Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

HOE HET YAHUSHUA DIE AFGESONDERDE NAAM

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 19
 
HOE HET YAHUSHUA DIE AFGESONDERDE
NAAM VAN SY VADER HANTEER?
 
Wat was Yahshua se persoonlike benadering ten opsigte van die Hoogverhewe afgesonderde Aparte Naam van Yahweh teenoor die van die godsdienstige owerhede in Judea en Galilea wat ‘n wetlike verbod geplaas het op die uitspreek en gebruik van die Verhewe Naam – strafbaar met die dood. Het Hy Hom gesteur aan hierdie godsdienstige verbieding?
 
In Mat.6:9 leer Hy Sy dissipels hoe om tot die Vader te bid:
Onse Vader wat in die hemel is, laat u NAAM verhewe (heilig) (afgesonder) wees
Yahshua het nie net hierdie Hoë Afgesonderde Naam van Sy Vader geken nie, Hy het na die Israel volk in hierdie Naam gekom:
Ek het gekom in die Naam van My Vader,…”  Johannes.5:43.
 
Dit word gesê dat hierdie sinsnede eintlik maar net beteken dat Yahshua gekom het as gevolmagtigde van die Vader – dit is ook so. Maar Yahshua se naam was ook die Naam van Sy Vader. YAHU-SHUA se naam het die naam van Sy Vader YAHU-WEH bevat.
 
Die bewering word gemaak dat al die Yisraeliese sektes hulle weerhou het van die fisiese gebruik en uitspreek van die Vader se Naam, met die uitsondering van die Nasareners, die Weg, die eerste volgelinge van Yahshua wat bestaan het uit die dissipels en ander Yisraeliese gelowiges en ook Paulus wat beskryf was as ‘n voorman van die Nasareners, sien Hand. 24:5.
En in ‘n Talmud geskrif gedurende Yahshua se bediening, verwys ‘n sekere Rabbi verdoemend na Yahshua “Woe unto him who makes himself to live by the name of el”. Hierdie bepaalde verwysing staaf die getuienis dat Yahshua Sy Vader se Hoogheilige afgesonderde Aparte Naam fisies, letterlik en openlik uitgespreek het.
 
In ‘n messiaanse profesie in Psalm 89:19-37 lees ons dat YAHWEH die Messias Sy eersgeborene sou maak. Hierdie aanspraak word bekragtig in die hernieude verbond.
Romeine 8:29 (eersgeborene onder baie broers) en ook Kol.1:9-20 (eersgebore uit die dode) en dat “deur My Naam (Yahweh) sal sy horing (roem, mag) verhef word.” (Psalm 89:24)
 
Die profesie wat aan Moses gegee is in Deuteronomium 18:15-19 en ook Exodus 23:20-22 en wat deur Petrus in Handelinge 3:22-23 kwoteer is, as bewys dat Yahshua die verwagte Messias was, ondersteun die bewering dat Yahshua die Hoogverhewe Aparte Naam van Sy Vader letterlik fisies uitgespreek het.
’n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal Yahweh jou Elohiem vir jou verwek; na Hom moet julle luister – net soos jy van Yahweh jou Elohiem by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van Yahweh my Elohiem nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek. Toe het Yahweh vir my gesê: Dit is goed wat hulle gesê het. ‘n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam praat nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis.” Deut. 18:15-19; Exodus 23:20-22
 
Onthou Petrus kwoteer uit hierdie vorige gedeelte in Hand. 3:22-23 en dit beteken dat ook hy die Hoogverhewe afgesonderde en Aparte Naam, YAHUWEH, letterlike fisies moet uitspreek – want hy kwoteer verbatim uit die Torah uit.
Ook in Hebreërs 2:11-12 word die Messiaanse profesie van Psalm 22:22 kwoteer as bewys dat Yahushua die verwagte Messias is.
Want Hy wat afgesonder maak, sowel as hulle wat afgesonder word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy (Yahushua) Hom nie om hulle (Sy dissipels) broers te noem nie, wanneer Hy sê: Ek sal U Naam (YAHUWEH) aan my broers verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys;
 
Ek het reeds na Joh.17:26 verwys waar Yahshua self bevestig dat Hy Sy Vader se Naam bekend gemaak het aan Sy dissipels.
En dit is hierdie feit dat Yahshua openlik die Naam YAHWEH gebruik het in Sy omgangstaal met Sy dissipels en in die verkondiging van die koms van Sy Koninkryk, wat daartoe gelei het dat Yahshua vermoor is.
 
Die kerkleiers uit die Christendom verwys graag na die feit dat Hy vermoor en aan die folterpaal gesterf het weens die feit dat Hy Homself voorgehou het as die Messias van Elohiem. Feit is egter dat daar talle voor Yahshua en ook na Hom was wat hulself voorgehou het as die Messias.
 
VERSKEIE MESSIASSE
 
In Handelinge 5:34-37 word daar juis verwys na twee sulkes wie hulself as Messiasse voorgehou het, synde Theudas en Judas die Galileërs, wie se volgelinge verstrooid is na hulle dood. Na Yahshua se hemelvaart was daar ook nog Bar Gioras wat in 69 NC ‘n gewelddadige eerste opstand teen die Romeine gelei het en ook Bar Kochba in 132 – 135 NC. Beide het Messiaanse-status geniet want die Israelse volk het ‘n Messias verwag en hulle wou ‘n Messias hê. Maar Yahshua was vir die godsdienstige leiers onaanvaarbaar want hulle was jaloers op hom.
 
DIE GEES VAN JALOESIE VERMOOR YAHSHUA
 
Die publiek het Yahushua aangehang, sien Joh. 12:19. Hy is nie opgelei aan hulle bekende Sinagoges nie en Hy was ook nie van die talle Joodse sektes van daardie tyd nie. Ons lees dat dit die gewone mense was wat Hom gevolg het. Desondanks was dit duidelik dat wanneer Yahshua in die Sinagoges gepreek het, Hy geweet het waarvan Hy praat – soveel so dat die Fariseërs en ander skrifgeleerdes minderwaardig gevoel het. Hy het die mense sodanig geleer en onderrig soos iemand wat outoriteit gehad het en nie soos die skrifgeleerdes nie. Markus 15:10 deel ons dan direk mee dat Yahshua vermoor is as gevolg van jaloesie of nydigheid – gaan kontroleer self.
Yahshua het nie met die skrifgeleerdes gespeel of hulle met handskoene hanteer nie. In teenstelling met die godsdienstige leiers het Yahshua die Torah-instruksies streng gevolg. Hy het nie tyd gehad om te mors nie, Hy was vir ‘n beperkte (kort) tyd hier op aarde om Sy Boodskap aan die Verlore Stamme van Israel te verkondig. Hy het die godsdienstige leiers uitgekryt as “slange en ‘n geslag van slange/adders”, “hulle wie die profete vermoor het”, “skynheiliges”, vol van skynheilige wetteloosheid (Torahloos-heid) wat slegs belangstel in die bevordering van hul eie belange in plaas van die werklike doelstellinge van die hoogverhewe afgesonderde Skrifte. In Joh. 7:19 het Hy sommige van die Jode in die Tempel tydens die Fees van Tabernakels kasty met die volgende woorde:
“Het Mosheh julle nie die Torah gegee nie? EN NIEMAND VAN JULLE HOU DIE TORAH NIE. Waarom wil julle my om die lewe bring?”
Dit was geen nuwe verskynsel dat die Torah van YAHWEH nie onderhou is nie. Niemand in die Christendom onderhou vandag meer die Torah nie. Mag Sy Ruach ons so dring dat ons dit kan terug plaas in ons lewenswandel.
 
Yahshua het nie geskroom om sarkasties teenoor die Fariseërs en skrifgeleerdes op te tree nie – Mat. 15:4-9:
“Want Elohiem het bevel gegee en gesê: Eer jou vader en moeder; en: Hy wat vader of moeder vloek, moet beslis sterf. Maar julle sê: Elkeen van aan vader of moeder sê: enige voordeel wat u van my sou kan geniet, is ‘n offergawe – daardie een hoef sy vader of sy moeder glad nie te eer nie. So het julle dan die gebod van Elohiem kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. Geveinsdes, tereg het YashaYahu oor julle geprofeteer toe hy gesê het: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is”.
 
Yahshua het nie tyd gehad vir diegene wat nie Sy gebooie onderhou het nie – vandag nog steeds ook nie. Hy waarsku dan dat Hy vir diegene sal sê:
Gaan weg van My af julle wat die wetteloosheid/ Torahloosheid doen”.
En laat ek dit nou maar duidelik stel. Hy, Yahweh Yahshua sal in straf gerig gaan en optree teen alle Torahloses. Maar ons voel niks. Ons voorouers het hulle bloot net nie gesteur aan die Skrif nie. Ook hulle eie menslike interpretasies gevolg en dit probeer regverdig aan die hand van die Bybel – die nuwere testament.
 
Soos reeds daarop gewys, bestaan daar geen verwantskap of ooreenkoms tussen die naam Yahushua (Yahu is redding/verlossing) en die naam “Jesus” wat taalkundig terug gespoor word na Iesous (wat ‘n genitiewe verbuiging is van die naam Ieso synde ‘n afgodsgodin van genesing in die Ioniese dialek van die Grieke) nie, net so min as wat hul betekenisse ooreenstem.
 
SATAN HOU VOL MET SY BEDROG
 
Maar steeds het die Satan aangehou met sy bedrog en sy lasterlike pogings om die naam van YAHWEH en die van Sy Seun, Yahushua uit die Skrifte uit te kry en/of om dit te laat vervang met songod-afgodediens name.
 
So laat as 1611, slegs 41 jaar voordat Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het, het hierdie bedrog nog steeds plaasgevind. Die King James Version van die Engelse “Bybel” (die heel eerste “Bybel”) het in die heel eerste uitgawe daarvan in 1611 die naam “Iesus” gebruik tot en met die 1628 uitgawe.
Ek het dit reeds aangetoon uit sowel die Bishops Bybel, die Geneva Bybel as die KJV. In die 1629 uitgawe (volgende vertaling klink bekend nê?) van die King James Version het die vertalers besluit om die naam aan te pas en verskyn dit vir die eerste maal as “Jesus”. ‘n Duisend seshonderd nege en twintig jaar NC, slegs ‘n kort rukkie gelede, 23 jaar voor Jan van Riebeeck die halfweg-pos aan die Kaap gestig het!! Dit wil lyk asof die Satan van mening was dat die naam “Iesus” darem te naby aan “Iesous” was en dat ‘n volgende vertaling nodig was om dit darem bietjie verder weg te vertaal.
 
As dit jou nie laat dink en wonder nie….. Die duiwel het dit reggekry, maar hy word ontmasker en sy werke ontbloot – tenspyte van die teoloë wat hom ondersteun deur te debatteer dat “Jesus” afgelei is van Sy Hebreeuse naam!! Watter “jesus”? die demone met daardie selfde naam of die demoon wat van “Iesous” afgelei word? Die saak raak moeiliker!!
WIE is hulle vader dink jy? Yahushua antwoord dit self in Sy hernieude Verbondskrifte. Mens kan nie glo dat mense so stiksienig en onwrikbaar kan vasklou aan ‘n valse afgodsnaam sonder enige betekenis nie. Wat neem dit van hulle om die Skepper van die heelal op Sy Hebreeuse Naam te noem, soos Hy Homself aan die mensdom bekend gestel het? Is hulle skaam om te erken dat hulle vir soveel jare verkeerd was en dat hulle ander gelowiges verkeerd geleer en gelei of mislei het?
 
Slaan oorteshuva - bekeer tot YAHWEH. Kom uit die heidense Christendom uit en begin leef volgens die Wet van Elohiem, soos Hy van jou verwag. Maar dit gaan nie so maklik wees vir jouself wat nou op hierdie stadium hierdie kennis verwerf het, om net eenvoudig voort te gaan om Hom aan te spreek op Sy afgodsname en afgodstitels nie. As jy Hom, die Skepper Vader lief het, sal jy MOET ophou om enige van die afgodsname te gebruik – want daardeur sal jy duiwels praktyke beoefen, sal jy ‘n domino-reaksie in die geesteswêreld aan die gang sit en sal jy Yahushua onteer en verneder bloot deur die feit dat jy moedswillig en doelbewus volhou om afgodsname te gebruik wanneer jy na Hom verwys of Hom aanspreek. Jy het nou die kennis. Jy sal jou moet bekeer tot Yahuweh die enigste ware Yah/Elohim. Hoe dink jy wat ervaar Yahshua as jy, wie nou weet dat Sy Naam nie “jesus” is nie, steeds volhou om ‘n afgodsnaam aan Hom toe te dig en aan te spreek as “Iesous”, afgodsgodin van genesing. En teen hierdie tyd het jy ook al gehoor dat daar ‘n werklike bose gees, ‘n duiwel, ‘n demoon bestaan met die naam van ‘jesus’. As jy hierdie feite nie glo nie, moet jy self gaan navorsing doen – jy kan dit nie maar net ignoreer nie.

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement