Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

KEISER (POUS) KONSTANTYN

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 16
 
KEISER (POUS) KONSTANTYN – DIE “CHRISTENDOM”
WORD STAATSGODSDIENS – VORM DEEL VAN DIE
ALGEMENE HEIDENDOM - DIE ONTSTAAN VAN ISLAM
 
Hierdie is geskiedenis wat elke gelowige behoort te ken, ook die Christen. Dit is geskiedenis wat deel behoort te vorm van jou katkisasie-proses. Dit is lewensbelangrike inligting. Jy moes dit eintlik reeds op sondagskool geleer het.
 
In 167 VC, nog voor die Messias die eerste maal in die wêreld ingekom het was daar ‘n poging deur die Grieke om die Torah verbode te verklaar. Die Grieke het die Torah totaal verafsku. Die Griekse regeerder uit Sirië, Antiochus Epiphanes, het die Torah verban – so ook die Shabbat, die Feeste van Yahweh, die diet-reëls rakende onrein en rein voedselsoorte asook die verbondsteken van die besnydenis.
 
VARK WORD GE-OFFER
STANDBEELD VIR ZEUS
 
Die Griekse Antiochus wou die Jode assimileer (helleniseer, vergrieks) in die Griekse gemeenskap in. Hy offer ‘n vark op die altaar van die allerheiligste in die Tempel in Jerusalem en rig ook ‘n standbeeld op vir ZEUS, binne in die Tempel van Yahweh.
 
BRILJANTE MISLEIDING
 
Die Griekse naam waarmee hulle die Messias se regte naam, Yahshua, vervang het, was “Iesous” – wat ‘n direkte verband gehad het met die afgod ZEUS wie drie seuns gehad wie se name Iasus, Iasion, Iasius genoem is - songodname. Hierdie selfde naam “Iesous” word in Latyn translitereer as “Yesu”, en in Spaans word dit uitgespreek as “Hey-soos”, en in Engels as “Jesus”. Maar daar was nooit enige “J” in die Hebreeuse of Griekse taal nie en die “I” in die “Iesous” is maar onlangs, ongeveer 380 jaar gelede, in die KJV Bybel in 1629 vervang met ‘n “J” vir “Jesus”.
 
Sodoende het satan sy masker gebruik deurdat die Grieke die naam van een van hulle heidense afgode in die plek gestel het van die ware Messias Yahushua. En in die satanistiese en okkultiese praktyke is dit ‘n gegewe feit dat daar in die onsienlike geesteswêreld inderdaad ‘n demoon bestaan met die naam “jesus”.
 
DUIDELIKE PATROON OM DIE NAAM VAN YAHWEH
 EN SY TORAH UIT TE WIS
 
Ons sien dus uit die geskiedenis ‘n DUIDELIKE PATROON, die pogings van buite, om die Torah van Yahweh uit te wis, te laat verdwyn, te verban. Hierdie patroon kom ook voor in die hedendaagse Christendom.
Nou, tenspyte van die onmenslike en wrede pogings deur Keiser Hadrian in ongeveer 133 NC, het die evangelie boodskap van Yahshua Messias tog versprei deur die gelowiges wie bekend gestaan het as die sekte van die Nasareners. Onthou ons lees in Handelinge van die Sekte van die Nasarener, vernoem na Yahushua omdat Hy van Nasaret gekom het. Paulus word in Hand. 24:5 ook genoem die leier van hierdie sekte van die Nasareners. Kontroleer dit maar gerus as jy dit tot nog toe nog nie gedoen het nie.
 
Ons lees in die geskiedenisboeke dat die Yisraelse-gelowiges gebrandmerk en gehaat was. Hulle kon geen werk kry nie, hulle was nie deel van die gewone vooruitstrewende arbeidsmag nie – hulle het hongerlone ontvang wanneer hulle wel werk gekry het, en hulle moes na mekaar omsien en vir mekaar sorg. Nie eens die vakbonde wou vir hulle optree nie, dit in ligter luim.
Daar was geen materiële vooruitsigte vir ‘n gelowige nie. Meeste gelowiges het slegs gelewe vir hul Meester die Yahushua/Messias om tog maar net die kroon van die Lewe te kon ontvang deur ‘n marteldood vir Hom te sterf.
 
ONDERSKEIDENDE KENMERKE VAN
HIERDIE NASAREENSE GELOWIGES
 
Die Yisraeliese gelowiges is vervolg omdat hulle uitgeken is aan die feit dat hulle die Naam van die Skepper, Yahweh, en Sy Seun Yahshua, gebruik het, die Shabbat en Yahweh se Feeste (Lev. 23) gevier het, die besnydenis vir hul seuntjies gedoen het, die onrein en rein-wette van die Torah betreffende kossoorte nagekom het en ook omdat hulle geweier het om vark te eet. Dis slegs op hierdie wyses dat gelowiges ge-identifiseer kon word.
 
As jou buurman anders optree as die gewone persoon, byvoorbeeld om die Shabbat te onderhou, dan sal jy mos dadelik vermoed hy is ‘n Jood of iets in dier voege. Nou dit is presies hoe die gelowiges gedurende daardie ou ou tye identifiseer en vermoor is. Net soos jy vandag weet wie van jou vriende die Naam van Yahweh en Yahshua gebruik en die Shabbatte en die Feeste van Yahweh onderhou en vier, en wie van hulle weier om vark te eet.
 
Hulle was tipiese bywoners wat ‘n arm sukkel bestaan gevoer het en wat slegs vir ‘n wyle hier op die aarde vertoef het op hul reis na hul ewige en permanente heerlike rooskleurige eindbestemming. Baie, soos vandag se  Chinese gelowiges in China wat onder groot verdrukking en vervolging is. Gaan lees die boek “The Heavenly Man”, dit sal jou ruk. Dan eers besef jy hoe ernstig hierdie mense hul geloof in die Messias opneem.
 
MODERNE MARTELARE
 
Hulle aanbid die Skepper in Gees en in Waarheid, tenspyte van die feit dat Westerse sendelinge wat nie die Torah onderhou nie en hulle valse afgodsname leer soos “Jesus”, hulle eintlik Torahloos ‘kersten’. Yahweh in Sy soewereine genade/guns reik uit na hulle deur die duisternis van booshede wat hul omring, en hierdie gelowiges lê letterlik hul lewens af vir hul mede-broers en susters en vir hul Koning Yahshua.
Hierdeur beoefen hulle die fondament waarop die Torah berus – liefde vir hul Elohiem en vir hul naaste – Yahweh wie hul harte ken en bewus is van hul misleiding, beskou hulle as Torah-houers en aanvaar hulle ook as sulks. Baie van hulle kry nooit die kans om ooit te leer van Yahweh se Torah of Sy Feeste nie, en hul sterf as martelare ooreenkomstig 1 Petrus 4:1:“dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde”
 
Yahweh is hulle genadig omdat hulle HOM, YAHWEH totaal en al onskuldig en onwetend, in GEES en in WAARHEID aanbid. Dit is waarom in Openbaring melding gemaak word van hierdie martelare wie hul lewens nie werd geag het terwille van die evangelie van Yahshua nie.
Dit geld ook vir baie Afrika-gelowiges wat in ons moderne tye deur die Islam-ekstremiste vermoor word omdat hulle in Yahshua Messias glo. Dit word bereken dat die gelowige leier of predikant van ‘n Chinese gemeente gemiddeld 17 jaar lank in die gevangenis deurbring weens sy geloof. Maar ons in die westerse samelewing het nie ‘n benul van wat daar aangaan nie. Selfs so onlangs nog as tydens die Olimpiese Spele in Beijing, China, is gelowiges wat gevange gehou is, weggesteek sodat die besoekers uit die westerse lande nie met hulle sou kon kontak maak nie. As jy die omsendbriewe lees van die verskeie sendingorganisasies sal jy besef dat daar gelowiges is in ander Oosterse lande wat ly, terwyl ons gemaklik lewe en vryelik kan kies wie ons wil aanbid.
 
WAT Sê DIE GESKIEDSKRYWERS –
 WIE WAS HIERDIE NASAREENSE GELOWIGES?
 
Vir bykans 250 jaar was die Messiaanse geloof in kwaai konflik met die belangrikste son-god godsdienste maar het desondanks tog versprei al was die Messiaanse gelowiges ‘n baie kleiner minderheid vergeleke met die ander afgodsdienste. En hierdie Messiaanse Nasareense gelowiges het in Yahshua geglo en Sy Gebooie bewaar en onderhou.
 
Die vierde (4de) eeuse kerkvader, Jerome het byvoorbeeld geskryf dat die Nasareners diegene was wat die Messias Yahshua aanvaar het sonder om die Ou Testamentiese Wette te versaak.
Van die ander kerklike geskiedskrywers deel ons mee dat hierdie Nasareense gelowiges steeds die Shabbat (7de dag) onderhou het, hul seunskinders laat besny het, die Lev. 23 Feesdae van YAHWEH onderhou en gevier het, hulle groot laat doop het, geweier het om vark te eet en verder alle gebruike van die vroegste nuwe “Testamentiese” gelowiges nagekom het. (Gaan lees wat die Kerkvader Epiphanius sê in sy boek, “Against Heresies”, Panarion 29,7, page 41,402)
Hy gee ‘n volledige uiteensetting oor die Nasareners van daardie tyd en ek haal aan uit Lew White se Fossilized Customs wat hom uit die Grieks uit vertaal het.
“We shall now especially consider heretics who…. call themselves Nazarenes: They are mainly Jews and nothing else. They make use not only of the New Testament, but they also use in a way the Old Testament of the Jews; for they do not forbid the books of the Law, the Prophets and the Writings … so that they are approved of by the Jews, from whom the Nazarenes do not differ in anything, and they profess all the dogmas pertaining to the prescriptions of the Law and to the customs of the Jews, except they believe in Messiah …. They preach that there is but one God, and His Son Yashua the Messiah. But they are very learned in the Hebrew language; for they, like the Jews, read the whole Law, then the Prophets … They differ from the Jews because they believe in Messiah, and from the Christians in that they are to this day bound to the Jewish rites, such as circumcision, the Sabbath and other ceremonies. They have the Good news according to Matthew in its entirety in Hebrew. For it is clear that they still preserve this, in the Hebrew alphabet, as it was originally written”.
 
Daar is geskiedkundige feite wat daarop wys dat hierdie sekte van die Nasareners formeel oorleef het tot in die 13de eeu NC. Selfs die Rooms Katolieke skrywers soos Bonacursus wat in sy boek “Against the Heretics” na die Nasareners verwys as die sogenaamde “Pasagini”.
 
Waarom is hierdie kerkgeskiedenis onbekend aan die Christendom? Waarom was dit verbloem?
 
En toe verskyn Keiser Konstantyn op die toneel. Hierdie geskiedenis is toeganklik vir enige gelowige om na te vors en te bestudeer..
 
‘N RILLER VAN KORRUPSIE EN BEDROG
DIE BEGIN VAN MODERNE CHRISTENDOM
 
Daarom weereens, “KOM DAARUIT”.
 
Keiser Konstantyn was ‘n vurige songod-aanbidder wat die Romeinse ryk uitgebrei het deur talle suksesvolle oorloë en veldslae. In die proses het Konstantyn ‘n skyn bekering gehad waartydens hy ‘n sogenaamde “kruis” in die lug gesien het. Hy het vir baie jare ‘n geestelike rol en politieke rol vervul wat inmekaar verweef was en wat tot wesenlike tragiese gevolge gely het wat tot vandag toe nog in ons moderne tyd van krag sou wees. Ek sal nou nou weer na hierdie aspek toe terug kom.  
 
Geskiedskrywers sê dat die Romeinse Ryk nie tot ‘n einde gekom het nie. Dis voortgesit in die Rooms Katolieke Kerk as gevolg van die aktiewe rol wat Keiser Konstantyn gespeel het gedurende sy leeftyd.
Keiser Konstantyn het reeds gedurende 313 NC met die Edik van Milan godsdiensvoorregte aan alle groepe wat bekend gestaan het as christene, gebied. Hulle kon hul godsdiens sonder vrees vir aanvalle deur regeringsinstansies en ander afgodsdiensbeoefenaars, beoefen. Soos wat tyd verloop het, het hy wette gepromulgeer om die nuwe staatskerk te ondersteun en te laat floreer.
Romeinse wette het egter slegs daartoe meegewerk dat die Roomse Katolieke Kerk gevestig kon word as die enigste christelike kerk in die Romeinse Ryk. Konstantyn het homself verklaar as “Pontifex Maximus” (hoogste opperpriester) en het toe ‘n hiërargie van aartsbiskoppe en ondergeskikte biskoppe daargestel. Dis hoekom ek hom sommer ook die eerste pous noem.
 
Gedurende 321 NC is die eerste “sinode”-sitting gehou waarvan hierdie einste Keiser/Pous die saamroeper en voorsitter was. Die hoof doel hieragter was om die sogenaamde christelike kerk te suiwer van alle “Joodse invloede en Joodse identiteit”. Alle gebruike en gewoontes wat net na Jood geruik het, is verbied. Die Torah is afgemaak as verouderd en slegs op die Jode van toepassing.
Daar is ‘n begin gemaak om die Feeste van Yahweh (Lev. 23) te kaap en te vervang met heidense Afgodsfeeste. So is die Pasga Fees wat insluit die Fees van Ongesuurde Brode vervang met die heidense afgodspaasfees (Easter). Die onderhouding van die Shabbat (7de dag) het ook onder die spervuur gekom.
 
Gedurende hierdie betrokke sitting is die ou heidense idee van ‘n drie-enige godheid weer geopper en verder gedryf – Nimrod se ou demoniese onheilige drie-eenheidskonsep – en ons geestelike leiers dwarsoor die wêreld hamer op hierdie sataniese beginsel wat satan reeds in Nimrod se tyd inisieer het. As jy vandag die drie-eenheid bevraagteken, is jy summier kwansuis ‘n ketter – wat dit ookal beteken.
Intussen beledig hulle die lewende Skepper van die heelal met hul kortsigtige weiering om feite te bestudeer en na te vors waar en hoe dinge verkeerd begin gaan het. Die mens se argument is mos belangriker en weeg swaarder as dit wat die Skrif direk vir ons sê in die verband: “Hoor Yisrael, Elohiem Yahweh is EEN (echad)”.
 
Hierdie was bloot die begin van vele veranderinge wat Konstantyn inisieer het.
 
KEISER KONSTANTYN
VOORSITTER VAN DIE SINODE IN 325 NC
 
Die Rooms Katolieke Kerk het eintlik tot stand gekom in 325 NC met hul eerste ‘Pous’, die Romeinse Keiser, Konstantyn, as die hoof van die kerk. Konstantyn was inderdaad ook die voorsittende beampte tydens die betrokke “sinode sitting” in 325 NC by die vergadering van Nicaea. Hy het besprekingspunte en stemmings op daardie vergadering geplooi en gereël soos hy wou. Gaan lees maar die webwerwe, die geskiedenis is oop vir almal wat wil lees.
“Pous” Konstantyn het die eerste dag van die week as “Dies Solis” of “die dag van die son” bekend gestel en ingestel. Hy het die vermetelheid gehad om die (7de dag) Shabbat-dag te vervang met die dag waarop die songod Mithra vereer en aanbid is – sondag.                                                            
Tot met sy dood het hy “Yesu” (Latyn vir “Iesous”) alternatiewelik gebruik vir Mithra wat deur hom aanbid was – die afgod wat ‘Sol Invictus’ genoem was – die onoorwinlike son, die god van Persië.
ONTHOU “IESOUS”, “YESU”, “JESUS” IS GRIEKSE AFGODE. HY IS NIE DIE MESSIAS SKEPPER VAN DIE HEELAL NIE
 
YAHUSHUA IS ‘N SUIWER HEBREEUSE NAAM
DIREK VANAF DIE VADER YAHWEH MET ‘N BESONDERE BETEKENIS “YAH IS REDDING/VERLOSSING”.
 
“IESOUS/JESUS”, DAARENTEEN
IS ‘N KONKOKSIE VAN AFGODSNAME SONDER ENIGE BETEKENIS
 
Keiser/Pous Konstantyn wordverantwoordelikgehou vir die gebeure indie kerkgeskiedenis waartydens die “Christendom” tot staatsgodsdiens verhef is en baie hedendaagse teoloë eer hom daarvoor!! Die meeste bronne beweer dat Konstantyn inderwaarheid die satanies geïnspireerde hiërargiese godsdiens begin het. “Van bo af, die pous, “pontifex maximus” (opper priester), dan die kardinale, aartsbiskoppe, gewone biskoppe, priesters, monnike, nonne en dan die “gepeupel”. Dit was Konstantyn wat die Roomse Kerk tot stand gebring het en die uiteindelike Christendom soos ons dit huidiglik ken.
Die optrede van Konstantyn het die Roomse Kerk aan die gang gesit wat sy invloed tot in die donker middeleeue laat geld het. Die kerk het die opper gesag gehad oor die wetenskap, onderwys en die regering. Vir baie honderde jare is slegs die Katolieke priesters toegelaat om die Bybel te lees en te vertolk vir die gewone man.
 
Martin Luther het in 1517 begin protesteer en die protestantse hervorming begin deur ‘n teologiese rebellie teen die Roomse Kerk aan die gang te sit. Dit was maar die begin van die hervorming want sedert Martin Luther het hordes splintergroepe ontstaan. Elkeen het deur die eeue heen op hul beurt klem gelê het op bepaalde geloofsoortuigings wat agterweë gelaat is deur die eerste hervormers.
Maar deur die eeue heen was daar altyd ‘n baie baie klein minderheid wat volgehou het om die volle waarheid van die Skrif na te volg en te predik en te onderhou. Daarom is dit so lewensbelangrik om die kerkgeskiedenis te ken en om die Hebreeuse taal te bestudeer en om die Skrif te ken. In die boek van Juda 1:3 lees ons:
“…….. het ek die noodsaaklikheid gevoel om julle deur my skryf te vermaan om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die afgesonderdes oorgelewer is”.
 
Dit is duidelik dat hierdie Apostels ervaar het hoedat die geloof en leringe wat hulle van Yahshua Messias ontvang het, in hulle tyd reeds onder skoot gekom het en afgemaak en gekontamineer is met heidense gebruike wat anti-Torah was. Hierdie afval waarteen Paulus waarsku, die man van wetteloosheid/Torahloosheid, het toegeneem en momentum gekry onder Konstantyn.
 
DIE KRUIS IS ‘N SIMBOOL VAN DIE SATAN
 
Die geskiedenis leer ons dat Keiser Konstantyn, die Romein, ‘n vurige son-god aanbidder was. Terwyl hy verwikkel was in ‘n ernstige oorlog op die grens met die Duitsers het hy ‘n segetog beleef en dit voortgesit in die rigting van Italië waar hy met sy kleiner weermag groteres oorweldig en vernietig het. Op pad na Rome toe is hy gekonfronteer deur ‘n oorweldigende oormag van Genl. Maxentius wie in die slagting wat gevolg het, sy lewe verloor het.
Konstantyn moes ‘n emosionele euforie beleef het want hy het kwansuis ‘n visioen gehad van ‘n kruis wat voor die son verskyn het en ‘n stem wat vir hom gesê het dat hy onder die teken van “the Christos” moet veg en dat hy dan sou wen.Hy het ook die skilde van sy soldate waarvan die oorgrote meerderheid son-god aanbidders was, laat verf met die embleem van “the Christos”. Hierdie “kruis-teken” was egter die fertiliteit simbool van die songod Tammuz en ook van die godin Ishtar (Easter). Die kruis was niks anders as ‘n sekssimbool nie – en Konstantyn gebruik hierdie Tammuz-teken as die teken van die ware Skepper.
 
Die geskiedenis van Konstantyn is gekenmerk deur oorloë en geweld en bloedvergieting en die oorneem van koninkryke – konflikte, bloed aan sy hande. Hierdie is ‘n geskiedenis wat elke gelowige self behoort te gaan bestudeer. Jy sal nooit weer daarna dieselfde oor dinge dink nie en veral ook nie toelaat dat teoloë jou aan jou neus laat rondlei nie want baie leerstellinge wat ons vandag in ons kerke glo, kom uit die “sinode-sittings” uit die tydperk van Konstantyn uit. “Sinode-sittings” waartydens hyself opgetree het as die voorsitter en soms sy eie agendas skelm deur gevoer het – later meer hieroor – dis in elk geval vrylik beskikbaar om te lees.
 
Katolieke, wat onkundig was omtrent die afgodssimboliek van die “kruis”-teken, fertiliteit- en sekssimbool, glo dat hierdie vermeende “wonderwerk teken” die basis was van Konstantyn se bekering tot die Christendom. Dit het direk gelei tot die geboorte van die Rooms Katolieke Kerk wat sedertdien ongelooflike en onmeetbare aardse rykdomme versamel het.
 
Uit dankbaarheid vir die oorwinnings wat hy behaal het, word die Messiaanse geloof SAAM met die bestaande son-god godsdienste as die amptelike staatsgodsdiens verklaar. Messiaanse gelowiges word toe nie meer vervolg nie, want hulle het nou die beskerming van Konstantyn. Hulle kan deelneem in die arbeidsmark en ‘n rooskleuriger aardse toekoms blink vorentoe vir hulle. Onder leiding van Konstantyn vind ‘n sataniese vermenging plaas tussen die werklike gelowiges en die afgodsdiensaanbidding van die son-godaanbidders. Nie lank nie of Yahushua word ook in son-god terme beskryf – “die son van geregtigheid”, “die son van waarheid”, “die son van opstanding”, “die son van redding”. Die metafore in die Skrif word uit verband geruk en dien as basis vir die saamsmelting van Messiaanse waardes met die van son-god afgodediens. 
 
Mens kan met reg praat van ‘n “baster” godsdiens wat tot stand gebring is. Christene begin selfs om saam met son-god aanbidders hul aanbiddingsdienste by te woon. Leo die Grote skryf dat dit die gebruik was van christene wat hulself gelowig geag het, om op die trappe van die St. Peters Kerk loftuitinge en aanbiddingsgebede aan die son te bring. Dit het daartoe gelei dat talle politieke leiers hul volgelinge verenig het in en deur die aanbiddingsgodsdiens van die een son-god wat homself as die Vader-God van die Christene openbaar het en wat ook die god was van die gewilde Mithras kultus van sonaanbidding.
 
Dit raak erger!! Bo en behalwe dat die Christendom die status van staatsgodsdiens gehad het, het Keiser Theodosius, 378-395 NC, begin om kerklidmaatskap wat buitendien reeds verpligtend was, af te forseer by wyse van wetgewing. Dit was een van die ergste tragedies wat die ‘godsdiens’ getref het. Geforseerde ‘bekerings’ tot die Christendom het die lidmaattal aangevul met onbekeerde heidense lidmate wat afgodediens beoefen het.
Die Romeinse Ryk (Roomse Kerk) word verenig en versterk deur die slagting van Jode en Torah-onderhouers wie in Yahshua Messias geglo en wie steeds Sy leerstellinge wat deur die eerste Apostels onderhou is, gevolg het.
 
DIE GESKIEDENIS DUI DAAROP DAT DIE
ROOMSE KERK TEEN DIE VIERDE EEU
FEITLIK ALMAL WAT IN YAHSHUA DIE MESSIAS GEGLO
 EN SY GEBOOIE NAGEVOLG HET, VERMOOR HET
 
Maar daar was deur die eeue heen altyd ‘n klein oorblyfsel van ware getroue Nasareense gelowiges wat aan die Messias Yahshua vasgehou het en Sy Torah onderhou en nagekom het. Soveel so dat die biskoppe van die Roomse Kerk in die DERTIENDE EEU weereens vir die soveelste keer probeer het om “ketters” wat in die Messias Yahshua geglo en Sy Torah onderhou het, uit te moor. Onder so ‘n groep is ‘n afskrif van die evangelie van Matteus gevind wat heel oorspronklik in Hebreeus/Aramees geskrywe is.
 
‘N HEBREEUSE/ARAMESE VERTALING
VAN DIE EVANGELIE VAN MATTEUS WORD ONTDEK
 
In hierdie evangelie word die Messias Yahshua uitgebeeld as ‘n onderhouer van die Torah, strydig met die weergawe in Johannes waar die Roomse vertalers die Messias voorstel as ‘n Torahlose man wie suurdeegbrood vir duisende mense tydens ‘n wonderwerk voorsien gedurende die Pasga en Fees van Ongesuurde Brode, ‘n fees wat Hyself skynbaar nie eens bywoon nie! Dit is verblydend dat daar altyd maar ‘n klein oorblyfsel was van ware Nasareense gelowiges wat in Yahshua geglo en Sy Torah onderhou en nagekom het.
 
VERVOLGING GAAN WEER PLAASVIND VIR DIE
OPREGTE GELOWIGE IN YAHSHUA – NIE ‘N WEGRAPING NIE
 
En let wel, daar gaan weer ‘n stadium kom in ons geskiedenis, nie baie ver vorentoe nie, dat die Jesuïtiese Orde van die Vatikaan jag gaan maak op alle gelowiges wat in Yahweh, die Vader Elohiem en Sy Seun Yahshua glo. Wie Sy Torah onderhou en nakom, die Shabbat, Sy Feeste, en ander Torah verordeninge wat nog nagekom kan word, gehoorsaam. Die Chanukah geskiedenis weer van vooraf! Hierdie oefening gaan heelwaarskynlik plaasvind saam met die Islam jihad wat ook weer in gruwelike bose bloedvergieting gaan plaasvind waartydens gelowiges se koppe letterlik afgekap sal word.
Baie onlangs (2008) het die Liturgiese oorsig-komitee van die Vatikaan ‘n verbod geplaas op die gebruik van die Hebreeuse Name van die Skepper Yahweh en Yahshua gedurende hul eredienste en tydens die sing van hul liedere. Die hoog-afgesonderde en aparte Hebreeuse Name mag glad nie in hul liedere vertaal word nie.
 
‘n Baie geldige vraag is “Hoekom sou die vatikaan ‘n verbod plaas op die gebruik van die Skepper se Hebreeuse Naam – Yahweh en Yahshua? As dit nie verdag is nie!! Dit behoort alles vir jou te sê!! Kyk na die uittreksel uit ‘n direktief direk van die pous af aangaande die gebruik van die Skepper se Naam:
“Catholic Church Against His Name” by Francis X. Rocca -- 08-14-08 VATICAN CITY (RNS) Catholics at worship should neither sing nor pronounce the name of God as "Yahweh," the Vatican has said, citing the authority of both Jewish and Christian practice. The instruction came in a June 29 2008 letter to Catholic bishops conferences around the world from the Vatican's top liturgical body, the Congregation for Divine Worship and the Sacraments, by an explicit "directive" of Pope Benedict XVI.”
 
Hierdie inligting kry jy op die Rooms Katolieke webwerwe – hulle steek dit nie eens weg nie – so arrogant teenoor die Skepper Elohiem.
 
Kom ons keer weer terug. Daar was vreugde vure en ‘n gejuig in die geestesonderwêreld. Duiwelaanbidding kon voortgaan soos vroeër in die ou Testamentiese tye, behalwe dat dit nou sommer ook onder die vaandel van die Skepper kon geskied.
Argeologie en geskiedenis uit daardie tyd het getoon dat die bekende “halos” of sonskynkringe om afbeeldinge en skilderye van die Messias en van die Vader asook die Christus-figuur, moeder Maria en ook op ander persoonlikhede uit die Skrifte gedurende daardie spesifieke periode, hul opwagting gemaak het.
 
In geskrifteword duidelik aangetoon dat son-god en maan-god aanbidding gedurende en direk na Konstantyn geweldig beklemtoon en aangemoedig is. “In Javier Teixidor, The Pantheon of Palmyra” sien ons hoe die sonstrale saam met die sekelmaan duidelik ten toon gestel word op twee afsonderlike beelde en bo oor ‘n afbeelding van God die Vader en die Seun van God.
 
Gedurende hierdie tyd word Yahushua uitgebeeld tussen “Vader Son” en tussen “Moeder Maan”, die Messias aan die kruis met ‘n son-godheid en ‘n maan-godheid bokant sy kop. Abraham van die ou Verbond word uitgebeeld waar hy op die punt staan om Isak te offer met die son en die maan wat hulle dophou van bo. Ook ons Messias wat gedoop word met die son- en maan-gode wat oor Hom toekyk.
 
SON-GOD AANBIDDING WORD VERWEEF
MET DIE MESSIAANSE GELOOF
 
Ons het onweerlegbare bewyse dat tydens die bewind van Konstantyn, die aanbidding van die sterre en die son in mekaar verweef is met die Messiaanse geloof, ‘n verbastering, ‘n gruwel in die oë van die Allerhoogste YAHWEH.
Dit is in wese astrologie of astrale godsdiens wat sy oorsprong in Babilon het en uiteindelik in Rome beland het. Vandag in ons moderne tyd in hierdie verligte eeu word dit steeds beoefen!!
Hoeveel van ons maak ons skuldig aan fortuinvertellery? Hoeveel van ons “aanbid” die horoskope in die tydskrifte “Wat sê die Sterre”?
 
YAHWEH neem dit nie ligtelik op nie. Hy dink nie dis ‘n grap nie – dit is ‘n gruwel in sy oë!! Want dit is nie ‘n grap nie, dit is werklike afgodediens waarteen Hy ons waarskuen werklike lewendige duiwels is betrokke by die hele proses waartydens ek“onskuldig” en terloops net deur blaai en lees “wat sê die sterre”.
Ons moet by kom. Ons moet ophou om ‘n gesindheid te openbaar van “dis nou laf”, “ek is mos nie ernstig nie”, “hoe kan dit dan nou so ‘n ernstige sonde wees?”.
 
Weet jy wat doen jy? Jy verhef jouself as ‘n god en jy verhef jouself bo YAHWEH want jy neem Sy Wette en Voorskrifte en Reëls ligtelik op. Jy sê in wese dat Yahweh se Wette eintlik “stupid” is en jy minag dit. Jy sal jou moet bekeer tot YAHWEH en jy sal Sy Gees moet vra om in jou hart en in jou verstand te werk wanneer jy konfronteer word met heidense afgodsgebruike.
 
Heidense afgodsdienste, watook die aanbidding van die voorvadergeeste impliseer, is VERBODE vir die kinders van YAHWEH, veral asdit vermeng is met die Ware evangelie boodskap.
 
BOSE GEESTE RAPPORTEER AKKURAAT
 
Hoeveel Christene besoek nie “spiritistiese mediums” om geeste van afgestorwenes te laat op roep nie? Baie van hulle doen dit in die naam van ‘jesus chrestos’. Hulle laat geeste wat waarsê, oproep, en deesdae is dit sommer kwansuis ‘engele’ wat in die naam van ‘jesus’ opgeroep word om vir die lewendes te kom vertroos en aan hulle sekere geheime inligting bekend te maak. Luister mooi, hulle gebruik ‘n duiwel, ‘n demoon met die naam van ‘jesus’ om hierdie sogenaamde geeste van dooies op te roep. Dit wat verskyn is bloot duiwels, bose geeste wat die lewendes se vrae beantwoord.
 
Ek weet van ‘n geval waar die ‘gees’ bepaalde verborge inligting aan die agtergeblewenes meegedeel het wat geensins deur gewone kanale verkry kon word nie. Dis grillerig, maar dis bloot inligting wat deur demone verskaf word – ‘familiar spirits’ – bekende bose geeste wat heeldag bewus is van jou doen en late, wat in jou nabyheid en die van jou gesin, verkeer. Niemand ontken die egtheid daarvan nie MAAR Yahweh waarsku ons uitdruklik teen hierdie praktyke in Levitikus 19:31 en ook 20:6Dis verbode – Yahweh het gepraat!!
En as iemand daarin slaag om waarhede “uit die dode” te bekom en dit te verkondig, is dit bloot demone, bose geeste, wat hierdie waarhede aan daardie persoon openbaar – dis verbode.
 
Dit is juis satan se taktiek om waarhede te vermeng met onwaarhede en dit aan die mens voor te hou as die waarheid. YAHWEH sal nooit afstand doen van sy eie reëls en voorskrifte en wette nie. “Die Hemel en aarde sal verby gaan maar geen jota of titel van die wet sal ……”
 
Begryp jy HOE EWIG en STANDVASTIG die Wette van YAHWEH is, soos vervat in die ou Verbond van die Skrif!   Die FISIESE AARDE EN HEMEL sal tot niet gaan MAAR SY WOORDE soos vervat in die Wet en die Profete en die Psalms, (ou Verbond) SAL NOOIT verby gaan nie. ‘n Groot deel van die Ou Verbond moet nog vervul word in die toekoms.  
 
Die son, maan en sterre, ook bekend as “the host of heaven” waarvan die son die belangrikste en grootste liggaam is, verskaf hitte aan mens en dier en groei aan plante. Die mens het, heeltemal tereg ook, want YAHWEH het hulle geskape, ‘n ingebore bewondering vir hierdie hemelliggame maar dit is ook waarom YAHWEH Sy Gebooie Verbond vir Sy Volk Israel gegee het om te gehoorsaam – dit was ‘n huwelikskontrak tussen die Elohim YHWH en die Israel volk. 
Hy het hulle gewaarsku teen die verslawende en vernietigende effek van die aanbidding en diens aan die son, maan en die sterre in die hemelruim, – “the host of heaven”.
In Deut. 17:3-5 leer ons dat enige een in Israel wat skuldig was aan die aanbidding van die son, of die maan of enige van die sterre in die hemel, dood gestenig moes word. Nou ons weet YAHWEH kan nie verander nie. Hy is vir ewig en altyd dieselfde en Hy verdra dit dus vandag ook nie.
 
Soos jy kan aflei, is letterlik BILJOENE MENSE bedrieg en mislei deur die eeue. Die Babiloniese bedrog en misleiding van satan is noukeurig en sistematies vermeng tot ‘n “counterfeit” VALSE godsdiens watsaamgevatis inChristendom – met die beste wense van ‘n duiwelbesete heidense songod-aanbidder met die naam Konstantyn. Hierdie was ‘n suksesvolle operasie wat met die spreekwoordelike militêre presisie uitgevoer is.
 
OPERASIE ISLAM
 
Ondanks sy sogenaamde bekering beoefen Konstantyn nog vir baie jare son-god aanbidding, rig hy tempels op vir die son-gode, laat maak hy herdenkings muntstukke waarop son-god afbeeldings verskyn, laat hy sy seun onthoof en vermoor hy sy vrou in ‘n bad met kokende water. En sowat ‘n week of twee, net voor hy sterf in Mei 337 NC laat hy hom doop.
Asof dit nie genoeg was nie, het satan intussen OPERASIE ISLAM aan die gang gesit en teen ongeveer 600 NC inspireer satan vir Muhammad om Moslems te organiseer in ‘n "heilige" oorlog (JIHAD) teen die mensdom. Hul god, die maangod, Allah en hul profeet Muhammed, ‘n moordenaar, dief, verkragter met ‘n ses (6) jarige bruidjie – Aesha wat nog pop gespeel het. Wat noem ons nou weer sulke mans? Ekskuus? Daar is dokumentêre bewyse dat hy 22 vrouens gehad het, in stede van slegs vier (4), soos sy Koran bepaal. Dus nog ongehoorsaam boonop.
 
Islam het ook letterlik biljoene mense bedrieg wie nou verlore is. En ons dink partykeer satan is “stupid”? Hy sit vir ons ore aan en ons weet dit nie eens nie!! Selfs George Bush dink dan dat sy god en die Moslem se god een en dieselfdeis!! Tony Blair ook!
 
Operasie Rooms Katolisisme korrupteer die Blye Boodskap van Yahushua terwyl Operasie Islam die Blye Boodskap heeltemal repudieer, verwerp en vertrap. Briljant satan!! Maar YAHWEH het altyd geweet wat jou planne sou wees – voor die grondlegging van die planeet aarde af!! Die wete moet jou berserk maak omdat jy besef jou tydjie is nou baie kort.
 
Satan speel ‘n uiters belangrike rol in die drama wat tans besig is om te ontvou. In die Weste ken die Illuminati hom as “Lucifer” wat “liggewer” beteken wat hoegenaamd nie sy naam is of sy aard en integriteit beskryf nie. Sy naam is onder andere ook “Halal ben Shachar” wat beteken die “seun van die oggend/daeraad” in Hebreeus. Sy naam was dus profeties in die sin dat hy die skepper was van die son-godsdienste dwarsoor die wêreld in stryd/opposisie/kompetisie met YAHWEH self. Sy naam beskryf hom volkome. Halal beteken onder andere verfoeilik, besoedel, korrup.
Dit beskryf ook iemand wat homself voordoen, voorgee en namaak, leuens en bedrog skep, ens. Dit is satan. In die Aramese Peshitta word hy “Akel Kartza” genoem – lasteraar, leuenaar, rugsteker, bedrieër. Hy is die figuur agter elke afgodsdiens.
 
Wanneer ek willens en wetens ‘n afgodsnaam aanroep, of ‘n afgodsgebruik beoefen, dien ek satan, dien ek die duiwel, dien ek Baal, waarteen die Skrif ons ook waarskuongeag al my goeie, verligte, geleerde argumente ter ontkenning!! Dan is ek deel van die okkulte! Waarom sal ek eiesinnig voortgaan om te doen wat ek wil, en rebelleer teen die Allerhoogste?
 
 
 
 
 

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement