HOOFSTUK 13
DAAR BESTAAN DIREKTE WISSELWERKING TUSSEN DIE
WESENS IN DIE ONSIGBARE WêRELD EN
DIE SIGBARE WêRELD
Rom. 8:38; Efes. 1:21; Efes. 2:2; Efes. 3:10 en 6:12; Kol 1:16, Kol 2:10 en 2:15; Tit.3:1; en hordes ander.
Die wesens in die onsienlike geesteswêreld, byvoorbeeld die duiwels en
demone en bose geeste het ‘n direkte inwerking, ‘n direkte invloed, op die
lewens van die mens in die sigbare fisiese wêreld. Net so ook het die
mens ‘n direkte en soms ‘n indirekte invloed op die geesteswesens in die
ander dimensie. Daar bestaan ‘n voortdurende wisselwerking tussen die
onsienlike en die sienlike. Elke handeling of aksie in die sigbare wêreld
het ‘n reaksie in die geesteswêreld en so ook omgekeerd.
Die Skrif sê vir ons dat daar heersers en wesens met gesag in die hemelruim is. Daar is magte en kragte in die geesteswêreld waarvan ons niks weet nie. Ons daaglikse interaksie, ons handelinge, ons daaglikse stryd om te oorleef en te bestaan is teen onsigbare magte en kragte in die lug en nie soseer met of teen ander mense nie. Daar is magtige geeste in die ander dimensie wat heers oor die aarde en in besonder heers oor elkeen van die afsonderlike kontinente wat die aardbol vorm.
Daar bestaan ‘n volledige hiërargiese struktuur van gesag in die geesteswêreld wat die verskillende nasies en volke se daaglikse lot beplan en beheer en bestuur. Die gesagstruktuur wentel af na die laer range ondertoe wat weer die gewone mens be-invloed – Konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders en soldate. Ons dink nie so daaraan nie, maar die wesens in die geesteswêreld vergader ook in groot raadsale en parlemente en hou vergaderings en neem besluite wat hulle onderling raak en ook die mense op die aarde.
HIERDIE WESENS BESTAAN WERKLIK
Lank gelede in Genesis 6 het die leier demoon, hoofman oor 200, Semjâzâ, saam met tien (10) ander hoofmanne oor twintig (20) elk, ‘n eed van vervloeking onder mekaar gesweer om mekaar nie te verraai nie. Hulle het besluit om vleeslike gemeenskap met die dogters van die aardebewoners te hê en vir hulself ‘n eie ras te vestig. In totaal was hierdie sataniese engele altesaam 200 en hulle wou nie hê hierdie bose en verbode plan moes rugbaar raak nie.
Migael, Uriel, Rafael, en Gabriel het egter aan die ALLERHOOGSTE gaan verslag doen (ofskoon Hy lank reeds self daarvan bewus was) en vir Hom gesê “Meester van die eeue, Meester van Meesters, Eloah van die elohim, Koning van die Konings, Allerhoogste van die eeue, U roem en glansrykheid bestaan van geslag tot geslag tot in alle nageslagte van die eeue en U NAAM is roemryk en geseënd tot in alle ewigheid”. (Is dit nie ‘n aller pragtige gebed tot die Skepper nie, binne in die boek van Henog 9:4) Die Koning van die Konings het hulle toe opdrag gegee rakende die lot van die sondige engele en hulle is toe almal ingekerker na die gebeure. In die boek van Judas lees ons ook daarvan en bevestig hy wat in die boek Henog vir ons opgeteken het.
DIE GEESTESWêRELD IS NIE IN TWEE VERDEEL NIE
Die geesteswêreld is NIE in “twee” verdeel nie. YAHWEH is op die Troon van die Heelal en Hy regeer. Hy is die Heerser en Koning en is in beheer van ALLES wat op die aarde en ook in die res van die heelal, die kosmiese werklikheid en OOK die onsigbare Geestes-wêreld plaasvind. Dit is wel so, dat met Yahweh se toestemming, satan tans die heerser en prins van hierdie huidige wêreld is, maar net nog vir ‘n baie kort tydjie.
Yahweh is die Enigste Een! Daar is niemand soos Hy nie!!
“‘I am יהוה, and there is none else – there is no Elohim besides Me. I gird you, though you have not known Me,
so that they know from the rising of the sun to its setting that there is none but Me. I am יהוה, and there is none else,
forming light and creating darkness, making peace and creating evil. I, יהוה, do all these.”
Jesaja 45:5 – 7 (Uit die Scriptures 1998)
Luister wat sê Woord en Getuienis: (Vergelyk dit met jou eie Skrif)
“Ek is Yahweh, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen Elohiem nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is Yahweh, en daar is geen ander nie; wat die lig formeer en die duisternis skep, die verlossing bewerk en die rampspoed skep: Ek, Yahweh, is dit wat al hierdie dinge doen”.
En luister ook na hierdie ongelooflike skrif in Jesaja 46:9-10:
“Dink aan die dinge wat tevore was , van ouds af, dat Ek EL is, en daar is geen ander nie; Ek is Elohiem, en daar is niemand soos Ek nie; wat van die begin af verkondig die einde, en van die voortyd af wat nog nie gebeur het nie; wat sê: My raad sal bestaan, en al wat my behaag, sal Ek doen”.
Hierdie is WONDERBAARLIKE en unieke geestelike waarhede wat ons nie dikwels hoor nie.
SATAN DIE PRINS VAN DIE WêRELD
YAHUWEH SE LAKEI
Satan is bloot ‘n skepsel van YAHWEH en hy het YAHWEH se opdrag of toestemming om die “GOD” van hierdie wêreld en die heerser oor die koninkryke van die wêreld te kan wees. Inderwaarheid is hy slegs ‘n pion in YAHWEH se hande, ofskoon hyself poog om god te wees en om daardie titel “GOD” vir homself toe te eien. YAHWEH die Allerhoogste gebruik hom slegs om Sy Eie Wil uit te voer en om Sy Eie doel te bereik. Satan is bloot YAHWEH se lakei.
In die Ou Verbond in Job 1:6-12, lees ons dat die hemelwesens voor YAHWEH kom staan het en satan was ook onder hulle. YAHWEH het vir die satan gesê dat Hy vir hom, satan, mag gee oor alles betreffende Job, behalwe sy lewe. Satan het dus ‘n beperkte magtiging gehad wat Job aan betref. Daardie beperkte magtiging het behels dat satan al Job se kinders om die lewe kon bring!
In 1 Konings 22:18-23 lees ons ook hoe die ganse hemelse leërmag weerskante van YAHWEH gestaan het. YAHWEH het toe vir iemand gevra om vir Agab te oorreed om na Ramot te gaan om dood gemaak te word. ‘n Gees het toe verklaar dat hy ‘n leuengees sal wees in die mond van sy profete waarop YAHWEH hom toe gestuur het met die bepaalde opdrag sodat Agab inderdaad in die oorlog omgekom het, tenspyte van die feit dat hy homself deeglik vermom het.
YAHWEH IS IN BEHEER VAN ALLES WAT OP DIE AARDE GEBEUR
EN HY IS SOEWEREIN EN ALMAGTIG WANT HY KAN
Yahweh het selfs ‘n bose gees vaardig gemaak oor koning Saul!! En in die proses het Dawid ‘n paar keer amper sy lewe verloor!!
Eintlik is dit SKRIKWEKKEND om te sien hoe die Skrif vir ons aantoon dat YAHWEH inderdaad die bose geeste gebruik. Dat Hy hulle toestemming gee om sekere dinge te doen of nie te doen nie, en dat hulle inderdaad op die wyse YAHWEH se wil volvoer. Die tradisionele siening is dat die bose geeste met satan as leier in ‘n ander kamp is as YAHWEH en in ‘n kompetisiestryd gewikkel is. Maar inderdaad voer hulle slegs YAHWEH se wil uit, soos ons uit die Skrif lees. Kyk maar weer na die wonderlike Jes. 45:5-7 en ook Jes. 46:9-11 hierbo. WOW!!
As die satan en sy bose engele iets wou doen, kan en mag hulle dit slegs doen AS en INDIEN YAHWEH hulle toestemming verleen het. Jy sien hulle het alreeds die stryd verloor en hulle is onderdanig aan Yahweh, die Elohiem van die geeste, maar die stryd voer sal hulle.
YAHWEH, in Sy hoedanigheid of in Sy manifestasie as die Seun van die Allerhoogste wie vlees geword het en Homself as Yahushua kom openbaar het,vervul ook Sy Hoë Priestersrol waarin Hy steeds as Hoë Priester vir elke gelowige intree en ook as advokaat optree wanneer daar klagtes gelê word teen een van Sy gelowige kinders deur satan en sy bose volgelinge. YAHWEH het hierdie rol selfs gedurende die Ou Verbond vervul en nou vervul Yahushua hierdie rol! Het ons nie ‘n wonderlike Elohiem nie?
GUNS IN DIE OU TESTAMENT?
Hoe wonderlik beskryf die profeet Sagaria nie die onderonsie in die hemel tussen satan en YAHWEH in hoofstuk 3 nie. Die Yisraelse hoë priester Yahushua het in liederlike vuil klere voor YAHWEH gestaan en net regs van hom het satan gestaan wat besig was om vir Yahushua (die Yisraelse hoë priester) aan te kla.
YAHWEH het summier satan se aanklagte verwerp en opdrag gegee dat Sy engele vir Yahushua (die Yisraelse hoë priester) skoon klere moes aantrek en ‘n skoon tulband om sy kop moes sit. YAHWEH het toe vir Yahushua gesê dat Hy, Yahushua se oortredings vergewe en sy sondes wegneem en hom skoon klere gegee om aan te trek, op voorwaarde dat Yahushua die voorskrifte van YAHWEH onderhou en nakom – lees self hierdie hoofstukke! Satan het hom, die hoë Priester van Yisrael aangekla, maar YAHWEH het die klagtes verwerp en hom vergewe!! Wat ‘n Koning, Wat ‘n Meester! En dit in die Ou “Testament”! En ek dog guns/genade kom eers in die “Nuwe” “Testament” na vore.
Die gebede van die opregte gelowige styg op boontoe na die Troon van YAHWEH/Yahushua en Hy neem kennis daarvan, gee aandag daaraan en beantwoord dit – hetsy met ‘n “nee” of ‘n “ja”, maar Hy antwoord altyd op Sy tyd. Want Hy weet mos wat die beste is – Ja of Nee.
DIE REGVERDIGE SE GEBEDE STYG OP
SOOS REUKWERK VOOR YAHWEH
Soos in Daniël 10:12-13 blyk dit dat Daniël se gebed reeds op die 1ste dag gehoor is en dat opdrag gegee is aan ‘n belangrike engel, Gabriël, om Daniël se gebed te gaan beantwoord.
Maar die Prins van die Persiese Koninkryk in die geesteswêreld het hom, Gabriel, 21 dae lank weerstaan en vertraag. Maar YAHWEH het toe een van sy opper prinse, Michael, opdrag gegee om Gabriel te gaan help en drie (3) weke later kom hy by Daniël uit om sy gebed te beantwoord. Die antwoord op Daniël se gebed het geblyk een van die belangrikste profesieë in die ganse Skrif te gewees het en daarom wou satan desperaat verhoed dat dit by Daniël uitkom.
DIE ANTWOORD OP HIERDIE GEBED
WAS ‘N VEELVULDIGE PROFESIE
WAT GELOWIGES VIR BAIE EEUE LATER NOG SOU OPBOU
EN VERSTERK IN DIE GELOOF
Danksy hierdie profesie kon gelowiges presies bepaal op welke tydstip die Messias in Jerusalem sou aankom, om vier (4) dae later as die Paasoffer Lam aan die folter paal gehang te word en as offerande Sy bloed te stort en te sterf vir die Torahloosheid van die ganse wêreld.
Satan het ook in hierdie geval ‘n betroubare ondergeskikte onderdaan aangestel as heerser oor Persië (in die geesteswêreld). So het hy steeds vandag nog effektiewe geestes-heersers in bv. Zimbabwe en al die ander demoniese koninkryke in die wêreld, MAAR met die toestemming van YAHWEH.
Daar is magte geestesheersers, demone (duiwels, satans) met demone onder hulle. Die bekende “Legio” is ‘n bevelvoerder met 6000 demoniese bose geeste onder hom. En die ondergeskiktes is en moet hul meerdere bevelvoerders gehoorsaam. Dit is derhalwe moontlik vir ‘n christen duiweluitdrywer om demone uit ‘n persoon te dryf in die naam van “legio” en hulle sal moet uit.
Net so kan duiwelbesweerders en uitdrywers, duiwels uit dryf in die naam van “jesus”, wat in die onsienlike geesteswêreld ‘n baie magtige bevelvoerder is. Daar is ook die demoon wat onder okkultiste en sataniste bekend is as “jesus van satan”. En hy doen magtige wonderwerke ook, wonderlike dinge wat jou asem wegslaan. Genesings, noem dit. Jy moet baie seker wees in wie se naam word die dinge gedoen – soos die Skrif aandui, daar is ander ‘jesus’se ook’. 2 Kor. 11:4.
DIE SKRIF DUI AAN DAAR IS MEER AS EEN ‘JESUS’ (2 KOR. 11:4)
EN VERDER BEVESTIG PAULUS OOK DAAR IS
BAIE GODE EN BAIE HERE IN DIE HEMELE EN
OOK OP DIE AARDE (1KOR.8:5-6)
Van YAHWEH/Yahushua se magtigste engele is in bevel van sekere nasies of volke en grondgebiede en hul taak is om toe te sien dat YAHWEH/ Yahushua se besluite uitgevoer word.
Hierdie ongelooflike waarheid wat grens aan wetenskapsfiksie word ondersteun in Deuteronomium 32:8 (Restoration Scriptures)
“Toe Elohiem/Skepper aan die nasies hul erfporsies verdeel het, toe hy die seuns van Adam afgesonder het, het Hy die grense van die volkere en nasies bepaal ooreenkomstig die getal van die hemelse boodskappers van Elohiem”
Die kommentaar wys op Yahweh se bevel dat sekere hemelse boodskappers in sleutelposte aangestel is om toesig en beheer uit te oefen oor bepaalde streke, lande en volke en nasies op die aarde en net so ook oor indiwidue.
In die boek van Henog word die name van die sewe (7) aartsengele Michael, Gabriël, Uriel, Raphael, Raquel, Saraqael en Remiel genoem. (Hou maar die nuus dop in verband met Israel in die midde-ooste – ons dink dis die Jode en die Palestyne wat ‘n politieke spel speel waarvan oorlog deel is, maar inderdaad word hierdie volke gemanipuleer vanuit die geesteswêreld)
Die Sataniese magte gebruik die Illuminati en die Vrymesselaars in die aanloop na die Derde Wêreld Oorlog, wat hulle dink hulle beplan, maar eintlik lank van tevore reeds deur YAHWEH bepaal is, maar dis ‘n aparte onderwerp.
Die hiërargiese struktuur van die demone in die onderwêreld in die geesteswêreld bestaan van bo tot onder uit satan alias die ou slang, alias Halal ben Shachar, alias AKEL KARTZA (Aramees) self, met van sy magtigste en belangrikste bevelvoerders (byvoorbeeld Abaddon/Apollyon) direk onder hom waarvan die gesag afwentel na die laer rangordes van duiwels, na demone en algemene bose geeste.
Daar bestaan miljuisende van hulle. Een ding kan ons aanvaar en dit is dat daar totale anargie en chaos heers onder die demoniese en duiwelse hiërargieë onder die laer rangordes veral op voetsoolvlak – totale pandemonium – hulle skreeu en skel en vloek en raas en ek veronderstel dat daar nie enige werklike sinvolle beplanning bestaan nie
MAAR SATAN SE STRATEGIE WAS BRILJANT
As mens kyk hoe uitermate slinks en briljant hy sekere skuiwe beplan en uitgevoer het teen YAHWEH, besef jy dat hy ‘n gevaarlike en gedugte vyand is. Maar ons moet nie vergeet nie dat YAHWEH altyd en voortdurend bewus was van presies wat satan beplan het en wat hy wou uitvoer – satan moet eers by YAHWEH verby kom.
As jy meen hierdie is blote fiksie wat ek uit my duim uit suig,gaan lees die Skrif, gaan doen navorsing en slaan self bronne na. Kyk byvoorbeeld die name van die magtigste engele van YAHWEH, waarop ek nie wil ingaan nie want daar is te veel mense wat deesdae ‘n kultus skep van engele-verheerliking wat lei tot engele aanbidding wat ‘n gruwel is vir YAHWEH. Gaan lees die boek van Henog, die boek van Yashar (wat volledige verslag doen vanaf Genesis 1 totdat die Israeliete in die beloofde land intrek aan die einde van Deuteronomium).
DIE GEESTESWêRELD IS ‘N REALITEIT
Die geesteswêreld is ‘n WERKLIKHEID– dit is ‘n GROTER werklikheid as die fisiese materiële wêreld waarin ons vandag leef. Die geesteswêreld het bestaan LANK VOORDAT YAHWEH/Yahushua die materiële kosmiese heelal geskape het, LANK voor die begin van die Skeppingsweergawe in Genesis!! Die ONSIENLIKE IS EWIG en die SIENLIKE IS TYDELIK.
Dit is iets alledaags om by heksewinkels stelle “ENGELE” kaarte te koop. Elkeen van die kaarte het ‘n gebonde gees wat jou vrae met ontstellende waarheid tot in die fynste akkurate besonderhede beantwoord. Mense val hiervoor en trap in hierdie slaggate en glo dit as sou dit die waarheid wees wat van die Skepper self af kom, maar inderdaad van satan self is. Die geesteswêreld is ‘n werklikheid.
ONTHOU - DIE ONSIENLIKE IS EWIG EN DIE SIENLIKE IS TYDELIK.
In die boek van die Openbaring van HENOG openbaar die Elohiem van die Ruach-geeste (Yahweh) vir Henog hoe Hy alles geskape het uit nie-materie, uit die onsigbare, dit wat nie gesien kan word nie.
Yahweh was omring deur lig en Hy het opdrag gegee aan een van die onsigbares om homself oop te maak sodat dit wat as onsigbaar binne in hom bestaan het, sigbaar uit hom uit gebore kon word – so is die lig uit hierdie bepaalde onsigbare wese gebore wat die hele Skepping dra.
Die materiële fisiese wêreld bestaan danksy die geesteswêreld maar ons maak grappies oor die onsigbare wêreld. Want, sê die Skrif, die fisiese wêreld wat ons met die oog kan sien, is tydelik terwyl die geesteswêreld vir ewig is.Ons vergeet dit. Ons tree op asof hierdie sigbare wêreld die enigste realiteit is en asof dit vir ewig is.
“omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.”
2 Kor. 4:18
Agter in hierdie boek verwys ek na ‘n webwerf waarin meer as ‘n 100 artikels verskyn van ‘n gesalfde dogter van Yahweh, ene Yedidah. Die Gees van Yahweh, die Ruach Hakodesh, het aan haar gewys dat die Fees van Chanukah (Joh. 10:22) en die Purim fees van die Jode ‘n metaforiese werklikheid is van, en die gevolg is van die interaksie tussen die hoogste sataniese owerhede en kragte en magte in die hoogste hemele – die planetêre sterre sfeer waar hulle woon, hulle invloed en samespanning op die gebeure in die sienlike wêreld van ons moderne tyd.
Volgens die profeet Daniël is daar twee baie belangrike groot magte wat in die laaste dae met mekaar gaan bots – die prins van Griekeland en die Prins van Persië. Die verhaal van Purim (Die boek Esther) het hom afgespeel in Irak/Iran. Lucifer speel hierdie twee groot magte teen mekaar af sodat die prins van Daniël 9:26 na vore sal kom. Die demoniese Prins van Persië regeer oor die Moslem wêreld van die Islam – die Arabiese nasies – en almal wie vyandig is teenoor die huis van Jakob, die twaalf stamme van Israel. Hy, die Prins van Persië, staan in die geesteswêreld bekend as die gees van Islam wie in beheer is oor die twaalf stamme van Ishmail wie oorlog gaan voer teen die twaalf stamme van Yisrael – broer teen broer.
Die Prins van die Grieke regeer die wêreld se westelike magte – demokratiese regerings, gesentraliseerde bankwese, wêreld handel, ‘n wêreld weermag en die wêreld godsdienste. Die magte en kragte van die lug word geprikkel en gestu. Die Prins van die Grieke gebruik eintlik die Prins van Persië ten einde vir homself mag te verwerf. Die Prins van die Grieke val die Prins van Persië aan soos ons lees in Daniël 8. Daniël 8 openbaar eintlik vir ons Golf Oorlog 2 (2003).
Terrorisme is inderdaad letterlik deur die een-wêreld regering (agter die skerms) geskep ten einde die mensdom op die aarde te verenig deur vrees en onderwerping. Vandag befonds die hoofde van die wêreld regerings terroriste en voorsien hulle van wapens – Amerika ingesluit. Die doel: Om die beheer van die berg waarop die Joodse Tempel geleë was, te verkry sodat Lucifer deur sy anti-messias fisies in die tempel kan gaan sit. Onthou dat die leuse van die Illuminati is: “Uit chaos volg orde”. In Psalm 48 lees ons:
“Yahweh is groot en baie lofwaardig in die stad van onse Elohiem, Jerusalem, Sy afgesonderde berg! Skoon deur sy verhewenheid, die vreugde van die hele aarde is die berg Tsion, aan die noordekant, die stad van die groot Koning!”
Wat is aan die noorde kant van die stad van Dawied, Jerusalem? Die “afgesonderde berg/Temple mount”. Lucifer wil aan die kant van die noorde sit. In Jesaja 2:2-3 en ook in Psalm 2 lees ons dat Yahweh vir Yahshua sal plaas op Sy afgesonderde berg, die berg van Yahweh, van waar die Torah na die hele wêreld sal uitgaan en die Woord van Yahweh vanaf Yerushalayim.
Maar Lucifer het ander planne vir daardie afgesonderde berg van Yahweh. Gedronge deur sy allesverterende haat vir die Skepper Yahweh, wil hyself aanbid word as GOD op daardie selfde afgesonderde berg van Yahweh.
Die volk van Yisrael is ingehok tussen die twee magtige onsigbare kragte van die Grieke en van Persië. Die aanvalle wat profeteer word in Jesaja 17, Jeremiah 49, Esegiël 38 en 39 en Psalm 83 waarin verskeie plekke totaal vernietig sal word, handel en sentreer almal rondom Yisrael. Damaskus is een van daardie plekke wat in naam in die Skrif genoem word – dis tans die hoofkwartier van die Hamas-weermag – so wees nie verbaas as jy een van die dae oor die nuus hoor Damaskus is vernietig en totaal verwoes nie – binne een uur!
DIE MENS HET ‘N VRYE KEUSE
Die gewone mens word beïnvloed deur duiwels vanuit die geesteswêreld. Maar jy word afgelag en bespot as “iemand wat ‘n duiwel agter elke bossie sien”. Spot maar, dit is meer waar “dat daar tien duiwels agter ‘n distel is”. Hierdie duiwels probeer jou lewe regeer, deur suggestie of direkte misleiding. Onlangs het ons die bekende “swaard moord” –geval by ‘n skool gehad. Dit was ‘n geval van direkte demoniese inwerking op daardie jong skoolseun. MAAR hy het ‘n keuse gehad om te gehoorsaam of te weier. In hierdie geval was hy gehoorsaam. MAAR hy het ‘n keuse. So jy kan hierdie duiwels of demone nie blameer vir enige iets wat jy in die sienlike wêreld verkeerd gedoen het nie. Maar feit is, hulle poog om jou lewe elke dag te manipuleer en te beheer. Wie se slaaf is jy? YAHSHUA s’n of ‘jesus’ s’n (WATTER JESUS?) Die Hebreeuse môrester of die Griekse môrester?