Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

DIE NAME VAN DIE SKEPPER IS HEBREEUS

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 12
 
DIE NAME VAN DIE SKEPPER IS HEBREEUS
 
DIE NAME EN TITELS VAN YAHUWEH/YAHUSHUA
 IS NOOIT OOIT IN DIE PRE-KONSTANTYNSE GRIEKSE GESKRIFTE
IN DIE GRIEKS UITGESKRYF NIE – SY NAME IS HEBREEUS
 
In die eerste Griekse geskrifte, d.w.s., in die voor-Konstantynse periode, (van 60 – 299 NC) het die Bybelskrywers NOOIT die name van YAHUWEH of YAHUSHUA, of die Ruach (Gees) van YAHWEH of die Messias of ander titels van die Allerhoogste in Grieks uit geskryf nie – hulle het “plekhouers” gebruik. Die naam en titels van die Allerhoogste en die van die Messias is nie getranslitereer in Grieks nie – plekhouers is gebruik wat die leser verplig het om na die oorspronklike Hebreeuse of Aramese geskrifte te gaan kyk om die betrokke plekhouer te identifiseer.
 
Waarom?  Die betekenis van ‘n Hebreeuse naam is so uniek en profeties dat enige vertaling of transliterasie daarvan in ‘n ander taal, die betekenis en selfs die profetiese of simboliese konnotasie van die naam, verlore laat raak. Hierdie aspek word juis in ‘n ander hoofstuk aan geraak. Die name van die profete byvoorbeeld, en die simboliese en profetiese konnotasie daarvan, is ‘n sprekende voorbeeld. Die Engelse en/of Afrikaanse vertalings van die Hebreeuse name is sinneloos, betekenisloos, bloot net ‘n naam. Maar in die Hebreeuse taal is dit ‘n totaal ander prentjie.  Daarom is ons weer vandag besig om hierdie name van persone en ook plekname van dorpe en stede terug te vertaal na hul oorspronklike Hebreeuse of Aramese oorsprong want die Skepper het ‘n besondere boodskap vir elkeen wat wil hoor, wat uit daardie Hebreeuse name uit gehaal kan word.
 
HEBREEUS/ARAMEES - DIE TAAL VAN YAHUWEH
 
Elke alfabetiese letter in die Hebreeuse taal het ‘n bepaalde betekenis en simboliek. Elke alfabetiese letter verteenwoordig ‘n bepaalde getal asook ‘n woordprentjie wat gegrond is op antieke skrifletters.
As ons die verskillende alfabetiese letters van die naam van Yahshua ontleed, dan kry ons die volgende. Sy naam word geskryfיהושע    :  
Van regs na links lees dit YOD, HEY, VAV, SHIN, AYIN.
 
Yahshua se naam bevat ook die eerste drie van vier alfabetiese letters van die naam van Yahuweh, YOD, HEY, VAV, (יהוה) gelees van regs na lings.
Die Yod, eerste letter in die naam van die Skepper Yahuweh, verteenwoordig ‘n arm of ‘n hand. Die “arm” of “hand” van YHWH is ‘n idioom wat telkens in die Skrif herhaal word. Hierdie idioom of frase is ‘n prentjie van krag en mag wat direk wys op die Messias Yahshua. Waar jy in die Skrif ookal lees van die “arm” of “hand” van YHWH, slaan dit altyd profeties op die Messias.
 
Die Hey, tweede letter in die naam van die Skepper Yahuweh, verteenwoordig ‘n mannetjie wat sy hande ophou om die aandag van aankomende mense te trek: “Stop!, Wag!, Kyk!”. Kyk na die Skepper. Kyk na die Verlosser. Kyk na die Redder. Tot dusver het ons gesien dat die Skepper Homself as Verlosser en Redder identifiseer saam, een, met die Yahushua ha Moshiach van die Nuwe Verbond. Hierdie letter verteenwoordig ook die prentjie van ‘n venster in die tentmuur waardeur lig en lug binne stroom in die donker tent in. Yahweh is LIG.
 
Die Vav, derde letter in die naam van die Skepper Yahuweh, verteenwoordig ‘n haak of ‘n spyker (nail). Die Vav is ook die nommer 6, die getal van ‘n mens. Yahshua het gekom as ‘n mens. Hy is YHWH in die vlees.
 
As ons die Yod en die Vav konnekteer om die prent of die simbool wat hulle voorstel, te bekyk, sien ons dat Yahshua (die Yod, die hand/arm van YHWH) as ‘n mens (die Vav) gekom het om Sy lewe te offer. Sy hande (die Yod) is deurboor met spykers (die Vav) om versoening en redding teweeg te bring. Psalm 22:16 verwys juis na die vergadering van die goddelose wat Hom omsingel – “Hulle het My hande en My voete deurgrawe” Die Hebreeuse letters in Sy Naam vorm in die geheel ‘n prentjie wat Sy dood profeteer.
 
DIE NAAM YAHUSHUA WORD ORALS IN DIE OU VERBOND GEVIND
 
Die naam van Yahushua word orals in die Ou Verbond aangetref. In Gen.49:18 profeteer ons vader Yaakov en hy spreek die naam uit van die Messias. Die Afrikaanse vertalings het dit as “verlossing”, maar in die Hebreeuse taal sê die aartsvader “Ek het gewag vir my Yahshua”, wat presies “verlossing” beteken. Dit is die presiese betekenis van die naam van Yahshua – Yah is verlossing.
 
Die Shin, vierde letter in die naam van die Messias Yahshua, verteenwoordig in die oudste paleo Hebreeus, twee voortande, wat die “kou-aksie” verteenwoordig.
 
Die Ayin, vyfde letter in die naam van die Messias Yahshua verteenwoordig ‘n “oog”. In moderne Hebreeus beteken ‘ayin’ ‘n oog. Die vierde en vyfde letters gekombineerd dui op “die oog en die tand”. Die Ayin en die Shin stel die krag van sonde voor. In kombinasie is die yod, hey, vav, shin en ayin ‘n voorstelling van die krag van die Almagtige YHWH.
 
In die Wet van Moses, die Torah, word strawwe toegeken vir verskillende oortredings teenoor die Skepper YHWH of teenoor die mens as sulks. Die Torah omskryf in detail hoedat ‘n persoon teenoor sy buurman moet optree en presies hoedat hy sy Skepper Elohiem YHWH moet aanbid en Hom dien. Sonde vind plaas as mens nie die Torah navolg nie. Sonde is wetteloosheid, of Torahloosheid, verklaar 1 Johannes.
 
WAT IS AAN DIE FOLTERPAAL VASGENAEL?
 
Die Straf/loon vir die sonde is die dood – verwydering van YHWH. Dit is die vloek van die Torah en ook van die hernieude Verbond. Almal het gesondig, met die uitsondering van Yahshua. Die sondelose Yahshua het die prys vir sonde betaal en ‘n sondaarsdood gesterf. Die strafmandaat vir sonde in die Torah is: ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Yahshua het Sy lewe gegee om te voldoen aan die eis van ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand. Kolossense 2:13-14 sê juis:
“…..deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, (die rekords van ons sondes/Torahloosheid) wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die folterpaal vas te nael.”
 
Die Torah (die Woord) het vlees geword. Johannes 1:14 maak nie grappies nie. Dit sê baie duidelik:
“Die Torah (Woord) het vlees geword en onder ons kom woon/tabernakel”.
 
Wie was die Woord, die Torah? Niemand anders as die ou Hebreeuse Geskrifte wat in die Hebreeus geskryf was. Hierdie Geskrifte was die Woord, was die Torah. Ek kan dit as volg parafraseer: “Die Hebreeuse alfabet het vlees geword en onder ons kom woon/tabernakel”.
Die Lewende Woord/Torah het Sy lewe gegee, ge-offer net soos wat die Alfabetiese letters in Sy Naam die prentjie vir ons skilder.
 
Al hierdie nuwe openbaringe rakende die Hebreeuse taal, die taal van die Skepper, bevestig dan ook die ou vermoede dat die Apostels inderdaad hul omsendskrywes in Aramees geskryf het wat toe later in Grieks vertaal is.
Hulle was almal ongeskoolde mense wie nie die ingewikkelde Griekse taal gepraat het nie, maar Aramees – ondanks bewerings tot die teendeel deur sogenaamde hedendaagse skrifgeleerdes. Daar is sommige skrifkenners wat dit as ‘n bewese feit aanvaar en nie eens meer daaroor argumenteer nie.
 
Die Jode van destyds het die Grieke verfoei. Veral nadat Antiochus in 167 VC die vark in die allerheiligste van die Tempel ge-offer het en die Makkabeërs opstand plaasgevind het wat vir baie baie jare geduur het totdat die Grieke verslaan en die Tempel weer gereinig is tydens die fees van Chanukah – Joh.10:22 – die sogenaamde “reinigingsfees”. Die Jode het so ‘n afsku in die Grieke gehad – erger nog as die boere teenoor die Engelse na die boere-oorlog – dat sommige Jode gesê het dat hulle eerder vark sou eet as om Grieks te praat. Nou waar kom ons mense daaraan dat die ongeleerde dissipels in Grieks gepraat het, wat nog te sê skryf. Yahshua self het op die folterpaal Aramees/Hebreeus gepraat en nie Grieks soos die christen Bybels dit wil hê nie.
 
Die titelname soos “GOD” en “HERE” of “LORD” is NOOIT, maar NOOIT in daardie vroegste geskrifte gebruik of uitgeskryf nie. Dit is net nie daar nie, dit bestaan nie. Selfs nie eens die name van “Jesus Christus” nie. Die Griekse afgodsname van “Iesous” verskyn vir die eerste keer in vertalings van die Nuwe Testamentiese geskrifte, honderde jare na Sy hemelvaart. Die name van “Iesous” verskyn eers NADAT Keiser KONSTANTYN die ware evangelie van die Messias met die son-god-godsdiens gekruis en verbaster het en dit die amptelike godsdiens van Rome gemaak het. Die name van “Iesous” verskyn eers NADAT die Roomse kerk begin het met sy vertalings van die Skrifte.
Die naam “Jesus” is ‘n baie onlangse moderne naam wat maar sowat 380 jaar oud is. Die ou Bybels waarin die Messias se naam eers as Iesus gespel was en toe in 1629 vir die eerste keer as “jesus” gedruk was, is onweerlegbare bewys daarvan. Dit is bewys, swart op wit en jy kan dit persoonlik kontroleer.
 
Die naam “Jesus Christus/Iesous Chrestos” (afgodsname) HET NOOIT in die eerste ‘oorspronklike’ ongepeuterde nuwe Testamentiese geskrifte verskyn soos wat ons dit vandag in ons “Bybels” lees nie.
VOORBEELD: (Ek gaan die tekse nie vertaal nie, maar die voorbeelde aanhaal soos wat dit deur skrywer, Craig Winn, uit die pre-Konstantynse geskrifte geneem is – dit is waar en dit laat jou stom van verbasing!!)
Colossians 1:1-2 saam met kommentaar: "Paulos, one who is sent forth with the message of (apostolos) the Anointed Messiah (ΧΡΥ) Yahushua (ΙΗΥ) through (dia) the desire, choice, and pleasure (thelema - the will, mind, and purpose) of Yahuweh (ΘΥ), and our brother (adelphos) Timotheos (meaning one who values God), to the set-apart (hagios - revered and cleansed) in Colossae, to those trusting (pistos - convinced and reliant) brothers in the Anointed Messiah (ΧΡΩ). Grace (charis - favor and mercy, loving-kindness and joy) and a state of a unified and reciprocal relationship (eirene) to you from Yahuweh (ΘΥ), our Father (ΠΡΙ)."      
 
Ek laat Craig Winn self verduidelik:As a reminder, the capitalized Greek letters within the parenthesis represent the placeholders used throughout all of the 70 extant first-, second-, and third-century Renewed Covenant manuscripts for the two names and five titles attributable to Yahuweh, Yahushua, and the Set Apart Spirit (Holy Spirit). None of the seven names or titles attributed to God (translated: Lord, Jesus, Christ, God, Father, Spirit and Son) were written out on any page of any of the pre-Constantinian Greek manuscripts of the Renewed Covenant. Placeholders were uniformly used to tell us where to insert: Yahuweh, Yahushua, Anointed Messiah, and Set-Apart Spirit. 
The names were not transliterated and written out because there was no Y, H, or W sound attributable to the letters in the Greek alphabet, and the titles were represented by placeholders rather than translated words because the Hebrew terms were more accurate and descriptive than their closest Greek replacements.
Furthermore, by using placeholders rather than transliterations and translations, we are required by design to examine Hebrew Scripture to understand Greek - viewing the Renewed Covenant through the perspective of the Old”.   PROFETIESE SIMBOLIEK? BESLIS!
                                                                                                      
Luister wat sê Craig Winn van die Griekse woord “Theos” wat “God” beteken. Selfs hierdie woord is nooit in Grieks vertaal en uitgeskryf in die heel eerste geskrifte nie. “Just as I have kept a copy of the Dead Sea Scrolls open during Old Covenant reviews, I have Comfort and Barrett’s The Text of the Earliest New Covenant Greek Manuscripts beside me now that we have turned the page and entered the Renewed Covenant Writings.
Theos, the Greek word translated "God" was never written out on any page of any of the 70 first, second, or third century (60 to 299 CE), pre-Constantine texts when used as a Divine title. The oldest manuscript copy of Luke 15:10 uses the Greek variation of a capitalized "TU" with a line over the letters to signify that it was a placeholder for the Old Covenant’s ‘Elohiym. The first followers of The Way were either inspired, told, could not, or chose not to write out the Greek word Theos”.
Maar “Theos” is nie net maar ‘n onskuldige begrip nie. Ditis ook die naam van twee Griekse afgode “Theos” en “Thea”.
 
Kan jy sien hoe suiwer en onvervals YAHWEH Sy woord hou – dat die eerste gelowiges nie eens gewaag het om die woord “Theos” uit te skryf nie want dit sou beteken dat daar onmiddellik ‘n vermenging of kontaminasie in die oudste oorspronklike nuwe “Testamentiese” geskrifte met afgode-godsdiensname kon plaasvind wat Hy nooit sou duld nie. Theos vorm deel van ‘n hele reeks afgodsname soos Zeus, Dios, Dione, Deva, Diana ens.
 
Dit was dus onaanvaarbaar vir die Ruach (Gees) van Yahweh om selfs die afgodswoord “Theos” bloot net as ‘n titel (God) te gebruik.
 
Dit is vir my duidelik dat YAHWEH aan die begin verwarring voorkom het deurdat hy toegesien het dat die eerste en vroegste (oorspronklike) hernieude (nuwe) Verbond Griekse geskrifte nie kontamineer en besoedel ismet die name van afgode nie!
 
Later het die mens die Skrifte deur sy verkeerde vertalings besoedel en name gebruik of weg gelaat, iets wat vir Yahweh ‘n gruwel was, maar Hy het gesorg dat die eerste outentieke geskrifte behoue gebly het sodat dit in die eindtye weer gelees en die waarheid daarvan weer na buite bekend sou word.
 
Ekhet nooit eers geweet hierdie bronne bestaan nie!! Ek kan nie glo dat opgeleide teoloë wat noodwendig verplig was om ‘n interessante vak soos kerkgeskiedenis te bestudeer, nie kennis dra van hierdie bronne en soos ware hervormers te velde trek teen die afgodsgebruikeen leerstellingewat vandag in ons protestante Christendom aangetref word nie.
Het hierdie aspirant teoloë werklik erns met wat hulle glo? Glo hulle werklik opreg of gaan studeer hulle uiteindelik net om ‘n beroep te kan volg? Predikant is vandag inderdaad ‘n beroep. As hy nie ook nog ‘n byvak soos Sielkunde 3 of selfs Honneurs het nie, is sy teologiese vakke nie vir hom van veel hulp nie, want hy moet daagliks terapie sessies doen met ongelukkige gemeente lede wat normaalweg uit die vroulike geslag bestaan.
Die WOORD van die Skepper is vir baie predikante nie belangrik nie. Hy sal die Skrif gebruik om ‘n prekie saam te flans vir Sondagoggend of –aand, maar vir die terapie-sessie deur die week, steun hy op suiwer menslike Sielkundige bronne.
 

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement