Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

DIE OORTREDING VAN DIE 2DE GEBOD

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 8
 
DIE OORTREDING VAN DIE 2DE GEBOD
En dit bring ons weer terug na die 2de Gebod waarmee die Christendom sommer baie baie groot moeilikheid het.
 
DIE CHRISTEN GOD = ‘N AFGOD
2DE EN 3DE GEBOOIE WORD VERKRAG
 
Ons vervang die ware suiwer Hebreeuse Naam van die Skepper van die heelal, die Enigste, Ewige, Onveranderlike Elohiem – YAHWEH - met die sataniese afgodsname van ander gode. Ons gebruik elke Sondag die naam van ‘n ander ‘n vreemde, Griekse heidense afgod in die plek van die persoonlike eie naam van die Elohiem, Skepper van die heelal. Ons plaas die naam van ‘n ander afgod bo Hom, die Skepper Yahweh. Ons tart hom behoorlik, ons lag vir Sy Gebooie soos vervat in Exodus 20. Die Christendom gebruik sommer name wat gekoppel word aan demone vir die Skepper! En dit alles vanweë tradisie – almal voor ons het so gemaak en ons volg dit blindelings soos “sheeple”.
 
GEEN RESPEK VIR YAHWEH OF SY TORAH NIE!
 
In Exodus 20:3 beveel Hy:
“Jy mag geen ander Elohiem/magtiges (gode) voor My aangesig hê nie”
Nog ‘n maal beveel Hy in Exodus 23:13:
“JY MAG HUL NAME NIE NOEM NIE, HUL NAME MAG NIE EENS OOR JOU LIPPE KOM NIE – HUL NAME MAG NIE UIT JOU MOND UIT GEHOOR WORD NIE – en daardie erge Skrif wat ek kwoteer het wat meld dat Yahweh Homself ook die naam van JALOERS gee?
 
Nou wat gebeur wanneer Christene die naam Iesous (Jesus) in die plek stel van die Exodus 20:3-Elohiem en daardie naam dan nog boonop aanbid ook?
Wag, wag, wag, nie ek nie!! Ek is uit. Ek weier om langer Sy eie persoonlike naam te vervang met ‘n substituut afgodsnaam. Ek weier om ooit weer die satan en sy demone te aanbid veral noudat ek die waarheid ken. Ek weier om my gebed af te sluit met ‘n “AMEN” wat verwys na die Egiptiese Amen-Ra, afgod.
Nee, die Hebreeuse “AMEIN” is die korrekte suiwere afsluitvorm. Yahushua leer Sy dissipels en vir ons dit. Maar nee – tradisie is magtiger as die woorde van Yahushua!
In Openbaring 3:14 noem Yahshua Homself die “AMEIN” – dink jy Hy sou Homself gelykstel aan ‘n afgod ‘amen-ra’? (amen)
 
AS JY SOVER GELEES HET, DURF JY NOOIT WEER
DIE GRIEKSE AFGODSNAAM “JESUS” GEBRUIK NIE
 
As jy nou die waarheid weet en jy gaan voort om hierdie afgodsnaam van ‘jesus chrestos’ te gebruik, terwyl Yahweh jou uitdruklik waarsku om dit nie te doen nie, dan dien jy voorwaar afgode en in daardie geval die satan direk. Dan is jy ‘n afgodedienaar en ‘n satansaanbidder. Die ware Torah onderhoudende gelowige in Yahshua mag nie langer met jou gemeenskap hê nie. Jy gaan as’t ware sover as om vir die Skepper ‘n teken te gooi!
Waarom noem ons Hom nie op die Naam wat Sy Vader Hom gegee het nie – YAHUSHUA.  Waarom die onwilligheid? Waarom die Portugees hier om die hoek vereer en aanbid? Waarom vasklou aan ‘n naam wat maar slegs 380 jaar lank in die bybel in vertaal is?
 
Yahushua was ‘n Israeliet uit die stam van Judah – waarom gebruik ons dan nie Sy eie persoonlike Hebreeuse naam waarmee Hy groot geword het nie? Die naam wat in die Ou Verbond aan Hom toegesê was, dat Hy, Yahushua, die Messias sou wees!!
YAHWEH is die naam waarmee Israel hul Elohim moes aanroep en aanbid. Daar was geen ander wese in die heelal met so ‘n naam nie en wanneer hulle die naam YAHWEH gebruik het, was daar geen onduidelikheid oor presies Wie hulle aanbid het nie. Ons kan nie met YAHWEH speel nie.Hy is die Skepper, Hy is ‘n Afgesonderde Almagtige en “jaloerse” Elohim. Hyself lê die reëls neer, gee instruksies oor hoe ons Hom behoort te volg. Die naam van ‘n ander afgod mag nie eens genoem word nie. Dink vir jouself.
Exodus 23:12:
“En in alles wat Ek julle gesê het, moet julle jul in ag neem. En die naam van ander gode mag julle nie vermeld nie; dit mag uit jou mond nie gehoor word nie.”
Deut. 12:3:
“…. en die gesnede beelde van hulle gode omkap en hulle naam van dié plek laat verdwyn.”
Hosea 12:16:
“Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie.”                                  
1 Kron.16:26:
Want al die gode van die volke is afgode, maar YAHWEH het die hemele gemaak.”
Psalm 96:5:
“Want al die gode van die volke is afgode, maar YAHWEH het die hemele gemaak. “
Psalm 16:4:
“Die smarte van hulle wat ‘n ander god met gawes vereer, sal menigvuldig wees; ek sal hulle drankoffers van bloed nie uitgiet en hulle name op my lippe nie neem nie.”                          
 
WAAROM HET YAHWEH
RAMPSPOED OOR YISRAEL LAAT PLAASVIND?
 
Waarom? ”weens hulle boosheid wat hulle bedryf het, om My te terg deur heen te gaan om rook te laat opstyg en ander magtiges te dien wat hulle nie geken het nie …”
Dit was so verskriklik erg vir Yahweh dat Hy die volgende profetiese Woord uitgespreek het oor Sy Volk Yisrael – Jeremiah 44:26:
“Daarom hoor die woord van Yahweh, o hele Yehudah wat in Mietzrayim (Egipte) woon! Kyk, Ek sweer by My Grote Naam, sê Yahweh; Nooit sal My Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Yehudah in die hele Mietzrayim nie, met die woord; So waar as die Meester Yahweh leef”.
 
Yahweh bevestig in die volgende vers dat Hy wakker is oor Yehudah ten kwade en dat al die manne van Yehudah met die swaard sal omkom.
Yahweh HAAT afgodediens met ‘n passie – Hy haat dit as jy ‘n ander afgodsnaam oor jou lippe noem en Sy, Yahweh se Naam, vervang daarmee. As jy Hom aanspreek met ‘n naam wat nie Sy afgesonderde Naam is nie – haat Yahweh dit – die Skrif sê so, Hy sê so.
 
Hierdie profesie in Jer.44:26 het waar geword driehonderd (300) jaar later toe ‘n dekreet van die Rabbis uitgevaardig was dat die allerhoogste se Naam deur geen een meer uitgespreek mag word nie, buiten die Hoë priester in die Tempel self en deur sekere skrifgeleerdes op bepaalde feesdae. (Dit is waarom Yahshua gekruisig is, omdat Hy die Naam van Sy Vader letterlik fisies uitgespreek het – lees verder)
 
Dit is maar enkele aanduidings uit die Skrif van hoe YAHWEH dit haat as die name van ander gode oor ons lippe kom en BOONOP nog ook gebruik word as ‘n substituut vir Sy eie Persoonlike Naam.
So jy sal maar moet besluit of jy gaan aanhou om die heidense Griekse naam van ‘jesus’/’isous’ te gebruik wanneer jy bid. En of jy gaan aanhou luister na ander christene en jou predikant wat die heidense Griekse naam gebruik wanneer hulle bid. Jou stilswye beteken dat jy instemming daartoe verleen – afgodediens = duiwelsaanbidding = BAAL-aanbidding!  Besluit sal jy moet.
Deur hierdie afgodsnaam in die plek te stel van Yahweh of Yahshua, verag ons hierdie 2de Gebod en staan ons skuldig. Nou stel ons ‘n ander god in die plek van die Skepper van die Heelal. En opset lê in die hart van die oortreding van die 2de Gebod, spesifiek juis as jy hierdie feite weet maar nie bekeer nie en maar net aanhou voortploeter soos in die verlede.
 
WAT NOU AS JY OPSETLIK SONDIG
NADAT JY DIE WAARHEID GEHOOR HET?
 
En as jy nou opsetlik, doelbewus sondig nadat jy die ware feite gehoor het? Wat se vergifnis is daar dan vir jou? Kan jy vergewe word? Gaan soek self na hierdie antwoord in Hebreërs 10:26.
Hierdie is doodsake. Ek het niks om te wen of te verloor nie. Ek soek nie lede nie, ek het nie ‘n groep wat my kan volg nie. Hierdie navorsing is gerig daarop om my eie volwasse kinders binne die Christendom te konfronteer, met hulle eie klein kindertjies. En as enige iemand buite hulle sfeer hierdie boek lees en tot inkeer kan kom sal dit ‘n absolute wonderwerk wees wat die engele in die hemele sal laat fees vier!
Jy kan stry soos jy wil, tot jy blou word in die gesig. Hierdie is historiese feite waarvan die meeste van ons predikante wat ‘n goeie teologiese akademiese opleiding gehad het, bewus is. Hierdie saak is so belangrik – dit kan jou die ewige lewe kos.
 
JA, MAAR ………..….. ONTHOU NET
 DAT JY ALLEEN GAAN STAAN EN ALLEEN GEOORDEEL WORD
 
As jy nou vir die eerste keer hiervan bewus raak, moet jy dit dringend gaan ondersoek om te kontroleer of ek reg is en of ek nonsens praat. En moet nie dink jy gaan eerlike antwoorde by die predikante en priesters kry nie – ja, baie regverdigings soos: “Ja, maar ……”.  Onthou net jy sal eendag self alleen staan om verantwoording te doen – dan gaan jou “blinde” en “dowe” predikant met sy sewe (7) jaar teologiese opleiding nie daar wees om jou te help nie.
En as jy dan voortgaan om hierdie Griekse mitologiese afgodsnaam “jesus” te gebruik vir die een wat jy aanbid, dan is jy besig met afgodediens en met satan aanbidding. Dan is jy verlore. Want jy doen, wat my betref, iets erger as moord, jy stel ‘n ander god in die plek van Yahweh. Jy is ‘n “idolator”, ‘n afgodsdienaar, ‘n duiwelaanbidder. Dan is jy doodgewoon opsetlik, aspris – onverskoonbaar. Eintlik oortree jy al drie die eerste Gebooie van die Dekaloog tegelyk. Dan is die vloek van Hebreërs 10:26 op jou.
Sy Naam is Yahuweh, die onsienlike Elohiem van die geeste, wat vlees geword het in die liggaam van Yahushua ha Moshiach wat op die oomblik vanuit die hemelse troonkamer regeer en ook Sy rol vervul as Hoë Priester volgens ‘n beter orde as die offerandes van diere wat gewysig en aangepas is.
 
Noem jy of roep die naam van “Iesous”/”Jesus” aan, weet jy glad nie welke wese, van welke aard en uit watter oord, gaan reageer op jou gebed nie. Toe ek die navorsing begin het, was ek van mening dat die oorsprong van hierdie naam gekoppel kan word aan die Griekse godin van genesing – Iesous – maar nou op hierdie stadium blyk dit dat die naam ‘jesus’ baie meer prominent en algemeen voorkom in die koninkryk van die satan – ‘n demoon met so ‘n naam. Dan is daar ook die “jesus van satan” – ek weet nie of dit ‘n onderskeidende naam is van die gewone demoon en/of hulle een en dieselfde wese is nie. Dis ‘n kans wat ek in elk geval nie wil vat nie.
 
DIE NAVORSING DUI DAT DAAR NIE ‘N PERSOONLIKHEID
MET DIE NAAM VAN “JESUS”
BINNE DIE KONINKRYK VAN DIE LIG BESTAAN NIE.
MAAR DIE NAAM “JESUS” KOM ALGEMEEN VRYLIK VOOR
ONDER OKKULTISTE EN SATANISTE
WAT BEWEER DAT DAAR DEMONE IS WAT “JESUS” GENOEM WORD
 
Weet jy wat, tot dusver het ek nog in al die navorsing nie opgetel dat daar ‘n persoon met die naam van “jesus” binne die Koninkryk van Yahweh bestaan nie. Die navorsing dui daarop dat hierdie naam egter algemeen voorkom binne die Koninkryk van die duisternis.
Iemand wat nou die dag gekonfronteer was met hierdie feite het ruiterlik erken dat hy inderdaad letterlik in ‘n hoek gedruk is. Hy sal ‘n besluit moet neem. Gaan hy aanhou om die Griekse afgodsgodin te dien, of selfs die demone met hierdie naam, of gaan hy hom bekeer tot Yahweh Yahshua.
 
WANT YAHUWEH YAHUSHUA EN IESOUS/JESUS
 IS NIE DIESELFDE WESENS NIE
 
Jy sal dieselfde keuse moet maak. Gaan doen die moeite en doen self navorsing en kyk self met jou eie oë hoe het hulle Sy Naam vertaal!!! Met afgodstitels. Satan met sy halwe waarhede seëvier weereens.
 
Die masker is nou vir jou afgehaal – wat gaan jy met hierdie waarhede doen? Of gaan jy maar die tradisie volg ter wille van jou “image” (wat sal my vriende, vriendinne van die “sonskynhoekie” of selgroep dink as ek hierdie waarhede toepas – dit wat Abba Yahweh ‘n verlustiging in het – nee wat liewer dood as uit die mode – Yahweh is mos barmhartig (genadig)!! Daar wag ‘n verrassing op jou!!
Bestudeer die Skrif hieroor en vra, nee begeer Sy Lig en Wysheid hieromtrent – Kies!
 
Onthou jy die twee môresterre van Jes.14:12 en Open.2:28 onderskeidelik?
Die Hebreeuse môrester versus die Griekse môrester?
Die Egiptiese afgod “Amen”-Ra en die “AMEIN” van Openbaring 3:14?
 
Die Lig en die duisternis, die Waarheid en die leuen is ‘n haarbreedte-dikte van mekaar! Jy kan nie bekostig om lukraak ‘n kans te waag en sommer blindelings voort te ploeter nie.
 
 
 
 

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement