HOOFSTUK 9
DIE OORTREDING VAN DIE DERDE GEBOD
Hierdie voorgaande voorskrifte loop hand aan hand met die 3de Gebod in Exodus 20:7. En die ergste is, die oortreding van die 3de Gebod het outomaties ook die oortreding van die 2de Gebod tot gevolg. As jy Gebod 3 oortree, dan oortree jy sommer ook Gebod 2. Werk dit vir jouself uit.
Ek gaan gebruik maak van drie verskillende vertalings wat hierdie gebod baie mooi duidelik uiteensit, en wel die 1998 Scriptures wat die oorspronklike Hebreeuse persoonlike naam van YHWH in die teks gebruik. Hierdie Bybel word uitgegee deur die Institute for Scripture Research, South Africa.
“You do not bring the Name of יהוה your Elohim to NAUGHT, for יהוה does not leave the one unpunished who brings His Name to naught.”
En dan die Restoration Scriptures:
“You shall not bring the Name of YHWH your Elohim to VAIN EMPTINESS; for YHWH will not hold him guiltless that brings His Name to vain emptiness.”
En dan weereens Woord en Getuienis:
“Jy mag die Naam van YAHWEH jou Elohiem nie INHOUDLOOS maak nie, want YAHWEH sal die een wat Sy Naam inhoudloos maak nie ongestraf laat bly nie”.
Die sleutel woorde hier is “naught”, “inhoudloos” en “vain emptiness”. Die Strong’s Hebreeus/Griekse woordeboek wys dat die Hebreeuse woord Shavah van toepassing is wat beteken “om dit van geen betekenis te maak nie” OF “om dit te verwyder uit die mens se woordgebruik uit” OF “om dit in onbruik te laat verval“ OF “deur Sy Naam te vervang met die van ‘n afgod” of “nutteloos” OF “nikswerd” OF “inhoudloos” OF “te vervals” OF “tot niet maak” en ook “ydellik” soos ons daarmee groot geword het. Die vertalers het die werklike ernstige betekenis van die 3de gebod totaal mis gekyk en by ons laat verby gaan.
Die 3de Gebod leer ons dus die volgende:
- Om nie die Naam van YHWH (YAHWEH) sommer net ligtelik/ydellik te gebruik nie;
- Om die Naam van YHWH (YAHWEH) met eerbied en respek te gebruik (in vrees en bewing);
- Om die Naam van YHWH (YAHWEH) nie nutteloos of nikswerd of inhoudloos te laat word deur dit te vervang of te substitueer met ander afgodsname of –titels nie;
- Om die Naam van YHWH (YAHWEH) nie uit ons woordeskat te laat verdwyn en tot niet te laat gaan nie;
- Om die Naam van YHWH (YAHWEH) betekenisvol en belangrik te hou en dit gelowig te gebruik;
Ons het geen keuse as om hierdie 3de gebod te gehoorsaam nie – dit is ‘n Wet van die Allerhoogste Skepper. As jy Sy persoonlike naam vervang met die van ‘n afgod, stel jy die afgod in die plek van die Skepper Elohiem, en oortree jy die 2de Gebod!! En minag jy die 1ste Gebod wat lui: “Ek is YHWH (Yahweh) jou Elohiem …..” Onthou die Wetgewer het dit self persoonlik met Sy eie Vinger geskryf!!
Die Skepper wil hê dat jy Sy Naam sal gebruik – Hy het Sy Naam nie verniet vir bykans 7000 keer in die Ou Testament aan ons bekend gemaak nie!! Lyk dit asof Hy Sy Naam wou geheim hou of dit wou wegsteek? Inteendeel, Yahweh is so ernstig oor die positiewe gebruik van sy Naam dat Hy vir ons in Deut. 6:13 duidelik opdrag gee:
“Jy moet Yahweh jou Elohiem vrees en Hom dien; en by sy Naam moet jy sweer”.
Wanneer jy dan ‘n eed moet neem sweer dan so: “So waar as wat Yahweh lewe” – volgens Numeri 14:28.
En Ragab, die hoer, implementeer en dwing hierdie Torah-voorskrif af op die twee spioene wat by haar wegkruip in Joshua 2:12:
“SWEER DAN NOU TOG VIR MY BY YAHWEH, dat, terwyl ek aan julle ‘n guns bewys het, julle ook aan my familie ‘n guns sal bewys; en gee my ‘n betroubare teken”
Geen wonder dat Yahweh haar as ‘n Yisraeliet in Sy geslagsregister laat opneem het nie – Mat.1:5 – en haar as ‘n Yisraeliese gelowige in die boek van Hebreërs genoem het nie – Hebr.11:31.
Sien jy hoe ons voorvaders en die vertalers presies die 3de Gebod (en die 2de Gebod) verbreek het deur die eeue heen? Die voorafgaande geskiedenis behoort nou vir jou baie sin te maak. Nou kan jy verstaan waarom die Skepper YAHWEH Sy persoonlike Naam amper 7000 keer in die Ou Testament bekend gemaak het – Hy wou blykbaar hê ons moes Sy Naam gebruik en Sy Naam ken.
GOD/HERE/LORD - DIS TITELS EN NIE NAME NIE
EN VERWYS NA AFGODE
Nou waar kom ons aan die gebruik van vae algemene titels soos “God”, “Here” en die Engelse woord “Lord”? Dis glad nie name nie – dis titels.
Wie word aanbid wanneer ons hierdie titels oor ons lippe noem? Wie identifiseer ons wanneer ons die woord “Lord” / “Here” gebruik? Praat ek met YAHWEH of met Baal of met Lord Krishna of met die godin van die hemel soos Jeremiah 7:18 en baie ander verse na verwys?
Jy protesteer dalk: “Maar die “Here” ken my hart!!! Hy weet ek aanbid Hom!!” Ja!!?? En het Hy nie ook die harte van die Israeliete geken wie Hom opreg aanbid het nie? Dit is JUIS omdat Hy hulle harte en ook joune ken. Yahweh weet dat jou hart, en die van die Yisraeliete “bedrieglik is bo alle dinge en verdorwe”. (Jer. 17:9) DAAROM het Hy vir hulle uitdruklik in detail uitgespel wat Hy van hulle verwag. “JULLE MAG NIE DIE NAME VAN ANDER AFGODE OOR JULLE LIPPE LAAT KOM NIE!!” Gaan jy hierdie spesifieke opdrag ignoreer?
Of gaan jy soos ander gelowiges reageer “Ek het met die name groot geword en ek gaan aanhou om dit so te gebruik”. Ek noem dit bloot arrogansie, dom astrant, insigloos, sonder kennis. Jy durf nie Yahweh minag nie!! Hierdie argument hou nie water nie!!
Wie is jy, of is jy verhewe bo ander, verhewe bo die Yisraeliete van ouds, dat jy wel ander afgodsname oor jou lippe mag noem en aanbid soos jy wil? Wie is jy so besonders dat jy die Skepper enige naam kan noem wat jy wil? En dit nadat Hy Homself behoorlik aan ons identifiseer het en uitdruklik gesê het dis hoe Hy genoem moet word!!
Jy argumenteer dalk: “God weet ek praat met Hom wanneer ek Hom “Here”/”Lord” noem”. Dis reg, Hy weet, en daarom was Hy jou en ander wat Hom onwetend aangespreek het deur heidense afgodsname te gebruik, genadig en het Hy hulle gered. Dit was net Sy guns alleen.
Maar noudat jy die waarheid weet as jy tot hier gelees het, weet jy wie jy aanbid? As jy in jou gebede bid: “In die naam van die Here/Lord/ of in U naam” – wat is sy naam anders as wat dit letterlik beteken, naamlik Baal of Lord of satan, of die Portugees om die hoek, of selfs ‘here’ op die toiletdeure!
Die Skepper Vader Yahweh wil hê dat jy hierdie valse lasterlike afgodsname moet verfoei – my gebed is dat Sy Gees jou sal omvou sodat jy bekeer en volgens Sy instruksies sal handel – nie mensgemaakte oorgeerfde, valse tradisie nie. Die Here/Lord verwys na ‘n afgod/duiwel EN dan be-eindig jy nog boonop jou gebed ook deur die naam van ‘n afgod/duiwel te gebruik – Amen Ra – ‘n Egiptiese son-god. Sien blad. 142.
JOU GEBED BEVAT DIKWELS SOVEEL AFGODSNAME
DAT JOU GEBED ‘N GRUWEL VIR DIE SKEPPER IS
Jou totale gebed bestaan uit demoniese afgodename – dis geen wonder dat die Skrif vir ons sê dat die een wie die Torah minag, sy gebed is ‘n gruwel vir Yahweh! Sien Spreuke 28:9.
Dit beteken dat as jy die Torah nie onderhou en hoog ag nie, moet jy nie eens bid nie, want jou gebed is ‘n gruwel – dis nie ek wat so sê nie. Gaan lees daardie Skrifgedeelte maar self.
Die Torah verbied die gebruik van afgodsname terwyl die nuwe “testament”, as gevolg van vertalingsbedrog, afgodsname bekendstel!
DEMONE KEN HUL EIE NAME EN WANNEER JY HUL NAME NOEM, REAGEER HULLE
Die duiwels/demone weet wanneer jy hul naam noem, al is dit hoe onskuldig.
JY AKTIVEER ONWETEND ‘N REAKSIE IN DIE ONDERWêRELD.
DIT TERWYL DAAR JUIS DEMONE BESTAAN
MET DIE NAAM VAN “JESUS”
Waarom dink jy bestaan die verbod dan dat jy hulle name nie eens oor jou lippe mag noem nie? Nie vir spek en boontjies nie.
Jy het moeilikheid!! As ek “YAHWEH” of “Yahushua” gebruik wanneer ek Hom aanbid, weet ek, en my buurman ook, en die duiwels en die demone ook presies WIE ek bedoel. Geen sprake van ‘mistaken identity’ nie.
Hy wie die harte van die Israeliete geken het en ook ons harte ken, waarom sal Hy vir ons ander voorskrifte gee? Verskil ons van die Israeliete? Sy wette en verordeninge bly vir altyd staan – die fisiese aarde sal verby gaan, maar Sy Woorde, Wette, sal vir ewig voort bestaan.
Ons moet uiters versigtig wees om onsself nie te verhef deur voor te gee dat ons vandag modern is en verlig en opgevoed en ontwikkel nie. Die ou argaïese reëls en Wette van die ou Testamentiese Elohiem tel nie meer vandag in ons huidige moderne samelewing nie – ons kan ons mos nou nie steur aan sulke godsdiens nie – dis nie op ons van toepassing nie.
Ons geestelike leiers in ons Afrikaanse “Kerke” staan mos apaties teenoor die geesteswesens van die ander dimensie en gaan sover as om selfs hul bestaan te ontken.
‘n Professor in Teologie aan een van ons bekende kweekskole het onlangs gedurende ‘n radiopraatjie op RSG op die sogenaamde “paasfeesdag” verklaar dat ons “nuwe inhoud en betekenis verleen aan die ou heidense simbolieke en gebruike en dit sodanig verchristelik”.
Siestog! Dis presies waarteen Yahuweh Sy volk gewaarsku het en hier val ons vir dieselfde ding, professor of te not – vergelyk die ou skrifgeleerdes van ongeveer 2000 jaar + gelede!!
In Jeremiah 10:2 waarsku YAHWEH ons baie uitdruklik:
“So spreek YHWH: ’Moet nie die gewoontes van die heidene aanleer nie ….”
Hierdie Skrifgedeelte word ondersteun en gestaaf deur byv. onder andere Deut. 18:9; 12:30; Lev. 18:3, 1 Pet.4:3, ens.
Jy sal verbaas wees om te weet hoe ernstig die aanhangers van die Buddisme, Hindoe-isme, Voorvader Gees Aanbidders en ander Oosterse godsdienste die inwoners van die geesteswêreld opneem en hulle as werklikhede ervaar wat buite hul verbeelding, in ‘n werklike aparte dimensie funksioneer.
Ek weet, dit gaan ‘n geweldige aanpassing wees om oor te skakel vanaf die bekende name wat jy aan moedersknie geleer het en vir die duur van jou lewe gebruik het, na ‘vreemde Hebreeuse’ name wat die werklike, ware suiwer name van die Skepper/Elohiem is. Dit gaan oefening verg. Dit gaan nie sommer vanself kom nie. Vra die Gees van Yahweh om jou te onderskraag.
Die beloning gaan egter onbeskryflik wees. My moeder is 97 jaar oud. Toe sy reeds 22 jaar oud was, het die 1ste vertaling van die Bybel in Afrikaans in 1933 verskyn. Sy het groot geword met die nuwe testament wat uitgebring was voordat die totale Bybel in Afrikaans vertaal is. Die vorige Bybel was hoog Hollands. Geen wonder sy sukkel met die Lewende Woorde van Yahweh soos uiteengesit en op skrif gestel in Yahweh se Torah nie en ook met die Feeste van Yahweh in Lev. 23 nie.
Sy sien dit as Joods en begryp nie waarom dit relevant is vir haar nie. Maar sy probeer ten minste om Sy aparte afgesonderde, suiwer name te gebruik. Ons het haar ‘n “Woord en Getuienis” geskenk waarin Sy Hebreeuse Name deurgaans voorkom en sy haarself daaraan kan gewoond maak deur dit gereeld te lees – Abraham was 99 jaar oud toe hy moes verander, so ……, sy is jonger…..
Jammer hier herhaal ek al weer. YAHWEH, ‘n geestelike wese, Hy is Gees, Hy is die Elohiem van die Geeste, die Allerhoogste Skepper van die materiële kosmos, het vlees geword en Homself aan die mens kom wys deur die menslike vorm van YAHUSHUA die MESSIAS aan te neem.
YAHUSHUA is die visuele, sigbare manifestasie van die Elohiem van die geeste, die onsienlike, YAHWEH Skepper Elohiem. Hulle is EEN (Echad – ‘n meervoudigheid in Sy onbegryplike Goddelikheid, die Vader YAHWEH en Sy Seun Yahshua - Echad). Bykans 7000 keer openbaar Hy Sy eie persoonlike Naam in die Ou Testament en die van Sy Seun 77 keer!
Veral noudat die Dooie Seerolle volledig nagegaan en vergelyk word, en veral noudat geleerdes bevestiging kry dat Aramees die oorspronklike taal was waarin die nuwe “Testamentiese” boeke geskryf is en dat baie van die omsendskrywes later eers vertaal is na die Grieks toe, word die latere, nuwere, verkeerde en misleidende vertalings gekontroleer en identifiseer en reg gestel.
Maar tenspyte daarvan versuim ons leraars om van die kansels af reg te stel wat verkeerd is. Die niksvermoedende oningeligte ‘volk’ wat week na week in die ‘kerk’banke sit, het nodig om die waarheid te hoor en om daarvan vertel te word. Daar is geen Martin Luther onder hulle wat ruggraat het nie.
Al wat die meeste sê is dat die Dooie Seerolle bewys dat die inhoud van die “Bybel” in wese waar is en trek hul skouers op vir die balans van valshede en leuens wat nog steeds aan ons, die gewone volk, verkondig word en wat die rede is waarom die Christendom deel geword het van die algemene heidendom. Dit is waarom die Christendom die MASKER VAN SATAN is.
Niemand in die Christendom sien die satan in die Christendom nie. Maar hoe sal hulle ook as ‘n groot deel van die Christendom verklaar dat satan nie werklik bestaan nie!!?? Dis nie net ons sinodes nie. “Hy bestaan net in ons koppe!!” Dit is ‘n nuwe een wat ek onlangs gehoor het.
As sekere gedeeltes van die Ou Verbond korrek vertaal was uit die oorspronklike Hebreeus of selfs die Aramees, sou hedendaagse Israel nie anders kon as om die werklike letterlike fisiese Yisraelse/Joodse Messias te herken het nie.
Sy werklike naam YAHUSHUA word orals vervang en weg gesteek agter vergeesteliking soos “my heil”, “my verlossing”, “my redding”, “my saligheid”, “my regter hand”, ens. Die Joodse Rabbis was hiervoor verantwoordelik toe hulle hul vader satan gehoorsaam het om die eerste oorspronklike manuskripte deur foutiewe vertalings te korrupteer.