Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

GESKIEDENIS: EEUE SE BEDROG

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 2
 
GESKIEDENIS:  EEUE SE BEDROG
 
Die inhoud van hierdie navorsingstuk is skokkend – skrikwekkenddis ‘n riller vir enige opregte gelowige kerkganger wat onbekend is met die kerkgeskiedenis, onbekend met die agtergrond en oorsprong van die heidense gebruike en gewoontes in die hedendaagse Christelike kerk. Jy weet dalk nie eens dat hierdie alledaagse Christelike gebruike en gewoontes oorspronklik uit die heidense afgodediens kom nie. Hierdie boek gaan jou oë laat rek – jy gaan dit of vroeg een kant toe smyt of jy gaan dit klaar lees. As jy dit klaar gelees het, sal jy nooit weer met dieselfde oë na die Christendom om jou kyk nie, of met dieselfde ore na die Christen-evangelie luister nie. Jy sal of ‘n algehele radikale paradigma skuif van jou denke ervaar, of jy sal dit bloot ignoreer as van minder belang – dit kan tog nie so erg wees nie.
 
Die probleem is egter dat indien jy eers kennis geneem het van die inhoud van hierdie navorsingstuk, jy geen verskoning gaan hê wanneer jy jouself moet verweer deur te kla dat jy nie geweet het nie. Die lees van hierdie boek kan jou in die beskuldigde bank plaas – die inhoud is gegrond op feite, nie algemene vae stellings nie. Dit gaan oor wesenlike onbetwisbare feite, uit die geskiedenis, dat die Protestantse Christendom deurweef en besoedel is met heidense afgodsgebruike en afgodssimbole wat die Skepper van die Heelal haat. Jy kan nie onaangeraak bly na jy hierdie feite gelees het nie. Dit gaan oor leuens, korrupsie, misleiding en bedrog in die geesteswêreld en ook in die fisiese reële werklikheid waarin ons leef.
 
Dit is nie fabels nie maar berus op ware feitelike geskiedenis waarvan ons teoloë kennis dra. So seker as wat jy kan wees dat Jan van Riebeeck op 6 April 1652 in die Kaap aangekom het, so seker en werklik is hierdie feite wat in hierdie navorsingstuk uitgelig word – dit kan nie net sommer onder die mat in gevee of weg gewens word nie.
 
Die ironie, die groot hartseer-siek-grap is dat hierdie feite nie nuut is nie. Dit is ou feite wat net vir baie eeue weg gesteek is onder ‘n hoop leuens en bedrog. Toe ek dit die eerste keer raak gelees het, was ek totaal oorbluf. Ek was verslae. Ek het dae lank in ‘n dwaal rond geloop. Ek het gedink ek het afgekom op boeke en geskrifte wat ‘n samesweringsteorie propageer, wat totale nuwe geheime kennis waarvan niemand nog ooit iets gehoor het nie, aan my wil kom staan en afsmeer. Ek was werklik oorbluf.
 
Ek is nie ‘n analfabeet nie. Hoe is dit moontlik dat ek so onkundig kon wees. En hoe meer ekself begin navorsing doen het, des te meer het ek begin agterkom dat hierdie “nuwe feitelike inligting” ou bekende historiese feite is – net weggesteek – verdoesel – agter ‘n masker van leuens en bedrog.
 
Een van die belangrikste vrae in die lewe van ‘n gelowige bly: “Wie aanbid ek?” “Wat is die naam van die god wie ek aanbid?” “Het hy ‘n naam”? “Wat is sy karakter? “Wat is sy aard”? “Wie is hy?” “Wat verwag Hy van my? “Hoeveel ander gode is daar?” “Is die god van die Islam/Moslems dieselfde as die god van die christene of die gode van ander godsdienste?” “Aanbid ons nie maar op die ou end net een en dieselfde god nie?” “Is daar meer as een god”? 
 
DAAR IS BAIE GODE EN BAIE HERE
HOE VERSKIL DIE ‘NUWE TESTAMENTIESE’ MESSIAS
VAN DIE ‘OU TESTAMENTIESE’ ELOHIEM (GOD)?
IS HULLE DIESELFDE OF HET ONS TE
MAKE MET TWEE VERSKILLENDE ‘GODE’?
 
Hierdie is gewigtige en baie relevante vrae. Jy moet baie mooi dink hieroor, want Paulus bevestig presies die kern van hierdie vrae in 1 Kor.8:5-6 en hy beklemtoon die feit dat daar inderdaad meer as een ‘god’ bestaan, ofskoon hy die stelling kwalifiseer vanuit sy spesifieke oogpunt:
 
Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is—SOOS DAAR BAIE GODE en BAIE HERE IS— tog is daar vir ons maar een Elohiem, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Meester, Yahshua die Messias deur wie alles is, en ons deur Hom”.
 
Paulus sê dus DAAR IS BAIE GODE EN BAIE HERE in die hemel en op die aarde.
 
Die aanbidders van alle ander heidense godsdienste bid tot ‘n spesifieke GOD en hulle noem hom ook GOD of LORD (in Engels). Net so bid alle Protestantse of Roomse Christene ook tot “GOD” en “HERE” en “LORD”. Dit is ook die algemene aanspreekvorme vir die GOD van die Christene. Wie is hierdie ‘GOD’ en ‘HERE’ en ‘LORD’? Na wie verwys hierdie titels? Dit kan beslis nie ‘n naam wees nie. “Wie is ‘ALLAH’ en hoe verskil hy van ‘GOD’, ‘HERE’ en ‘LORD’, as daar ‘n verskil is?
 
Een feit moet ons aanvaar, jy sien, selfs die satan het dit reg gekry om as GOD of HERE of LORD aanbid te word. Satan het ook hierdie titel vir homself toegeëien. Die oorgrote meerderheid van gelowiges weet nie dat die titel “GOD” inderdaad verwys na satan – die “GOD” van hierdie wêreld, die regeerder, die prins, die owerste, die magtige, die bose (2 Kor. 4:4, Joh. 12:31; 14:30; 16:11 en 1 Joh.5:19). Satan is en word ook GOD genoem – dit is die titel wat sy volgelinge gebruik om hom te aanbid.
 
SATANISTE EN CHRISTENE GEBRUIK EEN EN DIESELFDE
TITEL VIR HUL ONDERSKEIE GODE!!!!
GOD EN HERE EN ‘LORD’!!!
 
Lidmate van alle ander vreemde afgodsdienste en heidense gelowe en selfs SATANISTE gebruik ook hierdie titel “GOD” of “LORD” of “HERE” wanneer hulle hul eie gode aanbid of as hulle na hul eie onderskeie gode verwys – net so gebruik die CHRISTENDOM ook hierdie titel – GOD/ LORD/ HERE – net soos enige ander afgodeaanbidder.
In sy aanspreekvorm verskil die Christendom se “GOD/LORD/HERE” dan eenvoudig niks van die “GOD/LORD/HERE” van die heidense afgodeaanbidder nie – die heidendom, satansaanbidders en die christendom gebruik ALMAL dieselfde naam of titel vir die objek van hul aanbidding – “GOD/ LORD/ HERE”. Satan het homself reeds hierdie titel toegeëien. Hierdie titel, “GOD/ LORD/HERE”, IS DIE TITEL VAN DIE UNIVERSELE GOD VAN DIE NUWE WêRELD ORDE – SATAN!!!
 
Dus, die Christendom bevind hom in presies dieselfde geselskap as die van ander heidense godsdienste – hulle het almal een gemeenskaplike aanspreekvorm vir hul onderskeie gode. Almal aanbid en almal gebruik die algemene gemeenskaplike term wat betrekking het op BAAL, ‘n ou bekende Bybelse afgod.
 
As jy jou GOD en HERE en ‘LORD’ dieselfde titel of naam noem soos wat al die ander heidense afgode-aanbidders hul gode noem, dan het jy as christen nie regtig respek en eerbied vir jou god nie of hoe? Dan trek jy jou god af na dieselfde vlak as die van ander afgode – sommer net nog een van die baie ander afgode wat daar bestaan – sommer dieselfde naam of titel ook boonop. Is Yahweh nie ‘n jaloerse Elohiem nie? Wat sê Hyself in die 2de en 3de Gebod? Ek hoop dit skok jou, want as jy dink dis nie regtig belangrik nie, dan was ek my hande en kan jy maar hierdie boek opsy sit. Want dan het jy geen respek of eerbied vir die Skepper van die heelal nie, wat nog te sê vir Sy Torah.
 
Ek sal jou aan ‘n oud-okkultis voorstel wie die satan as haar “god” aangespreek en presies dieselfde titel gebruik het wanneer sy tot hom gebid het. So, wanneer iemand vir my sê: “O, God, is so goed...” of “die Here is so goed vir my” dan vra ek outomaties die teenvraag: “Watter God? Watter Here, Wie?, Watter een?” Want hulle verwys nie een na die Skepper nie. Hulle verwys na afgode, demone, duiwels!!
Satan, die vader van die leuens en bedrog en misleiding het deur die eeue heen die mensdom bedrieg, belieg en mislei. Soveel so dat navorsing wys dat die hedendaagse CHRISTENDOM SO DEURSPEK en BESOEDEL is met EEU-OUE AFGODSGEBRUIKE en AFGODSGEWOONTES – dat die bewering tereg gemaak kan word dat die “CHRISTENDOM DIE MASKER VAN SATAN IS.
 
Ek besef dis ‘n skokkende stelling, maar dis gegrond op feitelike inligting wat wesenlik en onweerlegbaar is. En tog is die Afrikaanssprekende gelowige kerkganger, afgesien van kleur of ras, deur die bank salig onbewus van die werklike toedrag van sake. En dan is daar boonop ‘n groot deel van die Christendom wat glad nie glo in ‘n letterlike satan of sy letterlike demone nie!!
 
Ek waarborg jou dat jy geskok, woedend, gebelgd en seergemaak gaan wees deur dit wat jy hier lees. Ek het aanvanklik dieselfde emosies ervaar. Maar skuif die emosies vir eers weg want jou liefdevolle Hemelse Vader, die Skepper van die kosmiese heelal, wil hê dat jy die waarheid moet weet sodat jy totaal vry kan wees van die leuens waarin jy jou hele lewe lank vas gevang was.
 
Ons voorouers, van nog voor Keiser Konstantyn se tyd, het dikwels bewustelik en soms weens ‘n gebrek aan kennis, heidense afgodsgebruike en afgodsgewoontes oorgeneem omdat hulle deur satan belieg en bedrieg is.
 
Dit is so erg dat die Christendom in sy huidige vorm deel is van die breë algemene heidendom. Gelowiges binne die Christendom erken oor die algemeen allerweë die bestaan van die gode van ander gelowe en godsdienste onder die vaandel van ‘godsdienstige verdraagsaamheid’ wat tog so polities korrek is. Dis so belangrik dat ander mense tog net die regte dunk van ons moet hê, nevermaaind wat die Skepper se siening van ons mag wees. Wie is Hy in elk geval?
 
DIE CHRISTENDOM IS
 DEEL VAN DIE NUWE WêRELD ORDE!!
 
Alle gelowe erken oor en weer mekaar se gode en die reg van ‘n iedere en elke persoon om te glo in die betrokke god van sy keuse en om die godsdiens van sy keuse te beoefen – vryheid van geloof en godsdiens!
 
SKOKKEND!!?? Of nie?? As jy nie so dink nie, maar meen dat mens verdraagsaam behoort te wees teenoor ander vreemde gode, maak dan maar die boek toe, want dan mors jy jou tyd. Hallo!! Ek sê verdraagsaam teenoor ander gode!! Daar is ‘n verskil om verdraagsaam te wees teenoor gelowiges van ander godsdienste maar onverdraagsaam teenoor hul onderskeie gode. Baie groot verskil. Die “ware” Messias van die nuwe testament het ons die verskil kom demonstreer – maar later meer hieroor.
 
Die Christendom moet totaal, radikaal en drasties hervorm. Dit sal egter nooit gebeur vanuit binne die Christendom self nie, want die prins van hierdie wêreld was reeds sedert baie kort, net na die Apostels se tyd in beheer van hierdie Babiloniese heidense godsdienssisteem waarteen Paulus en die ander Apostels in hul omsendbriewe gewaarsku het – DIE MAN VAN WETTELOOSHEID. Daarom moet opregte gelowiges uitkom uit die huidige heidense Christendom uit en terugkeer na die oorspronklike geloof van die Apostels en van Yahshua die Messias.
 
KEER TERUG NA DIE OORSPRONKLIKE GELOOF
VAN DIE APOSTELS VAN YAHSHUA DIE MESSIAS
MOET NIE ‘N NUWE BEWEGING BEGIN NIE!
 
Paulus self was bekend as die voorman van die sekte van die Nasareners (Hand. 24:5) en hy erken self dat hy ‘n lid was van die sekte bekend as die Weg (hand. 24:14) en dat hy ALLES glo wat in die Torah en die profete geskryf staan.
 
Die inhoud van hierdie navorsing berus nie sommer net op ‘n geïsoleerde samesweringsteorie nie. Hierdie navorsing is gegrond op harde, werklike geskiedkundige feite. Openbaring 12:9 sê duidelik dat die draak of die slang of satan “die hele wêreld mislei”.
 
Die Skrif waarsku teen hierdie misleiding en ons beter daarop ag slaan. Want die Skepper waarsku self EN HIERDIE IS ‘N VERSKRIKLIKE HARDE WOORD – dat Hy self sal toelaat dat die “god” van hierdie wêreld die oë van die ongelowiges sal verblind sodat hulle nie sal glo nie. Die Skepper-Saligmaker sal ‘n KRAGTIGE DWALING stuur vir diegene wat nie Sy waarheid wil hoor nie of verkies om doelbewustelik nie na Sy Woord te luister nie, SODAT hulle die leuen sal glo om uiteindelik daarvolgens geoordeel te word. Die leuen is gesement in valsheid, bedrog, en misleiding. Dit is skrikwekkend. Maar dit is presies waarteen die Skrif vir ons waarsku. 
 
2 Thes.2:11-12 soos gelees in Woord en Getuienis, lui as volg:
“Daarom sal Elohiem hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid”.
 
Hierdie mense is doodeenvoudig tevrede en gelukkig met die leuen wat hulle glo en navolg. Hulle stel nie belang om te verander en die ‘waarheid’ te ondersoek nie – dit sal teen hulle tel in die oordeel – en teen die huidige geslag van vandag, ons, ook.
 
Hierdie waarskuwing in die hernieude testament (nuwe testament) is nie iets nuuts nie. Die Skepper Yahweh het reeds in Joshua se tyd – hoofstuk 11:20 – die harte van al daardie Kanaänitiese volke-konings verhard sodat hulle teen Yisrael sou optrek om oorlog te maak SODAT Yahweh hulle deur die hand van die Yisraeliete totaal en al kon vernietig. Yahweh wou hulle vernietig. Yahweh, die groot Almagtige Elohiem van hemel en aarde het ‘n bepaalde agenda gehad met daardie heidense nasies. Die Christendom verwoord die ou Verbonds-god as wreed en onbuigsaam en hard – en tog vind ons ‘n ‘sagte liefdevolle’ sy van hierdie selfde ou Verbonds-Elohiem (“god”). 
 
Yahweh het dit bewerk dat van daardie Kanaänitiese nasies, die Gibeoniete, wat aanvanklik ook totaal vernietig moes word, deel geword het van Yisrael. Soveel so dat Yahweh vir Joshua gelas het om hulle te gaan verdedig toe die ander vyf heidense nasies die Gibeoniete wou uitwis weens hul verraad (hulle het op bedrieglike wyse ‘n ooreenkoms met die Israeliete aangegaan). Vandag weet ons dat Yahweh vir Joshua bygestaan het om daardie vyf heidense nasies te vernietig in ‘n slagting waartydens die son vir ‘n dag lank stil gestaan het (Joshua 10). Yahweh is soewerein. Yahweh is die Pottebakker en die mens is Sy maaksels. Yahweh kan maak met ons wat Hy wil. Wie is ons om ons te verset teen ons Maker en aan Hom voor te skryf hoe Hy moet optree of behoort op te tree?
 
Ons durf nie kop in die sand steek nie. Yahweh verwag van Sy kinders om kennis van hul Elohiem te hê en te verwerf. In Jesaja 1:3 bekla Yahweh Yisrael se gebrek aan insig en kennis:
 
“‘n Os ken sy besitter en ‘n esel die krip van sy eienaar,
maar Israel het geen kennis nie, my volk verstaan nie.”
 
En in Hosea 6:6 blyk dit baie pertinent dat Yahweh baie waarde heg aan die mens se kennis van Hom, die Skepper. Hy waardeer dit (het behae daarin) wanneer Sy skepsele kennis aangaande Hom versamel en bymekaar maak.
 
“Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie,
EN IN KENNIS VAN ELOHIEM MEER as in brandoffers.”
 
Van die volgende Skrifte dui ook daarop dat die Skepper die mens ernstig verkwalik as hy oogklappe aan sit en die waarheid bewustelik ignoreer en aanhou om die leuen te volg – Eseg. 20:23-24; Joh. 9:39-41; Rom.1:25, ens. As ons volstruise wil wees en ons koppe in die sand wil steek, sal ons nog verder mislei en bedrieg word om leuens te glo. Ek vra daarom baie ernstig en dringend, lees tog net nog so bietjie verder – dit mag dalk vir jou belangrik word. Ek het self niks om te wen nie. Jy sien, Hosea 4:6 is wesenlik belangrik vir jou om jou te motiveer om ‘n sterk wilsbesluit te neem om verder te lees:
 
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy
die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; OMDAT JY DIE TORAH VAN JOU ELOHIEM VERGEET HET, SAL EK OOK JOU KINDERS VERGEET”.
 
En in Jesaja 5:24 waarsku Yahweh die Yisraeliete dat hulle soos stopsels deur vuur verteer sal word, dat hulle soos droë gras in die vlam in mekaar sal sak, dat hulle wortel sal verpoeier: “omdat hulle die Torah van Yahweh van die leërskare verwerp het en die Woord van die Afgesonderde van Yisrael verag het”
 
Hierdie teksvers is een van vele waarin Yahweh Sy volk Yisrael waarsku dat rampspoed hulle gaan tref indien hulle Torah minag en ignoreer.
 
Dis verskriklik om te lees hoedat die toorn en woede van Yahweh teenoor Sy volk Yisrael ontvlam het net omdat hulle Sy Torah geminag en vergeet het. Dis hoekom hulle onder die nasies versprei is, soveel so dat niemand vandag vir jou kan beduie wie en waar die res van die tien (10) stamme van Yisrael hulle vandag bevind nie, so weg gesteek is hulle tussen die res van die nasies en volke dwarsoor die aardbol, so volkome het hulle geassimileer geraak, ‘gehelleniseer’ (vergrieks). Hulle het hul eie Yisrael-identiteit verloor en die kultuur en gebruike van vreemde nasies en volkere aangeneem. Maar weet jy wat? Yahweh beloof dat Hy ‘n groter wonderwerk as die exodus uit Egipte uit, gaan bewerkstellig met hierdie tien (10) ‘verlore’ stamme van Yisrael.
 
In Jeremiah 16:14 maak Yahweh hierdie totaal ‘onmoontlike belofte’ en Hy verseker Yisrael as volg:
 
“Daarom, kyk, daar kom dae, sê Yahweh, dat daar nie meer gesê sal word: So waar as Yahweh leef, wat die kinders van Yisrael uit Mitsrayim (Egipte) laat optrek het nie; maar: So waar as Yahweh leef, wat die kinders van Yisrael laat optrek het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja, Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het”.
 
Dit sal seer sekerlik die grootste wonderwerk wees wat Yahweh nog ooit gedoen het – ek wil amper sê dit sal ‘n groter wonderwerk wees as toe die Messias Yahshua “dooies” lewendig gemaak het, en of toe Hy in een nag 185 000 Assiriërs gedood het toe hulle Jerusalem beleër het en Koning Hiskia benoud tot Hom geroep het om hulp. ‘n Wonderwerk is nie vir ons Koning en Vader Yahweh ‘n wonderwerk nie – Hy het dan die hele kosmiese heelal uit NIKS uit geskep – deur net ‘n Woord te spreek!
 
Maar menslik gesproke, gaan hierdie laaste belofte van Jeremiah 16:14 en wat ook bevestig word deur van die ander profete, die GROOTSTE wonderwerk ooit wees. Esegiël 37 bekragtig hierdie BELOFTE!! Gaan lees. Die hout van Efraim – die een stuk hout. Jesaja bekragtig dit op verskeie plekke, hy begin by hoofstuk 11:12 en dan dwarsdeur hierdie wonderlike boek op verskeie plekke!
 
Hy gaan die Yisraeliete, wat menslik gesproke dwarsoor die aardbol versprei is en tussen die verskillende nasies in verdwyn het, weer uithaal en hulle as Yisraeliete merk, identifiseer, en hulle terugneem na die Beloofde land toe!! Dit wil gedoen word. En die boodskap wat ek tussen deur wil uitbring by jou, jy wat hierdie lees, jy is waarskynlik ook deel van hierdie “verlore” tien stamme van Yisrael wat wag om deur Elohiem Yahweh versamel te word en herstel te word in Sy Beloofde Land.
 
Die Yisraeliete wat huidiglik in die land Israel woon, is hoofsaaklik uit die stam van Juda en staan bekend as Jode. Hulle was voorheen deel van die suidelike koninkryk. Hulle is nie die tien “verlore” stamme (noordelike koninkryk) wat nog in die diaspora (bannelingskap) is nie.
 
Kom ons gaan aan. Ek het nou bietjie kwaai afgedwaal. Hierdie bedrog en misleiding het al vanaf Paulus se tyd begin maar is tot die spits gedryf gedurende die tyd van Konstantyn en die opvolgende pousdomme wat eintlik niks anders was as ‘n voortsetting van die Romeinse Militêre Ryk nie.
 
Nee, ekskuus, dit het baie vroeër begin – maar kom ons gaan vir ons doeleindes maar net terug na die tyd direk na Koning Salomo se dood. As jy oopkop is, sal jy ‘n tendens begin raak lees – ‘n tendens wat daarop dui dat satan deur die eeue heen probeer het om die Skepper van die Heelal, die Skepper van die Onsienlike en die Sigbare wêreld te probeer uitskakel en te laat verdwyn deur:(1) Hom, die Ewige Onveranderlike, te vervang met ander afgode – (die oortreding van die 2de Gebod); (2) die persoonlike eie Naam van die Skepper Elohiem, van die aardbodem af te laat verdwyn en te laat vervang met die name van ander afgode – (die oortreding van die 3de Gebod); asook om (3) Sy Torah totaal en al te probeer vernietig en later, in meer onlangse tye, probeer om dit heeltemal tot niet te laat gaan en onder die mat in te vee, onder die dekmantel dat dit kwansuis verouderd en nie meer van toepassing is nie – (die oortreding van AL TIEN die Gebooie).
 
Satan het dit uiteraard nie reg gekry nie. Maar hierdie tendens, hierdie patroon kom voor op gereelde basis dwarsdeur die geskiedenis en is vandag nog net so duidelik waarneembaar binne die Christendom. Dit is net ‘n blinde mens wat dit nie kan sien nie. Die verskriklike vloek van 2 Thes. 2:11-12 rus op hierdie mense. Dit is tragies. Herhaalde, gereelde patrone en tendense, let maar op, ingevolge waarvan gepoog word om die Torah van Yahweh heeltemal te diskrediteer of te vernietig (Die 6de Gebod, byvoorbeeld, “Jy mag nie doodmaak nie” – die Christendom het dit opgehef deur sy aborsie-wetgewing – daar word jaarliks miljoene lewens geneem).
 
SATANISTE BESKOU ABORSIES AS
BLOEDOFFERANDES AAN HUL GOD SATAN
 
Die satan sien elkeen van hierdie aborsies as ‘n bloedoffer wat aan hom gewy is. Dit is sataniste se begeerte om elke sekonde van die 24-uur lange dag ‘n bloedoffer aan satan te bring sodat hy as koning sal kom heers op die aarde sonder enige beperkinge. En het jy geweet dat die meeste van die ge-aborteerde fetusse dan verbrand word deur die betrokke hospitaal of kliniek of wat die geval ookal mag wees? Is dit nie ‘n brandofferande aan Moleg of ‘n ander afgod nie? Is dit nie maar net dieselfde as wat die heidense volkere in die Ou Testament gedoen het nie? Is ons enigsins anders as daardie afgodsaanbidders? Is dit nie ook BAAL aanbidding nie? Ons dink ons is miskien net meer gesofistikeerd, maar ons doen hierdie dinge. Aborsie wetgewing – dit val vanself in die skoot van satan – BLOEDOFFERANDES wat identies dieselfde offerandes was as aan die ou Testamentiese afgode – Baal aanbidding. Van die wetgewer af wat aborsie goed keur, tot onder op voetsoolvlak, die moeder wat haar ongebore fetus aan Baal offer. Duidelike oortreding van die Torah, die dekaloog. AFSKUWELIK IN YAHWEH SE Oë!!
 
DIE WAARSKUWINGS UIT DIE TORAH
GELD VANDAG NET SO VIR SUID-AFRIKA
 
Dit is wesenlik dat jy sal besef dat die geskiedenis wat vir ons voorgehou word in die Ou Testament en die tendense wat ons daaruit opmerk, net so van toepassing is op ons moderne geslag. As ons nie uit die geskiedenis van die Yisrael volk in die Ou Testament gaan leer nie, dan spreek ons ‘n doodsoordeel oor onsself uit – soos wat met die Yisraeliete gebeur het – en hulle was behoorlik gewaarsku gewees. Hierdie doodsoordeel is kollektief van toepassing op ons hele reënboognasie en ook persoonlik op elke enkele persoon, elke indiwidu. Jy kan jouself as indiwidu red deur die Elohiem Yahweh en Sy Seun Yahushua aan te gryp en te begin dien ooreenkomstig Sy Torah waarin Sy Gebooie duidelik vir ons uitgespel word – en dis maklik om te onderhou, meer hieroor later.
 
JEROBEAM WYSIG DIE TORAH
 
Ons lees in 1 Konings 12 dat Koning Jerobeam die Torah-voorskrifte vir die Yisrael-volk wat Yahweh in Levitikus 23 aan Moses gegee het, wou verander. Hy was bang dat sy tien-stamme ryk wat onder sy jurisdiksie was, sou terugval na Salomo se seun, Rehabeam, wie in Jerusalem regeer het. Hy verander toe die Torah voorskrifte en laat weet sy onderdane, die 10 stamme in die Noorde, dat hulle nie na Jerusalem hoef te gaan vir die feeste nie en verder ook dat hulle nie die Fees van Tabernakels op die 15de van die Sewende Maand (Tishrei) hoef te hou nie, maar op die 15de van die Agste maand.
 
Ook sou hulle nie Leviete of priesters nodig hê nie, hulle kon hul eie priesters en leviete aanstel uit enige bron, selfs uit die heidene uit. Hulle sou hul Elohiem, die Elohiem van Abraham, Isak en Jakob wat hulle uit Egipteland uit gelei het kon aanbid deur middel van twee substituut goue kalwers wat op gerieflike plekke in die land, Bethel en Dan, opgerig word. Hierdie beelde sou dan Elohiem Yahweh verteenwoordig gedurende die offerandes en aanbidding. ‘n Duidelike poging aan die kant van koning Jerobeam om die Skepper Yahweh se Torah te verander en te vervang.
Maar meer nog, hy het vir sy onderdane laat verstaan dat hulle inderdaad vir Yahweh aanbid en dien wanneer hulle die goue kalwers aanbid het wat hy opgerig en op strategiese plekke binne sy koninkryk laat plaas het. Hy het ‘n element van waarheid geneem, die aanbidding van Yahweh, die Elohiem wie hulle uit Egipteland uit gelei het en dit vermeng met afgodediens, goue kallers – BAAL-AANBIDDING – die OORTREDING VAN DIE 2DE EN 3DE GEBOD.
 
Hierdie skreiende afgodediens wat Jerobeam ingestel het, het uiteindelik gelei tot die totale bannelingskap en verdrywing van die 10 Noordelike Stamme in en onder die volke en nasies van die aardbol, soveel so dat hulle heeltemal geassimileer is binne en onder ander volke en nasies, en tot vandag toe nog bekend staan as die 10 Verlore Stamme van Israel. (Die Jode uit die stam van Judah in die Suide, het volgehou om die Fees van Tabernakels in Jerusalem op die 15de van die Sewende maand (Tishrei) te hou soos wat die Torah duidelik bepaal het en nie die Agste maand nie).
 
Kom ons spring nou vorentoe tot so ongeveer 167 VC, die tyd van die Makkabeërs. Waarom die boeke uit die oorspronklike Ou Testamentiese kanon uitgehaal is, sal niemand sinvol kan verduidelik nie. Was dit deel van satan se volgehoue pogings om te mislei en die waarheid te verbloem? Dis immers wesenlike relevante geskiedenis wat ons ‘n beter begrip gee van die gebeure direk voor die 1ste koms van Yahushua, die seun van die Skepper Elohiem. Hierdie Makkabeër-boeke wys inderdaad hoe intens en aktief Yahweh betrokke was by die wel en weë van Sy volk, die oorblywende Judah stam wat bestaan het uit ‘n deel van die Leviete stam en ook die stam van Benjamin – tot vandag toe. Die stam van Judah (die Jode) is uiteraard heeltemal vermeng met die bloed van die ander verlore 10 stamme en ook ander vreemde heidense nasies weens ondertrouery – die Jode is nie etnies suiwer nie al dink hulle so – dit net terloops – die Ou Testament is vol van voorbeelde van ondertrouery van die Judah stam met vreemde volkere en nasies.
 
En die tragiese ironie is dat die geskiedenis-gebeure wat in die Makkabeërs-boeke beskryf word, weer herhaal gaan word en weer net so van toepassing gaan wees op die Torah-gelowige wat in die Messias Yahshua glo, nou in die laaste dae vorentoe. En daar is nie algemene vrye toegang tot hierdie boeke sodat almal wat wil weet, die waarskuwinge kan lees en begryp en voorsorg tref nie. En wat dit soveel erger maak is dat die profeet Daniël hierdie bepaalde gebeure rondom die jaar 167 VC spesifiek profeteer het. ‘n Meervuldige profesie waarna Yahshua in die nuwe testament ook verwys en wat Hyself ook weer verwoord en van toepassing maak op toekomstige gebeure.
 
Daniël het in hoofstuk 9:27 en die Messias Yahshua self het in Matteus 24:15 verwys na die “gruwel van die verwoesting” (abomination that makes desolate). Hierdie profesie van Daniël het waar geword gedurende die jaar 167 VC. Ons noem hierdie bepaalde profesie ‘n meervuldige profesie omdat dit meer as een maal plaasgevind het en weer gaan plaasvind. Die Messias het ook na Daniël verwys toe Hy dieselfde profesie uitgespreek het wat sou plaasvind in 70 NC toe die Tempel vir die laaste maal verwoes is.
 
DIE GESKIEDENIS BINNE DIE BOEKE VAN
DIE MAKKABEëRS IS PROFETIES
WEER VAN TOEPASSING IN DIE LAASTE DAE
 
Nou let op. Net soos wat hierdie profesie bewaarheid is in die gebeure wat hieronder beskryf word, net so gaan die profesie weer in ons toekoms ook bewaarheid word. Hierdie bepaalde profesie het intussen weer bewaarheid geword in die jaar ongeveer 667 AD toe die Moslems Jerusalem binne geval en die “Dome of the Rock” opgerig het op die tempelberg waar die Tempel van Salomo verwoes was, feitlik op die oorspronklike bouplek van die oorspronklike tempel.
Pas weer, nou in Augustus 2009, het sekere Moslems hul ondersteuning verbaal gegee dat die Jode weer hul tempel mag herbou langs die “Dome of the Rock”, langs die Moslem tempel waar Allah aanbid word, neffens mekaar. Die Skepper van die heelal en Allah neffens mekaar? Yahweh deel Sy eer met niemand nie!! Hier gaan ‘sports’ kom. Yahweh deel Sy eer met niemand nie, allermins met Allah. Lees maar Jes. 42:8. Ons Skepper duld geen ander afgod naby Hom nie, Hy is Jaloers, Hy sê dit self.
 
Hierdie profesie van Daniël het homself verskeie kere reeds herhaal en gaan homself weer herhaal want die Skrifte waarsku ons dat dit weer gaan gebeur – “die gruwel van die verwoesting”.
 
Die wonderwerk wat vasgevang is in die Joodse fees van Chanukah (Weidingsfees Joh.10:22) wat plaasgevind het as gevolg van die gebeure rondom ongeveer 167 VC, is ‘n profetiese boodskap vir die hedendaagse moderne Yahshua Torah-gelowige. Dieselfde sosio-kulturele en godsdienstige omstandighede van daardie tyd, is weer net so identies toepaslik vandag in 2009. Vandag is die ganse wêreld ook weer onder die invloed van die (Westerse) Grieks-Romeinse godsdiens. Die Pous van Rome is die leier van die Universele Nuwe Wêreld Orde Godsdiens. Ons hedendaagse leefwêreld word gekenmerk deur tegnologiese vooruitgang, ‘n oordrewe beklemtoning van die natuur, die aarde is so belangrik dat die mens tweede kom. Almal moet voldoen aan universele norme. Almal moet ‘n universele god aanbid, van wie die Pous die verteenwoordiger is.
 
Die protestantse Christendom met sy verskillende denominasies val ook hieronder of jy dit wil weet of nie. Jy durf nie waag om te verskil van die algemene norme wat vir jou neer gelê word nie. Dit word vandag van jou verwag om te konformeer, polities korrek op te tree, presies net soos duisende jare gelede – vergelyk die hedendaagse tye met die van duisende jaar gelede.
 
In die jaar 175 VC het ‘n nuwe dinastie die lig gesien. Op die troon was die Siriese monarg Antiochus Epiphanes, beter bekend as Antiochus IV. Hy wou hê dat elke regeerder binne sy koninkryk in elke opsig Grieks moes wees – hy wou hulle helleniseer. Indien enige een geweier het, is hulle bloot dood gemaak. Alhoewel sommige Jode handdoek ingegooi het, het ander geweier en verkies om eerder te sterf as om toe te gee aan die Griekse druk – die Griekse inkwisisie. Vir maande lank, in die jaar 167 VC het die mense van die Judaïese dorpie in Modi’in die probleme bespreek wat die Grieke onder die Jode veroorsaak het. (Interessant om te weet dat hierdie dorpie steeds vandag nog in Yisrael bestaan) Jode in naburige dorpe is gedwing om te laster deur onrein diere te eet, of om te bekeer en om te skakel na die Griekse kultuur en die Griekse gode, onder andere Zeus, of om te sterf. Baie bloed het gevloei van die lojale en getroue gelowiges wat geweier het om toe te gee. Baie Jode het egter die ou tradisionele gebruike agter gelaat. Die lees en onderhouding van die Torah is met die doodstraf bedreig. Die Torah het in gevaar gestaan om totaal en al uit gegooi en vernietig te word. Dink net wat die gevolge sou wees as dit moes gebeur het. Die Torah is die basis, die fondament vir ons oortuiginge. As dit vernietig sou word, sou ons nooit die Elohiem van Yisrael kon ken nie. Daar sou geen, geen Messias ooit gewees het nie.
 
Die geskiedenis leer ons dat ‘n Joodse reisiger eendag in Modi’in aangekom het en met Mattathias, ‘n ou Joodse priester/rabbi gepraat het en hom vertel het van ‘n horribale gebeurtenis wat in Jerusalem plaasgevind het. ‘n Sekere priester, Elazar, het geweier om ‘n vark te offer ter ere van Koning Antiochus. Die Koning het probeer om ‘n ooreenkoms te bereik met hierdie ou bejaarde negentigjarige priester en het vir hom beloof dat sy lewe gespaar sou word indien hy bloot aan sy mede Joodse burgers sou vertel dat hy vark ge-eet het. Elazar het geweier en hy, hierdie 90 jarige Joodse priester, is letterlik fisies dood geslaan – martelaar vir sy geloof in Elohiem Yahweh. Uiteraard het hierdie storie ‘n uiters ontstellende impak op hom gehad wat die bepalende faktor was vir die koers wat Mattathias se eie lewe kort daarna sou volg.
 
Jerusalem het daarna ‘n bymekaarkomplek geword vir diewe en moordenaars. Die Tempel self het die aanbiddingsplek geword van die Griekse god Zeus. Die altare is besoedel met offerandes van onrein diere. Die Tempel, die bakermat van die Joodse geloof is besoedel en blootgestel aan heidense afgodediens. Antiochus het opdrag gegee dat die Joodse geloof uitgewis moes word. Alle altare moes slegs vir die Griekse Gode gebruik word en ‘n altaar is spesifiek slegs vir ZEUS (Je-Zeus) in Jerusalem binne in die Joodse Tempel opgerig.
 
Die Jode is verbied om die Torah te lees. Hulle is verbied om die Feeste van Yahweh (Lev. 23) te vier. Hulle is verbied om die seuntjies op 8 dae te laat besny. Hulle is verbied om die Shabbat te onderhou. Satan wou die Joodse geloof van daardie tyd en die basis waarop dit gerus het, die Torah van Yahweh, heeltemal van die aarde af vee – hy wou die Elohiem Skepper van die hemel en die aarde vernietig, laat verdwyn.
Die Jode van daardie tyd, soos ook vandag, was ware entrepreneurs en hul liefde vir die Torah was so oorweldigend dat hulle ‘n speletjie ontwerp het – die Dreidel. Terwyl hulle dan die Dreidel-spel gespeel het, het hulle die Torah bestudeer en bespreek terwyl iemand kywie gehou het. Wanneer ‘n staatsamptenaar, of ‘n soldaat, of verteenwoordiger van Koning Antiochus dan opgedaag het, het hulle voorgegee dat hulle besig was om hierdie speletjie te speel, terwyl die Torah-rolle dan weg gesteek word. Die Dreidel speletjie word tot vandag toe nog gespeel deur die Jode en hul kinders, en veral gedurende die Fees van Chanukah (Weidingsfees) gedurende Desember elke jaar. ‘n Gebruik wat terug dateer van voor Yahshua se tyd, van Antiochus se tyd af.
 
Gedurende die jaar 167 VC het die magte van Koning Antiochus die dorpie Modi’in binne gekom. ‘n Offisier het Mattathias tydens ‘n publieke byeenkoms genader en vir hom gesê” “Jy is die leier van jou mense en die vader van vyf seuns. Wees nou die eerste en die voorganger om die Koning se bevele te gehoorsaam en dan sal die res ook jou voorbeeld volg”.
Mattathias vra toe die offisier wat dit is wat van hom verwag word. Die offisier antwoord toe “Ons versoek slegs ‘n offerande tot die eer en glorie van die gode en die heerlikheid van Antiochus, wie ‘n god is in die vlees. Daar is ander van jou volk wat soortgelyke offerandes gebring het en hulle is almal ryklik beloon met rykdom en eer. Jy sal ook vergoed word mits jy ‘n vark op die altaar slag en offer.
(Kyk sommer na Daniël 3:1-6 waar hierdie Joodse jongmanne beveel was om voor die beeld te buig en die beeld te aanbid by versuim waarvan hulle in die brandende oond gegooi sou word, wat wel gebeur het. En ook in 1 Thessalonisense 2:4 waar Paulus sê: “ons wil nie die guns van mense probeer wen nie, maar doen eerder wat Elohiem Yahweh verwag” – die geskiedenis herhaal homself in duidelike tendense en patrone).
 
Mattathias het woedend reageer en hom vertel wat hy met sy Koning en met sy vark kon doen. Hy was skaars klaar gepraat of ‘n mede-Jood van die dorp Modi’in kom aangestap met ‘n vark wat hy wou offer om die Grieke te paai. Toe Mattathias hierdie laster sien, verloor hy kop – hy hak heeltemal uit en hy maak die mede-Jood daar en dan dood en onmiddellik ook die leër-offisier wat versteënd staan en toekyk het. Almal was oorbluf en verstom. Mattathias het toe besef dat die tyd vir aksie aangebreek het.
 
Met ‘n harde geroep, skreeu hy: “Elkeen wat die Torah wil onderhou en wie die Verbond met Elohiem ondersteun, kom saam met my!!”
Hy, Mattathias, sy vyf seuns en talle van hul vriende het toe saam na die heuwels en die berge gevlug en alles wat hulle gehad het, agter gelaat. Sommige inwoners het die dorp verlaat om skuiling in die wildernis te gaan soek. Die dorpsmense is almal gebrandmerk as rebelle en vyande van die staat. Die Koning se leërmagte het toe begin saam trek om die rebellie stop te sit.
Die Joodse krygers was onervare en ongeoefend maar hulle het Yahweh gevrees en Sy Torah onderhou. Met tyd het hulle bekend begin raak as die “hamer”, vandaar die naam Makkabees. Hulle het absoluut geen kans teen die modern goed-toegeruste leër van Koning Antiochus gehad nie. Vir baie jare voer hierdie klein onbenullige aantal Joodse krygsmanne, bekend as die Makkabeërs, ‘n guerilla oorlog teen die magtige sterk Griekse leërs van Antiochus, byna soos die boere teen die Engelse in 1900. Uiteindelik oorwin hierdie klein Joodse militêre mag die roemryke Griekse leër en hulle slaag daarin om die Grieke uit Jerusalem te verdryf en om die Tempel in Jerusalem te ontset. Na hierdie wonderlike oorwinning onderneem hierdie gelowige Jode om weer terug te keer na die Torah en om die insettinge en gebooie en verordeninge weer te onderhou en te doen. Hulle begin dus by die Tempel. Die Tempel moet weer gereinig word. Olie, soos spesifiek voorgeskryf in die Torah van Moses, moes voorberei en gebruik word, maar daar was net genoeg olie vir een dag se gebruik en nie genoeg tyd vir die bereiding van meer olie – wat op ‘n spesiale manier voorberei moes word - nie. Die Tempel en toerusting word weer skoon gemaak en die beperkte voorraad olie word gebruik om die lampe aan te steek. Die reinigingsproses het ‘n hele aantal dae geduur. Die Tempel is hierna weer her-ingewy. Die lampe word aangesteek en hierdie klein voorraad olie brand wonderbaarlik vir agt (8) dae lank tydens die her inwyding van die Tempel. Hierdie reinigingsfees van die Tempel word die Chanukah fees genoem en hierdie fees is selfs deur Yahshua gevier toe Hy op aarde was. Ons lees daarvan in Johannes 10:22 – Fees van die Tempelwyding.
 
As die Grieke deur hul onderdrukking daarin kon slaag om die Jode te helleniseer (vergrieks) en die Torah te kon laat verdwyn, dan sou daar nie ‘n Joodse volk gewees het waaruit die Messias gebore kon word nie. Daar sou geen Joodse volk meer bestaan het nie. Die stam van Judah sou net soos die 10 Noordelike Stamme, totaal en al verdwyn en opgeslurp gewees het deur die omringende nasies en volke. Yahshua sou nie gebore kon wees uit die maagd Maria nie. Die geslagslyn van die Seun van Elohiem sou afgesny gewees het. Die Skepper van hemel en aarde sou as’t ware net eenvoudig in die niet verdwyn het.
 
SONDER DIE GEBEURE VAN CHANUKAH
 SOU DIE CHRISTENDOM NIE BESTAAN HET NIE.
 DIE CHRISTENDOM BEHOORT
 DIE FEES VAN CHANUKAH TE GEDENK
Dit was ‘n reuse en desperate poging van satan want die profesie van Daniël het bestem dat die Messias Yahshua ongeveer 170 jaar later fisies gebore sou word uit die maagd Maria en seer seker sou hy dit wou probeer verhoed.
Hierdie gebeure is ‘n ongelooflike wonderwerk direk uit die hand van die Skepper Elohiem Yahweh uit. Hy het dit bewerk dat Sy volk, die Jode en wel die oorblywendes uit die stam van Judah, nog bly voortbestaan het en dat hulle steeds Sy Torah bly volg en onderhou het tot en met die tyd van Johannes die Doper en ook tydens Yahshua se eie verskyning as “vleesgeworde Woord van Yahweh”. Die feit dat hierdie Jode onwrikbaar was in hul gehoorsaamheid tot Yahweh se Torah het gemaak dat hulle gewillig was om huis en haard op te offer en te verhoed dat die Grieke daarin sou slaag om die Jode te helleniseer.
 
Hierdie Chanukah fees word elke jaar gedurende Desember gevier deur ortodokse Jode en ook Messiaanse volgelinge van Yahweh, om die wonderwerk te herdenk dat die Torah en die Joodse volk, in die stam van Judah, behoue gebly het. Die Chanukah fees word vroeg gedurende Desember gevier, net voordat die heidense kers-afgodsfees deur alle christen denominasies gevier word. Eintlik behoort die Christendom uit opregte dankbaarheid uit, hierdie Chanukah fees te vier, eerder as die bestaande heidense fees.
 
Maar kom ons kom terug, ek dwaal af. Nadat die Messias Yahshua opgevaar het hemel toe, probeer die Romeinse Keiser in die jaar 69/70 NC weereens om alle Joodse gelowiges wat die Torah onderhou, te verban en dood te maak. Die onderhouding van die Torah word weereens verbied, die onderhouding van die Shabbat word taboe, die Feeste van Yahweh (Lev.23) is verbode, die Joodse/Messiaanse geloof in die Messias Yahshua word verbied. Die Joodse Tempel in Jerusalem word deur Genl. Titus afgebreek en onherstelbaar verwoes en verbrand. Die Messiaanse Joodse gelowiges vlug soos Yahshua hulle gewaarsku het tydens Sy profetiese rede wat Hy met Sy dissipels gedeel het. Dis nag vir die paar dissipels wat nog oorgebly het en wie nog nie ‘n marteldood gesterf het nie. Hul bekeerlinge moet vlug en die evangelie uitdra. Die nuwe testament het toe nog nie bestaan nie. Ons sal sien dat die nuwe “Testamentiese” boeke eers na die tyd van Keiser Konstantyn in nuwe “Testamentiese” vorm saamgestel is, ongeveer 450 NC.
 
DIE TORAH, DIE BASIS
 VAN DIE BLYE BOODSKAP EVANGELIE
 
Die evangelie wat hierdie bekeerlinge dus uitgedra het, was gefundeer op die Skrifte soos wat Yahshua en die dissipels gepredik het – die Torah, die Psalms en die Profete (dit wat Timotheus as kind geleer het). In Hebreeus staan hierdie volledige Skrifte bekend as die Keetvay Hakodesh. En onthou die Boek van Henog was ook nog deel daarvan. Ons leer dat Henog in 300 NC uit die Skrifte uit verwyder is en vervang is met die boek van Openbaring.
 
En toe? Weer ‘n vreeslike terugslag in die jaar 133 NC. Die oorblywende Jode verwag nog steeds ‘n Messias en toe Simon Bar Khoba na vore tree, verwelkom hulle hom met ope arms. Die Joodse Rabbis verklaar almal dat hy die lang verwagte Messias is. Hy baklei en maak dood, hy verlig die Romeinse tirannie tydelik op die Jode en hy is ‘n charismatiese spreker – ‘n Messias wat soos ‘n handskoen pas. ‘n Vorstelike, vurige, aantreklike politieke leier wat die Jode kom verlos van die Romeinse juk – nie ‘n Messias wat op ‘n eselsvul Jerusalem binne ry en vrede, ‘draai die ander wang’, predik nie.
Almal hang hom aan as die Messias van die Jode. Hy veg en saai verwoesting onder die Romeine. Die Rabbis aanbid en vereer hom. Die moderne Judaïsme het sy aanvanklike ontstaan hier gehad en moet aan die deur gelê word van ene Rabbi Akiva, wie so deur die satan gemesmeriseer is dat hy verskriklike bedrog gepleeg het teenoor sy eie mense betreffende die waarheid van die Messias Yahshua. Later meer oor die Talmud wat hy saamgestel het.
 
Die Romeine besef hier is probleme en Keiser Hadrian met ‘n groot militêre oormag tree Simon Bar Khoba en sy span vegters aan. Die “Joodse Messias”, Simon Bar Khoba, word verslaan en doodgemaak en toe breek die hel los. Die Romeine wou toe al wat ‘n Jood is van die aarde af weg vee. Hulle word verjaag, vermoor, hul lande word met sout bestrooi sodat hulle nie weer sou terug keer en kon plant nie. Alles word gedoen om die Jode te vernietig en te verstrooi uit Jerusalem en die onmiddellike omgewing uit. Weereens word die Torah verban en alles wat net ruik na Jood, word verbied en verwerp.
 
Hierdie tendens hou vir baie baie jare aan en bereik ‘n hoogtepunt tydens die kruistogte van Konstantyn en daarna. Alles wat na Jood ruik, word weg gesmyt. Die Torah word geminag, die Shabbat mag nie gehou word nie, die Feeste van Yahweh word vervang met ander heidense feeste, alles wat Joods is, word afgemaak.
 
Gedurende die middeleeue vind dieselfde plaas. Waar ookal daar enige gelowiges gevind word wat in die Messias Yahshua geglo het en terselfdertyd die Torah onderhou het, is daardie groepe verwilder en vermoor. Selfs die hervormers, en meer bepaald Martin Luther self, was inderdaad anti-semities en hul motivering daarvoor was dat die Jode, die Messias gekruisig het. Hulle was sogenaamde ‘christ killers’ en hulle nasate is openlik geminag en gesmaad.
 
DIE HERVORMERS SE DEKREET: REDDING SLEGS DEUR GELOOF IN ”JESUS CHRESTOS” HET DIE TORAH VERVANG
 
Ons weet dat selfs na die hervorming die kerkvaders duidelik gepredik het dat die Torah van Yahweh iets was wat op die Jode betrekking gehad het en nie op die gelowiges van die kerkhervorming nie. Die Hervormers was baie anti-semities. Alles wat “Joods” was, moes uit. Die geloof van die hervormers in die Messias het ewe skielik tot gevolg gehad dat die Torah van Yahweh vervang is. Die Messias van die hervormers het alles kom verander en was klaarblyklik ‘n ander “Godheid” as die van die ou Testament. Hy verander al die wette van die ou Testamentiese God. Die Torah is aan die kruis genael. Die gelowiges kan nou ewe skielik vry onbevange sonder die Torah-wette van Yahweh leef. Die hervormers is ewe skielik nie meer ‘wetties’ nie.
Die wette van die ou Testamentiese Elohiem (god) word bestempel as verouderd en nie meer van toepassing nie. So het dit aangegaan tot vandag toe – die Torah word oorboord gegooi.
 
DIE NUWE TESTAMENTIESE MESSIAS VAN DIE HERVORMERS VERANDER
DIE TORAH VAN DIE OU TESTAMENTIESE ELOHIEM
 
Die Hervormers het, soos hul voorgangers die Rooms Katolieke, en diegene uit Keiser Konstantyn se tyd en nog vroeër, die ware en enigste Hebreeuse Messias Yahushua vervang met ‘n substituut messias met ‘n Griekse afgodsnaam Iesous, wat 380 jaar gelede eers as ‘jesus’ in ons hedendaagse Bybels vertaal is. Ek gaan jou die werklike feite hieromtrent wys, lees net verder.
 
Hierdie voorgaande paragraaf klink baie drasties, baie veroordelend. Maar onthou, dit is die verkeerde valse interpretasie van die Skrif deur die hervormers, wat die Torah afgemaak het as Joods en nie op die Christendom van toepassing nie. Dis bose geeste wat hierdie leuens kom plant het. Die mens het daarmee oploop gegaan en dit as waarheid verkondig – en dit word tot vandag nog geglo en verkondig. Luister mooi, ek is nog lank nie klaar met die geskiedkundige feite nie. Lees verder en dan sal jy begryp waarom ek sê dat ander “skrifgeleerdes”, teoloë, predikante, priesters en ander ‘geestelike leiers’ in die middeleeue en latere eeue voortgegaan het met ‘n sataniese algemene misleiding en grootskaalse bedrog, wat deur die eeue heen gewone gelowiges belieg en verwar het.
 
Hierdie leuens en bedrog is deur die eeue heen voortgesit met die gevolg dat my oer-grootjies, grootouers, en selfs my ouers, bedrieg en mislei is. En in hierdie misleiding het ek groot geword en het ek weer my eie kinders onwetend mislei deur hulle groot te maak en op te voed in ‘n heidense Christendom waaruit min mense uiteindelik ontvlug. Dit sal slegs ‘n wonderwerk van die Elohiem Skepper verg om hulle totaal en al uit die Christendom uit te laat padgee sodat hulle hulle tot Yahweh bekeer en die Griekse afgode waarmee hulle groot geword het en wat hul in die plek van Yahweh gestel het, te versaak en te los.
 
DIE DUIWELS PROBEER DESPERAAT KEER DAT CHRISTENE
AGTER DIE WAARHEID KOM EN HUL TOT YAHWEH BEKEER
 
Jy kan beslis weet dat die duiwels en demone desperaat probeer keer dat Christene die waarheid hoor en hulle tot Yahweh bekeer om sodoende agter die masker van satan uit te kom.
 
Vandat ons deur Sy onbegryplike guns uit die heidense Christendom uit gekom het, merk ons hoedat die sogenaamde wagters op die mure (dominees, pastore, professore, ens.) “blind” bly en steeds volhou om week na week van die kansels af hul niksvermoedende gehore belieg en bedrieg en ‘n leuen leef.
Eintlik behoort ek nie verbaas te wees nie, in die middeleeue het die Roomse priesters presies dieselfde met die massas gedoen!! Dit vind nog steeds plaas in vandag se moderne tye. Gedurende hierdie afgelope week gedurende Aug. 2009, het ‘n bekommerde NG-kerk lidmaat ‘n geskrif waarin die persoonlike en eie name van die Skepper en Sy Seun uiteengesit en verduidelik word, aan ‘n sogenaamde antieke taalkenner, ‘n professor in Teologie gestuur vir sy kommentaar. Die professor het dit na ‘n ‘vluglees’ afgemaak as “loutere onsin” en “snert” wat hom nie verwerdig om dit aandagtig deur te lees nie. Hy het dit bloot gevlug lees soos hy sê en tot die konklusie gekom dat dit doodeenvoudige snert is. Hierdie man is ‘n professor in Tukkies se kweekskool!! Hierdie man moet nou voornemende leraars van gemeentes oplei om lering te bring. Wat se lering? Hyself het nie die nodige Torah kennis nie, soveel so dat hy nie eens sy besware aan die ‘bekommerde’ lidmaat op papier of elektronies kon fundeer nie!!
 
Ons self het, deur middel van ‘n reuse biblioteek – die internet – kennis begin verwerf slegs deur wyd te begin lees en te begin studeer en self navorsing te begin doen. Ons het nie na iemand geluister of “preke” gehoor of agter predikers aangery van die een vergadering na die ander nie. Ons het slegs ons ore en oë oop gehou en was bereid om nuwe feitelike inligting te beoordeel en self navorsing te doen en die nuut verworwe kennis deeglik aan die hand van ‘n verskeidenheid van bronne, sommige legitiem, ander nie, te toets aan die hand van die Skrif en in volgehoue gebed gevra dat Sy Gees aan ons die wysheid en begrip sal bekend maak. Yahweh verwag van Sy volgelinge om soos die ‘Bereans’ in Handelinge, die Skrifte volledig te ondersoek en die waarheid na te jaag en te doen. Jy kan en moet dit ook doen, of as navorsing en opleeswerk nie jou sterkpunt is nie, moet jy maar die inhoud van boeke soos hierdie een toets teen die Skrif en as jy die getuienis daarvoor ontvang het, dit glo en begin uitleef. Jy durf dit nie net ignoreer nie.
 
Soos ek vroeër gemeld het, het ons aanvanklik gedink dat ons op splinternuwe ‘geheime-inligting’ (‘n soort van conspiracy-theory) afgekom het. Toe vind ons uit dat daar in die tagtiger-jare reeds studente was wat verhandelings en proefskrifte oor die onderwerpe gedoen het – dit was toe nie so nuut nie. Nou onlangs vind ek uit dat gelowiges gedurende die dertiger jare al reeds hierdie ‘nuwe’ feite begin navors en dit begin bestudeer en prakties begin uit leef het.
 
DIE ONDERWERPE IN HIERDIE BOEK IS NIE NUUT NIE,
NET VIR HONDERDE JARE WEGGESTEEK ONDER ‘N
DEKMANTEL VAN BEDROG, LEUENS EN KORRUPSIE
 
Die onderwerpe in hierdie studiestuk is niks nuuts nie – net vir baie honderde jare, (ongeveer 1900) weg gesteek, verberg onder ‘n dekmantel van bedrog, leuens en korrupsie.
 
Hierdie misleiding en bedrog het so erg geraak dat almal van ons dit eersdaags aan ons eie persoonlike basse gaan voel wanneer die Nuwe Wêreld Orde ten volle in werking tree. Sedert 1994 het die totale kerklike sisteem wat die evangeliese en charismatiese sektore insluit, bande hernu en verstewig met die Vatikaan. Daar word sterk beweeg in ‘n rigting waarin “New Age” leringe verkondig en deur die Vatikaan na alle protestantse godsdiensgroepe dwarsoor die wêreld versprei word vir oordraging aan indiwiduele gemeentes.
 
Baie evangeliese en/of charismatiese of Messiaanse groepe beoefen en predik reeds Oosterse mistieke en okkulte praktyke binne hul geloofsisteem. Sommige ontken die “elohiem” status van die Messias en die Vader Yahweh. In sy geheel is die Christelike godsdienstige sisteem se wortels gevestig in die heidendom – die groot hoer van Babilon het en is steeds op pad om wêreldmag en wêreldstatus te verkry – en die Jesuïtiese orde van die Rooms Katolieke Kerk manipuleer en beheer die politiese, ekonomiese en militêre magte van die wêreld – en vergeet nie die groterwordende mag van Islam nie. Islam gaan op die einde die krag en mag van satan wees.
 
Maar jy hoef my nie sondermeer te glo nie, doen jou eie navorsing en jy sal vinnig agterkom dat daar groot probleme aan die kom is. Weet net, as die wortels besoedel is, is die plant en sy vrugte ook bevuil en noodwendigerwys die wat van die vrug eet, ook.
Ons predikante, pastore, priesters, eerwaardes en voorgangers was veronderstel om wagters op Sion se mure te wees en hulle was veronderstel om “kennis te verwerf en die Skrif te bestudeer en om hul volgelinge te leer”, soos wat Paulus vir Timotheus vermaan. Maar hulle het versuim om hulle werk behoorlik te doen, sodat ek en ook ander van my portuur op ons ou dag op ons eentjie hierdie navorsing moes opdiep en moes uitvind dat ons in die Christendom PRESIES DIT DOEN WAARTEEN dieSkepper-Elohiem Sy volk en OOK vir ons in Sy Woord WAARSKU en wat Hy met ‘n passie HAAT. Dit is net deur Sy Barmhartigheid dat Hy ons nog nie verdelg het nie. Maar Hy waarsku dat Sy geduld sal opraak.
 
Ek kan nie besluit of hierdie voorgangers en hedendaagse skrifgeleerdes ook maar net onkundig was en of hulle doelbewus vir materiële gewin (mammon, die geld-god) die waarheid ignoreer het nie – in welke geval hulle grof nalatig en aanspreeklik gehou word deur Yahweh. Dit is IRONIES dat elke moderne skrifgeleerde (predikant, professor, ens.) met ‘n goeie teologiese akademiese agtergrond, die kerkgeskiedenis behoort te ken en DEEGLIK BEWUS moet wees van hierdie feite.
Hulle verontskuldig hulself egter met die stelling dat “ONS NUWE CHRISTELIKE OF GEESTELIKE INHOUD VERLEEN AAN OU HEIDENSE AFGODSGEBRUIKE EN DIT OP HIERDIE WYSE IN ONS GELOOF EN GODSDIENS ASSIMILEER EN DIT SODOENDE VERCHRISTELIK.”
Maar dit is presies waarteen die Skepper-God van die “Bybel” ons uitdruklik waarsku!Die Woord sê ONS MAG NIE, ONS DURF DIT NIE DOEN NIE, MAG NIE DEEL DAARAAN Hê NIE!!  Sien onder andere Deut. 12:2-4; Jer.10:2 en verder.
 
En so het ons en ons kinders grootgeword met valse heidenseafgodspraktyke waarteen die Skepper Elohiem (god) ons uitdruklik in die ou Verbondsgeskrifte waarsku. (Moet asseblief tog net nie argumenteer dat die Ou Verbondsgeskrifte nie meer van toepassing vandag is nie – hierdie selfde geskrifte gaan die basis wees vir die klagstaat wat Moses gaan opstel wanneer hy ons gaan aankla gedurende die Tweede Opstanding, die Wit Troon Oordeel – lees net bietjie verder) Joh.5:45.
 
Satan het daarin geslaag om die Christendom te bedrieg en te belieg en te mislei OM:
·       Die eie en persoonlike naam van die Skepper-Elohiem van die heelal inhoudloos te maak deur Sy persoonlike Naam te ignoreer en in vergetelheid te laat raak, en in onbruik te laat verval, deur dit te vervang met substituut sataniese afgodstitels en sodoende die 3de Gebod verkrag;
·       Die Torah van die Skepper-Elohiem soos vervat in die Geskrifte van Moses (eerste vyf boeke) asook die Profete en die Psalms in die Tanach (Hebreeuse Ou testament), te vervang met nuwe valse satanies-ge-inspireerde mensgemaakte leerstellings wat onder andere die 1ste, 2de, 3de en 4de Gebod van die Dekaloog verkrag en totaal verwerp het – wat die hele Torah van die Skepper-Elohiem afgemaak het as irrelevant en ‘n “ander evangelie” ingestel het; en
·       Die Skepper-Elohiem se sewe (7) spesiale feesdae (afsprake-miqra) met die spesiale Shabbatte te kaap, te steel en te vervang met duiwelse heidense feesdae waarop die satan en sy demone vereer en aanbid word.
Die Christendom is kontamineer met heidense praktyke en gebruik. Die ware Torah voorskrifte wat vir ewig geldend moes wees, word nie nagekom nie, word geminag, word verwerp. Al die valse en diverse leerstellinge wat vandag bestaan, het ontstaan uit mense wat die “Nuwe Testament” verdraaid propageer en voorgehou het as die woord van Elohiem.
 
DIE MENS HET WEG GEDOEN MET
DIE OU GESKRIFTE WAARUIT YAHSHUA EN
DIE APOSTELS GELEES EN GELEER HET
Hulle het weg gedoen met die Torah, die Psalms en die Profete – wat die basis, die fondament van die wette van die Koninkryk van Yahweh is. Wette wat vir ewig in die hiernamaals ook gaan bestaan en van toepassing gaan wees (Jes. 66:22-23) – daarmee doen die mens weg, verklaar dit as verouderd. Moet nie vergeet nie – die satan is uit die hemel uitgewerp met ‘n derde van al die engele – en die Torah, die wette wat in die hemel van toepassing was toe die satan uitgeskop is, was die Torah van Yahweh soos saamgevat in die Dekaloog (Tien Gebooie). Dis geen wonder hy en sy demone baklei so teen die Torah van Yahweh nie – hulle wil dit ontbind en die mens help hulle!
 
DIE TORAH IS VIR ONS GEGEE DEUR DIE WOORD
VAN YAHWEH, EN DIE WOORD WAS YAHWEH
EN DIE WOORD WAS BY YAHWEH
EN DIE WOORD HET VLEES GEWORD IN YAHSHUA
EN HY SELF WAS DIE LEWENDE TORAH
(Joh.1:1;14)
DIE TORAH IS DIE WOORDE VAN YAHWEH
EN IS GEES EN IS LEWE EN IS EWIG ONVERANDERLIK!
(Joh. 6:63)
HOE KAN DIE CHRISTENDOM DIT VERWERP?
HOE GAAN HULLE DIT VERDUIDELIK?
 
Die Torah en Yahshua is EEN. Die volgende paragrawe is baie belangrik.
 
Die Torah instruksies, die Tien Gebooie is die Skepper se letterlike, eie handgeskrewe instruksies waarvolgens ons in ‘n huweliksverbond met Hom moet lewe. Dit is nie oorgedra deur gewoonte of gebruike nie. Die Torah, die Tien Gebooie is profetiese, skeppende geestelike krag. Net so het die Skepper profeties die aarde en die hemele deur Sy Woord geskep, die droë land, plante en bome; presies net so het Hy die Torah gespreek oor Yisrael. YHWH het die Torah gespreek oor al diegene wie Hy uit Egipte uit verlos en gered het (Hebreërs en ‘n mengelmoes van ander mense). Deur die krag van daardie Woord van Yahweh het die TORAH letterlik fisies gemanifesteer in daardie mengelmoes van mense en in hul nageslagte.
 
Die Tien Gebooie is NIE wette of opdragte of statute waarvolgens menslike gedrag gereguleer word nie. Die Tien Gebooie is skeppende, profetiese ervarings of belewenisse. Die Almagtige Skepper/Wetgewer het hierdie skeppende, profetiese ervarings gespreek oor almal wat die huweliksverbond met Hom gesluit het asook diegene wat nog later sou bykom. Hierdie persone word deel van die kern van elke nuwe skepping, omdat hulle deel is van die kern van die Messias Yahshua, in wie se beeld elke nuwe skepping gevestig word. Hierdie Tien Woorde is deel van die DNA van die Elohiem van die Geeste. Hy plant Sy eie DNA oor in Sy gelowige Yisraelse kinders wanneer jy bekeer, ‘terugkeer’ of geestelik gebore word. Sy Tien Woorde is Gees en is Lewe. Yahshua het hierdie Tien Woorde en die res van Torah met Sy sterfte en opstanding net op ons harte kom skryf. Die Torah van Yahweh soos in die Ou Verbond uiteengesit, vorm nou ‘n baie belangriker kern van die Nasareense gelowige as ooit tevore.
 
Die nuutgeskepte mens (geestelik hernude) word profeties deur die Tien Gebooie skeppend bemagtig om te weet, te ervaar, dat die Almagtige Skepper sy Elohiem YAHWEH, is. Dat hy geen ander “gode” met ander vreemde of Griekse name, voor YAHWEH sal en mag hê nie. Die nuut geskepte mens word profeties deur die Tien Gebooie skeppend bemagtig om die afgodsdiens van alle gesnede beelde, hetsy in die fisiese wêreld of in die geesteswêreld, te verwerp. Die nuut geskepte mens word profeties deur die Tien Gebooie skeppend bemagtig om die afgesonderdheid van die Shabbat van Yahweh, te gedenk en te onderhou, en om sy vader en sy moeder te eer, en om …… al die gebooie word ingesluit. Veral die fondament waarop die Tien Gebooie gebou is, naamlik, om sy Elohiem lief te hê met sy hele hart, sy hele siel, sy hele verstand, met elke vesel in sy liggaam – en ook sy naaste soos hyself. Dit is Torah. Die uitleef daarvan is om die persoonlike DNA van die Skepper Elohiem in jou lewenswandel te ervaar en te beleef. Dis allermins ‘n vloek – later meer oor die Talmudiese wette wat geensins dieselfde is as die Gebooie van Yahweh nie – selfs Paulus sê dis regverdig en goed om te onderhou. Romeine 7:12.
 
Soos ons later in hoofstuk 21 sal sien, die Tien Gebooie is DIE POORT, DIE HEK of INGANG tot die ewige lewe, uit die mond van die Messias Yahshua self.
 
In Openbaring 19:13 staan dit geskrywe dat Yahshua se ander Naam die Woord/Dabar/Logos/Torah van Yahweh is!! Kyk maar self op E-Sword. Die Griekse G3056 bevestig dit pragtig – die gedagte van Yahweh, integraal, wesenlik deel van die Vader, die Torah!!
 
Hierdie Joodse Messias uit Yisrael, Yahushua, van die hernieude testament, Seun van die Allerhoogste, is inherent ‘n integrale, onlosmaaklik, onverdeelbaar deel van die GROOT Ou Testamentiese Elohiem waarvan ons in EXODUS 20 lees – Wie Sy wette, Sy TORAH, vir ons gegee het om te gehoorsaam! Hy verander nie en Sy Torah of Sy Verbond kan ook nie verander nie. Hy sê dit self so. Besluit jy self wie jy wil glo – eerder jou priester, predikant, pastor of Yahweh – kies jy maar self.
 
Ek wil huil as ek dink hoedat Christene onbesonne, sonder die nodige Torah kennis, ‘n arrogante oningeligte, eensydige besluit neem en Yahweh se eie persoonlike lewende Woorde wat Hy aan Moses dikteer het, sondermeer afmaak as irrelevant en hulle onder die mat invee. Dit is ‘n tragedie. Hierbo het ons gelees hoe woedend en toornig Yahweh raak omdat die Yisraeliete Sy Torah vergeet en minag – waarom sal die Christendom dan daarmee weg kom?
 
Yahweh, die Skepper Elohiem het slegs een verbond met Yisrael gesluit en dit ‘n paar keer herhaal, maar die eerste oorspronklike Verbond wat Hy met Yisrael gesluit het, is vandag nog net so wesenlik en geldig en van toepassing as die hernieude Verbonde wat later weer gesluit is. Dit kan jy nalees in Gen. 17:7; Rigters 2:1; 2 Sam. 23:5; 1 Kron. 16:15-17; Psalms 105:8-10; Eseg. 16:60, ens. Die nuwe Verbond waarvan onder meer in Jeremia 31:31-34 en in Esegiël 36:24-27 geskryf word en weer in Hebreërs 8:8-13, bevestig word, is bloot ‘n hernuwing van dieselfde verbond.
 
Die Priesterskap het duidelik verander, daar het sekere beloftes bygekom soos byvoorbeeld dat die wette op die hart geskrywe sal word en die ongeregtighede van die verlede vergewe sou word (Heb. 8:10-12), daarom word dit as ‘n beter verbond beskou. Die partye van die Verbond bly dieselfde: Dit is steeds Yahweh se Verbond met Sy volk Yisrael (saam met diegene wat op die mak olyfboom ingeënt word)
 
YAHWEH HET NOOIT EN SAL NOOIT ‘N VERBOND
MET DIE HEIDENDOM OF MET DIE KERK SLUIT NIE
 
Die engel het in Lukas 1:33 die geboorte van die Messias Yahushua aangekondig met die woorde:
“Hy sal Koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid”.
 
Wie is Hy – hierdie Messias Yahushua? Hy was ‘n Yisraeliet uit die stam van Judah uit. Hy was nie ‘n Griek nie. Hy was ‘n Hebreeus-sprekende Yisraelse Jood. Hy het ‘n Hebreeuse Naam gekry van Sy Vader.
 
Lukas 1:31 is al die jare nog verkeerd vertaal met ‘n Griekse naam wat afkomstig is uit die heidense Griekse mitologie.
 
Dit moet lees:
“En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar en jy moet Hom YAHSHUA noem”.
 
YAHWEH HET ‘N EWIGE VERBOND GESLUIT MET
DIE VOLK YISRAEL EN MET NIEMAND ANDERS NIE
 
Hy is ‘n Joodse Yisraelitiese Koning vir ‘n Yisraeliese volk. Die huis van Jakob is die twaalf (12) stamme van Yisrael. Yahweh het nooit vir Yisrael met die kerk vervang nie – mense het. Yahweh het nie op pinksterdag ‘n sogenaamde nuwe verbond met ‘n nuwe groep mense, bekend as “die kerk” gesluit nie. Dit was bloot ‘n hernuwing van die ou verbond wat Yahweh reeds vantevore met Sy volk Yisrael gesluit het. Yisrael is nie vervang soos wat die sogenaamde “Replacement Theology” beweer en preek nie. (Lees die artikel van oud/ex NG Kerk ds. John Wahl van Elim Ministries “DIE REGTE VERSTAAN VAN DIE KERK EN DIE NUWE VERBOND” waaruit van hierdie geskrewe gedeeltes geneem is – dit is absoluut waar)
 
Daarom is daar ook geen hek wat toegang verleen tot die nuwe Jerusalem vir Christene of die kerk of vir die Moslems of vir Boeddhiste of wie ookal nie. Daar is slegs toegangshekke tot die Stad deur die hekke wat die name het van die twaalf (12) stamme van Yisrael. Daaroor kan jy meer lees verder aan.
 
Die Torah is Yahweh se koninkryksreëls. Die Torah was bekend aan Adam en Chavah (Eva) en ook aan Noag en Abraham, nog lank voor Moses op die toneel verskyn het.
 
Jy glo dit nie nê? Kom ek neem jou na Genesis 26:5. Hoekom het Yahweh vir Abraham regverdig verklaar – lank voordat die Torah op skrif gestel is?
“omdat Avraham na my stem geluister en My ordeninge, My gebooie, My insettinge en My leringe (Torah) onderhou het”
 
Die Torah van Yahweh het reeds bestaan gedurende Adam en Chavah (Eva), in Noag se tyd en daarna ook in Abraham se tyd. Dis eers later deur Moses in opdrag van Yahweh gekodifiseer. Yahweh het ‘n verbond gesluit met almal van hierdie mense.  Die outeur van die Hebreërsbrief bevestig dat hierdie ouere verbonde/ooreenkomste nie tot niet gemaak is deur latere ooreenkomste nie, maar dat die voriges bloot uitgebrei en verbreed en duideliker gemaak is.
 
Die Torah, soos ons dit vandag ken,  bestaan uit die eerste vyf boeke van die Ou Testament, dws.vanaf Genesis deur tot Deuteronomium. Die Tanach, die Hebreeuse Ou Testament, beslaan al die boeke vanaf Genesis tot Maleagi (en moet nie vergeet dat hedendaagse buite Bybelboeke soos Henog, Boek van Yahshar, ens. deel was van daardie vroeë Keetvay Hakodesh (Geskrifte) wat die Apostels en Messias self en toentertydse gelowiges gelees en bestudeer het nie.
 
Ek noem net ‘n paar ander ou Testamentiese Bybelboeke wat in 1546 nog deur die kerk aanvaar was as deel van die ou Testamentiese kanon – Esdras, Judit, Tobit, 1,2,3 en 4 Makkabeërs, Wysheid van Sirag, Barug, ens. Die protestante, stiefkinders van die Roomse kerk het egter geprotesteer, soveel so dat hulle later hierdie boeke almal uitgesmyt het.
 
Die Torah is Yahweh se basiese riglyn wat Sy kulturele en regerings-doelwitte verwesenlik. Dit is die Wet van die Groot Koning van die hemel en die aarde – “want ons burgerskap is in die hemel, van waar ons ook as Verlosser verwag die Meester, Yahshua die Messias” (Filippense 3:20). Die Torah is die hemelse koninkrykswette en voorskrifte. Nie die hernieude “nuwe” Verbond (testament) nie.
 
DIE TORAH IS DIE GRONDWET
VAN DIE MESSIAANSE GELOWIGE
 
As jy van Bo af gebore is deur die Ruach van Yahweh, en jy sê jy is ‘n burger van die hemelse Koninkryk, dan is die Torah die ‘grondwet’ wat jy moet ken en wat jy moet gehoorsaam. Want jy is ‘n Yisraeliet. Gedra jou soos een.
 
Gelowiges in Yahshua wat die Torah onderhou, het dubbele burgerskap. Jy is ‘n burger van Suid-Afrika, maar jy is ook ‘n burger van die hemelse Koninkryk. Yahweh se koninkryk sal in die nabye toekoms die hele wêreld, waaronder ook Suid Afrika, oorneem, beheer en regeer – en die grondwet wat in die hemelse koninkryk van toepassing gaan wees, is die Torah.
Petrus sê in Hand.5:29 dat “ons eerder Elohiem sal gehoorsaam wees, eerder as mense”. Jou eerste lojaliteit en verantwoordelikheid behoort dus by Yahweh se koninkryk te lê. As jy die hemelse ‘grondwet’ ignoreer en dit as ‘verouderd’ en as ‘nie van toepassing nie’ afmaak, dit aan die “kruis” vas gespyker bestempel, verwerp jy die kultuur en regeringstelsel wat Yahshua sê Hy sal vestig in Sy toekomstige koninkryk en ook die ewige koninkryk van Vader Yahweh.
 
As jy dus nou Torahloos/wetteloos optree rakende Yahweh se Koninkrykswette en –voorskrifte, hoe gaan daar teen jou opgetree word wanneer Sy Torah af gedwing gaan word?  Ons lees dat Yahshua Sy Torah met ‘n ysere hand gaan afdwing en sodanig sal regeer – klink vir my amper na die Ou Testamentiese Elohiem.
 
YAHWEH DEUR YAHSHUA HET OP DIE FOLTERPAAL SY
VERBOND MET YISRAEL DEUR SY EIE BLOED HERNU
EN SAL DIT IN DIE TOEKOMS WEER HERNU EN HONOREER
 
Yahushua het nie gekom om ‘n nuwe geloof of godsdiens te stig of om ‘n nuwe verbond met sogenaamde heidene van dwarsoor die wêreld te sluit nie. Hy het nooit een keer in die Skrif ‘n verbond met heidene gesluit nie – net met “bekeerde” Yisrael en met “bekeerde” heidene, dus met inge-ente Yisrael. Yahshua het Sy verbond met Yisrael in Sy eie bloed kom hernu in Sy hoedanigheid as die finale Offerlam van Yahweh.
 
Die Torah, die dekaloog, die Tien Gebooie was die huweliksverbond tussen Yahweh en die Yisraeliete. Die Yisraeliete het egter so ver weggedwaal agter ander afgode aan, owerspel gepleeg, dat Yahweh hulle geskei het. Volgens die Torah mag Yahweh Israel egter nie weer terug neem as bruid nie – die huweliksverbond kan slegs ongedaan gemaak word, aldus die Torah, indien een van die huwelikspartye sterf.
 
Daarom het Hy, Yahweh die Elohiem van die geeste, vir Homself ‘n liggaam voorberei sodat Hyself in die liggaam van Yahshua kon kom sterf. Sodat Hy uit die dode kon opstaan en weer, in ooreenstemming met Torah voorskrifte, met Yisrael, Sy verlore skape, in die huwelik kon tree. Hierdie keer was dit Sy eie bloed wat die hernieude en wettige huweliksverbond tussen Homself en Yisrael verseël het en tot stand gebring het.
 
Daar is nie so iets soos ‘n Ou versus ‘n Nuwe verbond nie. Yahweh het bloot Sy oorspronklike verbond met Yisrael kom hernieu – daarom is daar ook nie ‘n Ou Testament en ‘n Nuwe Testament nie. Die Ou Testament bestaan uit Genesis tot en met Openbaring – dis die mens wat ‘n verdeling in Yahweh se Woord tot stand gebring het.
 
Dink daaraan. Daar is duisende kerke en leerstellinge binne die Christendom. Sommige beweer tussen 2000 en 5000 denominasies met ‘n beraamde 1.9 biljoen Christen-lidmate. Hulle stem oor niks saam nie, oor geen enkele belangrike leerstelling nie. Hulle verskil almal oor een of ander leerstellige aspek, oor die persoon van die Messias, Sy maagdelike geboorte, die soewereiniteit van die Skrifte (veral nuwe testament), die leerstelling van saligheid, ens. ens. Hulle stem oor absoluut niks saam nie –
 
MAAR OOR EEN DING STEM ALMAL SAAM:
DAT DIE TORAH NIE MEER VAN TOEPASSING IS NIE!
 
Dit is lagwekkend absurd – dit moet jou laat dink dat iets drasties fout is!! Satan moet lekker lag!
Enige iets wat Hebreeus is, moet Joods wees en moet dus verwerp word want die KERK het mos die Israel volk vervang. Die Kerk is mos nou in die plek van Israel. Daarom moet die Hebreeuse Skrifte uitgegooi word en ook die Hebreeuse Messias Yahshua moet vervang word met ‘n westerse heidense Griekse Messias, Iesous Chrestos, die godin van genesing wat die Torah teen die “kruis” vas gespyker het.
’n Westerse Griekse Iesous Chrestos wat toelaat en selfs aanmoedig dat sy volgelinge spek en eiers eet en wat Sondag in die kerk aanbid word – hy het mos die Torah voorskrifte met betrekking tot onrein diere nietig verklaar en verkondig dat alles met danksegging tot eer van god ge-eet kan word. Gooi die Torah uit!
 
HIERDIE NUWE TESTAMENTIESE IESOUS CHRESTOS VERANDER AL DIE WETTE VAN DIE OU TESTAMENTIESE ELOHIEM – DUIDELIK TWEE VERSKILLENDE IDENTITEITE
 
Dis die mens wat deur sy verkeerde valse vertolking van die Skrifte hierdie dualisme veroorsaak het. Die mens skiet homself duidelik in die voet. Hierdie bewerings berus op die Skrif, lees net verder, want ek gaan dit apart hanteer en miskien stem jy saam met my.
 
Die Grieke het die Torah verafsku en toe skep hulle ‘n valse godsdiens wat vermeng was met hul eie besondere filosofiese denke – ‘n intellektuele geloof in Iesous Chrestos – geen Torah nie – niks wat gekoppel kan word aan enige iets Joods nie. Vandag het hierdie valse godsdiens miljoene aanhangers met 350 verskillende Engelse vertalings van die Bybel uit die Grieks. Elke vertaling is die produk van die bepaalde vertaler se eie agenda en geloofsoortuigings.
 
Ons het groot geword en is verkeerdelik geleer dat die Nuwe Testament oorspronklik in die Griekse taal geskryf is. Die Joodse Rabbis was baie versigtig dat elke woord, Yod, Vav, Hei, Gimel, Mem, Nun Sofit of watter letter van die alfabet ookal baie noukeurig oor geskryf word vanaf die vorige dokument. Die Ou Verbond se Tanach (Ou Testament) het dus baie noukeurig bewaar gebly deur die eeue heen.
 
Nie dat die Rabbis nie ook gepoog het om sekere gruwels te pleeg nie – soos om die persoonlike eie naam van die Skepper te verdoesel deur dit te vervang met titels sodat die algemene volk nie die eie persoonlike Naam van Yahweh sou uitspreek nie (hieroor later meer). Dit was egter gruwelike leuens. Daar is tans oorweldigende bewys dat die oorspronklike Nuwe “Testamentiese” geskrifte deur die Apostels en selfs ook Paulus, in Hebreeus/Aramees geskryf is en nie in Grieks nie.
 
Die Jode het juis die Grieke verafsku en wou niks met hulle te doen hê nie, wat nog te sê Grieks praat of skryf!! Ek kom weer later daarby terug. As jy belangstel om agter die waarheid te kom, gaan lees die boek “Was the New Testament Really Written in Greek?” – dit is beskikbaar vanaf die webwerf http://www.rapaellataster.com/en is puik akademies gefundeerd.
Feit is egter dat die Torah, die Psalms en die Profete die basis is vir die evangelie van Yahweh Yahshua. Die Nuwe Verbondsboeke het eers gedurende die vyfde eeu in ‘n reeks tot stand gekom en deel gevorm van die Bybel soos ons dit ken, gedurende die Konstantyn era – eeue nadat die Apostels reeds dood is. 
 
Gaan lees maar die APOKRIEWE Ou en Nuwe Testament van Proff. Van der Watt en Tolmie. Hulle skryf as volg op bl. 18: “Dit was egter eers toe die kerk in die vierde eeu na Christus staatskerk geword het dat daar amptelike openbare uitsprake moes kom oor watter boeke gesaghebbend is en watter nie. Die hele kerk dwarsdeur die Ryk moes immers saamstem oor wat hulle glo en hoekom”.
 
Jy moet onthou dat hierdie ‘kerk’ ‘n vermenging van ‘n verskeidenheid van afgodedienste was, en meer bepaald songod-aanbidding. Dis die kerk wat besluit het oor watter boek moet in en watter boek moet uit. Na dese is ek nie voornemens om my te laat lei deur enige iets wat na ‘kerk’/Rooms/protestants ruik nie – dit was en is niks anders as BAAL-AANBIDDING nie.
 
Die demoniese aktiwiteite was so intens gerig op die absolute vernietiging van die Torah, dat die omsendskrywes van 2 Petrus, 2 Johannes, 3 Johannes, Judas en Jakobus amper nie die paal gehaal het nie en ook uitgeskop sou word uit die nuwe “Testamentiese” kanon soos ons dit vandag het. Jy sien, die bewering was dat hulle te “Joods” was, te veel gewys het op die Torah. Henog het sy status verloor in ongeveer 300 NC en is vervang met die Openbaring van Johannes. Henog het te veel klem gelê op die hel, die verlore engele en die aktiwiteite van die onsigbare geesteswêreld en die profesieë van die komende Gesalfde of die Uitgesoekte, die Seun van die Mens, die Seun van Adam.  Dit het die kerkvaders baie ongemaklik gemaak want die waarheid maak vry en hierdie songod-aanbidders het nie belang gestel in die waarheid van die Elohiem Skepper van die heelal nie – niks nuuts nie.
 
In Yahshua se tyd het jy dieselfde patroon gekry. Die Messias het hulle, die Fariseërs, die Skrifgeleerdes en Sadduseërs, beskuldig as kinders van die satan. Maar, soos wat dit in Henog geprofeteer is, Sy boek sou wegraak, maar in die laaste dae sou dit weer gevind en weer gelees word, soos wat dit tans die geval is. Maar Yahweh is soewerein – niks gebeur op hierdie aarde sonder Yahweh se wete of Sy toestemming nie.
 
Ek dink ek het reeds gemeld, of ek sal nog daar by uit kom, dat die hernieude testament 90 persent bestaan uit aanhalings uit die Ou Testamentiese gedeeltes uit. Wanneer ‘n sekere nuwe Verbondsgedeelte dus nie ooreenstem met die Ou Testamentiese Geskrifte (Torah, Psalms en die Profete – die Keetvay Hakodesh) nie, dan weet ons dadelik dat daar gepeuter was. Daar moet fout wees met die vertaling. Die hernieude testament is gefundeer op die Ou Verbond, die Torah, Psalms en die Profete. Sonder die Ou Testamentiese Geskrifte kan daar dus ook geen nuwe testament wees nie.
En as daar dus snaakse en vreemde stellings in die nuwe testament voorkom, moet dit alleen gekontroleer word teenoor dit wat in die Ou Testamentiese Geskrifte geskryf staan. As Paulus dus iets sê wat klink asof die Torah verouderd is, moet dit getoets word in die Ou Testamentiese Geskrifte. En weet jy wat – elke keer as Paulus se onverstaanbare sê-goed getoets en ontleed word, word gevind dat hy geensins teen die Torah preek nie, maar dat Paulus net verkeerd vertolk word. Die Torah is en bly ewig. Soos wat die Lewende Torah vir ewig sal wees en tans saam met die Vader Yahweh as een (echad), volgens die orde van die Melgisediese priesterskap as ons Hoë Priester op tree.
 
YAHSHUA WORD VERKEERDELIK VOORGESTEL
AS ‘N TORAH BREKENDE RABBI
 
Maar die Christendom het aparte testamente geskep, los van die Ou Verbond. ‘n Nuwe testament wat geen fondasie het as die Ou Verbond nie daarmee saam gelees word nie – ‘n Testament wat in die hotelkamers uitgeplaas word sonder sy basis en waarop nuwe leerstellinge tot stand kom en waarop nuwe godsdienste die lig gesien het.
 
So is daar byvoorbeeld baie onlangs ook vas gestel dat die vroeë Roomse vertalers van die Evangelie van Johannes die vertalings so geknoei het dat die Messias Yahshua beskryf word as ‘n Torah-brekende Jood wat gesuurde brood gedurende die Pasga-fees vermeerder het en wie nie eens die Pasga-fees in Jerusalem bygewoon het nie. (As jy die Torah nie ken nie, sal jy nooit hierdie bedrog raak lees nie)
Hulle, die Rooms Katolieke vertalers het jou werklikwaar selfs ‘n ekstra Pasga-fees ingevoeg in Johannes 6:4 net om hulle eie agendas te dryf. Daardeur het hulle Messias Yahshua se werklike bedieningstydperk op aarde van 70 weke verleng na ‘n drie en ‘n half jaar bediening. Yahshua het slegs die gewone siklus van die jaarlikse Feeste van Yahweh gevolg, van Pasga tot Pasga saam met Sy dissipels terwyl Hy hulle geleer het. As dit nie gruwelike bedrog is nie!
Bly eerder weg van enige iets wat na Rooms ruik instede van Joods. En die Christendom ruik vir my al meer as ooit te vore na Rooms en na heidendom en BAAL-AANBIDDING.
 
Die probleem is juis dat die protestante Christendom inderdaad die stiefkinders is van die Roomse Kerk. Alles wat die protestante het, is oorgeneem van die Roomse Kerk. Die Roomse vertalers het selfs ‘n reuse blaps gemaak met hulle vertaling van Hand.12:4 toe hulle die woord “Easter” gebruik het, die naam van ‘n heidense afgod!! En die protestante sit tot vandag toe met daardie blaps soos ook met al die ander.
Die Skepper se Verlossingsplan vir die mens het besmet geraak met verskeie heidense afgodediensleerstellinge en ander valse leerstellinge soos onder andere die wegraping, ‘n ewige hel waarin ‘n ewige vuur brand wat sondaars vir ewig kasty en martel. Leerstellinge wat die gelowiges mislei.
 
Die enigste fondament is die Torah en alle leerstellinge kan en moet slegs getoets word aan die hand van die Torah, die Psalms en die Profete – die Geskrifte soos dit bestaan het in Yahshua se tyd.
 
SELF PAULUS, PETRUS EN DIE ANDER
APOSTELS HET HIERDIE TOETS GEBRUIK
 
Gaan lees Levitikus 23 en verwante gedeeltes rakende hierdie kern leerstellinge wat gebou is om die belangrike Feeste van die Skepper. Die Christendom hou nie hierdie feeste nie en leer niks hiervan nie. (Later meer oor die feeste van Yahweh).
 
Die meeste Christene is jammerlik onkundig oor die feit dat die Ou Verbond (Ou Testament) en veral die Torah (die eerste vyf boeke van die Ou Testament), die fondasie is van die hernieude Verbond (testament). Die hernieude Testament is gefundeer op die Ou Testament en kan nie alleen op sy eie bestaan nie. Dit vorm ‘n kontinuïteit wat slegs begryp kan word as die hernieude verbond aan die hand van die Ou Verbond bestudeer en interpreteer word.
Daar is absoluut niks oorspronkliks in die Evangelies of in die Omsendbriewe geskryf nie. Paulus verduidelik hoofsaaklik dat ons nou ‘n beter Priesterskap in Yahshua die Messias het as die vorige Levitiese priesterskap – Paulus praat glad nie van ‘n nuwe verbond nie – hy praat van ‘n nuwe priesterskap. Hebreërs 9:1 slaan op ‘n nuwe beter priesterskap, maar ons vertalings praat van ‘n “nuwe verbond” – dis om van siek te word – die bedrog gee aanleiding tot gruwelike vertolkings van die Skrif.
 
Om terug te kom,  die “nuwe” testament bestaan hoofsaaklik uit aanhalings uit die Ou Testament uit. Selfs Openbaring is vol van verwysings na onder andere Daniël en die ander profete.
 
HEDENDAAGSE SKRIF NAVORSERS IS DIT EENS
DAT SOVEEL AS 90 PERSENT VAN ALLE AANHALINGS
IN DIE “NUWE” TESTAMENTIESE BOEKE VAN AF
MATTEUS TOT OPBENBARING, GENEEM
WORD UIT DIE OU VERBOND
 
As daardie 90 persent Ou Verbond aanhalings uit die nuwe testament uit gehaal sou word, sou daar feitlik niks van die nuwe testament oor bly nie. Daardeur sê ek nie dit is nie van belang nie – net dat dit nie sonder kennis van die Ou Testament kan bestaan nie.
 
En dan moet jy sommer kennis neem dat twee Apostels, Petrus (2 Petrus 2) en Juda, feitlik volledig aanhaal uit die Boek van Henog. Albei van hulle het gedink dat die Henog-boek baie belangrik is en dit nodig geag om daaroor te skryf. ‘n Grondige studie van die Boek van Henog bring jou tot die besef dat hierdie boek, saam met die Torah, die Psalms en die Profete ‘n ongelooflike duidelike prentjie skilder van die komende Messias. Dis geen wonder dat die apostels en ander gelowiges so maklik hul luisteraars kon oortuig om hulle te bekeer tot Yahweh Yahshua en hul te laat doop nie.
Die hernieude Verbondsgeskrifte alleen gee slegs ‘n gedeeltelike insig in die Skepper se verlossingsplan vergeleke met dit wat reeds in detail in die Torah, die Psalms en die profete bespreek is. Die “nuwe” testament bevestig en verduidelik slegs dat die profesieë waar geword het. Die Verlosser Messias Yahshua het inderdaad gekom en die Levitiese priesterskap met sy diere-offerandes is vervang met die priesterskap van Yahshua volgens die orde van Melgisedek. Yahshua is nou die hoë Priester na wie daar direkte toegang is vir die kind van Yahweh. Maar ‘n grondige en volledige studie van die Torah, die Psalms en die Profete saam met die getuienis van die Apostels, bied vir ons insig in die Skepper se verlossingsplan vir die mens selfs tot na die nuwe hemel en die nuwe aarde tot stand gekom het.
 
As die Christendom Yahweh se Feeste (Lev.23) geken en verstaan het, sou hulle in staat gewees het om die profetiese eindtyd-gebeure akkuraat te bepaal. Maar nou het hulle nie ‘n idee waaroor die Jubel-jaar gaan nie, hulle het nie ‘n idee dat Yahshua weer terug kom op die 1ste Tishrei nie, hulle het nie ‘n idee wanneer die Groot Verdrukking gaan begin nie, hulle het nie ‘n idee wanneer die Groot Huweliksfees van Yahweh in aanvang gaan neem nie – die 15de Tishrei, die Fees van Tabernakels – want hulle ken nie en nog minder verstaan hulle die Torah van Yahweh – alles is vir ons daarin uit gespel, ons moet dit net soek.
 
DIE EERSTE VIER FEESTE VAN YAHSHUA
HET REEDS LETTERLIK IN VOLGORDE EN
 OP DIE PRESIESE DATUMS IN VERVULLING GEGAAN
 
Die eerste vier (4) Feeste van Yahshua in Lev.23 het reeds letterlik in volgorde en op die presiese datum in vervulling gegaan – drie (3) bly oor wat ook in die korrekte volgorde en op die presiese datums vervul gaan word.
 
DIE 15DE TISHREI IS ‘N VASSTE DATUM
FEES VAN TABERNAKELS, HUWELIKSFEES
OOK GENOEM DIE BRUILOFSFEES
 
Deur kennis en insig in die Feeste van Yahshua kan die verskillende Opstandings van Openbaring verstaan word. So ook om dit waarvan Daniël, Jesaja, Esegiël en die ander profete en die Messias self ook, melding maak, te verstaan en te interpreteer – ‘n onderwerp wat algemeen vermy word.
 
Om die toekomstige gebeure te begryp – eindtyd gebeure – en om ‘n idée te hê wanneer: (1) die finale groot verdrukking/vervolging gaan begin, en (2) wanneer die Messias se wederkoms gaan plaasvind – wanneer Sy Huweliksfees gaan plaasvind, is dit nodig om die profetiese simboliek van die sewe-jaarlikse siklusse van Shabbat-jare in die Torah te verstaan. Die oorblywende drie (3) Feeste van Yahweh vorm ‘n integrale deel van die Torah. Die agste dag van hierdie groot en belangrike Huweliksfees, is ‘n aparte feesdag en wys op die simboliek van die skepping van die nuwe hemel en die nuwe aarde.
 
Die Ou Verbond is nog lank nie afgehandel of klaar vervul nie. Hierdie bestaande aarde en hemele moet eers verby gaan en daar is nog baie Skrif profesieë wat vervul moet word, voordat die teenswoordige aarde en teenwoordige hemel verby sal gaan.
Sien wat sê Messias self in Mat. 5:17-20.
“Moenie dink dat Ek gekom het om die Torah of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. Want amein Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een letterdeel van die Torah ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele.”
 
Luister baie mooi hierna. Die Torah is die ewige leringe en instruksies vanaf en vanuit die Koninkryk van die Hemele. Dit is vir die mens op aarde gegee sodat hy ‘n wonderlike lewe hier op aarde kan geniet en daarna. Hierdie leringe en instruksies word vervat in die eerste vyf boeke van die Skrif, maar ook in die Profete en die Psalms – die sogenaamde “Torah-leringe”, die Geskrifte.  In Mat. 6:10 lees ons:
Laat U koninkryk kom; laat u wil geskied, SOOS IN DIE HEMEL net so ook op die aarde;….
Anders gestel, ‘laat U wil op die aarde geskied soos wat dit in die hemel plaasvind’. 
 
SONDE IS TORAHLOOSHEID
 
Die Vader Yahweh se wil in die hemel vind uitdrukking in die Torah. In hierdie gebed leer Yahshua ons om die Vader te versoek om die reëls en voorskrifte van die Torah op die aarde af te dwing, SODAT Sy koninkryk ook hierheen sal kom. In die Messiaanse koninkryk, soos ons nog later sal sien, sal die Torah die bindende gesag wees en met ‘n ysere hand uitgevoer word.
 
Wat is sonde? Sonde is die oortreding van die Torah – 1 Joh. 3:4 – Yahshua het ons skuld betaal. Watter skuld?  Ons skuld as gevolg van ons oortredinge (sonde) van die Vader se Koninkryksreëls, die Torah. As sonde die oortreding is van iets wat Yahshua vas gespyker het, ongedaan gemaak het met Sy Opstanding, dan is daar mos geen sonde meer nie en geen nodigheid vir ‘n Verlosser nie.
 
Maar nou het die Yisraeliete deur die jare heen die Torah oor en oor oortree, bewustelik, aspris en daarom moes Yahweh vlees word om te kom sterf vir Sy verlore stamme van Yisrael, om hulle terug te bring na Sy kudde toe. Hy profeteer reeds hieroor in Jeremiah en Jesaja en Esegiël en beloof dat Hy weer sou kom om die verlore stamme te versamel.
 
Die Torah is die standaard van Yahweh se Koninkryksreëls. Die oortreding dus van hierdie reëls is die oortreding van die ewige Hemelse Koninkryks-reëls. Maar nou ja, as daar geen nodigheid is vir die onderhouding en nakoming van die Koninkryksreëls nie, dan is ons seker vry om te maak soos ons wil. Of praat ek nonsense?
 
YAHSHUA Sê SY SAGTE JUK EN SY LIGTE LAS = DIE TORAH
 
Ek lees nou onlangs ‘n artikel wat iemand geskryf het, verwysende na Matteus 11:29 en 30, waar Yahshua vir Sy dissipels sê dat hulle Sy juk moet opneem want Sy juk is sag en sy las is lig. Die persoon brei toe uit en verklaar dat hierdie juk waarvan Yahshua praat Sy Torah is. Onmiddellik dog ek “nee dit kan nie so maklik wees nie, ek beter gaan kontroleer”. Strong’s se Hebreeuse en Griekse woordeboek G2218 verklaar dat hierdie ‘juk’ (behalwe ook ‘n letterlike koppeling soos tussen twee trekdiere) is “servitude”, “obligation” of “law” en daar het jy dit, TORAH. 
 
Maar dit is nie al nie!! In vers 28 sê Yahshua vir Sy luisteraars:
Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee
Weet jy uit watter gedeelte kwoteer Yahushua hier? Uit Jeremia 6:16 en daardeur maak Hy ‘n direkte verwysing na die hele Skrifgedeelte van Jeremia 6:16-19.
“So sê Yahweh: Staan op die weë, en kyk en VRA NA DIE OU PAAIE waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; EN JULLE SAL RUS VIND VIR JULLE SIEL. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie. Ek het ook wagte oor julle gestel en gesê: Luister na die geluid van die ramshoring. Maar hulle het geantwoord: Ons wil nie luister nie. Daarom, hoor, o nasies! En weet, o vergadering, wat onder hulle is! Hoor, aarde! Kyk, Ek bring RAMPSPOED oor hierdie volk, die vrug van hulle planne; want na my woorde het hulle nie geluister nie, EN MY TORAH, DIT HET HULLE VERWERP.”
 
Weer ‘n herhalende waarskuwing deur Yahweh – RAMPSPOED omrede Sy Woorde, sy Torah verwerp word!! Ons het hier ‘n hele mondvol. Yahshua sê vir ons Sy juk is die Torah. Ons lees dat Yahshua self die Lewende Torah is en hier kwoteer Yahshua uit Jer. 6:16 en verwys Hy weereens na die Torah – die ou paaie waar die goeie weg is – wandel daarin en julle sal rus vind vir julle siel.
Selfs die Grieks deel ons mee dat die Torah inderdaad Yahshua se juk is wat Hy vir ons gelas, beveel om op te neem. Dit spreek vir sigself – wat meer wil mens hê om dit te glo? Satan verkies dat mens hierdie ligte en maklike juk van Yahshua moet wegsmyt en dit vervang met ‘n dodelike nek-breek juk wat die mens na die verdoemenis lei en na die poel van vuur. Torah is beslis nie so ‘n moeilike en swaar juk nie – dis ‘n lewensstyl van vrede en balans en korrekte verhoudings wat ons leer om ons Elohiem Abba (Vader) Yahweh te leer ken en om in harmonie met ons bure te leef.
 
Die mens sê: “mens kan nie al die Gebooie/Torah hou en nakom nie” Yahshua sê: “My Torah (My juk) is sag en My las is lig”
Yahshua gee hier vir ons ‘n duidelike bevel. Gaan jy dit gehoorsaam of ignoreer?
 
In Joh. 3:36 lees ons:
“Hy wat in die Seun GLO, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ONGEHOORSAAM is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van Elohiem bly op hom”.
 
Die Griekse woorde vir “glo” en “gehoorsaam” is twee aparte, afsonderlike woorde met twee afsonderlike reaksies.  Jy moet eers glo, en dan moet jy iets doen, jy moet gehoorsaam wees.  So: As die Torah “aan die kruispaal vas gespyker is, soos ons geleer word, watter ongehoorsaamheid word dan verdoem in hierdie Skrifgedeelte? As daar nie meer reëls is nie, kan jy mos nie ongehoorsaam wees nie? Yahweh se reëls verander nie! So, Neem Sy juk op jou, onderhou die Torah van Yahshua – dis sag en lig.
 
Yahweh het ‘n verbond met Yisrael aangegaan – dit is die huweliksverbond tussen Yahweh en Yisrael, tussen Yahweh en Sy bruid. Hierdie huweliksverbond bestaan uit die tien-gebooie. Deuteronomium 4:13 lui:
“Toe het Hy aan julle SY VERBOND verkondig wat Hy julle beveel het om te doen, die tien woorde, en dit op twee kliptafels geskryf”.
 
En “regte egte wedergebore christene” argumenteer nou onlangs met my dat geen mens al tien (10) die Gebooie van Yahweh kan onderhou en nakom nie. En dit terwyl Yahweh duidelik sê Sy Torah, Sy juk is sag en Sy las is lig. Wie glo jy? Yahweh of mense?
 
Daar is meer as 1100 nuwe Verbondsgebooie in Matteus tot Openbaring. Hierdie 1100 plus “nuwe testamentiese” voorskrifte pas elkeen maar net binne die Tien Gebooie.
 
Die Christendom sê: “Die Torah is verouderd”. Maar as dit dan verouderd is, waarom verwys die profete daarna as toekomstig weer van toepassing en van krag. Volgens hulle gaan die Torah in die hiernamaals weer relevant wees. Die Torah gaan toegepas word in die nuwe hemel en op die nuwe aarde wat nog geskape moet word. Lees maar gerus Jesaja 66 in geheel maar in besonder verse 21 -24.
“Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, sê Yahweh, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees. En elke maand op die nuwemaan en elke week op die Shabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor My aangesig, sê Yahweh”
 
Dit is presies wat alle Nasareense gelowiges in Yahshua, wie die Torah onderhou, deesdae doen. Ons hou die nuwemaan feeste en die weeklikse Shabbatte en ook die jaarlikse feeste van Yahweh wat Hy verorden het in Lev. 23.
 
‘n Algemene wanopvatting of opinie is dat die Torah vir die Jode is, of dat dit die wet van Moses is, MAAR dwarsdeur die gee van hierdie Torah verwys Yahweh na Homself as die Een wat nog sal praat – ‘n Profeet wat opgewek sal word, een soos Moses, en daardie Profeet is die Messias Yahshua.
 
Deut. 18:18-19 lui:
“’n Profeet sal Ek (Yahweh) vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy (Moses) is, en Ek (Yahweh)  sal My woorde in Sy mond lê, en Hy (Messias Yahshua) sal aan hulle sê alles wat Ek Hom (Messias Yahshua) beveel”.
 
En dit is presies wat Yahushua gedoen het. Hy het niks gedoen of gepraat wat Hy nie van Sy Vader gesien of gehoor het nie. Hy bevestig dit self in Johannes 8.
 
Ons kan nie daarvan weg kom nie – YAHUSHUA die Messias WAS die LEWENDE TORAH – Hy het gekom vir die verlore Tien Stamme van Yisrael, die verlore skape.  En Hy het slegs gespreek dit wat Sy Abba/Vader Hom beveel het, presies soos wat die Torah sê. Dit is binne jou keuse of jy deel wil wees van hierdie Tien verlore Stamme van Yisrael of nie, ongeag jou velkleur of jou ras, net vir in geval jy Afrikaans kan lees!!
 
Tussen hakies, die gelowige se eindbestemming is nie die hemel nie – dit is op die nuwe aarde – het jy dit geweet? Na 1000 jaar onder die koningskap van die Messias, sal die Vader Yahweh Sy Stad Jerusalem af bring na die aarde toe en ons sal op die aarde woon want die Skrif sê in Spreuke 2:21-22: “Want die regverdige sal die aarde bewoon, en die getroue sal daarop bly
Kyk ook Psalm 115:16 – aarde gegee vir die kinders van die mens; Psalm 37:9, 11, 22, 29, 34, ens – sal die aarde be-erwe; Jesaja 60:21; 57:13; 45:18; Mat.13:30-49; Joh. 17:15 ens. ens.
 
Die Messias het sekere profesieë reeds vervul. Hyself het ons gemaan dat die Torah nog lank nie verby is nie, al kwoteer predikante vir Paulus so verkeerd.
Ai, en dit is nie net hulle nie – elkeen wat meen hy is ‘n outoriteit en wie meen hy kan glo soos hy wil, wie meen hy verstaan die Skrif korrek en dat dit sy saak is – hulle almal sê die Ou Verbond is verby, die Torah is verouderd – hulle spreek almal die reg – hulle is almal gode wat die Skepper Elohiem probeer vervang (2de Gebod). En in hulle eie lewens is hulle die god wat die plek van die Elohiem van die 1ste Gebod in neem – tragies!
 
Selfs PETRUS waarsku die gelowiges om Paulus reg te verstaan en nie verkeerde interpretasies daaraan te gee – nie ons eie nie.
En beskou die geduld wat ons Meester met ons het as geleentheid om gered te word. So het ons geliefde broer Paulus immers ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskrywe. Hy skryf dit ook in al sy briewe waarin hy oor hierdie saak handel. DAAR IS DINGE IN SY BRIEWE WAT MOEILIK IS OM TE VERSTAAN. ONINGELIGTE EN ONSTANDVASTIGE MENSE GEE DAARAAN ‘N VERKEERDE UITLEG, SOOS HULLE TROUENS OOK DOEN MET DIE RES VAN DIE SKRIF, EN DIT TOT HULLE EIE ONDERGANG". 2 Petrus 3:15.
 
Dit is juis nog gedurende die lewens van die Dissipels/Apostels van Yahshua (40/60 NC) dat die eerste misleiding begin het. Dat sekere Jode vir Paulus wou uitmaak as Torah-loos en hom sodanig vertolk en veroordeel het – dat hy nie meer die Torah nakom en dit onderhou nie – dat hy sou gesê het dat die wet aan die kruis vas gespyker is!! Paulus het dit nooit gesê nie – hy word verkeerd interpreteer, so eenvoudig soos dit.
 
Maar dit is presies wat hierdie Griekssprekende christene uit die sogenaamde heidendom uit, begin propageer het en dit suksesvol begin predik het. Dit sou later inderdaad die norm word. Die Apostels en die eerste gelowiges het egter nog steeds die hele Torah nagekom en gepredik.
 
TORAHLOOSHEID HET DIE NORM GERAAK
 VAN DIE NUWE EVANGELIE
 
Torahloosheid het derhalwe die norm van die “nuwe evangelie” begin raak na die afsterwe van die eerste gelowiges. Dit het so subtiel ingefaseer dat dit feitlik nie raak gesien is nie. In die geesteswêreld het daar ‘n verskriklike oorlog uitgebreek. Die bose geeste, die owerhede en prinse van die duisternis, het leuens begin versprei om die evangelie van Messias Yahshua teen te werk, te opponeer en af te water, te vermeng met ander heidense afgodsdienste. Hulle het nie gaan lê nie, en hou steeds vol hiermee.
 
Gedurende die 1ste eeu NC, in die heel eerste ekklesia gemeentes van die gelowiges in Messias Yahshua, was daar twee baie groot probleme wat hul kop uitgesteek het.
 
Die eerste was die infiltrasie van die “Judaïseerders”. Hierdie godsdienstige Jode het die mondelinge oordraagbare wette en die tradisies van die Joodse Rabbis geleer, dat ‘n persoon die Torah moes gehoorsaam soos wat dit vertolk is aan die hand van die “Oral Law”. Hulle het ‘n mengsel van Torah waarheid en mensgemaakte reëls – valse leuens gepropageer.
 
Yahshua se hele bediening was daarop gerig om hierdie valshede en leuens van die Rabbis oop te vlek en te toets aan die waarheid van die suiwer leer soos dit gevind word slegs in die Torah van Sy Vader Yahweh, die Elohiem van Yisrael.
Daarom het Yahshua dan pertinent gepreek en die Joodse teoloë beskuldig:
“Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat GEBOOIE VAN MENSE is. Want terwyl julle die gebod van Elohiem nalaat, HOU JULLE AAN DIE OORLEWERING VAN MENSE VAS. En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed OM DIE GEBOD VAN ELOHIEM OPSY TE SIT en so JULLE (EIE) OORLEWERING TE ONDERHOU”. Markus 7:7-9
 
Hulle het nie die Torah gehou nie!! Hulle het menslike wette in die plek van die Torah gestel en dit verkondig!! Die Gesalfde sê self so.
 
Ek wonder of Yahshua se gedagtes nie ‘n draai gaan maak het by Jeremia 9:5-6 nie:
“En hulle bedrieg elkeen sy vriend en praat nie die waarheid nie; hulle het hul tong geleer om leuens te praat ….deur bedrog weier hulle om My te ken, sê Yahweh”.
Hierdie mondelinge oorleweringe van die Joodse Rabbis is later verwoord en op skrif gestel in die Talmud, die Mishna, en ander Joodse geskrifte, die Kabbalah, ens. Hierdie Talmudiese wette (dis waarteen Paulus so vuriglik in Galasiërs, oa. te velde trek) was so demonies geïnspireerd dat dit direk gelei het tot die moord van die Messias op die folterpaal – omdat Hy dit durf waag het om die eie persoonlike Naam van Yahuweh fisies oor Sy lippe uit te spreek – meer hieroor later.
Dit is waarom Paulus inderdaad in opposisie was met die sogenaamde Christene van daardie tyd. Paulus was ‘n Torah-onderhoudende Rabbi en hy het ‘n verskil probeer aantoon tussen die leerstellinge van die tradisionele Jode (die menslike torah, die werke van die vlees) en die suiwer geloof in die Messias Yahshua wat gepaard gaan met die onderhouding van die Torah van Yahweh.
 
Dit was hoofsaaklik die Sadduseërs wat Paulus beskuldig het dat hy nie die Torah onderhou het nie, terwyl hyself inderdaad ‘n baie getroue Torah-onderhoudende Fariseër was. Hy was dus beskuldig dat hy ongehoorsaam was aan die mondelinge tradisies van die Rabbis, net soos die Messias Yahshua self ook beskuldig was.
Ons sien byvoorbeeld hoedat Paulus vervolg en gely het in Handelinge hoofstukke 17 – 26 omdat hy die suiwerheid van die Torah voorop gestel en dit verkondig het na sy bekering. Hy het nie ‘n nuwe godsdiens bekend as die “Christendom” begin nie. Inteendeel die apostels en vroegste gelowiges het nooit na hulself as Christene verwys nie.
Hierdie vroegste gelowiges was bekend as aanhangers van Yahshua van Nasaret, Nasareners van die Weg. Paulus was die voorbok. Kontroleer maar self. Dit is ander, van buite af, wat na hulle as sogenaamde Christene verwys het. Sien net bietjie verder aan meer hieroor.
 
Die tweede probleem was die sogenaamde Griekse Christene – nasate uit die era van Antiochus, meer as 170 jaar tevore gedurende die tyd van die held, Mattathias van die Makkabeërs. Die Grieke wat die ewige lewe deur die Messias gesoek het was gehelleniseerde (vergrieksde) Jode wat die Griekse kultuur en godsdiens hul eie gemaak het, Jode wat gehelleniseer is van Antiochus se tyd af, 167 VC. Hulle het alles gehaat wat met Yahweh te doene gehad het en wou ook niks van Sy Torah af weet nie.
Die Grieke het alles veroordeel wat Joods was, net soos die Romeine. Die Torah is vele kere verban en verbied. Net so het die Jode die Griekse leefwyse ook verafsku. Daarom wou hulle Paulus aanvanklike voor stok bring, want hulle het verkeerdelik gemeen dat hy Griekse gelowiges saam met hom in die Tempel toegelaat het – gaan lees self die geskiedenis in Handelinge.
 
Die titel “Christen” was ‘n heidense titel wat afkomstig was van die Griekse afgod Christos, Chreston, Krishna (Indië) – ‘n titel wat afkomstig was van die aanbidders van die songod “Serapis” in Alexandria in Egipte, wat hulself ook “Christene” genoem het. Hulle leiers is genoem “Die biskoppe van Christus”. Selfs Keiser Hadrian (+/- 133 NC) het oor hierdie groepering geskryf.
Die geskiedenis toon dat hierdie sogenaamde “christene” die leerstellinge en prediking van Paulus (van die vroegste middel van die eerste eeu) teengestaan en opponeer het, soveel so dat hulle hom en die Apostels wou dood maak. Hulle wou nie die Torah onderhou nie. Hulle was tevrede om slegs die vier (4) aanvanklike basiese reëls wat neergelê was, na te kom. Hand.15:20 – onthouding van dinge wat deur (1) afgode besoedel is en van (2) hoerery en van wat (3) verwurg is en van (4) bloed.
 
‘n Diepgaande studie sal jou tot die gevolgtrekking bring dat die Apostels aan die begin, nie te veel en te hoë vereistes aan die nuwe Griekse bekeerlinge wou stel nie. Daardie vier (4) basiese reëls sou verseker dat hulle op ‘n Shabbat rein sou wees sodat hulle instaat sou wees om die Sinagoge te besoek waar die Torah van Moses gereeld gelees is. Gaan kyk self na Hand. 15:21.
Wanneer hulle (die Griekse bekeerlinge) dan gereeld Shabbat na Shabbat onder die geklank van die Torah sou wees, sou hulle geleidelik ingelyf word en die Torah geleer en dit verstaan en begin onderhou het. Die Torah is Yahweh se hemelse wette en die nakoming daarvan gaan gepaard met besondere geestelike seëninge direk uit die hand van Yahweh uit.
 
Maar die probleem was die Joodse gelowiges wat die Talmudiese reëls ook wou afdwing maar wat deur hierdie Christene teen gestaan is. Hulle het Paulus ook nie goedgekeur nie. Die demone het hul bes gelewer om te verhoed dat die suiwer Torah alleen verkondig en onderhou word, soos tot vandag toe nog, het hy halwe waarhede vermeng met leuens, aan die mensdom opgedis, en is dit soos soetkoek verorber.
 
2 Petrus:3 - Waarsku sy lesers dat Paulus se woorde verdraai en verkeerd vertolk word. Dit is baie belangrik om in gedagte te hou dat die Brit Chadasha (Nuwe Testament) nie deur ‘n westerse denkwyse vertolk kan word nie. Daar was byvoegings en weglatings en herskrywes van die vertalings van die Messiaanse nuwe Verbondsgeskrifte vanaf die oorspronklike Hebreeuse/Aramese taal, na Grieks, en van daar na Latyn na Engels en ander tale.
 
Die sekulêre geskiedenis toon egter dat die leringe van Yahshua die Messias en die van die Apostels, suiwer Torah-gebonde was en hoedat die heidense Griekse wêreld probeer het om dit uit te wis, en hoe in 325 NC, die Rooms Katolieke kerk dit verder probeer vernietig het.
Vandag vind ons dat sekulêre en selfs sommige Torah-georiënteerde ortodokse Jode, in hul Talmudiese geskrifte en selfs hul Mishna geskrifte erken dat Yahshua en Sy eerste Apostels inderdaad Torah-onderhouers was, strydig met die weergawes van die Skrifgeleerdes van 2000 jaar gelede. Die historiese geskrifte is almal eenstemmig dat as gevolg van vervolging, hierdie gelowiges (Torah-onderhouers en gelowiges in Yahshua die Messias) feitlik almal dood gemaak is teen die 4de eeu. Die Rooms Katolieke geskiedskrywers vertel dat hierdie “ketters” daarin geslaag het om te oorleef tot die 13de eeu, toe nog ‘n groep weer tydens die Roomse Inkwisisie opgespoor en dood gemaak is deur die kerk.Feit is dat hulle, Torah-onderhoudende gelowiges in Yahshua, oorleef het tot vandag toe. Selfs hedendaagse Ortodokse Jode wie die Joodse Talmud verwerp, begin Yahshua verdedig as ‘n onderhouer van die Torah. Nou onlangs het ‘n bekende ortodokse Karaite Jood, - nasate van die Sadduseërs – Nehemia Gordon, ‘n boek geskrywe waarin hy die Griekse “jesus” teenoor die Hebreeuse Yahshua, ontleed en beskryf. Hy ontleed die 13de eeuse kopie van die Hebreeuse Matteus, wat genoem word die “Shem Tov” afskrif. Hierdie ortodokse Jood wat glad nie glo dat die Messias Yahshua die ware Messias is wat van Yahweh gekom het nie, verklaar pront uit, op grond van sy navorsing, dat sowel Yahshua as Sy dissipels onderhouers van die Torah was, in teenstelling met die bewerings van die destydse ortodokse skrifgeleerdes van sowat 2000 jaar gelede.
 
Dit bevestig weereens dat satan alles, leuens en bedrog en moord, in die stryd gewerp het om die Messias Yahshua, die liggaam waarin die Elohiem van die geeste gekies het om Homself aan die mens te kom bekend stel, te diskrediteer en in onguns te bring.
 
Dit is wesenlik dat wanneer ons die hernieude Verbondsgeskrifte lees, ons dit altyd moet vergelyk met die Ou Testament. Hierdie begrippe (Ou en Nuwe Testament) is in elk geval wanbegrippe want die Woord van Yahweh is een. Daar is nie ‘n ou en ‘n nuwe testament nie, dis ‘n mensgemaakte ding. As jy die Makkabeërsboeke sou byvoeg as deel van die Ou Testament, dan sou jy ‘n baie groter begrip gehad het van die lewenswaardes en –norme van die Jode gedurende die lewe van Yahshua. Dit vorm ‘n kontinuïteit wat ontbreek in die Bybelboeke soos wat dit tans verskyn. Die Makkabeërsboeke lui die Joodse geskiedenis geleidelik in tot Matteus en die ander Apostels se tydvak. Die Geskrifte word dus nie in twee verdeel nie.
 
DIE TALMUDIESE EN RABINNIESE GESKRIFTE VERWERP
DIE SOEWEREINE OUTORITEIT VAN YAHWEH
 
Ons moet ook onthou dat Rabbi Akiva in 133 NC (nadat hy teleurgesteld en geestelik verpletter was deur Bar Kochba se mislukking nadat almal geglo het dat hy die Joodse messias was), hom daarop toegespits het om Rabbiniese Judaïsme te kweek en in die lewe te roep. Hy het Yahweh se Torah uit gegooi as absolute outoriteit terwyl hy die status van die Joodse Rabbis verhef het tot ‘n hoër posisie as die van die Skepper self – soortgelyk aan wat die Roomse Kerk later gedoen het. Hy het die Rabbiniese geskrifte ook verhef as hoër as die Torah self. Die Torah kon alleen gelees en verklaar word aan die hand van die Talmudiese geskrifte van die ortodokse Rabbis wie die finale sê gehad het. Vandag is dit steeds die geval in die Ortodokse Judaïsme. Yahweh se Torah is ondergeskik aan die Talmudiese uitleg.
 
Hierdie is alles feite wat nou onlangs eers aan die lig gekom het en waarvan die deursnee Jood totaal onbewus was. Hierdie Rabbi Akiva word so hoog aangeslaan deur die Joodse Rabbis dat die volgende staaltjie deur die ortodokse Rabbis vertel word: In die hiernamaals het Rabbi Akiva Torah klasse gegee. Die Profeet Mosheh het ook bygekom om klas te loop, maar hy moes toe in die 18de ry gaan sit by die beginners!! Die feit dat hierdie oudste Joodse Rabbis so ‘n neerhalende mondelinge storie vertel wat vandag nog deur Joodse Rabbis aan ander oor vertel word, sê vir my iets van hulle houding jeens die Torah van Yahweh en hierdie profeet (Moses) wie van aangesig tot aangesig met die Skepper gewandel het. Niemand het meer respek vir die Torah van Yahweh nie, nie die ortodokse Judaistiese Jode nie, nie die Christendom nie.
 
Rabbi Akiva het, vanuit Joodse geledere, die vervolging van die Torah-gehoorsame Yahshua-gelowiges begin en voortgesit en hulle dood gemaak net waar hy hulle ookal kon vind. Terselfdertyd het die Romeinse Keiser Hadrian die prediking van die Torah verbied en alle Sinagoges gesluit en selfs die Beloofde land herdoop na Palestina, volgens die Jode se vyande die Filistyne. Die skrywer Daniel Gruber verduidelik omvattend wat gebeur het met Rabbiniese Judaïsme gedurende die 2de eeu.
Rabbi Akiva het inderdaad die Tanach (ou Testament) gekanoniseer ofskoon hy verskeie geldige boeke wat gehandel het oor die koms van die Messias, uit gelaat het (die ‘lydende dienskneg’) – die Messias van Yahweh wat sou ly en sterf en opstaan vir die Yisrael volk se redding en wat sou terug keer as Koning van Yisrael. Hierdie bedrog is later voortgesit deur van die latere Joodse Rabbis. Die pragtige Jesaja 53 word dan tot vandag toe nog verban in die weeklikse ‘parsha’ gedeeltes wat die Jode in hul Sinagoges lees op ‘n Shabbat. Hierdie gedeelte spreek bo alle twyfel van Yahushua die Messias – lees verder waar ek aanhalings plaas van skrifgedeeltes wat net eenvoudig uitgelaat is en nie in jou Skrif verskyn nie.
 
Daar was duisende van die gewone Joodse volk, die stam van Juda, wat inderdaad in die Messias Yahshua geglo het. Wat in Hom geglo het vir die verlossing en vergifnis van hul sondes, die oortreding van die Torah, en die versoening met die Vader Yahweh. Daarom het die Nasareense sekte, ook bekend as die Weg, waarvan Paulus die voorman was, duisende van hierdie gelowiges as lede gehad het gedurende die 1ste eeu.
 
Rabbi Akiva se optrede is skokkende feite. Hierdie inligting is vir honderde jare weggesteek vir die gewone Jood. Hy word deur godsdienstige ortodokse Jode wat ook die Talmud navolg, vandag hoog ge-ag en vereer as ‘n spreekbuis van die lewende Elohiem. Hoe tragies die misleiding nie! Hierdie historiese geskrifte het weer in omloop begin raak en orals word dit bevestig dat baie Jode voor die eerste koms van die Messias inderdaad in Hom geglo het, soveel so dat hedendaagse Yisraeli Jode ook begin glo dat Yahshua inderdaad die beloofde Messias was wie Elohiem Yahweh is wie “in die vlees gekom” het.
 
Maar kom ons keer terug. Jy moet onthou dat die oorgrote meerderheid van die Jode die Grieke verafsku het. Hulle het alles wat Grieks was gehaat. Soveel so dat hulle veel eerder ‘n vark sou slag en eet as om Grieks te praat – dit was steeds die nagevolge van die Griekse inkwisisie onder die bewind van Antiochus (167 VC) – onthou hoe die boere als wat Engels was gehaat het!!?? Hulle het Paulus dan aangerand en laat arresteer omdat hulle gemeen het dat hy Griekse gelowiges saam met hom binne in die Tempel in gebring het! Gaan lees Hand. 21:28.
Na die koms van die Messias en Sy hemelvaart het Sy ware en getroue volgelinge nie alleen die Goeie Nuus van Verlossing en Redding verkondig nie, maar ook geleer dat die gelowiges die leringe en voorskrifte van die Elohiem van Yahshua die Messias moes volg. Yahshua was ‘n Joodse Messias en ‘n onderhouer van die Torah.
 
Die Grieke het nie gehou daarvan dat die nuwe bekeerlinge en gelowiges in Yahshua weer teruggekeer het na hul oorspronklike wortels nie. Hulle het weer die Torah begin onderhou en om die afgode waarvan Yahweh in Sy Geskrifte melding maak en waarteen Hy waarsku, te vermy en te verwerp. Dit was nadelig vir hul ekonomie. Jy onthou hoe daar ‘n opstand uitgebreek het toe daar gepredik is teen die afgodsgodin, Diana, wat gevaar gestaan het om inkomste te verloor. Lees weer Hand.19 en dan besef jy wat ‘n besondere en belangrike rol Griekse afgode gespeel het in die lewens van die Grieke. Die skare het gedreun-sang “Groot is Diana van die Efesiërs”!! Dit was dus vir die Grieke belangrik om weereens die eerste gelowiges te probeer ‘helleniseer’, te verGrieks, sodat hulle moes konformeer aan die Griekse kultuur en onderwerp aan hul eie gode, waarvan IESOUS een van baie was.
 
Dit pas so absoluut perfek in hierdie prentjie in. Iaso was die naam van ‘n Griekse afgodsgodin van genesing, die dogter van die son-god Apollo. Maar in die Ioniese dialek van die Grieke, was haar naam Ieso, en wanneer jy Ieso verbuig het in die genitief vorm, word dit Iesous/Iesus. Die naam Iesous/Iesus is vir baie baie jare tot en met 1629 in alle Engelse Bybels geskryf as: “IESUS”.
 
Hierdie Grieke het groot probleme gehad met die gelowiges van die Weg (Hand.19:23). Hulle het almal in die Messias Yahshua van Nasaret geglo, en het bekend geraak as Nasareners. Paulus self het bekendheid verwerf as die voorman van die sekte van die Nasareners (Hand.24:5)
 
Die eerste vroegste Torah-onderhouers wie die Messias Yahshua gevolg het, het volgehou om die Torah na te kom en te onderhou, wat dikwels gelei het tot hul dood. Dink maar aan die Apostels wat ongeveer 15 jaar plus na die hemelvaart steeds vol gehou het met die offerandes in die Tempel, dit ten spyte daarvan dat hulle bewus was van die feit dat Yahshua die finale volmaakte offerande was en dat geen ander offerandes meer van enige nut kon wees nie.
Die Torah rakende die Nasareense eed wat Paulus en andere geneem het, is ook streng nagekom ooreenstemmend tot die voorskrifte soos uiteengesit in Levitikus, Deuteronomium, ens. En ek wil sovêr gaan as om te sê – dit wil nie beteken dat hierdie voorskrifte vandag nie nog steeds van toepassing is nie. Ek weet van ‘n Nasareense gelowige wat in vandag se tye ‘n eed van selibaatskap en ook die eed van die Nasarener geneem het en steed’s daarvolgens leef.
 
Onthou die Nasareners waarna ek verwys, is ‘n sekte – dit is nie die Christelike denominasie wat wêreldwyd bekend is as die Kerk van die Nasareners nie – Die Christen denominasie van “Die Kerk van die Nasareners” hou glad nie die Torah nie. Nee, ek verwys na die sekte wat vernoem is na die Messias Yahshua wat van Nasaret af gekom het, die Weg, en van wie Paulus die voorman was – ‘n sekte. Wil jy aan ‘n sekte behoort? En as Yahshua die hoof van die sekte is? Sal jy dan bereid wees om aan Sy sekte te behoort? Ek is glad nie meer skaam om te erken ek behoort tot hierdie sekte nie.
 
Die Grieke het, meer nog as die Romeine, gepoog om die Griekse kultuur en godsdienste af te forseer op hul onderdane. As gevolg van die proses van hellenisering (kulturele assimilasie - vergrieksing) het andersoortige volkere maklik hul eie lewensstyl opgegee, hul kultuur en geloof versaak en selfs hul taal. Hulle het selfs begin om Griekse gode te aanbid – IESOUS wat later geword het J-E-S-U-S!!
 
Gedurende die 2de eeu NC was die Grieke inderdaad verantwoordelik vir die skep van ‘n Gnostiese Christendom, “ek is self god, ek het my eie opinie en ek besluit self”. Dit het vandag so gegroei dat dit ‘n lidmaattal het van om en by 1.9 biljoen aanhangers. Jy moet besluit of jy wil deel wees daarvan.
Ek is oortuig die opregte Yahshua gelowige en Torah onderhouer wil geensins deel wees van hierdie Grieks-gnostiese Christendom nie. Die Protestantse hervorming het sekere goeie resultate gehad maar dit het steeds op dieselfde vlak gebly as die van die Grieke en die Romeine. Protestantisme is eintlik maar verbrokkelde Rooms Katolisisme wat sy lidmate die kans bied om self die Bybel te lees in hul eie taal – maar elke klein denominasie het maar steeds sy eie pous (leraar, voorganger of wie ookal) en sy eie reëls van toelating. Hedendaags het die grootste gedeelte van die Evangeliese en Charismatiese bewegings, net terug gekeer na die moeder kerk, die Vatikaan en die “new age” mistieke heidendom.
Die apostels het ook hierdie gnostisisme teengestaan. Hulle was teen die Griekse terugkeer na die leerstellinge van Lucifer in die Tuin van Eden – wat die Griekse Iesous/Jesus ‘n substituut gemaak het vir die ware Joodse Messias Yahshua.
 
Die Illuminati en die Vrymesselaars beweer dat hierdie gnostiese “jesus” met Maria Magdalena getroud en kinders voortgeplant het wat almal koninklikes was op die trone van Europa – en lees ook maar die Da Vinci Code boek – die geheim van die 33ste graad Vrymesselaars en alle Luciferiese groepe. Die inhoud van daardie boek is nie heeltemal nonsens nie!
Die misleidings is so werklik dat mens gewoonweg net nie kan indink waarmee die satan vorendag kom om die mens afvallig te maak en heeltemal weg te verlei van die Skepper Yahweh en Sy Torah nie.
 
PAULUS PREEK TEEN DIE MENSLIKE TORAH
EN NIE TEEN DIE TORAH VAN YAHWEH NIE
 
Die Torah is niks anders as Yahweh se hemelse voorskrifte en instruksies, wat Hy hier op die aarde ook wil laat geld en wat in die toekoms inderdaad wel hier sal geld, of ek en jy nou wil of nie. Die Torah is die maatstaf waarvolgens Yahshua die koninkryke hier op aarde met ‘n ysere hand gaan regeer.
In Galasiërs 3:1 roep Paulus uit:
“O Onverstandige Galasiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Yahshua die Messias afgeskilder is as onder julle aan ‘n folterpaal opgehang?”
Paulus bestee omtrent die hele boek van die Galasiërs om die “Judaïseerders” en hul mondelinge tradisies en leerstellinge te weerlê. Paulus verwyt nie die Torah nie of kraak nie die Torah van Yahweh af nie – anders sou hy homself weerspreek en in die voet geskiet het, en hy was juis so duidelik oor sy standpunt rakende die Torah in Romeine 7:12;14;16
“Dus is die Torah afgesonder en die gebod is afgesonder en regverdig en goed …. Want ons weet dat die Torah geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde ….. en as ek doen wat ek nie wil nie, dan stem ek die Torah toe dat dit goed is.”
 
So as jy dalk gedink het dat hy die Torah afskiet in die boek van Galasiërs, dan sit jy die pot mis. Maar ons word almal geleer dat Paulus in Galasiërs bewys dat die Torah nie meer van toepassing is nie. Nee, Paulus kraak die menslike, oordraagbare, mondelinge wette af wat later deur die Rabbis in die Talmud op skrif gestel is – nie die Torah van Yahweh nie. Paulus volg Yahushua se voorbeeld toe Hy die Skrifgeleerdes en Fariseërs tereg gewys het.
 
Kyk deeglik na Kolossense 1:13-14:
“Hy wat ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die Koninkryk van die Seun van Sy liefde, in wie ons die verlossing het deur Sy bloed, naamlik die vergifnis van die sondes”
Dit was ons skuld (sondes) aan Yahweh wat aan die paal vas gespyker was, nie die ewige Verbond wat bestaan uit die leringe van die hemelse koninkryk nie – ons skuld, ons sonde, ons Torahloosheid.
 
In Galasiërs 2:16 lees ons die volgende MAAR DIT IS ‘N GRUWELOOSLIKE VALSE VERTALING met ‘n VERKEERDE VERTOLKING:
“terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Yahshua Messias, selfs ons het in die Messias Yahshua geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in die Messias en nie uit die werke van die wet nie, omdat uit die WERKE VAN DIE WET geen vlees regverdig sal word nie”.
 
Paulus is dood reg, MAAR hy praat NIE van die Torah van Yahweh hierso nie. Die Restoration Scriptures Studie Bybel wys daarop dat hierdie term “werke van die wet” net eenvoudig nooit in die Hebreeuse Geskrifte verwys na die Torah van Yahweh nie. Hierdie verwysing kom uit die Dooie Seerolle 4Q-255-264a,5Q11 kolom 5 lyne 20-24.
Die Skrif kommentaar lui dat hierdie frase “werke van die wet” dwarsdeur Galasiërs voorkom, en dat daar nie na die onderhouding van die Torah van Yahweh verwys word nie. Hierdie frase word nie in enige van die ander briewe van Paulus gevind nie en ook nie elders in die Skrif nie. Hierdie frase “werke van die wet” verwys na die Rabbis se mondelinge oorleweringe en wette soos later vervat in die Talmud. Ons vertalers het dit baie duidelik net nie raakgesien nie en ‘n vertaling teweeg gebring wat letterlik miljoene christene mislei het.
 
Kom ek stel dit weer: Paulus het NOOIT teen die Torah gepredik nie. Die Torah WAS en IS die direkte woorde van Yahweh, die Skepper self. Yahweh is gees en Sy woorde is gees en is lewe! Vergelyk gerus Joh.6:63 waar Yahshua Sy eie woorde ook so verduidelik. Paulus sou mos nooit as te nimmer die Woorde van Yahweh, Sy Torah kritiseer en aanval nie. .
Paulus het bloot die “oral traditions”, die menslike oorleweringe wat later eers op skrif gestel is in die Talmud, veroordeel. Hierdie menslike wette is ook ‘torah’ of ‘die wet’ genoem. Dis hierteen wat Paulus sy lesers waarsku en Petrus het dit geweet en daarom waarsku hy dat hulle nie vir Paulus verkeerd moet interpreteer nie. Lees vir Paulus.
 
In Kolossense 2:13-14 stel Paulus dit baie duidelik:
“En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons wat met sy insetting ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die folterpaal vas te nael”.
 
Hallo!!!???Yahshua het nie die Torah teen die folterpaal vas genael nie, dit was ons sondes, ons Torahloosheid – die rekords van ons oortredinge, die ellelange lyste van ons verkeerde dade en gedagtes. Yahweh se Torah is vir die mens, die Torah is gegee vir die mens, terwille van die mens. As die Torah teen die folterpaal genael was, sou daar nie meer sonde gewees het nie. Paulus het nooit teen die Torah gepreek nie – maar wel teen die menslike oorleweringe (torah) van die skrifgeleerdes waarteen Yahshua ook self te velde getrek het!
 
EN WAT VAN: “ONS LEEF NIE ONDER
DIE WET NIE MAAR ONDER DIE GENADE”?
 
Kyk net na Romeine 6:14. “Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die Wet (Torah) nie, maar onder (genade) guns”.
Die 1983 vertaling het hierdie diaboliese, duiwelse misleidende verdraaiing in wat verwys na die “wet van Moses”. Maar hierdie versie is allerweë vertaal en vertolk sodat die Wet/Torah van Yahweh tot niks gemaak word nie. Yahweh se Torah is afgekraak as iets ‘oorbodig’, oortollig, verouderd. Almal kwoteer hierdie vers net gedeeltelik en so verkeerd dat dit lei tot selfvernietiging: “Want ons is nie onder die Wet (nomos/Torah) nie, maar onder die (genade) guns”. Wat nou van die eerste gedeelte: “Want die sonde sal oor jou nie heers nie”, dit word sommer net weggelaat. Dit is die kruks vir die hele verstaan van hierdie vers. Daardie triomfantlike oorwinningskreet “Jy is vry!, Jy is verlos! Die sonde sal oor jou nie heers nie! Die Wet (Torah) van sonde sal oor jou nie heers nie!”.
 
En Paulus verwys juis ook na hierdie Wet (Torah) van sonde in Romeine 7:23 en 26 en ook elders. Lees dit, kontroleer wat ek sê! Hierdie “Wet van Sonde” in Rom.6:14 is nie die Torah van Yahweh nie! Dis ‘n totaal teenoorgestelde Wet (Torah) van sonde wat in jou vlees is, deel van jou sondige natuur, deel van jou sondige “jy”, deel van die wêreld. Die Wet (Torah) van sonde versus die Wet (Torah) van Yahweh wat goed en afgesonder en regverdig en ‘heilig’ is. (Rom. 7:12) “Ek verlustig my in die Torah van Yahweh na die innerlike mens” (Rom. 7:22).
 
Paulus maak self ‘n onderskeid tussen die Torah van die sonde aan die eenkant en die Torah van Yahweh aan die anderkant. Hoe kon ons dit nooit raak gesien het nie? Kyk maar net na Rom.7:26 waar Paulus die onderskeid duidelik uitspel “So dien ek self dan wel met die gemoed die Wet (Torah) van Elohiem, maar met die vlees die wet van die sonde”. Die 1983 vertalers het duidelik nie hulle huiswerk behoorlik gedoen nie.
 
Paulus bevestig dan verder ook juis in Rom. 8:2 “Want die Wet (Torah) van die Gees van die Lewe in die Messias Yahshua het my vry gemaak van die Wet (Torah) van die sonde, van die dood”.
 
En ons hele lewe lank sondig ons onbewustelik deurdat ons die Wet (Torah) van die sonde gelyk stel aan die Torah van Yahweh. Waarom? Omdat ons ‘n gebrek aan Torah-kennis het. Ons gaan tot niet. Ons predikante het ons dit dan so geleer. Ons kwoteer dit waarvan ons geen kennis dra nie asof dit die waarheid is.
 
Yahweh se Torah is ewig, ‘n Lig vir my voet, ‘n Lamp vir my pad, die Waarheid, ‘n Deur tot die ewige Lewe. Yahweh se Torah is die Woord wat Vlees geword het – nie ‘n Wet van die sonde nie! Dit is eintlik lasterlik om dit te wil beweer, maar gelukkig het ons nie geweet nie – nou weet ons.
 
EN DIE MENS HET AL DIE JARE VERKEERDELIK GEDINK
 DAT PAULUS TEEN DIE TORAH VAN YAHWEH PREEK
 
Daar is niks nuuts nie. Alles wat is, was en wat was, sal weer wees. Die toe-bestaande verskeidenheid van kulture van daardie tyd, het versmelt in een grotere Griekse algemene kultuur. Dit is presies wat vandag besig is om te gebeur. Amerika forseer die Griekse kultuur af op die res van die wêreld – soos in Irak – dwing die sogenaamde demokrasie af op ‘n Oosterse volk wat nie die begrip van demokrasie en die werking daarvan verstaan nie.
 
Die land van Israel was ‘n baie klein strokie grond wat Asië verbind het met Afrika. Gaan kyk maar die kaarte van die Nuwe Testamentiese tye op e-sword. Die Joodse gelowiges – Nasareners – die Weg, was ook blootgestel aan hierdie hellenisering, maar hulle het geweier om afstand te doen van hul Torah-voorskrifte wat hulle van Yahweh ontvang het en wat hulle toe nog steeds beoefen het.
 
Die eerste gehelleniseerde (vergrieksde) Jode en Griekse Christene in die boek van Handelinge het hulself letterlik gedistansieer van die leerstellinge van die Apostels van Yahshua omdat hulle nie die Wette van die Koninkryk van die Hemele, soos voorgeskryf deur Yahweh, wou aanvaar en gehoorsaam nie.
En Petrus waarsku almal so duidelik om versigtig te wees hoe hulle Paulus uitlê – en tog val ons binne in die strik! En hierdie wan-interpretasies het deur die eeue voortgeduur. Dit het gedurende die Rooms Katolieke bewind ergere korruptiewe en bedrieglike vertolkings tot gevolg gehad wat voortgeduur en aangehou het van voor die hervorming, gedurende die hervorming, direk na die hervorming en steeds tot vandag toe. Kyk net hoe verkeerd is die algemene christelike vertolking van Galasiërs 2:16 hierbo.
 
Die geskiedenis herhaal homself net eenvoudig eeue nadat die Messias Yahshua Sy groep van twaalf dissipels op die Olyfberg gelos en hemel toe opgevaar het. Die eerste dissipels was almal Nasareense Yisraeliete net soos ook die eerste gemeente-leiers. Binne die eerste paar jaar het daar al reeds ‘n verandering ingetree.
As jy die omsendbrief van Clement lees, sal jy dadelik merk dat die skrywer ‘n outoritêre gesagshouding reflekteer wat sy gemeente in ROME bo alles stel en aan wie die ander gelowiges binne hul eie onderskeie gemeentes sondermeer onderhorig moet wees. Clement het in Paulus se tyd en direk daarna geleef. Sy omsendskrywe openbaar glad nie die liefde en toegeneentheid teenoor die broeders soos in Paulus se briewe nie. Clement het toe blykbaar reeds kenmerke begin wys van die latere pouse se optredes – die kerk in ROME! Gaan doen self die leeswerk.
 
Die geroepenes, die Nasareense gelowiges wat as ‘n sekte bekend gestaan het, se leiers is vervang met sogenaamde bekeerlinge uit die heidendom wat heidense gewoontes en gebruike infaseer het. Wat die Torah geminag het, wat die Torah verwerp het as Joods en verouderd en nie meer van toepassing nie.
Hierdie is geskiedenis feite. Die Torah van Yahweh wat Yahshua aan Sy dissipels kom herbeklemtoon en her-vertolk het as Yahweh se suiwere leerstellinge om in Sy weg te volg, die Waarheid en die Weg en die Lewe is elke keer gedegradeer tot iets onbenullig, argaïes en verouderd, teenoor die vleeslike menslike mondelinge wette wat later in die Talmudiese geskrifte in skrif neer gepen is.
 
Uit die geskiedenis blyk dit dan dat die Christendom die Nasareense geloof verwerp het. Dit het aanleiding gegee tot die minagting van die Mosaïese Wette wat spesifiek deur Yahweh aan die mens gegee is (Openb. 22:14 – lees!!). “Geseënd is die wat Sy Gebooie (Torah) doen, sodat hulle die reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad”
Jammer, maar ek kon die versoeking nie weerstaan nie. Gedink ek sal dit uitstel en dit later eers skryf. Maar sien jy hoe direk op die man af is die Woord van Yahweh? Ons kan mos nie daarteen stry nie.
 
CHRISTENDOM BEVAT AFGODSGEBRUIKE
WAT STRYDIG IS MET DIE TORAH
 
Die Christendom het deur die geskiedenis heidense gebruike en gewoontes aanvaar en verkondig wat direk strydig is met die kernwaarhede soos vervat in die Skrif – die Torah, die Psalms en die Profete.
Dit is presies wat ons eie moderne skrifgeleerdes steeds doen met die Ou Verbond. Hulle predik steeds, na aanleiding van verkeerde interpretasies van Paulus se omsendbriewe, dat die Wette van Moses (Torah) en die Ou Verbond iets van die verlede is.
Hulle ego: “Ons leef onder die genade en nie onder die Wet nie”, sonder om te begryp dat die guns/genade van die Skepper ‘n integrale aspek van die Torah is – die Torah is gevestig op guns (genade) en waarheid en liefde.
 
HULLE HET NIE DIE VAAGSTE BENUL
VAN WATTER WET PAULUS PRAAT NIE
 
Maar elke predikant of pastoor of kerkganger wat meen hy ken die Skrif, skiet die Torah van Moses af as synde onbelangrik en nie meer van toepassing nie, verouderd – “ons leef nie meer onder die Wet nie”. Ai siestog – hulle verstaan eenvoudig nie. Hulle mislei sowaar duisende onskuldige luisteraars: “die wet was net vir ou Israel bedoel, ons leef onder genade en nie meer onder die wet nie. Om aan die wet gehoorsaam te wees, beteken gebondenheid en ons is nie meer onder die wet nie” Hulle het nie die vaagste idee van watter wet Paulus praat nie. Onthou jy die kommentaar op Rom. 6:14 ‘n bladsy of twee terug?
Dit is so tragies. Die Wet van die Skepper wat in die hemel self van toepassing is, word op die wyse verwerp. “Ons durf nie wetties wees nie”! Hoe tragies, sonder insig, sonder werklike Torah/Skrif kennis.
 
Die onderhouding van die Torah is gegrond op suiwer liefde tot Yahweh en het niks met wettisisme te make nie.  Om Sy Gebooie te onderhou is om jou liefde teenoor Hom te wys en bekend te maak. Gehoorsaamheid en onderhouding van die Torah is         werklike getuienis, bewys van redding en verlossing. Gaan lees Johannes 3:16-21. Moet nie net ophou by vers 16 nie.
“Maar hy wat die waarheid doen, kom na die LIG, sodat sy  werke openbaar kan word, dat hulle in Elohiem gedoen is”. (21)
 
Wat is die Lig? Yahweh is Lig, Yahshua is Lig, maar Spreuke 6:23 verklaar dat die Torah ook Lig is. Dis heeltemal konsekwent met wat ons in die Skrif gelees het sover. Yahshua, die Lig van die wêreld, is ook die Lewende Torah wat ook as Lig beskryf word. ONGELOOFLIK!! WONDERBAARLIK!! Ek dink nie ons kan meer argumente oor hou nie. En wat meer is, Yahshua is Die Waarheid.  Ons lees dat die waarheid ook die Torah is, dit wemel in die Psalms ter bevestiging daarvan.
 
YAHWEH = YAHSHUA = LIG = WAARHEID = TORAH
 
Weet jy wat sê die Skrif werklik hieromtrent?? Of het jy geen respek vir die Skepper Elohiem van die Heelal om te wil weet wat Hy hieromtrent te sê het nie? Of stel jy doodgewoon net nie belang in Sy dinge nie. Is jy tevrede om voort te gaan volgens die tradisies waarin jy groot geword het – volgens die dinge wat jou ouers en jou predikante jou geleer het – maak nie saak of dit
reg was of nie? Sal jy volhou met dit wat jy by hulle geleer het al is dit teenstrydig met wat die Skepper van jou verwag? “Never mind” wat die Skepper Self daaromtrent sê – Jy is mos nie vir Hom bang nie. Is jy sterker as Hy dan kan jy Hom maar tart. Dit is presies wat jy doen as jy Sy Woord ignoreer en dit probeer interpreteer en verduidelik aan die hand van allerhande    moderne geleerde, menslike, gereformeerde/calvinistiese lewensbeskouings en verklarings wat totaal en al op  waninformasie en waninterpretasie gegrond is.
Luister wat sê die  apostel Paulus in 1 Kor. 10:22:
Of wil ons Yahuweh uittart? (wil ons Sy ywer opwerk?) Is ons miskien sterker as Hy?
 
DINK JY DAT ENIGE ISRAELIET DIT SOU DURF WAAG OM MET MOSES TE ARGUMENTEER OOR DIE GELDIGHEID VAN ENIGE VAN DIE WETTE WAT HY VAN DIE SKEPPER- ELOHIEM ONTVANG HET?
 
NOU OP GROND WAARVAN DURF ENIGE HEDENDAAGSE SKRIFGELEERDE DIE GELDIGHEID VAN DIE TORAH ARGUMENTEER EN BEVRAAGTEKEN?
 
Maar as jy nie werklik belangstel in die dinge van die Skepper nie of bloot nie verder wil lees nie, sal jy maar net deel bly van diegene wat ten gronde gaan weens ‘n gebrek aan Torah/Woord kennis en voort ploeter op die ou trant. Jy sal geen verweer hoegenaamd hê nie en geklas word onder diegene wie hulle teen die Skepper van die Heelal verset en Sy Wette verander het.
Tensyjy terugkeer na die Ware Skepper wie ‘n persoonlike en eie en
ewige verbondsnaam het, en bereid is om Sy Wette te begin onderhou.
 
Yahweh het ons so begunstig hierdie afgelope drie jaar. Ons het tot die wonderbaarlike besef gekom dat die Torah, die poort is tot die Ewige Lewe. YAHWEH stel Homself aan die mensdom  voor in Sy heel 1ste Gebod. Die Almagtige gee vir ons Sy naam wat Hy persoonlik in Sy eie handskrif neer skryf as YOD, HEY, VAV, HEY (HWHY) in die oudste paleo Hebreeus, geskryf met Sy vinger op klip. Die Skepper openbaar Homself as Wetgewer en Hy onderteken Sy Wette persoonlik. Geen ander ‘god’ van enige ander godsdiens of geloof het dit nog ooit gedoen nie.
 
Die Torah is YHWH se eie persoonlike Lewende Woorde wat Gees is, wat Lewe is (Joh. 6:63). As ons sy Woorde hoor en doen, sal ons lewe. Maar Hy waarsku ons uitdruklik dat as ons Sy Torah minag en ongehoorsaam is – Hy, YAHWEH is ‘n verterende vuur en ‘n jaloerse Elohiem  (Deut. 3:24).
Ons het geleer dat die kennis van Sy Torah inderdaad kennis van die Skepper self beteken. Om die Skepper te ken en in Hom te glo, beteken vir jou die Ewige lewe. Die Tien Gebooie is die ingangspoort tot die ewige lewe.
 
Die Tien Gebooie, Torah, is die samevatting van die kern van ‘n splinternuwe skepping, ‘n nuwe mens, in Yahushua, die Messias. Dit is ‘n Hebreeuse prentjie van hoe die persoon sal lyk wat geheel en al deur die Ruach (Gees) van Yahweh lewe. Dit is in essensie die DNA van elke nuut geskepte mens in Yahshua, die Messias. Dit is dood gewoon sy kenmerke. Die Hernieude (nuwe) Verbond beteken in werklikheid dat Yahshua Sy Torah deur Sy Ruach (Gees) op die tafels van ons harte kom skryf het. Lees Jeremia. 31:31:
           ”Kyk, daar kom dae, sê Yahweh, dat Ek met die huis van                Yisrael en die huis van Yehudah ‘n nuwe verbond sal sluit;            (33) Maar dit is die verbond wat Ek na daardie dae met die            huis van Yisrael sal sluit, sê Yahweh: Ek gee my Torah in hulle            binneste en skryf dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n                Elohiem wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees”.
 
En die Skrywer van die Hebreërboek in hoofstuk 8:6 (Restoration Scriptures) bevestig dit “Maar nou het die Messias Yahshua ‘n baie beter bediening verkry as gevolg waarvan Hy die Bemiddelaar is van ‘n baie gunstiger Verbond wat weer as die Torah* gegee is, maar net met meer voordeliger beloftes”. (*Strong’s Grieks 3549: nomotheteo – ‘sanction by law’ – bedoelende die Hernieude Verbond is gevestig as gevolg van die feit dat dit aan ons oor gegee is as die Torah wat in ons innerlike harte en verstand hernuwe is – die hernieude Verbond is gegrond op die Torah).
 
Die Complete Jewish Bible vertaal hierdie vers as volg: But now the work Yahshua has been given to do is far superior to theirs, just as the covenant he mediates is beter. For this covenant has been given as Torah on the basis of better promises”. Sal ons hierdie vers in Afrikaans probeer vertaal? “Maar die opdrag wat vir Yahshua gegee is, is by verre beter as hulle s’n, net soos die verbond wat Hy bewerk beter is. Want hierdie Verbond is gegee as Torah wat gegrond is op beter beloftes”.
Die twee vertalings stem ooreen.
 
Dit is presies wat Yahshua die Messias kom doen het met Sy eerste koms as die “suffering servant”, die dienende dienskneg. Hy het Yahweh se Torah op ons harte en in ons verstande kom skryf. Nou is ek vry om deur Sy Ruach Sy Torah in vryheid en heerlike blydskap en uit baie baie groot dankbaarheid te onderhou en Hom te wys dat ek Hom lief het. Wat sê die Skrif – hoe wys ek dat ek die Skepper lief het? Jy sal die antwoord kry, hou net aan lees.
 
 
 

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement