Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

ELIYAHU (ELIA) ROEP WEER IN VANDAG SE TYD

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 25
 
ELIYAHU (ELIA) ROEP WEER IN VANDAG SE TYD : WIE KIES JY? YAHUWEH/YAHUSHUA DIE HEBREEUSE ELOHIEM
OF DIE GRIEKSE AFGOD WIE SE NAAM OOK GEKOPPEL WORD AAN DUIWELS?
 
Die feite toon dat Yahushua ‘n ‘Joodse’ naam is en dat die engele uit die hoogste hemele Hom aangekondig het in Lukas 1:31 – 33:
 
“En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Yahushua noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en Yahweh Elohiem sal aan Hom die troon van sy vader Dawied gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Yaakov tot in ewigheid, en aan Sy koninkryk sal daar geen einde wees nie”
 
Sy ouers was Hebreeus en daarom is Sy Naam Yahushua. Die Skepper Vader Yahweh maak Hom Koning oor die huis van Yaakov (Israel) tot in ewigheid. Die Skepper het gepraat en Sy Woord is Gees en is Lewe en is finaal.
Ek gaan nie deel wees van diegene wat verklaar dat Israel se tyd ‘verby’ is nie en dat die kerk nou in die letterlike Israel se plek is en nou ‘n geestelike Israel is wat derhalwe nie meer onderworpe is aan die argaïese wette van die ou Israeliete nie.
Dat die messias ‘n Griekse afgodsnaam het en dat hy slegs vanaf Vrydagmiddag tot Sondagoggend in die graf was nie. Dit is strydig met die Skrifte self wat die Teken van Jonah uitlig as die enigste ware teken van die ware Messias/Gesalfde van die Allerhoogste.
As die Christendom hierdie feite werklik glo, dan is hulle messias ‘jesus’ ‘n valse messias.
Die kerk hou vol dat Iesous/Jesus ‘n onskuldige transliterasie is van die Hebreeuse naam van die Messias – dit ruik te veel na afgodediens. Behalwe vir die Griekse Iesous, weet ons ook nou dat daar meer as een duiwel in die geesteswêreld is wat met hierdie naam ‘j-sus’ rondloop.
Die Skepper Elohiem Yahweh is Hebreeus en nie Grieks nie. Ek sal Hom aanbid en dien en eer en liefhê en Sy Torah onderhou in Sy Hebreeuse Naam. Ek sal nie die kans vat om Hom ‘n Griekse naam te noem nie!
 
Eliyahu roep weereens vandag vir jou ook – As jy glo Yahweh Yahshua is Elohiem, volg Hom. Maar as jy meen dat Iesous/jesus/baal god is, volg hom dan.
WIE KIES JY?
YAHUWEH YAHUSHUA DIE HEBREEUSE ELOHIEM
OF
DIE JESUS WIE SE NAAM ONTLEEN IS AAN
 DIE GRIEKSE AFGOD IESOUS EN OOK GEKOPPEL WORD
 AAN DUIWELS?
 
Aan wie se kant skaar jy jou? Aan die kant van die Hebreeuse Elohiem Yahuweh Yahushua of aan die kant van die Griekse mitologiese afgod wie se naam onskuldig translitereer is as Iesous/jesus en van wie sataniste en okkultiste vandag getuig daar ‘n bose gees/demoon bestaan met ‘n identiese soortgelyke naam? Hierdie is ‘n algemeen bekende feit ook onder diegene wat sogenaamde demoniese bevryding doen binne die geledere van die Christendom. Wil jy eerder BAAL aanbid?
Ware geloof en ware aanbidding kan slegs plaasvind wanneer die mens absoluut en totaal hul rug keer op heidense en afgodstradisies en die Lewende Elohiem Yahweh Yahshua aanbid en Hom dien ooreenkomstig Sy voorskrifte. Die mensdom, die Christendom moet ‘teshuva’ bekeer – radikaal!!
 
WIE KIES JY?
YAHWEH YAHSHUA
OF
BAAL?
 
TESHUVAH – BEKEER : WAT BETEKEN DIT IN DIE PRAKTYK?
 
Draai om, maak ‘n 180 grade ommekeer. Jy sal moet ophou om te doen dit wat jy jou hele lewe tot dusver gedoen het. Draai om, verander jou houding, keer direk terug na Yahweh/Yahshua (nie na god nie). Jy sal soos ‘n Yisraeliet moet begin lewe en nie soos ‘n Christen, Rooms Katoliek, Buddis, Moslem, Mormoon of wat ookal nie.
Bekering impliseer dat jy jou Torah-lose leefstyl van vroeër laat staan en begin om ‘n lewensstyl te leef gegrond op die Torah van Yahweh. Die Shabbat van Yahweh sal die sentrale en belangrikste dag van jou lewe word. Jy sal begin om die res van jou lewe in te rig volgens die Feeste van Yahweh in Lev.23. Jy sal sorg dat jy die Peshag en Ongesuurde Brode fees onderhou en vier, die Fees van Weke (Shavuot), die Fees van Trompette (1ste Tishrei), Yom Kippur (10 Tishrei) en die Fees van Tabernakels (15 Tishrei), ook genoem die Bruilofsfees. Hierdie is wesenlik lewensbelangrik vir jou as ‘tempel van Yahweh’.
‘n Torah-leefstyl impliseer self-verloëning, impliseer die daaglikse opneem van jou folterpaal en om vir Yahweh te leef, impliseer dat jy nie die wêreld sal lief hê nie, impliseer dat jy Yahweh sal lief hê met elke vesel van jou wese, impliseer dat jy afgesonderd sal wees van die wêreld omdat Yahweh afgesonderd (kadosh) is, impliseer dat jy waarskynlik jou lewe sal moet opoffer vir Yahweh en Sy evangelie Torah boodskap, impliseer waarskynlik talle materiële en ander verwante opofferinge terwille van Yahweh Yahshua – maar die PRYS aan die einde van die wenpaal!!!!???
 
As jy tot hier gevorder het, doen jouself die guns en gaan lees Deut.30:1-20. Die hoofstuk is wonderbaarlik. Paulus kwoteer verse 12 en 13 in Romeine 10:8-10. Die Torah is die evangelie van Yahshua ha Moshiach!!
 
1.   Begin om Sy eie persoonlike Naam (YAHUWEH/YAHUSHUA) te gebruik. Oefen die gebruik. Sê dit hard op, raak gewoond aan die klanke. Nader Hom in geloof en weet dat jy vir die eerste keer direk persoonlik met die Skepper Elohiem praat. Dat jy Sy persoonlike hoogverhewe, afgesonderde aparte Naam gebruik – dat jy nie substituut
name wat demoniese domino reaksies in die geesteswêreld aan die gang sit, gebruik nie. Dit gaan ‘n ruk neem. Jy was vir ‘n lang ruk vas gevang in heidense praktyke.
Dit gaan beslis nie maklik wees nie. Jy sal moet begin lewe volgens Yahweh se Torah en ‘n nuwe ‘afgesonderde’ lewensstyl aanleer. Jy   sal die wêreld moet versaak, jy sal bereid moet wees om jou lewe te gee vir Yahshua – vir Sy Boodskap. Jy sal bereid moet wees om alles op te offer as Hy jou dit vra en om voluit, met jou hele ganse verstand, jou hele siel, jou hele kognitiewe denke op die Skepper Abba Yahweh te fokus en Hom te dien. Jy moet jou hele verlede van afgod terme en afgodsgebruike afsterf en vergeet en jou rug daarop draai en van voor af nuwes leer volgens die Torah van Yahweh en daarvolgens begin lewe.
 
2.   Begin om Sy Gebooie (Wette) te onderhou SAAM met die sewe (7) spesiale miqra Shabbat/feesdae en OOK die weeklikse Shabbat. Staak die vieringe van heidense feesdae soos kersfees, paasfees en veral die sondag, die dag van die satan. Die onderhouding van die weeklikse Shabbat is een van die eerste Gebooie wat nagekom sal word.
 
3.   Laat jou doop deur onderdompeling – as jy alleen is, kan jy dit self doen, jy het nie nodig dat iemand dit vir jou doen nie – solank jy dit doen in die naam van Yahushua.
 
4.   Sorg dat jy gereeld elke Shabbat die Torah lees (ook gedurende die week – die ganse Ou Verbond sal vir jou nuut word) – Hand. 15:21 – sodoende sal jy geestelike groei ervaar. Dit is dan ook die hoofdoel van huisgemeentes/ekklesia wie op ‘n Shabbat vergader, om die Torah te lees en dit te bespreek.(Om Torah te lees beteken om die hele Skrif van Genesis tot Openbaring te lees en te bespreek) Daar is baie kommentare geskryf deur Nasareense gelowiges op die Torah gedeeltes wat gereeld weekliks gelees word. Sorg dat jy dit kry. Jy sal nooit ooit weer behoefte hê om na ‘n heidense afgod kerk/tempel te gaan op ‘n sondag nie. Stuur ‘n e-pos versoek na rabbisson@cableone.net en jy sal die Brood van die Lewe ontvang – kommentaar op die ganse Torah deur ‘n messiaanse Rabbi wie die Messias Yahshua opreg lief het.
 
5.   Koop vir jou ‘n Woord en Getuieniswaar die Name van Yahweh en Yahushua duidelik uitgespel word en waar daar geen valse afgodstitels gebruik word nie. Of koop die Engelse The Scriptures 2009. Beide is agter aangedui waar jy hulle vanaf die webtuiste aan die einde kan bestel.
 
Jy kan dit op jou eie doen. Yahweh, die Ruach van Elohiem, praat nie net binne gemeentes nie! Intussen kan jy begin soek na ander gelowige Yisraeliete in jou omgewing of naby jou of selfs verder met wie jy van tyd tot tyd gemeenskap kan hê. Kom saam met hulle byeen in klein informele huisgemeentes – ekklesia. Maar kom uit die algemene Christendom uit, kom uit agter die masker van satan uit, los die BAAL-AANBIDDING.
Die ekklesia behoort bymekaar te kom in klein huisgemeentes, onafhanklik van die formele Babiloniese godsdiens-sisteem in die land of die wêreld. Huisgemeentes behoort dit te bly, klein en intiem wat moontlik almal tydens die drie jaarlikse Feeste van Yahweh saam kan vergader as die liggaam van Yahshua, ‘n Yisrael in die kleine. Gáán lees die boek van Norman Willis “Nazarene Israel: The Original Faith of the Apostles” jy kan dit aflaai van die webwerf www.nazareneisrael.org Jy sal dadelik besef wat jou ware identiteit is – Nasareense Yisraeliet van wie die dissipels die eerste gelowiges was en van wie Paulus die leier was – ‘n sekte vernoem na die Nasarener Yahshua die Messias. Of wil jy nie lid van ‘n “sekte” wees nie? Jy sal verbaas wees hoeveel Nasareense Torah gelowiges daar in Suid-Afrika alleen is. Jy sal vinnig agterkom dat jy nie alleen is nie. Daar is baie, maar daar is ook diegene wat die afgesonderde Name van die Skepper misbruik om hul eie agenda te bevorder.
Daar is diegene wat strydig met die Skrif beginsels predik dat Yisrael slegs witmense behels – wat alle gekleurdes uitsluit as buitekant die koninkryk van Yahshua. Die satan het selfs in hierdie groepe ingesluip met sy bedrieglike leuens wat aangeblaas word deur die rassistiese demoon – dis al wat hy is – demoon van satan. Hierdie mense is beslis nie Nasareense Torah onderhouers wie in Yahushua glo nie.
As jy een van diegene is wie hatig is teenoor anderskleuriges, het jy ‘n groot probleem. Jy regverdig jou miskien self deur te sê, “nee ek haat hulle nie” of “ek hou net nie van hulle nie”, of “ek op my plek en hy op sy plek”. Jy het moeilikheid. Die demone is besig om jou te mislei. Jy moet gaan vir bevryding – die uitdrywing van die demoon van rassisme uit jou lewe uit sodat jy bevry kan wees in Yahweh die Vader van Yahshua, en ook ons Vader. Ek weet van ‘n man wat so rassisties was dat hy letterlik moord sou pleeg omdat hy gedink het hy dien sy volk, sy god. Vandag is hy die pa van ‘n aangenome swart dogtertjie – Die Gees van Yahweh het sy lewe betrek en verander.
Die hofdienaar van Ethiopië, of die man van Kus. Die wit ouens wil voorgee dat hy ‘n wit Yisraeliet was wat toevallig in Afrika gewerk het. Nou hoekom die Gees van Yahweh spesifiek laat skryf dat hierdie man ‘n ‘getroue gelowige’, ‘n tesourier-staatsamptenaar van ‘n koninkryk van die koningin genaamd Kandake in Kus (Ethiopië) was, sal ek nie weet nie. Lukas doen moeite om te verduidelik dat hierdie man ‘n ‘getroue gelowige’ was afkomstig van Ethiopië, Kus. As hy bloot ‘n wit Yisraeliet was, wat daar gewerk het en opgekom het Jerusalem toe vir die fees, sou dit mos nie nuuswaardig of ‘snaaks’ gewees het nie. Baie Yisraeliete het van ver af op gegaan Jerusalem toe vir die Feeste wat daar gehou is. Maar hierdie ou het die aandag getrek – hy het uitgestaan tussen die wittes – hy was swart, uit die land Ethiopië. Daarom word sy doop aan ‘n klok gehang in Hand.8 met ‘n volle beskrywing van hom. Nou moet jy onthou. Hierdie swart Ethiopiër het die Blye Boodskap van Yahshua se koninkryk verkondig. Hy sou nie stil gebly het nie en hy was nie sommer enige een nie. Hy was ‘n belangrike staatsamptenaar. Hy sou ook kinders gehad het (hy was nie die spreekwoordelike ‘eunuch’ nie – vertalings!). Maar al het hyself nie kinders gemaak nie, hy sou baie geestelike kinders gehad het, geestelike swart kinders, swart Yisraeliete. Vandag weet ons is daar verskeie swart stamme in Afrika, ook Ethiopië, wat die Torah-gebruike van die Jode navolg. Ons wittes moet maar daaraan gewoond raak en dit aanvaar en vrede maak. Ons is nie uitverkore nie. Ons word deel van die uitverkore volk van Yahweh wanneer ons, ongeag kleur, ingeënt word deur ons geloof in Yahshua en ons nakoming van Sy Gebooie. Dan word ons Yisraeliete, wit of swart, maak nie saak nie.
 

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement