Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

MENSE BEÏNVLOED

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 14
 
MENSE BEÏNVLOED EN AKTIVEER BEPAALDE GEBEURE IN DIE ONSIENLIKE GEESTESWêRELD
 
Die boek van die Openbaring van Henog is maar een van talle gedeeltes wat ons verwittig dat Yahweh alles sien wat op die aarde gebeur, Hy hoor alles wat gesê word en die gebeure word opgeskryf in ‘n ewige boek. Henog bevestig maar slegs wat ons Kanonieke Skrif reeds vir ons sê.
“Julle sien dat ek al die dade van die mens opteken; en niemand kan vernietig wat my hand geskryf het nie, want Elohiem sien alles.”
Die Openbaring van Henog 13:102
 
(Nee, dis nie ‘n Bybelboek nie – die Rooms Katolieke het dit ongeveer 300 NC uit die toe-bestaande Bybelboeke verwyder en vervang met die huidige Boek van Openbaring. Ek bevraagteken hulle motiewe ten sterkste, hierdie kinders van satan, die misleiers van onskuldige niksvermoedende gelowiges. Maar dit word self in Henog voorspel dat sy boeke weer in die laaste dae gelees sal word en deel sal vorm van die kennis van Elohiem Yahweh/Yahshua op aarde. En ‘n studie van Henog dui daarop dat hierdie Boek ongelooflik ooreenstem, nie net met die Boek van Openbaring nie, maar ook met talle van die ander bestaande Bybel kanonieke boeke).
 
MALEAGI Sê
 YAHWEH SKRYF DIE NAME VAN SY TORAH GEHOORSAMES
 IN ‘N SPESIALE BOEK
 
Maar Maleagi (deel van ons eie huidige ou “Testamentiese” kanonieke boeke) sê dat Yahweh Elohiem en die engele hoor wanneer Sy kinders wat Hom lief het met mekaar oor Hom praat.  Dat hulle selfs hoor wanneer Sy kinders Sy Hebreeuse hoogheilige aparte Naam fisies oor hul lippe gebruik, wanneer hulle sing en toevallige gesprekke met mekaar voer en oor Hom praat, en uiteraard ook sy Torah bespreek soos wat ons gelas word om te doen en soos die Psalmis voortdurend na verwys. Dit is ongelooflik wonderlik!
Yahweh het ‘n letterlike Boek laat open – nie die Boek van die Lewe of die Boek van Ewige Lewe nie – dit is ‘n spesiale Boek vir die gelowiges wat die Torah onderhou, vir diegene wat Sy Hebreeuse aparte Naam uitspreek, sing en aanbid en met mekaar gesels en Sy Naam Yahweh, gebruik.
“Toe het die wat Yahweh vrees, met mekaar gepraat; en Yahweh het dit opgemerk en gehoor, en daar is ‘n boekrol van herinnering voor Sy aangesig geskryf vir die wat Yahweh vrees en Sy Naam eer”. Maleagi 3:16
 
Jy sien, Yahweh hou Sy gelowige kinders noukeurig dop. Hy let op ons handelinge en ons woorde, ons wat Hom dien en liefhet, wat Sy gebooie onderhou. Soveel so dat Hy in vers 18 sê dat Hy ‘n duidelike onderskeid tref tussen die regverdige en die afvallige, tussen die wat Elohiem dien en die wat Hom nie dien nie.
Die opregte gelowige, hy wat die Torah respekteer en nakom, hy beïnvloed die geesteswêreld. Sy Hoë Priester is Yahshua wie op Sy beurt weer namens die gelowige intree voor Abba Vader Yahweh.
 
DIE CHRISTEN WIE DIE TORAH DOELBEWUS MINAG,
SE GEBED IS ‘N GRUWEL VOOR YAHWEH
 
Let op, die wedergebore Christen wie die Torah doelbewus nie respekteer nie omdat hy sê die Torah is nie meer op hom van toepassing nie en omdat hy kwansuis nie meer onder die Wet leef nie want die is mos teen die kruis vas gespyker – daardie persoon se gebed is ‘n gruwel voor Yahweh – lees maar weer die pragtige Spreuke 28:9 – dis nie ek wat so sê nie, dis jou Skepper – sy gebed is ‘n gruwel omdat hy sy oor wegdraai van die Torah af.
So as jy ‘n christen is wat die Torah minag, beter jy nie eers ‘n tafelgebed opsê nie, want dit is ‘n gruwel vir die Skepper. So hou jou mond, jy irriteer Yahweh, die Skepper Elohiem – keer om , kom uit satan se misleiding uit, kom uit agter die masker van satan uit.
 
DIEGENE WIE VERMETEL GENOEG IS OM VAN DIE TORAH AF TE WYK, IS VERVLOEKTES,
Sê YAHWEH, DIE ALLERHOOGSTE
 
En wat van Psalm 119:21 wat waarsku dat Yahweh die vermeteles as vervloektes dreig, diegene wat van Sy Gebooie/Torah afdwaal.
 
As dit jou nie laat dink nie, dan is jy horende doof en siende blind. Yahshua gaan jou Regter wees en Hy sal dit doen in Sy Rol as ‘n Verterende Vuur. Ek wil nie naby jou wees nie – jy is mos baie slim om die Torah weg te redeneer en te argumenteer dat dit teen die kruis vas gespyker is en in onbruik verval het en nie meer van toepassing in ons moderne samelewing nie. Ja, jy sê presies wat jou afgodsgodin Iesous Chrestos of watter ander ‘j-sus’ jou ookal voorsê.
 
Hierdie moedswillige wedergebore Christene is niks anders as vervloektes deur Yahweh nie. Ek praat nie van die wedergebore Christen wat tot op hede toe nog uit werklike misleiding en onkunde verkeerdelik glo dat die Torah verouderd en nie meer van toepassing is nie, wat nie weet dat die name wat hy vir sy Skepper gebruik, hul oorsprong uit die heidense afgodediens het nie, en dat hulle inderdaad gekoppel word aan afgodsdemone – MAAR as hy met die feite gekonfronteer word, sal hy nie anders kan as om die volle waarheid te glo en die Torah/Gebooie te begin doen nie. Doen hy dit nie is hy ‘n afgodsdienaar en moet ons hom vermy, dan is hy nie deel van Yahshua se kudde nie.
 
Ons Hoë Priester Yahshua, hoor elke gebeds-versoek van ‘n iedere en elk van Sy talle opregte gelowiges en Hy beantwoord elke gebed. Soms is dit ‘n “ja” en dikwels is dit ‘n “nee” Soms word sekere antwoord op “hou” geplaas om later verhoor te word – dis almal gebedsversoeke wat die gelowige Torah-onderhouer bid binne die volkome wil van die Abba Vader Yahweh. Daarom moet jy baie versigtig bid – wat is die Wil van Abba Yahweh en Yahushua? Daarom moet ek en jy so volkome binne in Hom bly sodat ons Sy Wil sal ken. En soos ek reeds gemeld het, hierdie gebede styg letterlik op soos “reukwerk” voor Abba Vader Yahweh.
Yahweh gee dan bepaalde opdragte aan Sy boodskappers (engele) ingevolge waarvan hulle dan die bepaalde gebedsversoeke wat aan YAHWEH gestuur is, uitvoer of ignoreer – afhangende van wat YAHWEH besluit het.
 
Maar gelowiges kan ook , sonder dat hulle dit weet,DIREK SONDER DIE BEMIDDELINGvan YAHWEH, ‘N DOMINO KETTINGREAKSIE onder die bewoners van die onderwêreld aan die gang sit.Baie keer, onbewustelik aan die kant van die gelowige, hy/sy of doen hy/sy dinge wat die optrede van bose-geeste in die geestes-onderwêreld aktiveer en wat wye reperkussies ten gevolg het vir sowel die geesteswêreld asook die fisiese wêreld van die mens. Hoe gebeur dit?
 
DIE DUIWELS HET ‘N FANATIESE OBSESSIEWE PASSIE
OM AANBID TE WORD
 
Van bo van satan af tot onder op voetsoolvlak het die bewoners van die onderwêreld in die geesteswêreld een kompulsiewe en obsessiewe mal FANATIESE DUIWELSE BEGEERTE en dit is “om aanbid te word”. Soos ons ook hierbo vanuit die Skrifte gesien het. Satan sou letterlik die wêreld en al die rykdomme daarin weggee indien Yahushua hom sou aanbid. En hierdie fanatiese obsessie word ook deur die res van sy aanhangers gedeel. HULLE WIL ALMAL AANBID WORD, van die grootste en magtigste duiwel tot die kleinste en mees verkrimpte bose gees wat ‘n riool-gemors met hom saam dra.
 
In Mat. 4:8-11, het satan probeer om Yahushua so ver te kry om hom te aanbid. Ek is oortuig dat satan ‘n plan bedink en inderdaad uiters suksesvol in werking gestel het, om self aanbid te word deur die gelowige volgelinge van Yahshua toe Yahshua in die woestyn geweier het om hom, satan, te aanbid. Sy plan was dat die gelowige volgelinge van Yahshua hom, satan sou aanbid, sonder dat hulle dit weet.
Dit het hy voorwaar reg gekry deur afgodsname en afgodstitels aan die persoon van die Messias Yahshua te koppel wat vir eeue lank deur Christen gelowiges gebruik sou word – die 1ste, 2de en 3de Gebod is verkrag!! (Ons kom weer terug na hierdie punt toe).
 
EK DINK DIT IS WAT SATAN GEDINK HET:
 
Ek sal ‘n leuen-gees stuur om die Hebreeuse Naam van Yahushua te translitereer na Iesous, een van my afgodsdemone, en vanaf Iesous na Jesus, nog een van my ander demone. Ek sal agter daardie masker skuil. Sy volgelinge gaan daardie naam vir eeue lank gebruik sonder dat hulle weet dat hulle Yahushua beledig en afsleep tot die vlak van my gewone duiwels. Sy volgelinge sal nooit glo dat sy naam nie “jesus” is nie – hulle sal dit as kettery afmaak.” 
Om een of ander rede het die Skepper dit toegelaat – ek  dink dit is wat deur satan se gedagtes gemaal het, maar ek dink hy het besef sy tydjie raak min toe die Gees van Yahweh begin het om weereens in hierdie laaste tye – 1930 en later begin het om die eie persoonlike en afgesonderde Hebreeuse Naam van die Skepper aan Sy kinders kom herinner en kom leer het.
 
WIE IS HIERDIE GEESTESWESENS?
 
Hulle is onder andere die hordes duiwels en demone en bose geeste wat assosieer en identifiseer met die verskillende maan-gode en son-gode waarvan YAHWEH in die ou testament praat en waarteen Hy Israel voortdurend waarsku en wat Hy verafsku. Soveel so dat Hy op ‘n kol die hele Israel wou vernietig met die uitsondering van Moses wat weereens vir Israel in die bresse getree het en wat vir die soveelste keer daartoe gelei het dat YAHWEH weer jammer geword het vir hulle en hulle vergewe het. Genade en guns in die Torah? ‘n Liefdevolle barmhartige Elohiem in die Torah?
Hierdie wesens het almal name wat gekoppel is aan afgode van afgodspraktyke oor die hele wêreld heen, Hindoeïsme, Islam, Buddisme, Voorvadergees-aanbidding, en talle meer, en HULLE REAGEER wanneer hulle name genoem word!! DIT IS WERKLIK SO. Dit is waarom die Skepper ons verbied om hul name oor ons lippe te noem!!!
Die afgodsname wat jy vind in die Egiptiese-, Griekse mitologie en al die afgodskulture van die res van die wêreld bestaan in werklikheid in die geesteswêreld. Onthou jy vir Medusa, die godin met die slange vir hare om haar kop? Sy bestaan, sy is ‘n werklikheid. Dis maar een enkele voorbeeld.
 
Soms skep die mens onwetend nuwe afgode vir homself met werklike DEMONE WAT ONMIDDELLIK TOETREE om daardie rolle op te roep en vol te staan. Byvoorbeeld Mammon, ‘n bepaalde lewensstyl – homoseksualisme, lesbianisme, ‘n stokperdjie, jou beroep, ens.. Enige iets wat die mensin sy hart bo die Skepper YAHWEH stel, kan ‘n LETTERLIKE AFGOD word met direkte letterlike gepaardgaande duiwel-betrokkenheid!! Dis nie simboliese beeldspraak nie – hulle is LETTERLIKE, WERKLIKE demoniese afgode, maar dit is ‘n aparte onderwerp.
 
Wanneer opregte gelowiges sekere name en titels gebruik wat assosieer kan word met die verskillende persoonlikhede van die afgodediens van die son- en/of die maan-god aanbidding, raak ons onwetend betrokke by duiwelaanbiddingBaal-aanbidding - “al ken die Here my hart en al weet Hy ek aanbid Hom”, is daar steeds miljuisende demone en duiwels en bose geeste wat luister en hul ore spits as ek die name of titels van afgode oor my lippe noem wat gekoppel word aan die son-gode of maan-gode en wat daarop reageer.
 
CHRISTEN GELOWIGES  VEROORSAAK ONWETEND
‘N DOMINO REAKSIE IN DIE GEESTESWêRELD
 
Christen gelowiges veroorsaak onwetend ‘n reaksie in die geesteswêreld. As die demoon wat assosieer met die naam Iesous nie naby is nie, sal die demone van Theos of Isis of Zeus hom wel inlig dat ‘n “gelowige van Yahushua” in die fisiese dimensie sy naam gebruik het en op hulle perverse manier sal hulle dit vertolk as aanbidding! En die “jesus”-demoon bly oortyd besig – almal in die Christendom gebruik sy naam – om nie eens te praat van die miljoene wat dit as ‘n gewone kru-woord gebruik nie!
 
Behalwe dat Yahweh ons uitdruklik gelas dat ons geen ander gode voor Sy aangesig mag hê nie want Hy is ‘n “jaloerse” of “vurige/ywerige” Elohiem – en hierdie opdrag op sigself behoort heeltemal voldoende te wees om gehoorsaamheid af te dwing – meen ek met groot respekte dat daar ook nog ‘n verdere rede bestaan.
 
HOEKOM was YAHWEH so ernstig inSy waarskuwingdat ons NIE hierdie vreemde afgode se NAME selfs OOR ONS LIPPE MAG NOEM NIE? Want Hy is ‘n jaloerse Elohiem – Hulle is beslis nie kompetisie nie! WATTER ANDER REDE kan daarvoor wees as dat die klomp demone dit juis as ‘n VORM VAN AANBIDDING van hulleself vertolk?
 
DUIWELS IS EGOÏSTIESE WESENS
 
Lucifer!,o môrester, seun van die dageraad/daglig!” (Jes.14:12) Lucifer   was en is egoïsties. Hy wou opvaar en homself gelykstel aan die Allerhoogste. Hy was trots, hy was verwaand – en sy onderdane net so.
Is dit nie vir jou lekker as ‘n wildvreemde persoon jou naam op straat, of waar ook al, skree en vir jou wuif nie? Jy ken hom nie, maar jy voel belangrik - (erkenning – ‘wie de swerkater is dit’? maar iemand weet van my!!) Die vreemdeling het dalk jou naam per abuis verkeerdelik uitgeskree omdat hy gedink het hy ken jou, maar jou eintlik verwar met iemand anders. Jy weet dit nie, maar jy ervaar hierdie valse gevoel van erkenning. Hoeveel te meer as ‘n bekende publieke figuur jou naam in die straat skree en vir jou wuif? Selfde met hierdie afgode. Dit kan gevaarlik wees.
 
Want jy sien, sodra jy die naam van ‘n geestesentiteit uitspreek, is daardie entiteit onmiddellik met jou, by jou, in die gees. Jy weet dit dalk nie of kom dit nie agter nie, maar wees verseker daardie bepaalde geesteswese is in staat om dadelik, onmiddellik te reageer en by jou en met jou te wees en jou selfs te beïnvloed.
Hoe dink jy hoe voel satan as George Bush oor televisie of oor die radio openlik verklaar dat sy god en die god van Islam (Allah) een en dieselfde is? Hy basuin dit oor in die onder-wêreld!!! En ons Afrikaners doen presies dieselfde – luister maar na RSG wanneer hulle oor “GOD” praat. Almal dink die Moslem god en die Skepper van die Heelal is een en dieselfde.
 
Nie een is bereid om vir die ander een te sê: “Jou god en my God is nie dieselfde nie. Jou “god” se karakter en integriteit en vermoëns is nie dieselfde as my “GOD” nie. Jou “god” is nie die een wat in Jes. 45:5-7 beskryf word nie – En veral nie die een oor wie in Jesaja 46:9-10 geskryf word nie”. Jou “god” is ‘n maangod – jou “god” word in die Skrif na verwys as “die vloek” “ha allah” (Daniel 9:11)
 
Die Restoration Scriptures vertaal hierdie vers so:
“Maar die hele Yisrael het U Torah oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek van HA-ALLAH en die eed oor ons uitgestort wat geskryf is in die Torah van Moses, die kneg van Elohiem, want ons het teen Hom gesondig”.
 
KEN DIE GESKRIFTE – DAN SAL JY JOU ELOHIEM KEN
YAHWEH Sê HY SAL JOU VERWERP HIEROOR!!
 
Want die “christene” weet nie wat die Persoonlike Naam is van hul “GOD” nie!! Verder ken hulle ook nie die Skrifte nie en hulle ken ook nie hulle Elohim nie. En satan geniet dit terdeë en hy buit die “christene” se onkunde behoorlik uit – en daarom haat Yahweh dit as Sy gelowige kinders onkundig is oor Sy sake!!
“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die TORAH van jou Elohiem vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet”. Hosea 4:6
 
Wat ons sê, woorde wat oor ons lippe kom, en wat ons doen kan dikwels, sonder dat ons dit bedoel het, ‘n domino kettingreaksie in die onderwêreld veroorsaak met katastrofale gevolge vir die mens self. Ook wat betref sy eie kinders/nageslag. Hulle kan in sataniese bindinge verval en hul hele lewe so in kettings bly voortlewe en dalk nooit ontsnap nie juis as gevolg van ‘n gebrek aan kennis en uiteindelik in ellende sterf.
 
Ons tonge het ‘skeppingsmagte’ in die geesteswêreld, maar ons besef dit nie. Ons kan in geloof vir ‘n berg beveel om in die see te val, en dit sal in die geesteswêreld gebeur. Ons het egter nie genoeg kennis om dit in die praktyk te begin beoefen en dit in die geloof uit te voer nie. Maar hoe meer ons in die Torah van Yahweh lewe en groei, hoe meer sal die Vader Yahweh hierdie kennis aan elke-een van Sy gelowige kinders deur Sy Ruach Hakodesh openbaar en bekend maak. Hy het mos beloof dat Sy Gees ons in alles sal leer en lei.
 
KEER TERUG – LUISTER NA YAHWEH
OF LUISTER NA SATAN
 
“Omdat jy My Torah vergeet het, sal Ek jou kinders ook vergeet”, sê Yahweh. Wil jy nie dan maar ter wille van jou kinders of kleinkinders terugkeer en die Torah van Yahweh begin leer en onderhou nie?
 
En dink jy vir een oomblik dat hierdie demoniese afgodwesens sal toelaat dat hulle ontneem word van hierdie aanbidding? Hulle sal met alle mag en geweld toesien dat mense volhou om hulle te aanbid by die christelike afgodsname wat spruit uit die Griekse mitologie. Hulle sal die een na die ander absurde verskoning voorlê aan predikante en pastore en leraars en professore waarom die Griekse afgodsname tog maar in gebruik moet bly instede van die Hebreeuse eie persoonlike naam van die Skepper van die Heelal.
Hierdie demone sal alles binne hul vermoë doen om die mens te laat glo dat hulle nie bestaan nie, dat hulle ‘n fiksie van die menslike verbeelding is, dat satan en sy duiwels net ‘bangmaak-stories’ is – soveel so dat selfs Christen sinodes bestaande uit hoog geleerde mense, hul bestaan afmaak en vir hul gewone lidmate verduidelik dat hierdie ‘denkbeeldige’ wesens nie belangrik is nie en dat dit hoort by klein kindertjies! Daarom sal bitter min christene glo dat ‘jesus’ ‘n afgodsnaam is. Die duiwels sal hulle verblind en probeer oortuig dat dit nonsense is.
 
Daarom is dit slegs ‘n baie baie klein oorblyfsel uit die Christendom wat hulle sal bekeer tot Yahweh Yahshua en dan begin om die Torah te onderhou en na te kom uit liefde vir hul Verlosser, die ou Testamentiese Elohiem wie Homself openbaar het in die vlees as Yahshua die Messias.
 
Nou dat ek weet, sal ek dit nie waag om die Skepper Vader hartseer te maak deur Hom ‘n naam te noem wat nie suiwer, onbesoedeld, afgesonderd net na Hom, Abba Yahweh verwys nie. Sy Hebreeuse Naam voldoen aan daardie vereistes. Ek kan nie fouteer deur Hom op Sy Hebreeuse Naam te noem nie. In Openbaring 22:16 word Yahushua genoem “die Blink môrester”.
 
Maar die DONKER EEN! Lucifer, die ligdraer (Latyn) die môrester, seun van die dageraad/daglig (Jes.14:12) ALIAS SATAN se name, sy verwysings verskil ‘n haarbreedte van die Meester Self. Kyk hoe vermom hy homself.
 
Satan die môrester versus YAHUSHUA die BLINK MôRESTER! Nou begin die verskil duideliker raak!!!
 
Hoe naby kan mens reg of verkeerd wees? Lig versus Duisternis? Ek vat nie daardie kans nie. Ek aanbid in die Hebreeuse Name van YAHWEH YAHSHUA maar sal nie waag om die Griekse mitologiese afgodsname te gebruik nie, al is hulle hoe onskuldiglik getranslitereer. Die Okkulte is lewensgevaarlik.
 
 
 
 

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement