua op na die Vader Abba Yahweh en gaan vertoon Hy Homself. Die opgestane Yahshua moes Homself gedurende daardie dag aan Sy Abba in die hemele gaan toon. Toe Miriam Hom wou aanbid en aanraak, toe sê Hy vir haar om Hom nie aan te raak nie, want Hy moes nog opvaar na Sy Vader (en haar Vader) toe (Joh.10:17).
Onthou later daardie selfde dag is Yahshua weer terug op die aarde in ‘n veranderde verheerlikte liggaam. Hy loop saam met die Emmaus-gangers en verskyn ook aan die res van die ander dissipels!! Hy het reeds die einde van die vorige dag, nog terwyl dit Shabbat was, uit die graf uit opgestaan, nie op sondag nie.
 
Yahushua is die Wuif offer van die Eerste Vrugte van Lev. 23:11. Net soos die wuif offer simbolies gewuif is na die hemele tydens die Fees van Ongesuurde Brode, is Yahushua die Eerste Vrug uit die dood. Sy opstanding vervul die Fees van Eerste Vrugte. WOW!!
 
Die Feeste van Yahweh is so vol simboliek en toekomstige profetiese betekenis – hoe kan die Christendom hulle ignoreer? Daarna verkeer Yahshua nog 40 (veertig) dae saam met Sy dissipels waartydens Hy hulle verder leer uit die Wette van Moses (die Torah) en die Profete en die Psalms (en my nederige opinie, ook uit die boek van Henog).
Hy groet hulle op die Olyfberg en Hy herinner hulle om in Jerusalem te gaan wag vir die verwesenliking van Sy belofte om Sy Ruach Hakodesh (Gees) vir hulle te stuur, waarna Hy opvaar in ‘n wolk hemel toe.
 
Die oudste pre-Konstantynse vertalings vertel hoedat die dissipels Yahshua omhels en gesoen en gedruk het met Sy afskeid en hoe moeilik dit vir hulle was om Hom te laat gaan. Dit moes ‘n baie emosionele afskeid gewees het, want nog steeds het hulle die volle prentjie nie verstaan nie.
 
4. DIE FEES VAN WEKE (SHAVUOT/ PINKSTER)
     Presies 50 dae nadat Yahshua uit die dood uit opgestaan het, 50
     dae vanaf die Fees van die Eerste Vrugte (18 Aviv/Nisan), in die
    maand Sivan, (Mei/Junie) het die Ruach van Yahweh neergedaal op
    die wagtende dissipels en honderde ander gelowiges wat vanoor die
    hele wêreld Jerusalem toe gestroom het vir hierdie bepaalde Feestyd.
    Hierdie fees, saam met die feeste van Pasga/Ongesuurde Brode en ook
    Sukkot (Tabernakels) was een van drie feeste wat alle Yisraeliese 
    manne (en ook die gesinne waar moontlik) in Jerusalem moes bywoon
    en vier. Dit is presies waarom daar soveel mense van alle vreemde
    nasies en tale in Jerusalem was en waarom die Geesvervulde
    gelowiges in hul onderskeie tale vir hulle kon preek en die Evangelie
    van Yahushua kon verkondig. Hierdie mense was almal Torah
    onderhouers en juis daarom was hulle in Jerusalem met die Shavuot
    (Pinkster) fees – nog ‘n fees word letterlik vervul wat profeties
    voorspel was.
  
    Net soos wat dit vir die Israelitiese volk 50 dae geneem het nadat   
    hulle deur die Rooi See getrek het om by die berg Sinai uit te kom, het
    dit ook 50 dae geneem vanaf Yahushua se opstanding tot en met die
    uitstorting van Sy Gees.  Die mense in Jerusalem het die tonge van
    vuur gesien en ‘n wind gehoor en ook gehoor hoedat die mense in die  
    verskillende aardse tale wat op die aarde gepraat was, gepraat het.
     Ons lees in die Skrif dat die hele berg Sinai geskud het en dat daar ‘n
     harde klank van ‘n ramshoring uit die lug uit gehoor is.   Ook was daar
      rook van die vuur wat uit Sy teenwoordigheid gekom het. Daar was ‘n
     magtige wind en die mense was vreesbevange (Exodus 19).
 
     Op pinksterdag het Yahushua ook met vuur en met ‘n wind gekom en  
      met ‘n verskeidenheid van aardse tale. Hy het gekom om die
      Hebreeuse gelowiges in die Messias te bekragtig en te versterk – om
      hulle in die Messias in te doop, om hulle na die Vader te bring, om
      hulle die Woord van Yahweh te leer soos wat Yahweh dit self sou leer,
      om die gelowiges as een volk in die Messias te verenig, om
      bonatuurlike gawes  aan die gelowiges uit te deel vir die opheffing van
      die gemeente, om die Torah te skryf in die harte van die gelowiges
      sodat ons Sy Koninkryk instruksies met vreugde, vrede, liefde en
      geregtigheid sou onderhou en nakom.
     Levitikus 23:16 word hierdie keer in die praktyk bewaarheid.
 
    Let op dis nie die ontstaan van die kerk nie – Yahshua se
     gemeente het reeds bestaan uit Sy dissipels en talle ander Nasareense
     gelowiges. Dis ‘n baie groot fout om te beweer dat die kerk ontstaan
     het op Pinkster.
 
YISRAEL IS DIE GEMEENTE VAN YAHWEH
 
Tegnies gesproke het die sogenaamde “kerk” tot stand gekom in die woestyn toe Yahweh vir Moses Sy huweliksverbond gegee het op die twee kliptafels. Die hele Yisrael was daar teenwoordig en die Hebreeuse woord wat na daardie vergadering van Yisraeliete verwys, is dieselfde as die Griekse woord EKKLESIA. Yahweh se gemeente het toe reeds sy ontstaan gehad, toe Yisrael die verbond voorwaardes van die Bruidegom aanvaar het. Die Volk Yisrael was Sy gemeente. Vandag is al twaalf stamme, waarby die sogenaamde “verlore” tien stamme ingesluit is, en meer spesifiek diegene wie glo in die Messias Yahshua en Sy Torah onderhou, lede van Sy ekklesia, wat inge-ent is. Yahweh se volk Yisrael is vir EWIG Syne (2 Sam. 7:23-24; 1 Kron.17:21-22; 1 Kon. 8:51;53) Niemand kan Yisrael se plek in neem nie.
Dit is die grootste fout wat die Christendom ooit kon maak om te beweer dat Yahshua ‘n nuwe geloof of ‘n nuwe godsdiens of ‘n nuwe kerk tot stand gebring het tydens die Pinkster gebeure. Of dat die sogenaamde kerk Yahweh se Volk Yisrael vervang het!! Dit is Konstantyn wat ‘n nuwe godsdiens tot stand gebring het – die Rooms Katolieke geloof waaruit die protestantse Christendom weer ontstaan het.
 
Die diere-offerandes was nooit ooit bedoel vir die redding van die Yisrael volk nie. Yahweh het altyd nog Sy volk gered, lank voordat die “genade”-boodskap van die Romeinse – en Griekse Christene begin verkondig is, die nuwe evangelie waarteen Paulus waarsku en beswaar gemaak het in Galasiërs. Yahweh het onder die Ou Verbond presiese dieselfde beginsels van vergewing van sondes en versoening deur homself implementeer as vandag.
Yahweh Yahshua is ewig en altyd dieselfde. Dit was altyd maar altyd slegs deur guns (genade) en die geloof in Yahweh – nie die diere-offerandes nie – waardeur die ou Stamvaders gered kon word – gaan lees dit in Hebreërs 11.
Jesaja 43:11 lui:
“Ek, Ek is Yahweh, en daar is geen Verlosser (Yahushua) buiten My nie”.
Jesaja 43:25 sê:
“Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie”
Jesaja 44:22 deel ons mee:
“Ek delg oortredinge uit soos ‘n newel en jou sondes soos ‘n wolk; keer terug na My, want Ek het jou verlos”.
En Psalm 103:1-4:
“Loof Yahweh, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, wat jou lewe verlos van ondergang, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, …”
Psalm 103:12:
“So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons”.
 
Van wie praat die Skrif hier? Van die nuwe Testamentiese Elohiem – die liefdevolle Een of van die Elohiem uit die Ou Verbond? Nou is ek deurmekaar!!
En wat sê Miga 7:18-20:
“Wie is ‘n El soos U, wat die ongeregtigheid vergewe en by die oortreding van die oorblyfsel van sy erfdeel verbygaan? Hy hou toorn nie vir ewig vas nie, maar het ‘n welbehae in goedertierenheid. Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp. U sal trou bewys aan Yaakov, goedertierenheid aan Avraham, wat U aan ons vaders met ‘n eed beloof het sedert die dae van die voortyd”.
En Habakuk 2:4 (b)
“Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe”
 
Dit is ‘n gruwelike leuen wat tot die misverstand lei om te leer (en dis soos ons groot geword het) dat die Yisraeliete gered is na aanleiding van die diere-offerandes wat gereeld geoffer is en selfs jaarliks vir die Volk geslag is. Die Torah het die Yisraeliete geleer dat dit deur opregte bekering (teshuva) en geloof in hul Elohiem Yahweh was dat hul sondes vergewe en vergeet is.
 
Die diere-offerandes was as’t ware bloot die simboliese aksie waardeur hulle kon verstaan dat hul sondes inderdaad reeds vergewe was – en dat dit nie sommer ‘n ligtelike proses was nie – dit het bloed, lewe gekos.
In Deuteronomium 30:6 – TORAH – bring Yahweh die begrip van die wedergeboorte tuis aan die Yisraeliete daar in die woestyn. Hierdie selfde begrip herhaal hy aan Nikodemus later in Johannes 3:1-9.
“En Yahweh jou Elohiem sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om Yahweh jou Elohiem lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe”
In Deuteronomium 10:6 het Yahweh al vir die klomp hardnekkige Yisraeliete gemaan om die voorhuid van hul harte te besny (brit millah) en om hul nekke nie te verhard nie!
Jeremiah 4:1 en vers 4 praat presies dieselfde.
Bekeer julle, besny julleself voor Yahweh en neem die voorhuide van jul harte weg” – bekering in die TORAH!?
 
Deuteronomium 30:12-16 word presies aangehaal deur Paulus in Romeine 10:5 en verder – gaan kyk self, moet nie my woord sondermeer aanvaar nie. Asseblief, gaan vergelyk die twee gedeeltes met mekaar en dan kan jy weer verder hier lees.
Paulus is inderdaad besig om vir ons te vertel dat die evangelie wat hy predik, in werklikheid die evangelie is waarvan die Torah melding maak. Dit is dieselfde Woord wat vir alle tye aan Yisrael gegee is. Geloof in Yahshua die Messias, plaas dit in die harte en die monde van die gelowige Yisraeliete. Hy bepleit die internalisering van die Torah in die verstande en die harte van die Yisraeliete.
In retrospeksie is dit vir ons wie in die Messias glo nou baie makliker om die waarhede te internaliseer en ons eie te maak as wat dit vir daardie Yisraeliete was wat moes glo terwyl die Messias nog nie gekom het of aan die folterpaal gehang het nie.
 
Weet dus verseker. Pinkster was net ‘n voortsetting van die reeds bestaande vergadering of gemeente van Yahshua se gelowige aanbidders, geen nuwe storie nie. Die bestaande gelowiges is versterk en verseël met Sy Gees deur die uitstorting van die Ruach Hakodesh, die krag van Yahuweh/Yahushua.
 
Dis net YAHWEH, die Skepper van die ganse kosmiese heelalwat so akkuraat kan voorspel. Hy is die enigste Almagtige – daar is niemand anders soos Hy nie. Hy sê self :
“Ek kondig vantevore aan wat later sal kom, lank tevore al wat nog nie gebeur het nie” Jes. 46:9.
 
Die feit dat die Lev.23 Feeste so perfek in volgorde en op die presiese datums vervul is, is nie toeval nie – YAHWEH het dit vooruit aangekondig.
Die eerste vier (4) van die feeste van YAHWEH, soos wat hulle duisende jare voor die tyd in Levitikus verordineer is, en wat in die voorafgaande duisende jare as kleedrepetisies vir Israel gedien het, het in die jaar waarin hy aan die folterpaal vermoor is, in die praktyk ‘n werklikheid geword.
YAHWEH se tydsberekening was perfek – besef jy die implikasie van die feeste van Yahuweh? Daar is nog drie van hierdie Levitikus 23 Feeste van YAHWEH wat in die praktyk in werklike vervulling moet gaan.
 
Hierdie eerste vier feeste soos in die Torah beskryf, is gevier vir duisende jare voor dit sou gebeur. Dit was dus kleedrepetisies wat gevier was van gebeure wat duisende jare vorentoe sou plaasvind op die 14de, 15de en 18de Nissan en ook op die dag van Shavuot. Hierdie voorspellings wat letterlik fisies waar geword het, is vervul op dieselfde presiese datums en in die regte volgorde waarin dit voorgeskryf was om gehou te word. WOW!
 
YAHWEH BEVEEL dat Sy kinders, as ons wil deel wees van Sy Hemelse familie, hierdie spesiale feesdae MOET nakom en onderhou. Die Skrif is baie duidelik. Sy gelowige, gehoorsame kinders het nie ‘n keuse nie.
 
Indien jy ‘n volgeling is van, en in Yahushua, Messias glo en Hom vertrou en op Hom staat maak vir jou redding, verwag YAHWEH van jou dat jy Sy sewe (7) miqras/ afsprake/spesiale feeste sal vier en sal onderhou en om totaal weg te doen en jou te weerhou van enige ander Sataniese skyn feeste wat die plek van YAHWEH se spesiale feeste (miqra) in neem.
Dis YAHWEH wat so sê in Sy Skrif – nie ek nie!!
 
Onthou ek het aan die begin gesê dat Paulus die feesdae van Levitikus onderskryf en beklemtoon. Dit beteken dus dat hierdie feesdae deel is van die hernieude Verbond. Die profetiese betekenis van ‘n iedere en elk van die oorblywende 3 (drie) feeste van YAHWEH maak deel uit van die toekoms en gaan nog in die toekoms verwesenlik word, ongeag van wat jou predikant vir jou wys maak. Dit is Yahweh se verlossingsplan! Wil jy deel word van hierdie Verlossingsplan of gaan tradisie jou kanse op ‘n ewige lewe bepaal en nie die opdrag van jou Skepper nie! Besluit self.
 
Toe Paulus Kolossense geskryf het, was die eerste vier (4) Feeste van YAHWEH reeds fisies letterlik vervul – en THREE TO GO! En ek wil vir jou sê dat die Torah van Yahweh hou nie die datums en die tye waarop hierdie oorblywende feesdae in die praktyk letterlik in vervulling sal gaan, geheim nie.
Ek het pas ‘n DVD “Daniel’s timeline” onder oë gehad. Sy “eindtye” is baie baie naby. Die GROOT VERDRUKKING, nie Sy Wederkoms nie, is op hande en dit word bepaal aan die hand van Torah feite wat die Skepper vir Sy gelowige kinders beskikbaar stel. Daar is nie ‘n wegraping nie. Yahweh gaan Sy kinders toets, louter en skoonmaak.
 
Vir die huidige is daar baie boeke en artikels beskikbaar oor elkeen van hierdie feeste, die simboliek die toekomstige profetiese betekenis daarvan, hoe dit gevier kan word deur jouself as jy alleen is, of saam met ander gelowiges, ens.
 
Geen hedendaagse gelowige het derhalwe ‘n verskoning as hy of sy moontlik die Wederkoms, die Eerste Opstanding misloop nie, NET omdat hy of sy versuim het om YAHWEH se feeste te onderhou en na te gekom het. Onthou die Skrif plaas ‘n verpligting op die gelowige om YAHWEH se feeste te vier. Hierdie feeste is deur YAHWEH vir Sy gelowiges ingestel sodat verhoudinge tussen Homself en Sy gelowige volgelinge gebou kan word. Dis noodsaaklik as jy deel wil wees van Sy Hemelse familie.
 
YAHWEH se enigste begeerte is dat Sy kinders apart en afgesonder sal wees vir Hom as gevolg van Sy Offerande aan die folter paal op Golgota.
 
Deelname aan hierdie spesiale feeste se kleedrepetisies is ‘n integrale deel van YAHWEH se voorbereiding van Sy kinders vir die Ewige Lewe en ‘n MOET, ‘n VERPLIGTING.
 
Soos jy reeds gelees het, is hierdie feesdae van Yahuweh almal deur die Satan gekaap en/of vervang met afgewaterde heidense feesdae soos paasfees (easter). Maar dit is nie al nie – kyk nou wat is verder aan die gebeur!!
 
17(C) KERSFEES 25 DESEMBER VS GEBOORTE VAN YAHUSHUA
 
Die christendom dien die son-gode universeel wêreldwyd op 25 Desember!!
 
Die werklike waarheid is egter dat Yahushua van altyd af bestaan het in die gedagtes van die Vader Yahweh. Yahshua was die Woord/Dabar/Torah, Hy was by Elohiem Yahweh en Hy was Elohiem – ‘n integrale deel van YAHWEH, voor die grondlegging van die aarde af, nog voordat YAHUWEH/Yahushua gespreek en die materiële heelal tesame met tyd geskape is.
 
Kom ons gaan kyk na die letterlike Hebreeus van Gen. 1:1 soos dit in Engels vertaal is – ek het dit ook gaan kontroleer met die Hebreeuse Tanach (Ou Testament, want ek vertrou nie enige iets wat ek lees nie):
 
“Beresheeth bara Elohim Aleph-Taf ha shamayim v-et ha-aretz”
(Restoration Scriptures True Name Edition)
In die heel begin het die Elohiem Yahweh, die Vader, wie Gees is, uit sy diepste wese, diepste binneste, die Aleph- Taf voortgebring (wie Yahshua is, wie die Woord/Torah is, die gedagtes van Vader Yahweh) wie op Sy beurt die hemele en die aarde geskape het.
 
Paulus bevestig dit in Kolossense 1:15-18:
“Hy is die Beeld van die onsienlike elohiem, die eersgeborene van die hele Skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemel en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte – alle ding is vanweë Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.”
 
Yahushua was dus van altyd af daar gewees. Hy is nie ‘n skepping nie. Hy het dus nie ontstaan omdat hy gebore is nie. Hy was ‘deel’ van die Elohim (God) van die geeste, Vader Yahweh, en het ‘n vleeslike liggaam aan geneem deur “gebore” te word uit ‘n Joodse maagd. Tegnies-gesproke het YAHWEH vir Yahushua uit Homself geneem en Hom in ‘n mense-liggaam geplaas (a body you have prepared for Me – Psalm 40:6 en Hebr. 10:5-7) as gevolg waarvan Hy fisies gebore kon word in die liggaam van Yahushua. In daardie sin was Yahushua ‘n mindere manifestasie van Yahuweh Self, maar nie omdat Hy vir die eerste keer ontstaan het soos mense of diere nie. Hy het reeds bestaan, maar het slegs fisies verskyn deurdat Sy Joodse ‘surrogaat’ moeder geboorte aan Hom geskenk het.
 
OUMA MAHDOKT, HOE HET YAHSHUA BEGIN?
 
Agt jarige Maricha vra nou die dag haar ouma om te verduidelik hoe het Yahshua begin – wanneer het Hy ontstaan – het Hy soos met Harry Potter “magic” met ‘n fffoooffff ontstaan? En hier openbaar die Gees van Yahweh aan haar ouma die volgende: “Yahshua is ‘n SIRKEL. ‘n Sirkel het nie ‘n begin of ‘n einde nie.” ‘n Kind kan dit verstaan.
 
YAHSHUA IS ‘N SIRKEL,
 ‘N SIRKEL HET NIE ‘N BEGIN OF ‘N EINDE NIE
 
En dit is juis wonderbaarlik. Die Hebreeuse kenners sal jou vertel dat die ganse Torah in siklusse werk, in sirkels. Yahweh leer jou aangaande Homself in voortdurende herhalende sirkels. Daar is altyd iets NUUTS om van die Skepper te leer. Sy Torah bly altyd nuut. Daarom het Koning Dawied so ‘gedweep’ met die wonderlike Torah!!
Daarenteen het die songode almal ‘n bestaan gehad. Hulle was almal skepsels, is geskape.
 
Tammuz, Sol Invictus, Zeus, Baal en talle ander son-gode se verjaardae is almal gevier op die 25ste Desember.
 
WAT VIER JY DIE 25STE DESEMBER?
JESUS/IESOUS SE GEBOORTEDAG?
 
Gereeld elke 25ste Desember doen ons presies dieselfde as wat die Israeliete so graag wou gedoen het. Hulle wou so graag hul ‘Elohim (God) dien soos wat die ander heidense afgod nasies dit gedoen het.
 
Daarom het YAHWEH vir Moses gesê om die Israeliete te waarsku dat hulle Hom nie mag dien op die maniere waarop ander nasies hulle afgode dien nie want dis afskuwelik in die oë van Yahuweh. Deut. 12:29-30. En tog maak ons vandag so!!
 
Dan praat ons van die “wonderlike gees van “gee”/”spirit of giving” wat oor kerstyd heers. Dis niks anders as duiwels en demone wat YAHWEH naboots nie en die mense op aarde beïnvloed om te koop en te gee. En dan voel ons wonderlik goed daaromtrent. Ons help arm en behoeftige mense in hierdie feestyd waarin ons die verjaardae van die son-gode herdenk, beslis nie Yahushua se verjaardag op 25 Desember nie!!
Die duiwels en demone geniet ego-trips in die feestyd want ons eer en “aanbid” hulle en nie Yahushua nie. YAHWEH se feesdae maak ook voorsiening vir ‘n “gees van gee”/spirit of giving dwarsdeur die hele jaar – maar in die geval is dit die ware en ewige Ruach Hakodesh (Gees) van YAHWEH wat die welwillendheid in die harte van Sy gelowiges werk en nie die valse heilige gees, die kundalini gees van satan nie.
 
Frans Cumont een van die grootste aanhangers van Mithraïsme (songod-aanbidding) het Minucius Felix kwoteer
The Mithraists also observed Sun-day and kept sacred the 25th of December as the birthday of the Sun. Many scholars have pointed out how the Sun-worshipping Mithraists, the Sun-worshipping Manicheans and the Christians were all syncretised and reconciled when Constantine led the take-over by Christianity, even if it meant the latter’s surrender of most vital Scriptural truths, especially its Hebrew roots”.
 
Kyk net wat het Sir James Frazer geskryf!!
If the Mithraic mysteries were indeed a Satanic copy of a divine original, WE ARE DRIVEN TO CONCLUDE THAT CHRISTIANITY TOOK A LEAF OUT OF THE DEVIL’S BOOK WHEN IT FIXED THE BIRTH OF THE SAVIOUR ON THE 25TH DECEMBER…..”
 
Ons weet almal vandag dat 25 Desember niks te doen het met Yahushua se geboortedag nie.Maar aanbid ons hom nog deur vol te hou met die afgodsgebruik!!??? – noudat ons weet? ‘n Gruwel in YAHWEH se oë! – ons mag nie afgodsgebruike/gewoontes naboots nie. Wat sê I Kor. 10:22? Jammer, maar jy moet daardie vraag beantwoord en ‘n besluit daaromtrent sal jy moet neem.
In die Okkulte is ‘n mens se geboortedag die belangrikste dag op die sataniese kalender. Op hierdie dag sentreer alles op en om daardie persoon. Die verjaardag persoon word ‘verheerlik’.
 
Daarom word gelowiges in elk geval gelas om nie Yahushua se geboortedag te herdenk nie, maar eerder Sy dood en wel Sy OPSTANDING. Sien 1 Kor. 11:26. Sy geboorte is nie vir ons so belangrik as juis Sy dood en opstanding nie. In elk geval het die Christendom Sy “geboorte dag” verkeerd!!
Die drie belangrikste dae in die heidense Christendom, synde Son-dag, Paasfees (Easter) en kersfees het al drie hul oorsprong in heidense afgode son-godsdiens. Hierdie afgode en hul eweknieë in die onderwêreld van die geestesdimensie is almal skeppings en hulle moet dus geboorte-dae hê.
 
As die gelowiges van YAHWEH wat van bo gebore is deur Sy Gees dan wel ‘n fees wil hou, moet hulle eerder die fees van die tabernakels/loofhuttefees (toe Hy onder ons kom tabernakel/ woon het) hou en vier in plaas van hierdie afgodsfees van kersfees. Lev. 23 dui die “geboortedag” van Yahushua, die dat toe Hy die liggaam wat vir Hom berei was ingeneem het, aan as 15 Tishrei.
 
WAT Sê YAHWEH OOR DIE KERSBOOM?
 
In elk geval verbied die Skrif ons om kersbome te kap in die veld en met goud en silwer te versier. Jeremia 10:2-4 is so duidelik, dit is skreeu-snaaks dat die Vader soveel jare tevore al oor hierdie gebruik geskryf het en daarteen waarsku.
“So sê Elohiem: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie. Want die insettinge van die volke is nietigheid; want ‘n boom uit die bos kap hulle om, die handewerk van ‘n ambagsman met die byl. Hulle versier dit met silwer en goud, hulle maak dit vas met spykers en hamers, dat dit nie waggel nie.“
 
As jy dan wil fees vier oor Desember, waarom vier jy nie eerder die Chanukah fees nie? Dit simboliseer en gedenk ‘n ander baie groot wonderwerk waaroor die Christendom totaal onkundig is en dit duur ‘n hele 8 dae gedurende die Desembermaand. Was dit nie vir die Chanukah-gebeure nie, het die Christendom nie vandag bestaan nie!! Die Christendom het inderdaad rede om hierdie fees te wil vier, maar ai, die onkunde gedy weens ‘n gebrek aan kennis!
 
17(D) DIE KRUIS VS   “STAUROS” – DIE REGOP PAAL 
 
Die begrip “Kruis” word nêrens gevind in die Grieks in die hernieude testament nie. Dit is verkeerde vertalings van die Griekse woorde “stauros” en “stauroo”. ‘n Priester in die Roomse Kerk was hiervoor verantwoordelik. Satan se masker word weereens deur hierdie waarheid ontbloot. Lees verder.
Die eerste persoon wat die regop paal (upright pole or stake) verkeerd vertaal het as ‘n kruis, was ‘n Rooms Katoliek, Eusibius Sophronius, in ‘n poging om Mithraïsme se gewyde teken/simbool in te wurm/te verchristelik, om die begrip “regop paal” of “folterpaal” te vervang – ongeveer 400 NC.
Stauros” beteken ‘n regop paal. Sowel die selfstandige naamwoord as die werkwoord “stauroo” om aan ‘n paal vas te maak, word onderskei van ‘n kruis wat bestaan uit ‘n lang paal met ‘n dwarsbalk oor.
 
Yahushua is inderdaad aan ‘n regop paal (I) vasgespyker met albei sy arms omhoog bokant Sy kop uit. Beide Sy gewrigte is bo op mekaar met ‘n lang spyker teen die houtpaal bokant sy kop vas geslaan. Hy het nie aan ‘n sg. kruis gehang met sy arms na lings en regs uitgesprei nie. Sy voete is bo oormekaar onder aan die paal vas gespyker, bo op mekaar. Die posisie van Sy liggaamshouding was sodanig dat Hy geforseer was om te versmoor.  
 
Keiser Konstantyn het die teken van die kruis gebruik, ‘n antieke heidense fertiliteit simbool wat gekoppel was aan die koningin van die hemel, as ontwerp vir sy swaard waarmee hy Torah-onderhouers verjaag en geslag het. Enige iets wat verwant was aan Joodse gebruike was verbied.
 
Die vorm van die kruis het sy oorsprong in die ou Babilon gehad en is gebruik as ‘n simbool van die son-god Tammuz waarin die vorm ‘n “T” uit gemaak het. Teen die derde eeu NC het die christen kerke afgewyk van sekere leerstellinge van die ware Messiaanse geloof en ten einde bekeerde heidene te akkommodeer is hulle toegelaat om tot die Christendom toe te tree met behoud van sekere van hul eie heidense tekens en simbole. Die “T” was een van die gewildste tekens of simbole van die Babiloniese son-god afgodsdienaars. Dit was presies juis hierdie teken wat Konstantyn gesien het voor die son toe hy die sogenaamde stem gehoor het wat vir hom gesê het om onder die teken oorlog te maak!!! Die onbetwiste teken van Tammuz– die afgodssimbool, die kruis, die “T”, die fertiliteit simbool en sekssimbool was dit wat Konstantyn inspireer het.
 
Hierdie sekssimbool versinnebeeld die seksuele omgang/verkeer tussen die hoofgod met die koningin van die hemel (die HERE) tydens paasfees. Dit het plaasgevind tydens paasfees en ‘n songod-baba is gebore, nege maande later, op die 25ste Desember.
 
Die storie lui dat die songod in die winter dood gaan maar op paas-sondag opgewek word uit die dode. Alle ‘wedergebore’ Christene eggo hierdie gedagte op elke paassondag waartydens hulle gedurende die oggenddiens, saam bevestig: “Hy het opgestaan uit die dood”. Hierdie simboliek slaan terug na die oorspronklike sataniese drie-eenheid van Nimrod (die Vader) Samaramis (die koningin moeder van die hemel) en Tammuz (die seuntjie). Juis daarom is die kruis in die vorm van ‘n “T” ter herinnering van die eerste songod-seuntjie, Tammuz.
Tammuz is deur ‘n wildevark deurboor en is dood toe hy ongeveer 40 jaar oud was. Daarom lees ons ook in Esegiël 8:14 van die vroue wat oor Tammuz ween (Gaan lees dit staan in die Skrif!! – ek suig dit nie uit my duim uit nie). In die hedendaagse moderne tyd vas en ween en vermy diesulkes enige plesiere ter ere van Tammuz.
Vir 40 dae lank vier die Rooms Katolieke Kerk die sogenaamde “Lent” wat ten einde loop met paassondag, wanneer hulle ‘n vark slag en ham eet. Ter nagedagtenis aan Tammuz maak hulle die vark dood wat hom, Tammuz, gedood het! Ons in Suid Afrika is gelukkig nie eintlik so betrokke by hierdie heidense kerklike christen fees nie.
Selfs nadat Konstantyn na bewering tot bekering gekom het, is al sy muntstukke na 314 NC ge-ets met die vorm van die “T”-kruis daarop ter ere van een of ander son-god afgod. Aanvanklik het selfs die protestante na die hervorming hul weerhou daarvan om sondermeer hierdie heidense afgodssimbool te gebruik. Al hoe meer protestante gebruik egter deesdae die “T” as hangertjies en gelukbringers. “Ja maar ons bedoel dit nie so nie” – dis nie ‘n verskoning nie. En hoe groter die kruisie om die nek, hoe gelowiger is die draer.
 
DIE ISRAELIETE KON DIT NIE AS ‘N VERSKONING GEBRUIK NIE – WAAROM DURF JY?
 
Jy mag nie assosieer met enige heidense afgodssimbool nie – gooi dit weg, nee, vernietig dit want netnou trap ‘n ander gelowige per ongeluk in die slaggat! Vernietig dit – want dit was Yahweh se bevel aan die Yisraeliete duisende jare vantevore aangaande die heidense gebruike.
 
Vermy die gebruik van die term “kruis” en praat van ‘n regop paal of ‘n folter paal want dit is die terminologie wat die Skrif gebruik. Yahshua het aan ‘n regop paal gesterf nadat Hy deur die Jode en Romeine doodgemaak is. Die Hebreeus en selfs ook die Grieks is duidelik hieromtrent.
Remember how He spoke to you when He was still in Galilee, saying, "It is necessary, proper, and beneficial (dei) that the Son (Hyios) of ΑΝΘΥ (placeholder for anthropos, Man) be delivered into (paradidomi - given over to) the hands of (cheir - agency or control of) perpetually sinful men, be placed upon an ΣΡΩΘΗΥΑΙ (upright pole from stauroo, a vertical beam; based on stauros, meaning an upright stake), and on the third day rise (anistemi - appear and arise from the dead)."’ And they remembered His words." (Luke 24:2-8)
 
As jy navorsing doen sal jy merk dat die begrip “kruis” glad nie voorkom in die oudste oorspronklike hernieude Testamentiese Geskrifte nie. Geen heidense en afgodiese vermenging van begrippe en simbole is deur YAHWEH geduld waar Sy Ruach Gees persoonlik wag gehou en beskerming verleen het aan die neerskryf van Sy Woorde nie. Die heel eerste oorspronklike Geskrifte was suiwer en korrek. Die misleiding het ingesluip met vertalings. Die kruis ‘n simbool van die son-god, was reeds in gebruik sedert Nimrod van die antieke Babilon.
 
17(E) KERK (CHURCH) VS EKKLESIA
 
Die woord “kerk”/”church”/”kirche” is afgelei van en word teruggevoer na ‘n son-afgodsgodin. “Kirke” of “Circe” was die naam van die dogter van Heilios die songod wat berug was vir die makmaak van wilde diere en wie se naam vermeng geraak het met die oorspronklike Messiaanse geloof. Om “kerk” toe te gaan en dit so te verbaliseer, is om ‘n heidense afgodsnaam en afgodsgebruike te vereer. Dit is wat “kerk’ is.
Christene se taalgebruik en leerstellings is vrot van afgodsdiens-begrippe. Daarom kan tereg beweer word dat die Christendom deel is van die heidendom en dat totale radikale hervorming nodig is en om heeltemal daaruit te kom.
Kry dit reg. “Ekklesia” (Grieks) en “qahal” (Hebreeus) beteken ‘n samekoms of byeenkoms van gelowige Yahudim (Nasareners) – nie “kerk” nie!!Soookdie Aramese Peshitta wat die term “eidta” gebruik in die hernieude testament. Gelowiges is uitverkiesde “ekklesia” wat ‘n samekoms van gelowiges beteken. En die “ekklesia” self, die gelowige is die Tempel of Gebou van YAHWEH, en nie die “kerk”-gebou soos wat die predikante aandui nie.
 
Ek vind dit belangrik om hier te verwys na nog een van talle artikels wat deur oud NG Kerk ds. John Wahl geskryf is. Hy is inderdaad ‘n onafhanklike bron wie se feite honderd persent gesteun word deur die van die Messiaanse Rabbi Mosheh Yoseph Koniuchowsky, redakteur van die Restoration Scriptures – twee bronne uit aparte verwyderde wêrelddele – en ek kan jou verseker, nie een van die twee het die werke van die ander onder oë gehad nie!!
 
Die woord ‘kerk’ kom nie in die oorspronklike tale van die Skrif voor nie en is ‘n onakkurate vertaling van die Griekse ‘ekklesia’ en die Hebreeuse ‘qahal’ (en die Aramese ‘eidta’ – my invoeging). ‘Ekklesia’ is die Griekse woord wat deurgaans in die Nuwe Testament gebruik word en wat normaalweg met ‘kerk’ of ‘gemeente’ of ‘church’ vertaal word.
 
Die woord beteken letterlik “hulle wat uitgeroep is”. Dit is duidelik dat ‘ekklesia’ ‘n poging is om die Hebreeuse woord ‘qahal’ so getrou as moontlik te vertaal. ‘Qahal’ is afgelei van ‘n stamwoord wat beteken “om bymekaar te roep vir ‘n spesiale doel”. Die gedagte is dat Yahweh vir Hom ‘n volk afgesonder het of bymekaar geroep het om “heilig” (afgesonderd), dit wil sê, “anders” as die ander volkere wat hulle omring het.”
 
En dit is presies wat Hy gedoen het toe Hy die huweliksverbond met Yisrael gesluit het by die berg Sinai. Die Yisraeliete wat daar vergader het word deur Yahweh beskou as Sy “qahal”, Sy “ekklesia”, want dit is die presiese spesifieke woord wat Yahweh aan Moses dikteer het om sy uitverkorenes, Sy bloedgewaste gelowiges te beskrywe.
 
17(E)(i)      WAAR PAS DIE KERK NOU IN?
 
Nou is dit belangrik dat jy die begrip “Yisrael” volkome verstaan. “Die meeste mense verstaan onder “Israel” die Joodse volk – almal wat van Joodse oorsprong is. Die “kerk” van vandag word gesien as die groep mense wat glo in Yahshua as die Messias (hoofsaaklik nie-Jode wat as “christene” bekend staan).
 
Die “kerk” – so glo hierdie mense – het na die dood, opstanding en hemelvaart van die Messias tot stand gekom toe Petrus in Handelinge 2 sy bekende Pinkster boodskap gebring het en 3000 mense tot inkeer gekom het. Die “nuwe verbond” word normaalweg gesien as die verbond wat die Vader met ‘n “nuwe” groep mense aangegaan het (Jode sowel as nie-Jode wat tot geloof in die Messias gekom het) en met “nuwe” voorwaardes wat daarmee saamgaan. (ons staan onder die "genade" en word gelei deur die Gees, in plaas van onderhouding van die wet).
 
Die sogenaamde “Replacement” teologie is die skool van denke wat sê dat die “kerk” van die hernieude testament in die oë van die Vader die plek ingeneem het wat die volk Israel in die Ou Testament beklee het – Israel is met ander woorde “vervang” deur die “kerk” (– uiteraard besef jy dit is loutere snert nê? – vir geval jy nie die strekking van sy woorde duidelik volg nie).
Laat ek dit nou maar duidelik sê: “Die kerk, per se, het nie ‘n plek in die Skrifte nie, die Skrifte verwys nie na die ‘kerk’ nie.” Lees verder om beter te verstaan wie die Ekklesia van Yahweh is.
 
17(E)(ii)     WIE IS YISRAEL VOLGENS DIE SKRIF?
 
Om te sê dat Israel die Joodse volk is, is net 'n gedeelte van die waarheid wat deur die Skrif geleer word. Die Skrif leer dat Yahweh 'n verbond met Abraham, die "vader" van fisiese Israel aangegaan het, maar dat Abraham terselfdertyd die belofte ontvang het dat hy "die vader van 'n menigte van nasies" sal word (Gen 17:4).
Yahweh se plan met die verbond was om vir Abraham (en sy nageslag) te seën sodat hy tot 'n seën kon wees en "al die geslagte van die aarde" in hom geseën kon word (Gen 12:2,3). Wanneer Paulus in die hernieude Testament oor Israel praat, gebruik hy dikwels 'n ruimer definisie van Israel as wat die meeste Jode graag sou wou hoor. So byvoorbeeld sê hy in Rom 9:6: "Hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie"; vers 7: "Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie"; vers 8: "nie hulle iskinders van Elohim wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte..." en in Gal 3:7: "Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham" en Gal 3:29: "En as julle aan Messias Yahshua behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename."
Paulus se bedoeling is NIE dat die hernieude Testamentiese gelowiges eenvoudig die volk Israel vervang het nie. In Rom 11:1 vra hy die vraag: "Het Elohim miskien sy volk verstoot?" waarop hy self die antwoord gee: "Nee, stellig (of beslis) nie!"
 
Wat het dan verander met die Messias se koms na hierdie wêreld? Romeine 11 gee vir ons die antwoord in die vorm van 'n gelykenis: Fisiese Israel is die mak olyfboom en al die ander nasies is wilde olyfbome (vers 17). Sommige van die takke van die mak olyfboom word afgebreek omdat hulle geval het en nie in die Messias geglo het nie (ongelowige Jode), maar sommige takke van die wilde olyfbome word op die mak olyfboom ingeënt (gelowige nie-Jode) en kry deel aan die wortel en die vettigheid van die mak olyfboom (vers 17). Daar is geen nuwe godsdiens of nuwe geloof of nuwe verlossingsplan wat neergelê word nie. Daar is ook geen rede vir nie-Joodse gelowiges om arrogant teenoor ongelowige Jode te wees nie - dis immers "nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou" (vers 18). Verder moet ons oppas dat ons nie ook val soos die takke wat afgekap is nie (vers 22) en moet ons ons daarvoor beywer dat die oorspronklike takke wat afgebreek is, weer op die olyfboom ingeënt word (vers 23 en 24), want dit is die Vader se hart.
 
Rabbi Mosheh Koniuchowsky verklaar hierdie gedeeltes ook baie pragtig. Die gelykenis van die Olyfboom verwys na beide Yahudah en die Tien Stamme van Yisrael. In hierdie gedeelte is die voorvaders, Abraham, Isak en Jacob, die “eerste vrugte”. Die deeg verteenwoordig die onmiddellike nasate van daardie voorvaders. Die wortel is Yahshua en die takke verteenwoordig beide huise, die twee huise van Yisrael, die een huis bestaande uit die stamme van Yahudah en Benjamin, en ook die ander huis bestaande uit die res van die “verlore” Tien stamme van Yisrael.
Volgens Jeremiah 11:16-17 is die takke Yahudah en Efraim. Die mak olyftakke verteenwoordig Yahudah en die wilde takke vir Efraim. Beide vorm egter die twaalf stamme van Yisrael. Sien ook Sagaria 4 in hierdie verband.
 
IS JY ‘N INGEëNTE YISRAELIET?
IS JY DEEL VAN YISRAEL?
 
Die kernvraag is: “Wie van die takke het geloof in die Wortel, of die Messias?” Dit sal bepaal of die tak afgesny en of dit behoue bly.Hierdie ou Testamentiese gelykenisse sluit volmaak aan en vorm ‘n pragtige motivering vir die rede waarom Yahuweh vlees geword het en Yahushua as mens die fisiese wêreld betree het.
Die engel in Luk 1 het die geboorte van die Messias aangekondig met die woorde: "Hy sal Koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid".
 
Die huis van Jakob is die 12 stamme van Israel. Dit is met die huis van Jakob dat Yahweh op "die dag van die vergadering" sy verbond of spesiale verbintenis by Sinai aangegaan het (vgl. Eks 19:3). Dis die huis van Jakob wat in die Ou Testament dikwels die "qahal" van Yahweh genoem word (Lev 16:33; Num 16:3; Deut 23:1; Rigters 20:2; Ps 89:5; ens.). En die verbond wat in die Ou Testament met die huis van Israel aangegaan is (en telkens hernu is) was 'n ewige verbond, m.a.w. 'n verbond wat nooit beëindig (maar wel hernu) sou word (vgl. Gen 17:7; Rigters 2:1; 2 Sam 23:5; 1 Kron. 16:17; Ps 105:8-10; Eseg. 16:60; ens).
 
Die nuwe verbond waarvan onder meer in Jer. 31:31-34 en in Eseg. 36:24-27 geskryf word en in Heb 8:8-13 bevestig word, is 'n hernuwing van dieselfde verbond. Die volmaaktheid van die offer het verander (een volkome offer in plaas van herhaalde offers - Heb 9:26); Die doeltreffendheid van die priesterskap het verander (een ewige Hoëpriester in plaas van 'n sterflike familielyn van priesters, Heb 7:23-28); Daar het sekere beloftes bygekom (bv. die belofte dat wette op die hart geskrywe sal word en die ongeregtigheid van die verlede vergewe sal word - Heb 8:10-12). DAAROM word dit as 'n "beter verbond" beskou (Heb 8:6). Die partye van die verbond bly egter dieselfde: Dit is nog steeds Yahweh se verbond met sy volk Israel (saam met diegene wat op die mak olyfboom ingeënt word). Die morele kode van die verbond bly ook dieselfde. Yahweh bly staan by dit wat Hy reeds met die eerste sluiting van die verbond aangedui het as reg en verkeerd in sy oë. Hy sê Hy sal sy wette (d.w.s. dieselfde wette as voorheen) in hulle verstand gee en op hulle hart skrywe.”
(Uit “DIE REGTE VERSTAAN VAN DIE KERK EN DIE NUWE VERBOND” – oud ds. John Wahl – Elim ministries) Gaan herlees weer hierdie boonste. Laat die inhoud insink. Hierdie uittreksel is ‘n geheimenis wat hy nie in ‘n teologiese kweekskool geleer het nie.
 
Besef jy dat AS jy in die Messias Yahshua glo en AS jy Sy Gebooie, Sy Torah respekteer en bewaar en onderhou, DAN is jy inderdaad lid van een van die tien (10) verlore stamme van Yisrael – jy is deel van Ephraim (die 10 “verlore” stamme) Jy kan SLEGS toegang tot die Nuwe Jerusalem verkry INDIEN JY DEEL is van Yisrael, maar hieroor later meer.
As jy dan deel is van Ephraim, kan jy net sowel begin om soos ‘n Yisraeliet te leef, nie soos ‘n Jood nie, soos ‘n Nasareense Yisraeliet wat deel was van die destydse sekte van die groter Joodse groepering.
 
17(F) AMEN VS AMEIN
 
“Amen” is die naam van ‘n heidense afgod. Die Egiptenare was vir duisende jare bekend met die hoof afgod van die Egiptiese geesteswêreld, nl. Amen-Ra, die groot son godheid.
 
Amen-Ra se naam is in die Egiptiese hiërogliewe gespel as AMN. En die Hebreeuse AMEIN is in Hebreeus ook AMN (aleph, mem, nun) gespel. Die satan het van die verwarring gebruik gemaak om die naam van die son-godheid in te wurm in die taalgebruik van die Christendom – teen die einde van hulle gebede in!
Die Hebreeus van die ou Verbond sê vir ons baie duidelik dat die Skriftuurlike Hebreeuse woord wat beteken – “laat dit so wees”, of “verseker/voorwaar” – is AMEIN en nie amen nie. Die Griekse ekwivalent in die nuwe Verbond word ook uitgespreek “Amein”. Jy dink nou seker ek is besig om hare te kloof.
Ek het aanvanklik ook so gedink en het dit ignoreer. En toe eendag begin ek naar word vir hierdie verwarring en bedrog waarvoor ons almal blind is. YAHWEH waarsku en vermaan ons, maar ons luister nie na die Elohim (God) van die geeste nie.
In Open. 3:14
noem Yahushua Homself “Die AMEIN” soos blyk uit die heel oorspronklike pre-Konstantynse geskrif. Nou vervang ons Sy ware titel met die van ‘n son-god – subtiel maar wesenlik!!
 
ONS BELEDIG DIE SKEPPER INDIEN ONS DIT WEET,
MAAR DIT NOGTANS DOEN!!
 
17(G) DIE SIMBOOL VAN DIE VIS
 
Daardie pragtige ou plakkertjie waarmee ons so trots assosieer!!! Dis heidens, dis simbolies van afgodediens en dus duiwelaanbidding. Gooi weg, vernietig dit sodat iemand anders dit nie kan gebruik en in die strik trap om die afgode/demone te eer en te verheerlik nie. Gedurende die 8ste en 9de eeu NC was daar ‘n teenstand teen “beelde” verering/aanbidding deur opregte werklike gelowiges maar desondanks hul pogings, was dit nie suksesvol nie. Hierdie sonde het egter weer terug gesluip. 
 
Talle verskonings en redes word aangevoer waarom die praktyk onskadelik is – soos ook met die kruis-hangertjies. “Ons dink aan “Jesus Christus”, word argumenteer, terwyl ons reeds weet dat die naam sy oorsprong in son-god afgodediens het. “Onsis mos vissers van mense”, of “dit verteenwoordig die Messias”.
Ons het hier te make, soos met talle ander gevalle, met die “kerstening” of verchristeliking van heidense praktyke en gebruike en simbole.
Mense het begin om die Messias die ICHTHYS” vir ICHTHUSI te noem, wat beteken “die Vis”. Maar dit het Hom assosieer en identifiseer met Dagon, die vis-god. (Ja daar is ‘n demoon met so ‘n naam ook!!!) Die ou kerkvaders, na die dood van die Apostels en vroegste gelowiges, het bewustelik die teken van die vis gebruik om Yahushua te assosieer en te vereenselwig met ‘n “visser van mense”. Daar bestaan geen regverdiging vir hierdie praktyk nie.
 
Ichthus” of te wel die vis was slegs nog ‘n ander naam vir die god Bacchus, alias Tammuz. Die vis is ook ‘n deel van die Chaldeeuse zodiac, ‘n teken van astrale son-aanbidding – nou hoe laag moet Yahuweh die skepper van die heelal nog verneder word? Is die Christendom nie steeds besig om Hom te kruisig nie?
In Deut. 4:18 waarsku Yahuweh Sy volk teen afgodsbeelde waarvan die vis een is!! 
 
Satan het werklik moeite gedoen om sy duiwelse, demoniese afgode-tekens en – feesdae te laat “verchristelik” onder ons en het dit ook reggekry. In die Ou Verbond het Yahuweh Sy volk uitdruklik teen hierdie tipe ding gewaarsku – dis vir Hom ‘n afskuwelikheid!!
 
17(H)          “JESUS” EN “CHRISTUS” VS YAHUSHUA
 
17(H)(i)      “JESUS” = IESOUS
 
Hierdie gedeelte is ‘n herhaling van vorige feitelike data, maar bietjie meer volledig en meer omskrywend sodat jy, as jy dit verkies, ‘n stewiger fondasie het om vanaf te redeneer en met ander te kan praat. Hierdie deel is gevestig op taalwetenskaplike navorsing deur taal deskundiges.
 
Dit blyk dat die substituut naam van Jesus inderwaarheid terug gespoor kan word na ‘n lang verlore vorm van die naam van die Griekse godin van genesing. En vir die Grieke wat ‘n Griekse godin van genesing vereer het, sou ‘n manlike verlosser met die naam van “Iesous” wat inderdaad ‘n genitiewe verbuiging was van Ieso, (in die Ioniese dialek van die Grieke) baie meer aanvaarbaar en welkom gewees het.
Ja, dit is erg, dis verskriklik. Maar moet nou nie aan hierdie naam vasklou net omdat ons daarmee groot geword en ons ouers en grootouers ons vertel het dis die naam van die Almagtige God nie. Dis die naam wat ons van moeders-knie geleer het – dis ingeburger, dis tradisie, dit was ‘n kosbare en dierbare naam, maar dis ‘n feit – ons is verkeerd geleer. Ons is bedrieg en mislei en nou moet ons baie vinnig reageer en dit reg stel. En dis nie maklik nie.
 
Maar onthou – sataniste en okkultiste bevestig dat daar ‘n demoon (bose gees) in die geesteswêreld bestaan met die presiese naam van “jesus”!! So, dus, as jy die naam van “jesus” aanroep, bid jy inderdaad tot daardie demoon – nou dat jy dit weet!! PASOP!!
Diegene wat ons dit geleer het, het self nie geweet nie en hulle was ook mislei en bedrieg. Hulle wie ontslaap het met die afgodsnaam-oorsprong “Iesous” op hul lippe en wie Hom in Gees en in Waarheid aanbid het, slaap almal totdat hulle wakker gemaak word met een van die twee Opstandings waartydens Yahshua hulle sal kom roep. Hulle slaap doodeenvoudig tot Hy hulle eendag kom wakker maak. Hulle nephesh (siel) is dood en die ruach het na Elohiem terug gekeer. Die Groot Koning Abba Yahweh sal dood eenvoudig hul vergane liggame en dooie siele opwek en herenig met hul ruach (gees) wat intussen by Hom bewaar was. Gaan lees Job 19:25-27 dis ongelooflik!!
Hy weet dat daardie arme ongelukkige gelowiges bedrieg was, maar desondanks skenk Sy Ruach Gees geboorte aan hulle van Bo af en beklee die Gees van Yahweh hulle met ‘n kleed van lig waarmee hulle toegelaat word tot die ewige lewe. Yahweh reik as’t ware uit na diegene wie Hom in Gees en in Waarheid aanroep, deurdring die demoniese magte wat hulle omring en skenk van Bo af geboorte aan hulle.
Daarna hang (hover) die Ruach Gees van Yahweh voortdurend oor elke ware gelowige om hom/haar te voed, op te pas, te versorg en te klee en voor te berei en te lei tot uiteindelike oorwinning!! Yah is altyd daar. NIKS, maar NIKS sal ons skei van die liefde van Yahweh en Sy Verlossingsplan nie.
Die Elohiem van die Geeste weet hulle name is opgeteken in die Boek van die Lewe!! En Hy weet aan welke Opstanding elkeen deel gaan hê – die Eerste of die Tweede, afhangende of hulle volgens die Torah geleef het of nie – lees net verder om hierdie stelling te begryp. Yahweh is die Een wie opwek uit die dood “Blessed are You, Yahweh, who resurrects the dead
 
WAAROM DIE HEBREEUSE NAME BEHOU?
 
Die Grieke het talle Hebreeuse name “gehelleniseer” (Vergrieks). So byvoorbeeld is Elija (Elijah) verander na Helias, ‘n Griekse son-god. Verbeel jou die assosiasietussen hierdie profeet van Yah en ‘n Griekse son-godheid. Baie van die ou “Testamentiese” profete is so deur die Grieke “gehelleniseer” wat gelei het tot bogenoemde duiwelse assosiasies. So ook die wonderlike name van Jesaja, Elisa, Jeremia, ens.
Die King James weergawe gebruik nog steeds van hierdie vergrieksde verdraaiings, hoewel nuwere en latere Engelse vertalings die gebruik laat vaar en die oorspronklike Israelitiese name gebruik. Elke Hebreeuse naam, of dit die van ‘n mens of van ‘n dorp of stad is, het ‘n bepaalde betekenis en dus ook ‘n bepaalde besondere profetiese boodskap.
 
Kom ons begin vinnig by Yahushua (Joshua, die boek na Deuteronomium) beteken Yah is redding/verlossing; Samuel beteken “Sy Naam is Yah”; Jesaja beteken “Yah is my verlossing”; Jeremiah beteken “Yah sal weer oprig”; Esegiël beteken “Yah sal krag gee”; Daniël beteken “Yah sal oordeel”; Hosea beteken “Redding/Verlossing”; Joël beteken “Yah is gereed”; Amos beteken “bekommerd”; Obadja beteken “Yah se dienskneg”; Jona beteken “duif”; Miga beteken “Wie is soos Yah?”; Nahum beteken “om te vertroos”; Sefanja beteken “weg gesteek deur Yah”; Habakuk beteken “omhels/stry”; Haggai beteken “my fees”; Sagaria beteken “gedagtenis”; Maleagi beteken “boodskapper”.
Deur die Hebreeuse name sommer net te translitereer in ander tale, gooi ons die profetiese betekenis van elke naam net weg.
 
Ek weet ek herhaal, maar jy mag maar vorentoe spring en hierdie gedeelte oorslaan. Dit sal jou egter help met feitelike inligting sou jy ook ander wou oortuig vanuit ‘n geldige taalwetenskaplike oogpunt. Hierdie gedeelte is spesifiek gegrond op navorsing deur verskillende onafhanklike taalkundiges en is derhalwe ‘n vasste fondament vir insigte.
 
Waarvandaan ontspring Iesous? Van die naam van ‘n Griekse godin wat genees het met die naam Iaso wat in die Griekse Ioniese dialek Ieso is. Iesous is die genitiewe verbuiging van Ieso. Soos Amo, amas amat, in Latyn.
Ons moet onthou dat Yahshua gebore is van uit ‘n Hebreeuse maagd, ‘n Israeliet. Hierdie substituut naam “Jesus” word dan terug gespoor na die Latynse “Iesus en die Griekse “Iesous. Die vroeëre oorsprong van “Iesous word dan verder terug gevind by die Griekse godin van genesing Ieso (Iaso). Die “Iaso” is die gewone Griekse vorm terwyl Ieso afkomstig is uit die Ioniese dialek van die Grieke. Hierdie verbintenis tussen “Ieso” (Iaso) en “Iesous” is baie pertinent en belangrik en dus nie sommer net toevallig nie!! Hier is beslis demoniese bedrywighede agter hierdie naam vasstelling.
 
‘n Ander gesaghebbende bron toon aan dat die vroulike Ioniese Griekse godin “Ieso” se naam toe vermanlik is na “Iesous”. Dit was vir die heidense Grieke ‘n welkome gebeurtenis want nou was die oorskakeling na die Christendom makliker want die naam van die verlosser was nie meer “Joods” nie.
 
DRIE ONAFHANKLIKE BRONNE SPOOR “IESOUS” TERUG
NA DIE GRIEKSE GODIN VAN GENESING – “IESO”
 
Dit is drie afsonderlike bronne wat die naam “Iesousonafhanklik van mekaar terug spoor na die Griekse godin van genesing, synde “Ieso”. Dit kan derhalwe nie sommer maar net ‘n ‘internet-hoax’ wees nie!!
 
Die “vergrieksing” van Yahushua se naam is dus baie baie slinks gedoen - uiteraard met die hulp van die duiwels en demone wat hoër op in die hiërargiese struktuur van Satan opereer. Briljante uitvoering van ‘n bedrieglike poging om Yahshua te belaster en in die proses self aanbid te word deur die volgelinge van Yahshua – al was dit net vir die skyn.
 
Daar is hoegenaamd geen ooreenkoms tussen die naam van Yahushua en die Griekse substituut “Iesous” nie. Die Vader se naam Yah- of Yahu- kan nie in die wildste drome vereenselwig of geïdentifiseer word met die Griekse “Iesous” of die Latynse “Iesus” of die Duitse “Jesus” of selfs die Engelse “Jesus” nie, wat nog te sê die Afrikaanse “Jesus”.
 
En ons het reeds hierbo gesien dat die naam van Yahweh en Yahshua en enige titels waarmee Hy aangeroep word, nooit ooit in enige van die oudste oorspronklike 70 pre-Konstantynse (voor 299 NC) geskrifte van die nuwe testament gebruik is nie. 
 
As Theos wat gewoonweg “God” beteken maar ook terug gevind is in die naam van ‘n son-god, verhoed was om in die heel oorspronklike geskrifte ingeskryf te word, hoeveel te meer dan ook die substituut son-god naam van “Iesous”. “Iesous” word nêrens in hierdie geskrifte gevind nie.
 
Volgens die Griekse geloof het Apollo een van die belangrikste godhede – ‘n seun gehad wie se naam Asclepius was, ‘n godheid wat genesing beoefen het en ook met die son assosieer was. Hierdie einste Asclepius het dogters gehad waarvan een se naam Iaso (Ieso) was, die Griekse godin van genesing. Haar grootouers en ouers word ge-identifiseer as son-gode en is sy derhalwe ook deel van die son-god familie. Die naam Iesous word dus terug gespoor na sonaanbidding, afgodediens – duiwelaanbidding. Hierdie naam is verwant aan Iasus, Iasion, Iasius wat in die antieke Griekse geskiedenis bekend was as die seuns van Zeus.
 
Daar is ook verwante songodsdienste in INDIë waarvan die son-gode se name onder andere Issa of Issiis wat verwant is tot Iaso. In die son-god godsdiens van EGIPTE verskyn die naam van Issias ESU of ES. Verwarring tussen “Jesus” en hierdie ander son-godsname is dus baie maklik. Isis het ook ‘n kind gehad wat Isu genoem is. Isu en Esu klink sommer baie na aan Jesu wat ook in baie Afrika tale so oor vertaal is!!
Die afkorting van die naam Iesous is “Ies” of in hoofletters “IHS” wat gevind word in talle inskrywings wat die kerk gemaak het gedurende die donker middeleeue. Navorsers erken almal dat IHS (Ies) ‘n afkorting of verkorte weergawe is van IHSOUS(Iesous) – ‘n afgodsimbool wat steeds in vandag se kerke aangetref word.
IHS is die verkorte vorm of die wortelwoord van die naam IHSOUS wat die presiese naam of bynaam was van die songod Bacchus, alias Tammuz!!
Onafhanklike bronne is dit eens dat watter betekenisse daar ookal aan die IHS - teken verleen word, dit ‘n integrale deel was van Bacchus se naam – son-god – Tammuz, wie ook op 25 Desember verjaar het!!
 
Yahshua, die Gesalfde Messias, Verlosser en Redder is deur die eeue heen vereenselwig en geassosieer met die Griekse godheid Bacchus deurdat Hy die bynaam van Bacchus gekry het synde IHS of IesBacchus, ook bekend as Dionysus, is pertinent identifiseer met die Egiptiese godheid Osiris. Bacchus was verder ook bekend as Ichthus, die vis. Dis dan nie vreemd dat hierdie godsdienstige en planetêre embleem IHS omkring met sonstrale dikwels in kerkvensters vertoon word nie. Of dit nou bewustelik gebeur het of nie, dis gedoen.
Tammuz, alias Bacchus het ‘n naam gehad, afgekort as synde Iesof IHS. Hy was ook bekend as die Vis (Ichthus) en het ‘n “T”, kruis as sy teken gehad.
Hierdie gebruike is almal vandag steeds nog met ons. Ek vermoed dat die duiwel wat hier met hom, Tammuz, assosieer tot vandag toe, is heelwaarskynlik baie hoog op in die hiërargiese struktuur in die onder wêreld opereer.
In Handelinge 4:12 lees ons dat Yahushua die verlossing bring en dat daar geen ander naam op die aarde of in die hemele aan die mense gegee is waardeur God wil dat ons verlos moet word nie. Yahushua beteken letterlik YAHWEH is redding.
In Romeine 10:9 sê Paulus dat as jy met jou mond bely dat Yahushua die Skepper, Yahuweh, is, sal jy gered word. Kyk waaruit kwoteer hy, die Ou Testament, Deut. 30:12-16 – Ongelooflik!!
Direk daarna in Romeine 10:13 kwoteer Paulus uit Joël 2:32 as hy verklaar dat elkeen wat die Naam van Yahweh aanroep gered sal word!!!! Yahushua is Yahuweh!!!
 
Die Skrif sê daar is geen ander naam waardeur ons gered kan word niedie naam kan nie Yahshua EN ook “Jesus” of “Iesous”, “Iesus” of “Ies” wees nie. Daar bestaan hoegenaamd nie die geringste blyke van ‘n ooreenkoms tussen die name van Yahushua en “Jesus” nie, nog minder hul betekenisse en/of hul oorsprong.
 
DAAR KAN NET EEN NAAM WEES: NET YAHUSHUA!!
 
Maar hulle het volgehou om die Hebreeuse Yahushua te “vergrieks” na “Iesous” en daar is steeds ‘groot’ christene vandag wat ontken dat hierdie vergrieksing van die naam van Yahushua, opsetlik gedoen is en volhou dat dit ‘n blote onskuldige transliterasie is – wat sê jy? Ek dink die duiwels hits hulle aan en hulle luister maar te graag – valse leraars!
 
17(H)(ii)     “CHRISTUS” OF “CHRISTUS JESUS” VS MESSIAS/GESALFDE
 
Die KJV vertaling gebruik die woord “Gesalfde” (Anointed) en ook Messias. Hierdie woord is ‘n titel en in Daniel 9:25 en 26 word dit korrek vertaal as “Gesalfde” (Anointed).
Maar ek sien die nuwe Afrikaanse vertaling gebruik die woord “regeerder”.Ai, tog! Dit kan ook reg wees, maar dan moet dit binne konteks verstaan word. Yahushua het nooit kom “regeer” in die gewone sin van die woord nie. Dis hierdie tipe vertaling wat gemaak het dat die Israeliete Hom nie as hulle Messias herken of erken het nie. Yahushua is soms vertaal as “my heil, my redding, my redder, my verlosser, my verlossing, ens” (korrekte vertalings, maar verkeerd binne ‘n bepaalde konteks as daar inderwaarheid na Hom as persoon verwys word – dan moet Sy persoonlike Naam gebruik word).
Dit kan en het beslis verwarring veroorsaak en die Joodse Rabbi’s gaan boet daarvoor - Yahweh beloof dit!! Hierdie vergeesteliking van Sy Naam het veroorsaak dat die Israeliete Hom as werklike fisiese Messias wie se Naam letterlik YAHUSHUA was, mis gekyk het en nie herken het nie toe Hy amper 2000 jaar gelede by ons kom tabernakel het.
 
“Gesalfde” word ook tereg in die Hebreeus vertaal as die Messias. Die “Complete Bible in Modern English” gebruik die term “Messias” in plaas van “Christus” behalwe wanneer dit as ‘n kombinasie van “Jesus Christus” gebruik word. Die Goeie Nuus Engelse Bybel het ook die term “Messias” her in gebruik geneem in minstens sewentig Skrifgedeeltes.
 
Yahushua het self gesê dat die redding van die Jode af kom. Die Messias was nie net gebore uit ‘n Jodin nie, maar die totaliteit van die Blye Boodskap, die beloftes, Israel-burgerskap deur Abraham, alles is deur die Jode en as mens het die Messias ook tot die Joodse volk behoort. Yahushua kon nimmer as te nooit onder sy Joodse volk bekend gestaan het as “Christos” nie. Yahushua se titel was bekend as “Moshiach” in Hebreeus en “Mesiha” in Aramees en kan maklik translitereer word as Messias.
 
Die vraag is waarom dan het mense volgehou om “Christus” of “Christos” te gebruik? Wie was hierdie Chrestos of Chreston waarmee Christos verwar is? Navorsing toon dat die titel Christos baie maklik verwar is met die algemene Griekse eie naam van “Chrestos” wat “goed” beteken. Die verwarring het uitgekring tot die begrippe Christus en Chrestus, Christiani en Chrestiani, Christos en Chrestos en word oral as sulks gedokumenteer. Verder word ‘n verbintenis ook gevind tussen Christos en Chrestos met die Egiptiese son afgod Osiris. Keiser Hadrianus het ook skriftelik verwys na die christene wat die songod Serapis aanbid. Waarom sal ons deel hê aan die verwarring en nie eerder terug keer na die onvervalste waarheid van Yahushua wie die Gesalfde (Messias) van Yahuweh is nie. Dink weer. Hoe naby is die DONKER EEN nie aan die ALLERHOOGSTE NIE? Die “Die Blink Môrester” versus “die môrester, seun van die daglig”!! Die satan doen homself nie verniet voor as ‘n engel van die LIG nie. So, kom ons kry ons terminologie asseblief tog suiwer en korrek.
 
17(I) HER, HEER/HERE, GAD/GOD/GUD, LORD   VS   YAHUWEH
 
Die huidige posisie vandag soos dit tans is in die jaar 2009 is as volg.
Deur een titel synde “god” te gebruik, verwys ons na al die verskillende gode van al die volke in die wêreld. Wanneer ek die woord “God” gebruik, kan dit enige afgod impliseer. Hierdie titel “GOD” is dan ook vandag die titel vir die universele GOD van al die gelowe van die Aardbol.
 
Satanisme, Buddisme, Hindoeïsme, Judaïsme, Esoteriese Ignostisisme, Katolieke, Christendom, Islam, Sekulêre humanisme, ens. ens., wie almal saam deel vorm van een universele wêreldgodsdiens. ONS mense het besluit dat daar slegs een universele GOD is en dat hy aanbid moet word.
 
Jy durf nie vir Yahweh aanhaal, Wie uitdruklik verklaar dat verlossing en redding slegs deur die een enkele naam van Yahshua kan plaasvind nie, dan is jy onverdraagsaam!!
 
JY SAL MOET KIES WIE JY GAAN DIEN
DIE UNIVERSELE GOD VAN DIE NUWE WêRELD ORDE OF
 VIR YAHWEH/YAHSHUA DIE SKEPPER VAN DIE HEELAL
 
Die woord “God” soos in die Grieks word gebruik as ‘n titel. In Hebreeus vertaal dit met “Die Magtige Een” (The Mighty One), El (of el) en ook Eloah.
 
Die Encyclopedia Britannica, 11de uitgawe verklaar: “GOD – the common Teutonic word for a personal object of religious worship …. Applied to all those superhuman beings of the heathen mythologies. The word ‘god’ on the conversion of the Teutonic races to Christianity was adopted as the name of the one supreme Being ….”
 
In baie gevalle word Lord en God as alternatiewe gebruik vir heidense afgode. Hare Krishna word identifiseer as “Lord”. ‘n Heidense Oosterse afgod.
En jy noem YAHWEH “Lord”!!?? Sommige beweer “Lord” kom van hlaford wat op sy beurt van half-weard = loaf keeper afkom. Lord se oorsprong word ook verklaar, is van lar lore en Loride Hlorridhi, Thor se seun, ens.) Geleerdes is dit eens dat die meeste Griekse afgodsname hul oorsprong het uit Egipte.
Maar “Lord” word ook terug herlei na ‘n ander magtige demoon “Lordo”, die demoon van “lordose”, die kurwe van die rugstring of die liggaam, wat ook ‘n sensuele betekenis het. Daar word ook na hierdie betrokke demoniese verskynsel verwys as die Kundalini gees, of die Vals heilige gees. Dit is ‘n aparte onderwerp wat lank reeds sy verskyning gemaak het in talle Christelike Charismatiese kerke. Christene meen verkeerdelik dat baie verskynsels binne die kerk die werk van die “Heilige Gees” is, terwyl dit inderdaad die werk van die VALS heilige gees is. Daar bestaan ‘n uitstekende DVD-reeks oor hierdie onderwerp “Kundalini – Die vals heilige gees” deur Eben Swart www.trumpetcal@mweb.co.za
 
Ander afgode of hul afgodsname kan gevind word in hul Sanskrit-wortels. “Her” word egter terug gespeur na son-god aanbidding. Horus, Horos, Her of Heru (Egipties). Baie vroeg terug is die son as god HER genoem. Hercules (bekende son-godheid), Hermesdie Griekse naam vir Mercurius in wie se naam ‘n baie sterk godsdiens gevestig is in Alexandria en in Egipte kort voor die Christendom. Thorr die donder-god is ook genoem Hergot of Herre Got. Zeuswas ook bekend as Herros of Heros. Die vroulik vir hierdie term is Here of Hera wat ook sy oorsprong in die aanbidding van die ligte het, die godin van die hemel.
 
HERE IS DIE TERM EN NAAM VAN DIE HEMELKONINGIN
 
Jeremiah 7:18 – “koningin van die hemel” jou Afrikaanse Bybel.
Jeremiah 44:17-19; 25 - “koningin van die hemel” jou Afrikaanse Bybel.
Esegiël 8:14 – “Tammuz, seun van die koningin van die hemel” jou Afrikaanse Bybel.
 
CHRISTENE AANBID ONWETEND AFGODE
 
Hoeveel keer gebruik Christene nie die term “HERE” (die hemelkoningin) ‘n term wat wemel, vervuil is in jou Afrikaanse vertaling, waarvan talle profete melding maak.
YAHWEH/Yahshua se naam is vervang met ‘n NIKSWERD titel.Ek wonder of die demone dink hulle kan daarmee weg kom en of hulle probeer om Yahshua “agter Sy rug” te spot oor hierdie verwarrende gebruik van demoniese titels en benaminge wat net mooi geen verband met die Skepper van die heelal het nie. 
Ek word werklik naar hoe meer ek aan hierdie duiwelse opset dink. Duits en/of Afrikaans dieselfde. En dan verdedig of verduidelik baie welmenende gelowiges dat Iesous eintlik maar net ‘n onskuldige transliterasie van die Hebreeuse Yahshua is – baie toevallig dat hierdie onskuldige transliterasie presies dieselfde naam is as die van ‘n heidense godin van genesing!!
 
Gaan lees Jes. 65:11 wat sê Yahuweh oor hierdie afgod Gad en van Meni!! Gad word ook assosieer met Jupiter en selfs Nimrod terwyl Meni as “Lord Moon” aanbid is.
Hierdie afgodsname kom nie uit stories uit nie. Die ou Testament verwys uitdruklik na hulle. Onthou die name Bel en Nebo – sien Jes.46:1 en weer Bel en ook Merodach (Marduk) in Jer. 50:2. Dis nie fabels nie. Dit bestaan nie in my of YAHWEH of jou se verbeelding nie!!! Hulle is werklikhede!! Daarom waarsku YAHWEH ons teen die gebruik van afgodsname!!
Ek het tot baie onlangs nog gedink dat hierdie begrippe bloot niksseggende titels is wat slegs verwarring mee bring en waarmee ons Yahweh se eie persoonlike naam vervang. Soveel so dat ons nie eens weet of Allah van Islam en die Christen “God” dieselfde is of nie. Maar die probleem is baie ernstiger en kritiek.
Ek ys nou as ek sien dat hierdie titels almal hul oorsprong het in afgode-diens en dat ons bewustelik verantwoordelik is om Yahweh/Yahshua direk te beledig deur Sy Voorskrifte te oortree terwyl ons gewaarsku word dat YAHWEH ons verbied om die name van Enige Ander gode selfsoor ons lippe te neemnie!!!! Dit is wat ons eintlik doen, as ons hierdie goed weet, maar volhou daarmee en voortgaan om dit te beoefen.
 
17(J) DIE NAME VAN WEEKSDAE VS NUMERIESE DAE
 
Tiu, Wodan, Donar en Frija is almal name van antieke Teutoniese godhede. Deur die jare het toegewyde gelowiges probeer om ‘n einde aan die gebruik van weeksname te maak, maar kon nie daarin slaag nie. Een spesifieke biskop het in Ysland gedurende 1100 wel daarin geslaag met die gevolg dat Ysland na hul weeksdae verwys het as die “tweede” of die “vierde” dag, ens., maar ek weet nie of dit vandag nog so is nie.
Franz Cumont, ‘n kenner van heidense godsdienste noem dat die astrale of Galdese invloed van ons weeksdae gesien word ook in Saterdag, Sondag en Maandag omdat dit respektiewelik verwys na Saturnus, die Son en die Maan – almal deel van die godsdiens van die sterre.
 
 
 
17(K) BYBEL VS SKRIF
 
Ag nee man, nou is jy simpel, nou gaan jy te vêr. Hierdie Boek word inderwaarheid genoem die Skrifte en die begrip/term is daaraan gegee deur Yahushua en Sy apostels wanneer daarna ookal as ‘n geheel verwys is.
Grondige ondersoek het egter aan die lig gebring dat “Bybel” sy oorsprong het in die eie persoonlike naam van die vroulike godheid (godin) Byblis ook genoem Byble of Biblis. Hierdie godin was die kleindogter van Apollo, die son-god. Die Skrif het jou waaragtig ‘n naam gekry wat afkomstig is van ‘n vroulike afgod. Yahuweh het tydens Sy verblyf onder die mensdom altyd na die “Skrif” of na “Moses en die Profete” verwys.
 
17 (L) HEILIG VS AFGESONDER
 
Die Hebreeuse term “qodesh” (afgesonderd) en die ekwivalente Grieks “hagios” tesame met hul verbuigings is vertaal met een of drie woorde of verwante verbuigings in ouer Engelse vertalings – “holy, hallowed or sanctified”. In moderner vertalings word die woord “sacred” ook gebruik. Hierdie terme kan almal vertaal word met “heilig, gewyd, rein, heilig maak, wy”, ens. Vir my persoonlik is dit betekenislose vaaghede, woorde sonder enige praktiese waarde. Ek assosieer hulle met piëteit, vroomheid, godsdienstig, suiker-kan-nie-in-my-mond-smelt-nie - houding!
Hierdie idee word totaal weerlê in Jesaja 66:17 (Woord en Getuienis):
Die wat hulleself afsonder en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise – almal saam sal hulle tot niet raak, sê Yahweh
 
Hierdie weerlegging van die wanopvatting dat “heilig” beteken om vroom en godsdienstig te wees, word verder bevestig deur die skokkende ontdekking dat een van die Hebreeuse terme vir ‘prostituut’ is “qedeshah” ‘n verbuiging van “Qodesh”. So ook word ‘n manlike prostituut in Hebreeus “qodesh” genoem. Wat is dan die werklike betekenis van “qodesh” (werkwoord qadash) en sy Griekse eweknie “hagios”.
Die “Interpreter’s Dictionary of the Bible” vol. 2 p. 817 som die menings van al die gesaghebbendes as volg op: “…the meaning of ‘separation’ is paramount … the more elemental meaning seems to lie with ‘separation’.” In volume 4, pag. 210 verduidelik dieselfde bron: “The basic sense of the Hebrew root qadash, as of its Greek equivalent in the Bible – hagios, seems to be ‘separateness’”.
 
Die korrekte betekenis dus van qodesh en hagios beteken om apart of afgesonderd te wees. Dit kan dus ‘n ‘n goeie betekenis of ‘n slegte betekenis. Iemand kan dus afgesonder of apart wees vir Yahweh of iemand kan afgesonder of apart wees vir satan.
 
Iemand noem nou die dag dat hy glad nie kans sien om “heilig” te wees nie, maar wel om “afgesonderd” en “apart” te wees vir Yahweh. Hierdie vertaling was dus al die jare lank ‘n misleiding. Waar Yahweh in Sy Woord vir ons sê om “heilig” te wees “want Ek is Heilig”, het ekself dit as ‘n onmoontlik opdrag verstaan. Nee, al wat Hy van ons verlang is om eenkant, apart, afgesonderd vir Hom, vir Sy Evangelie te wees, afgesonder vir Yahweh ons Abba, die Skepper van die kosmiese heelal. Afgesonder van die bose, afgesonder van die wêreld! - “Want Ek is YAHWEH”.
 
 

 

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement