HOOFSTUK 15
AFGODSDIENS IS DUIWELAANBIDDING – BAAL
AANBIDDING – DIE OORTREDING VAN DIE 1STE, 2DE EN
3DE GEBOD VAN YAHWEH
Paulus maak dit in 1 Kor. 10:19-22 baie duidelik dat enige persoon wie aan ‘n afgod offer, hetsy ‘n son-god of ‘n maan-god, inderdaad aan bose geeste/demone of duiwels offer.
“Wat sê ek dan? Dat ‘n afgod iets is of dat ‘n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan demone offer en nie aan Elohiem nie. En ek wil nie hê dat julle met die demone gemeenskap moet hou nie. Julle kan nie die beker van die Meester drink en ook die beker van die demone nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die demone nie. Of wil ons die ywer (woede) van die Meester opwek? Is ons miskien sterker as Hy?”
Die Skrif sê dat as ons afgodediens beoefen, dan beoefen ons inderdaad duiwelaanbidding – dan oortree ons die 1ste, 2de en 3de Gebod van Yahweh.
DIT IS ‘N DODELIKE SONDE
MET GEVOLGE VIR JOU KINDERS EN JOU KLEINKINDERS
Ons word in sowel die ou Verbond as die hernieude Verbond gewaarsku teen hierdie praktyk. Dit beteken dat gelowiges, sonder dat hulle bewus is daarvan, deel kan hê in die beoefening van duiwel-aanbidding. En as ek die Skrif reg verstaan, waarsku Yahweh nie net Sy kinders nie, maar Hy deel hulle mee dat Hy woedend raak wanneer Sy kinders ander afgode vereer en dien. Hy het die Yisraeliete gestraf met die een rampspoed op die ander.
Dis nie ek wat dit sê nie – YAHWEH waarsku self persoonlik hierteen – gaan lees en bestudeer hierdie onderwerpe self.
“Ek is Yahweh jou Elohiem wat jou uit Mietzrayim (Egipte) uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander magtiges (gode) voor My aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, Yahweh jou Elohiem, is ‘n jaloerse El wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;”
Die afgod-godsdienste van die verskillende son-gode en ook die maan-god het vir DUISENDE jare reeds voor die Messias se koms bestaan, en is aktief beoefen in Egipte, lank voor die sonvloed. (Hierdie afgodediens van die son- en maan-gode is inderdaad wêreldwyd beoefen en nie net in Egipte of die midde-Ooste nie)
DIE NAME HET VERANDER
MAAR DIE AFGODE HET DIESELFDE GEBLY EN
SO OOK DIE GEESTESWESENS
Die verskillende gode het dieselfde gebly maar die name waaronder hulle bekend was, het van plek tot plek gewissel en so ook die verskillende klompe geesteswesens wat hulself met die betrokke name verbind en assosieer het.
As Israel afvallig geword het van YAHWEH, dan het hulle gewoonlik verval om een of ander son-god godsdiens te beoefen of selfs die maan-god te aanbid. Daar was hordes van hierdie gode en omdat aanbidding van hierdie afgode niks anders as duiwel aanbidding was nie, het YAHWEH dit gehaat en daarom het Hy Israel ook gestraf en het Hy dit toegelaat dat Israel willens en wetens die sterre aanbid.
“Maar YAHWEH het Hom afgewend en hulle oorgegee om die leër van die hemel te dien, soos geskrywe is in die boek van die profete: Julle het tog nie aan My slagoffers en offers gebring gedurende veertig jaar in die woestyn nie, o huis van Israel? Ja, julle het die tent van Molog opgeneem en die ster van julle god Remfan, die beelde wat julle gemaak het om hulle te aanbid. En Ek sal julle anderkant Babilon wegvoer.” Hand. 7:42-43
YAHWEH was so ernstig oor afgodediens dat Hy Israel ernstig gewaarsku het om NIE eens die heidense gebruike en gewoontes OOR TE BRING na die Israeliese aanbidding NIE – Hy het hulle gewaarsku:
“Julle mag My nie dien soos (op dieselfde maniere) as wat die heidene hul afgode dien nie”. Deut. 12:30.
Ons MAG dus steeds NIE heidense gebruike oorneem en dit “VERCHRISTELIK” in ons eie aanbidding NIE. Of “wil jy YAHWEH uit tart? Is jy sterker as Hy?” I Kor. 10:22. (Ek wonder hoe die professore hierop sou reageer? Dalk met ‘n “Ja, maar ….”)
In die kerkgeskiedenis word ons vertel van verskillende bewegings onder die son-god godsdienstewaaronder Manicheïsme en Mithraïsme, wat ofskoon die inhoud van hul godsdienste soortgelyk was, mekaar nogtans opponeer het en gepoog het om soveel as moontlik bekeerlinge van die ander afgodsdiens te werf. (Die duiwels en demone is nie selektief nie, hulle gee nie om om mekaar te beveg nie en daarom word hulle ook uiteindelik vernietig en verloor hulle ook want hulle huis is verdeel).
Hierdie son-god godsdienste was geweldig ANTI-SEMITIES en het SONDAG, die eerste dag van die week, as hul HEILIGE DAG gevier tot eer van hul son-gode terwyl hulle die ou “Testamentiese” Elohim beswadder het as boos, genadeloos en Hom as ‘n tiran uit gemaak het. Hierdie son-godaanbidders het selfs sover gegaan as om te sê dat die Magtige Een van die ou testament inderdaad “die prins van die duisternis was en dat hy nie die god van waarheid is nie”.
DIE DUIWELS
HAAT VIR YAHWEH EN OOK SY VOLK ISRAEL
Waarom haat Islam die Israeliese volk met so ‘n fanatiese demoniese obsessiewe passie? Omdat die hoof-duiwel/demoon agter die maangod, (Allah) Halal ben Shachar self, satan, die volk van YAHWEH nie kan verdra nie.
Die bekende Nero was ‘n son-godaanbidder. Hoekom het hierdie duiwelsaanbidder die Messiaanse gelowiges so vervolg en dood gemartel? Hy was in diens van die duiwel/satan/Halal ben Shachar, wat homself vermom en wegkruip agter afgodsname en afgodstitels sodat mense onwetend hom, die duiwel aanbid, sonder dat hulle besef dat hulle direk afgode roep wanneer hulle aanbid.
MENSE AANBID DIE SATAN
SONDER DAT HULLE DIT WEET
Satan is mos nie onnosel nie – hy sal homself nie direk voorhou om aanbid te word nie. Geen normale mens sal satan aanbid nie – maar hy kruip weg agter afgodsname en afgodstitels en die mens is dom genoeg om die spul te dien en te aanbid want hulle dink nie dat dit satan is nie, of dat hy selfs bestaan nie. Hy dra ‘n masker – van Adam se tyd af reeds die vermomming!
Glad nie vreemd dat die afgod ZEUS voorgestoot word en die genesingsafgodsgodin Iaso (Grieks) en Ieso (Ioniese Griekse dialek) gebruik word om kwansuis die Hebreeuse Naam van Yahushua “onskuldiglik” te translitereer na “Iesous”, wat niks anders is as die genitiewe verbuiging van Ieso, afgod van genesing, en later weer getranslitereer is in ‘JESUS’ nie. Dis briljant gedoen, satan! PERFEK!!
VANDAG EER EN AANBID DIE CHRISTENDOM
VIR ZEUS DEUR IESOUS VIA JESUS!
BRILJANT SATAN!!
Dit is absoluut tragies om te sien hoedat duisende der duisende mense die moeder Maria aanbid. Hierdie Maria-aanbidding vind wêreldwyd plaas in Europa, Suid-Amerika, ens. Hierdie visioene en profesieë wat vanaf die Maria beelde voorgehou word, is so pragtig bybels en so na aan die waarheid dat mense oral mislei word. Sy sal byvoorbeeld as volg profeteer:
VISIOENE EN PROFESIEë VAN MOEDER MARIA
LET OP DIE LEUEN VAN SATAN – MISLEIDING, VERDRAAIING
“My kinders, ek is gestuur om as middelman saam met jesus, vir julle by die vader in te tree. Ek versoek julle om gedurig in aanbidding te verkeer en om julle bybels te lees. Ek is deur die vader aangesê om vrede dwarsoor die wêreld te bewerkstellig en in my hoedanigheid as die koningin van die hemele versoek ek julle om julle sondes te los en in gebed na my te kom”.
Iets op hierdie trant.
En weet jy, dis letterlik duisende, der duisende mense, alle Katolieke (wat meer as ‘n biljoen mense beloop), selfs die pous van Rome self ook, wat haar aanbid. Nou wat sê die Torah van ‘n ander Elohiem as Yahweh? Maar die ergste van alles is dat moeder Maria, die koningin van die hemele niemand anders as ‘n afgodsgodin is wat reeds in Jeremiah 7:18 vermeld word nie – die hemelkoningin. Ook Jeremiah 44:18 praat van die hemelkoningin!! En ook Esegiël 8:14 en ook Jesaja 47:5. Wow!
Hokaai, sy word soveel kere genoem dat jy blind moet wees om die waarskuwing nie raak te sien nie. In hierdie visioene en profesieë noem sy haarself die hemelkoningin. Ook die Pous noem haar die hemelkoningin – toevallig? Toe val Lig!!
DIE POUS AANBID MOEDER MARIA
Ek het dit met my eie oë op ‘n video gesien!! Dis openbare kennis!
Ons was vir eeue dom genoeg om afgode te aanbid omdat ons nie geweet het dat die name en titels wat ons gebruik inderwaarheid demoniese, sataniese afgodsname is nie. Vandag weet ons dat die titels “here”, “god” en “lord” nie betrekking het op ons Skepper Elohiem Yahweh nie.
Maar daar is ander wat nog arrogant genoeg is om dit nie te wil glo nie en voortgaan om op hul voertuie “stickers” en mure te verkondig “Iesous is lord/baal” en hulle is eintlik honderd persent korrek want dit is presies wat hy is. “Jesus = Lord = Baal”.
SATAN HET ONGESIENS INGESLUIP
EN DIE CHRISTENDOM VIR SY EIE DOEL GEBRUIK
Intussen het die son-god godsdienste ook floreer veral op ekonomiese en kulturele gebied. Verskeie Romeinse Keisers soos Aurelius, Diocletos, Konstantyn, en andere het die son-gode aanbid en die verskillende son-god godsdienste persoonlik gepropageer en het dit ook die amptelike godsdiens van Rome gemaak.
Dit is presies hoe die moderne Christendom ontstaan het. Satan het ongesiens en geluidloos ingesluip en die Christendom vir sy eie doel begin gebruik – die Christendom het ‘n masker van satan geword!!
DAAROM, KOM UIT AGTER DIE MASKER UIT!
Beelde en monumente van Baal, Bel, Helios, Isis, Apollo, Zeus, Tammuz, Sol Invictus, ens. ens.wie se geboortedag gevier was op 25 DESEMBER van elke jaar, is orals opgerig, selfs ‘n monument vir die “onbekende” god van wie Paulus gepreek het.
Baal was die son- en stormgod wat in Babilon sy verskyning gemaak het onder die naam van Belof “Lord”. Die naam “Baal” is net eenvoudig ‘n verwysing na ‘n son-god of gode. Dis ‘n ander naam vir ZEUS, dis ‘n ander naam vir “HERE” wat beskou is as die “Hemelkoningin”, die suster van “ZEUS”. Ons het te make met die name van letterlike afgode wat van plek tot plek verskil het maar waarvan die geestesidentiteit dieselfde afgodswese was en steeds is.
WAARHEID EN LEUEN
LIG EN DUISTERNIS
‘N HAARBREEDTE VERSKIL
Ek moet herhaal. Hoe naby is die waarheid aan die leuen? Dis verbysterend ontstellend.
Jes. 14:12 “o môrester, seun van die dageraad!” (1933) of
“o môrester, seun van die daglig!” (Woord en Getuienis) Wie is dit? Van wie word hier gepraat? Die LIGDRAER!! Lucifer!! Ha satan! DIE DONKER EEN! Die een van die Okkulte, ‘n Onderafdeling van Satanisme!
En in Openbaring 2:28 (lees die voorgaande verse 26, 27 om die konteks te sien) “En Ek sal hom die môrester gee” Van wie word hier geskryf? Yahshua. Moses skryf in Numeri 24:17 “….’n ster kom te voorskyn uit Yaakov, en ‘n septer kom uit Yisrael op, ….” ‘n Ou Verbondsprofesie wat slaan op Yahshua die Messias. En dan Openbaring 22:16: “Ek is …… die blink môrester”
Ha satan word die môrester genoem EN Die Seun van die Allerhoogste word ook die môrester genoem. En Hy, die Seun van die Allerhoogste, noem Homself die “AMEIN” die getroue en ware Getuie, die begin van die Skepping van Elohiem – Open. 3:14. En die Christendom noem en spreek die naam van ‘n Egiptiese afgod “AMEN–Ra”, wanneer hulle ‘n gebed afsluit – “laat dit so wees” = AMEIN. Nie ‘amen’ nie. As jy “Amen” uitspreek, aktiveer jy ‘n Egiptiese afgod, ‘n duiwel in die geesteswêreld. ‘n haarbreedte verskil!
Dit is skrikwekkend! Wie aanbid jy? Wie se naam roep jy aan? Lucifer alias ha satan wanneer jy die Griekse mitologiese afgodsname gebruik of die Allerhoogste Skepper wanneer jy Sy suiwer ongekontamineerde, onvervalste, oorspronklike Hebreeuse Name gebruik.
Hoe naby kan die WAARHEID en die leuen aan mekaar kom? En hierdie beginsel vind jy dwarsdeur die hele Skrif.
Ek kan nie anders om te pleit dat ons terug keer na die Enigste en Ware Elohim, die Hebreeuse Elohim van Avraham, Yitzchak en Yaakov – die Hebreeuse Elohim wie Sy Naam aan Moses openbaar het deur Sy Torah (Verbond) as YHWH (YOD, HEY, VAV, HEY) en Homself openbaar as die Messias Yahshua van die Nuwe Verbond. Alle ander gode is deel van die Okkulte, ‘n oorvleuelende onderafdeling van Satanisme!