Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

DIE CHRISTENDOM EN DIE TORAH

The following manual (human) translations are also available.

English

 

HOOFSTUK 22
 
DIE CHRISTENDOM EN DIE TORAH – GEEN RESPEK VIR
YAHWEH SE TORAH NIE – WAT IS DIE IMPLIKASIES?
 
Dit is lewensbelangrik dat jy glo en dat jy verstaan wat Yahshua en Sy dissipels se eie en persoonlike siening en vertolking van die Wette van God was. As dit duidelik is, kan geen ander menslike redenasie en vertolking aanvaar word nie en MOET jy die Torah (Tien Gebooie) en die Psalms en die Profete as norm aanvaar en hulle gehoorsaam en doen.
 
Yahuweh sê in Deut. 5:29 vir Moses:
“MAG HULLE ALTYD SOVEEL EERBIED VIR MY Hê EN AL MY GEBOOIE GEHOORSAAM SODAT DIT ALTYD GOED KAN GAAN MET HULLE EN HULLE NAGESLAG”.
 
AS JY NIE SY GEBOOIE GEHOORSAAM NIE,
HET JY NIE EERBIED EN RESPEK VIR YAHWEH NIE!!!
 
Dis ‘n eenvoudige afleiding dat diegene in die Christendom wie nie die Gebooie van Yahweh gehoorsaam nie, diegene is wie geen eerbied of respek vir die Skepper Elohiem het nie. En die ganse Christendom bestaan uit diesulkes uit: sommige totaal onbewustelik weens ‘n gebrek aan Torah kennis, ander weer opsetlik, gegrond op argumente en interpretasies wat ‘n verdraaiing en waninterpretasie tot gevolg het.
 
Kom ek herhaal net weer – as jy nie respek het vir die Torah van Yahweh nie en dit minag deur dit te ignoreer, dan moet jy nie eens waag om ‘n gebedjie op te sê nie, want dan is jou gebed ‘n gruwel, ‘n afskuwelikheid, ‘n ‘abomination’ in die oë van Yahweh!! Jy speel met vuur!!
 
EN YAHSHUA kom in Joh. 15:10 en Hy sê: (OI! Weer ‘n swak Afrikaanse vertaling – die begrip ‘opdragte’ kom daarin voor wat kan lei tot verwarring – kom ons kyk maar weer na die KJV en ook ander vertalings). Die KJV:
If ye keep my commandments, YE SHALL ABIDE IN MY LOVE; even as I have kept My Father’s commandments, and abide in His love.
Die WMS – die Nuwe Testament – ‘n vertaling in die taal van die mense – (Charles B Williams) lui so:
If you continue to keep My commands, YOU WILL REMAIN IN MY LOVE, just as I have kept My Father’s commands and remain in His love.
Die Woord en Getuienis lees:
As julle My gebooie bewaar, SAL JULLE IN MY LIEFDE BLY, net soos Ek die gebooie van My Vader bewaar en in Sy liefde bly.   
 
Ek begin om ‘n PATROON, ‘N TENDENS raak te lees. As jy die Gebooie van Yahuweh/die Wet van Yahuweh onderhou, DAN SAL JY IN SY LIEFDE BLY EN DIT BEOEFEN. ‘n Hartsverandering is besig om plaas te vind. ‘n Geboorte van “BO” af, sonder jou toedoen of jou wil, maar direk deur die werking van Yahuweh se Gees as gevolg van jou onderhouding van Sy Torah.
Dit lyk werklik asof die Skepper, die Wetgewer, Yahshua ‘n punt beet gehad het toe Hy vir die ryk jong man gesê het dat hy die Gebooie moet hou as hy die ewige lewe wil ingaan!!
Onthou, Yahshua het vir ons die voorbeeld gestel van hoe om lief te hê – om jou lewe te gee vir jou naaste, jou vriende, jou vyande. Geen gewone mens kan dit doen uit homself uit nie. Geen gewone mens kan uit homself ‘n liefde openbaar teenoor sy medemens soos wat Yahshua gedoen het nie.
Maar nou blyk dit dat indien jy volhou om die wette van Yahuweh te onderhou – dit sluit in die hele Torah wat ook die onderhouding van Sy sewe (7) Feeste in Lev. 23 vereis, - dan sê Yahshua DAN SAL JY IN SY LIEFDE BLY.  Hierdie is ‘n geheimenis.
As ons die Gebooie van Yahuweh nakom en gehoorsaam, sal ons selfs sover gaan om ons lewens terwille van ander (vriende en vyande) te gee (DAN sal Yahuweh van BO af geboorte aan ons skenk – ‘n nuwe veranderde hart gesindheid – ‘n besnydenis van die hart).
 
WAT IS LIEFDE?
 HOE WEET YAHWEH YAHSHUA DAT EK HOM LIEF HET
 
WAT IS LIEFDE? Hoe weet Yahweh Yahshua dat ek Hom lief het? As ek vir Hom sê dat ek Hom lief het? As ek op my knieë kruip en dit uitwurg dat ek Hom lief het? As ek al my goed verkoop en dit vir die armes gee – is dit hoe ek wys ek het Hom lief? As ek my arms af baklei vir reg en geregtigheid binne my gemeenskap terwille van arm hulpelose mense – is dit hoe ek wys dat ek Hom lief het? 
 
Dis so maklik om ons eie menslike interpretasie en verstaan van “wat liefde is” te gebruik en te glo. Maar hier sien ons nou wat sê die Skrif self “wat liefde is”. Dit is die onderhouding en nakoming van die Torah!! Die Skrif staan vas, maak nie saak wat my verstand of my menslike argumentasie vir my sê nie.
 
LIEFDE IS DIE ONDERHOUDING VAN DIE TORAH
 
Yahweh kyk na ‘n mens se hart. Dis my menslike antwoord, want dit is almal pragtige werke, ek wil elkeen wat so leef volkome krediet gee. Maar die harde werklikheid is dat die Skrif die enigste soewereine bron van gesag is, soos dit ook in die Opstandingsdag gaan wees.
 
EN die SKRIF – en dit is die enigste sekere ware verduideliking – in Johannes 14:21 sê die Meester Messias self:
“WIE MY GEBOOIE HET EN DIT BEWAAR, DIT IS HY WAT MY LIEF HET; en wie My liefhet, hom sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar”
En in 1 Johannes 5:3 staan geskrywe:
“Want DIT is die liefde tot Elohiem, DAT ONS SY GEBOOIE BEWAAR; en Sy gebooie is nie moeilik nie”.
 
En in 2 Johannes 1:6 staan geskrywe:
“En dit is die liefde, DAT ONS WANDEL VOLGENS SY GEBOOIE. Dit is die gebod soos julle van die begin af gehoor het dat julle daarin moet wandel”.
EN LIEFDE BETEKEN dat ons volgens die gebooie van Elohiem lewe” – en om in die liefde te lewe, beteken om volgens Sy Tien Gebooie te lewe. Kyk na die laaste gedeelte van daardie vers. wat sê Paulus wat volgens jou die Torah afmaak as nie meer van toepassing nie, as verouderd, as teen die kruis vasgenael? Luister mooi:
“….Daarom is die liefde die volle uitvoering/nakoming/ onderhouding van die Wet”, Rom. 13:10.
 
Johannes vat alles saam en verduidelik dat om Yahweh se Wet te gehoorsaam en te onderhou, is om die liefde vir Elohiem in die praktyk in werking te stel.
Die liefde vir Elohiem bestaan dan daarin dat ons Sy gebooie gehoorsaam.”, 1 Joh. 5:3.
Die keuse is joune persoonlik. Of jy kies om die lewende Skepper ELOHIM te gehoorsaam wie ons die Tien Gebooie gegee het wat vervat is in die res van die Torah, wat vir die gelowige riglyne moet wees vir ons gedagtes, ons gedrag, ons lewenswyse en uiteindelik ‘n veranderde hart gesindheid wat van BO af kom. 
Die Ou Verbond kan ons gedagtes en ons harte bepalend rig en struktureer. Onthou Yahshua sê:
“AS JY DIE EWIGE LEWE WIL Hê, ONDERHOU MY GEBOOIE” (Mat. 19:17) – Of jy kan kies om Hom te ignoreer en wetteloos/Torahloos te lewe.
 
Jy sê dalk: “EK GLO IN IESOUS CHRESTOS AS MY VERLOSSER EN SALIGMAKER EN DIS NIE NODIG DAT EK IETS HOEF TE DOEN NIE, HY HET ALLES VIR MY GEDOEN!!” 
JY is dood reg! Jy hoef niks te doen nie, want eerstens glo jy in ‘n heidense afgod en tweedens, enige onderhouding van die Torah onder daardie omstandighede, sal betekenisloos wees. Eintlik het jy net ‘n sogenaamde “GELOOFSBELYDENIS” sonder enige “werke”. Dit help jou niks.
Die Torah loop hand aan hand met die LEWENDE Messias Yahshua, die Seun van Yahweh, die pasga-lam wat geoffer is vir ons sonde/ Torahloosheid sodat ons versoen kan word met Yahweh die ewige Vader.
MAAR INGEVAL jy glo in Yahshua die Messias, die Seun van Yahweh, die enigste Lewende Elohiem, antwoord Jakobus jou in hoofstuk 2:24:
Sien julle dan nou dat die mens geregverdig word uit die werke en nie alleen uit die geloof nie?
 
Die 4de Gebod – Gedenk die Shabbat dat jy dit afsonder, apart stel is ‘n bepaalde ‘WERK’, ‘n spesifieke ‘HANDELING’ wat van jou verwag word, EN een van die GEVOLGE/RESULTATE van jou geloof in die Skepper Elohiem. Yahweh het reeds so vroeg as Genesis 2:3 die Shabbat ingestel vir die mens, alle mense, nie vir die Israeliete alleen nie.
 
Durf ons as mense die Shabbat wat deur Elohiem Yahweh so hoog geag is, dat Hy Homself op die aarde laat neer kniel en afgebuk het om die “sewende” dag te groet, te verhef, en te seën – “barak” – ignoreer en sondermeer net in onbruik laat verval? Behalwe om die betrokke 7de dag te geseën het, het Hy dit OOK nog AFGESONDER.
 
Die nakom en onderhouding van die Ou Verbond, die Torah, die Psalms en die Profete is die teken of bewys dat jy in Yahweh glo en Hom as jou Elohiem wil dien. Hierdie is maar een van die WERKE wat die geloof volg, enige iets anders is vals.
 
Hoekom hou jy die gebooie van “jy mag nie moord pleeg nie”, “jy mag nie egbreuk nie”, “jy mag nie steel nie”? Omdat jy MOET! En omdat jy WIL. As jy ‘n Yisraeliet is MOET jy die Shabbat ook onderhou, en omdat jy WIL, net soos “jy mag nie steel nie”.
 
Jakobus 2:10 sê
As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie.”
Nou tot sover het ons die eerste vier Gebooie van die Dekaloog baie gedetailleerd bespreek.
 
AS jy Yahweh jou Elohiem lief het met jou hele hart, en met jou hele siel en met jou hele verstand, SAL, WIL jy AL die gebooie onderhou, (die wat jy kan onderhou en na die beste van jou vermoë). Maar argumentshalwe, al hou jy al die gebooie, jy moor nie, jy steel nie, jy lieg nie, ens. MAAR jy hou nie die 1ste, 2de, 3de of die 4de Gebod nie, dan het jy die HELE WET oortree.
Dink bietjie daaraan en gaan argumenteer met Jakobus en die ander dissipels en selfs met Yahshua, die Skepper-Wetgewer Elohiem, as jy so vermetel wil wees! Maar Moses gaan jou aanklaer wees, wees verseker daarvan. En sy gewoonte was om ongehoorsames summier te laat stenig! Hy het nie sy eie reëls, instruksies gevolg nie, maar wel die van Sy Skepper Yahweh.
 
 

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement