HOOFSTUK 20
DIE BESMETTE CHRISTENDOM : DIE WORTELS,
DIE BOOM EN DIE VRUGTE – BAAL AANBIDDING
Die name “Baal” en “Babilon” word pertinent in die Skrif gebruik om te waarsku teen afgodediens. Hierdie name word nie net histories gebruik nie, maar ook profeties vir die eindtyd van vandag. Die waarskuwings wat Yahweh in die Ou Verbond gee, is vandag nog net so van toepassing op ons moderne mensdom. Die Christendom is besoedel met afgodediens terme en –gebruike en selfs leerstellings.
Op RSG radio kondig die aanbieder met groot gewag aan dat die program “KOM LOOF DIE HERE” op so en so ‘n tyd “sondagoggend” uitgesaai sal word en almal moet inskakel en daarna luister. “Die HERE”, weereens wie is hy anders as ‘n afgodsnaam vir die koningin van die hemel? Niemand besef dat om die titel “here” te gebruik, hy inderdaad na ‘n afgod verwys terwyl hy dink hy verwys na sy eie GOD. Duidelik ken hy nie sy GOD nie, weet hy nie wie sy GOD is nie of wat sy naam is nie.
Hosea 2:16-17 profeteer:
“En in daardie dag, sê Yahweh, sal jy My noem: My man; en jy sal my nie meer noem: My Baal (here/lord) nie. Dan verwyder Ek die name van die Baäls uit haar mond, sodat hulle by hul naam nie meer genoem sal word nie”
Lees ook: Deut.18:9; Jer.10:2; Deut.12:30-31; Lev.18:3; Ezeg.11:12; Efes. 4:17-18; 1 Pet. 4:3-4; Mal. 3:6-7.
DIT IS YAHWEH WAT SPREEK. DURF JY MET HOM ARGUMENTEER?
Dis YAHWEH wat praat! Durf jy met Hom stry? Durf jy Hom tart? OF glo jy Hom nie? Glo jy wat jy lees in die Skrif? Of sê jy vir jouself dis seker nie nou so belangrik nie, ek sal ‘n punt maak en later regtig aandag daaraan skenk
WAT MOET EK DOEN?
Vir in geval my Afrikaans nie baie duidelik is nie, herhaal ek Exodus 20:13 “Do not mention or proclaim the name of any other gods (‘elohym). Do not let them be heard coming from your mouth."
LUISTER!!
IS DIT DUIDELIK GENOEG!!?? HOU OP OM DIE AFGODSNAME VAN SON-EN MAAN GODE TE GEBRUIK. JESUS = IESOUS = TAMMUZ = ZEUS = SOL INVICTUS = CHRISTUS = CHRESTOS = HERE = LORD = AFGODSNAME = DUIWELS NAME!!
EN STAAK SUMMIER DIE GEBRUIK VAN UNIVERSELE AFGODSTITELS SOOS GOD EN HERE EN LORD WANT DIT HOORT TOT DIE UNIVERSELE GODSDIENS VAN DIE NUWE WêRELD ORDE. DEEL VAN DIE OKKULTE!
Die Christendom is nie beter af as Judaïsme of selfs Islam nie. Christene is verblind en beoefen onwetend afgodsdiens, danksy hul leraars!! Ons moet wegbreek uit die Christendom uit, en terugkeer na die oorspronklike geloof van die Apostels. Ons moet maak soos die hervormers wat weg gebreek het uit die Rooms Katolisisme uit. As hulle dit kon doen, dan kan ons ook. Daar is inderdaad indiwidue wat totaal en al weggebreek het uit die Christendom uit met groot koste. Mense wat bereid was om hul lewens op te offer en wie niks te groot of te veel geag het vir die een groot Skat wat hulle gevind het nie, daardie een kosbare pêrel, Yahshua die Messias, die Gesalfde van Yahweh.