Versteekte Sonde
Ken jy jou vyand?
The Satanic Bible - Anton Szandor LaVey
Called "The Black Pope" by many of his followers, Anton LaVey began the road to High Priesthood of the Church of Satan when he was only 16 years old and an organ player in a carnival:
"On Saturday night I would see men lusting after half-naked girls dancing at the carnival, and on Sunday morning when I was playing the organ for tentshow evangelists at the other end of the carnival lot, I would see these same men sitting in the pews with their wives and children, asking God to forgive them and purge them of carnal desires. And the next Saturday night they'd be back at the carnival or some other place of indulgence. "I knew then that the Christian Church thrives on hypocrisy, and that man's carnal nature will out!"
BEWARE OF HASATAN THE EVIL ONE PLEASE!
© Mahdokt
Die dier hierbinne
Hierdie vuur, ʼn lank vergange uur
bring die dier wat binne my tier
gevang in ʼn kas is jy vas, is jy vas?
Jou wilde gegrom klink soos die gebrom
van ʼn verlore mens in boeie gekrom
Jou stille gille raak al hoe wilder
hoor jy hoe die stilte raas, my isolasie,
van menswees, verhaas
Wie het die sleutel tot hierdie kas waarin jy sit,
ek wil vry wees van jou gratis ry, hierbinne my
Wil jy my nie maar laat staan
op hierdie gety, jou ry maar kry
saam met hierdie maan, op ʼn lang tog gaan
In hierdie uur, mag jy nie oor my seëvier
my verskeur my kans op ʼn nuwe lewe laat verbeur
Ek soek na Sy Hand om jou te gryp,
jou vinnig by my uit te smyt
ek wil vry wees, ek wil vlieg weg, weg
van hierdie uur, weg van jou so koud en blou,
leweloos, broos, oud en euwel, duiwelskind
PASOP VIR HASATAN ASSEBLIEF!
© Mahdokt
Vir julle wat my nie ken nie, ek is 'n vrygekoopte okkultiese satanis, ek is verlos 4 April 2007 na 40 jaar se gruwelike ongehoorsaamheid aan my Skepper, deur Sy onbegryplike, onbeskryflike guns oor 'n sondige, gevalle vrou wat diep in die duister vir HaSatan gedien het, vrywillig en uit eie keuse.
Ek behoort aan geen aardse kerk of instansie nie en verkondig geen ander
mense se leringe nie, hierdie is slegs eie ervaring, eie kennis en eie
soeke na Sy Waarheid in Sy Woord.
Van daardie datum tot vandag leer ek en kyk ek met ander oë na die mens en die wêreld om my. Iets wat vir my totaal sprakeloos en in verstomming laat, is die onkunde wat heers onder die mens oor HaSatan en sy dienaars, die gevalle engele, en oor die geestesrealm.
Baie van hulle misken en ontken sy werklikheid, ontken die bestaan van die
geestesrealm, as kinderbangmaakstories en bose geeste! "Is jy van jou sinne berowe of gebruik jy LSD of boom of tik of coke, want sulke goed bestaan nie, dit is jou verbeelding". Die mens sien wat hy wil ens ens ens ens tot vervelens toe.
Ek praat hier van mense wat hulself "Gelowiges" noem, mense wat die Naam bely, mense wat sê hulle glo, mense wat sê Hy is hulle
Verlosser, mense wat sê hulle is wedergebore of hulself bekeerdes noem.
Mense wat 'n persoon soos ek moet lei in die Weg en in Sy Waarheid, amper laat hulle my weer struikel en val tot terug in die hel waar ek was.
Dieselfde mense vertel vir my, 'n bekeerde okkultiese satanis, dat ek moet lewe soos Yahushua, my Verlosser, dat ek moet strewe om soos Hy te wees, dat ek Hom moet navolg in alles sodat Hy sigbaar raak in my vir ander. Hierdie is my opregte strewe, ek weet ek is vlees en sal dit nooit kan regkry nie, maar Hy weet ek soek Sy aangesig opreg met my hele wese en dit is genoeg vir my.
Maar dieselfde gelowiges misken en ontken en skryf groot gedeeltes van die Een wat hulle bely se bediening en Woord af hier op aarde deur die bestaan van HaSatan te ontken, die bestaan van bose magte te ontken en hulle maak van my Verlosser 'n leuenaar deur hierdie dinge.
Ek baseer my bevindinge op die volgende feite, ek gaan nie Skrif aanhaal by
elke stelling nie, waar nodig kan die wat belangstel my vra vir die
relevante Skrif, vir my is dit voldoende om te sê "Daar staan geskrywe"
Wat het Yahushua gedurende Sy wandel hier op aarde gedoen, wat was Sy
bediening, wat het dit alles ingesluit? Dit is die standaard vraag wat ek
gelowiges vra wat die bose ontken, as die uitdryf en aanspreek van die
onreines dan genoem word, trek hulle skouers op en begin met allerhande
verduidelikings oor hoekom dit die of hoekom dit daai is.
Ek kan dit kortliks opsom soos volg:
Hy het die dooies opgewek
Hy het bose en onreine geeste bestraf en uitgedryf
Hy het siekes genees
Hy het die evangelie verkondig
Hy was perfek gehoorsaam aan die Torah.
Dis net kortliks opgesom, ook is Hy self versoek deur HaSatan in Sy veertig
dae in die woestyn.
Gelowiges moenie vir my sê hulle bely Yahushua en dan Sy Woord en bediening afmaak as kinderbangmaakstories of beeldspraak nie, dit werk nie so nie, of jy glo in Hom en wat Hy verteenwoordig of jy glo die vader van alle leuens, die dief en die moordenaar wat gekom het om te slag en te steel en te verwoes.
Hy doen hom voor as die engel van lig en so ook sy dienaars, die in die
geestesrealm en die wat tussen ons wandel in menslike vorm, hulle weet wie hulle is soos ek geweet het wie ek was en wie ek gedien het. Elke mens wat afvallig is van sy Skepper weet presies in wie se kamp hy / sy staan en wie hy/ sy dien, soos die Engelsmanne sê "make no mistake", hy of sy weet soos ek geweet het wie jou meester is.
Jy kan nie met jou voet aan beide kante van die draad staan nie, of jy glo
in Hom ten volle en elke woord soos dit geskrywe staan of jy glo nie. Jy
kan nie sekere dele van die Skrif aanvaar as WAARHEID soos dit jou pas en
die res afmaak as geskiedenis of ouvroustories of kinderbangmaakstories of beeldspraak of nie meer van toepassing of dis aan die stauros (folterpaal) vasgenael nie.
As jy die een deel verwerp, as jy een woord verwerp kan jy maar alles
verwerp reg van die eerste woorde "In die begin" tot by die heel laaste
woord "Amein". En hier maan ek terselfdertyd diegene wat die Ou Testament in sy totaliteit afgeskryf het en aan die "kruis" vasgenael het, word wakker! HaSatan LIEG vir jou.
Gebruik dan maar die Skrif as 'n deurstop, want as die hele Woord nie van
toepassing is op elke gebied van jou en jou lewe nie, is dit so goed of jy
die hele Skrif verwerp het, dan beteken die Woord niks vir jou nie.
Wat my regtig siek maak, tot in my siel, is die feit dat alles waaroor jy
kan dink om te praat wat die mens ongemaklik laat voel, is nou aan die
"kruis" vasgenael, tot die Wet is aan die "kruis" vasgenael, nou wonder ek
net, as die "Wet" nou aan die "kruis" genael is, hoekom word die HELE 10
GEBOOIE dan herhaal bykans woordeliks in die Nuwe Testament?
Watter Wet is dan nou vasgenael, sover ek kan vasstel in my eie soeke is
dit slegs die Seremoniële Wet wat VASGENAEL is, ons het nie meer nodig om diere te offer nie, want Yahushua was die Perfekte en Laaste Offer.
Ek lees dan met my eie oë Hy het gekom om die Wet te vervul, dat geen iota
of tittel daarvan sal verval tot ALLES vervul is nie, dat as jy een gebod
breek het jy ALMAL gebreek, nou hoe dan nou, hierdie vrae kwel my. As jy My liefhet volg My gebooie, dit staan ook daar en ek begryp nie hoe die mens dan anders wil interpreteer nie.
My diens aan Hom is vir my die maklikste ding in die wêreld, ek is eerstens
vir die eerste maal in my lewe vry om te KIES wie ek dien sonder vrees vir
myself en my geliefdes, en al wat Hy vra is gehoorsaamheid, dit is vir my
so simpel en so eenvoudig.
Ek glo wat daar geskrywe staan, letterlik en ek luister en pas toe in my
nuwe lewe na die beste van my vermoë, ek loof en prys, alles ongekompliseerd, mense maak dinge moeilik vir iemand soos ek en vir hulself deur menslike interpretasie van YHWH wat te groot is vir 'n mensbrein om te omvou. Sy las is waarlik lig soos Hy belowe.
Dit is juis hier waar so baie pas gereddes, nuwe bekeerlinge hul hande die
lug ingooi en se "Genoeg" want elke ander "christen" het ʼn ander
interpretasie van die Geesgedrewe Woord. En alles wat hulle nie verstaan
nie, of nie wil verstaan nie, word aan die kruis vasgenael en onmiddelik
bedek met die Bloed, of dit word afgemaak as net beeldspraak, steur jou nie
daaraan nie, dis nie op jou van toepassing nie, of jy is nou onder die
"genade" en kan basies maak soos jy wil.
Dit bring baie erge verwarring in die mens wat pas bekeer is, lei menigmaal
na sy of haar terugval na daar waar hy / sy gered is, amper het ek hulle
geglo, hierdie mense, dankie my Abba Vader, U het my oë gegee wat sien en
ore gegee wat hoor!
Hy sê baie mooi vir ons in die Skrif wat gaan gebeur met louwarm gelowiges, lees in Openbaring waar Hy sê Hy gaan jou uitspuug, want jy is nie warm nie en jy is nie koud nie.
Ek ken HaSatan intiem, so ook ken ek sy slaggate en truuks, ek het hulle self
in sy diens gestel vir my naaste, ek weet hoe magtig hy is en ek weet hoe
diep verrot en euwel hy is. Ook kan ek vir jou hier sê dat HaSatan mooi is op die oog af en dat hy die mens mislei, verlei en verblind vir sy werke deur
dit aanvaarbaar te laat lyk, goed te laat lyk, lekker te laat lyk, interessant te laat lyk, cool te laat lyk, goed te laat klink. Ek was daar, ek het hom gedien, ek ken hom, ken hom goed in vele gedaantes en met vele identiteite, ek weet hoe hy proe, ruik, voel, klink, smaak en doen.
Ek weet watse wapens in sy arsenaal is, ek ken hom en van sy gesante by die naam, ek weet hy en sy demone glo ook aan Yahushua en hulle vrees Hom, Abba het my deur 'n harde leerskool gesit tot Hy my geroep het om te sien of ek gaan luister.
Ek weet wat my oë gesien het, ek weet wat ek as mens ervaar het, ek weet
wat ek in sy naam gedoen het, ek weet hy bestaan ek weet hy is die god van
hierdie wêreld, ek weet wie hy is, ek het hom gesien, hom gedien, ek
persoonlik. Ek praat nie van 'n ander persoon se ervaringe nie, maar my
eie. Ek was "gelukkig" om vele bose magte te hê, wat ek in sy diens gebruik
het elke dag van my lewe, HaSatan sorg vir sy kindertjies se voorspoed ook,
kyk maar om jou rond, jy sal hulle kan eien, kyk na hulle vrugte, die spreek boekdele.
HaSatan is 'n wese geskape deur YHWH, soos elke ander lewende wese, gaan lees dit maar, want dit staan geskrywe, ook was hy die mooiste van die mooiste met 'n hoë roeping om te vervul vir YHWH, 'n taak waarin hy gefaal het omdat hy sy eie ek begin glo het en homself wou aanstel bo die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde.
Sy eie wil het sy eie ondergang bewerk, soos die mens se eie wil sy eie
ondergang bewerk. Ek weet vandag ek het my eie gat gegrawe deur my eie ek, net soos my destydse meester.
HaSatan het gesê HY WIL: Soos baie van ons sê, EK WIL, nie die wil van die
Skepper nie, dit tel mos nie, EK WIL, hierdie eie ek, hierdie "EK WIL" spel
ondergang en die dood dit is 'n belofte wat vas staan.
Lees die maar in Jesaja, daar word so baie van hom gepraat.
En jy het in jou hart gesê: Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo
die sterre van YHWH en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van
die Noorde.
Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die
Allerhoogste!
So ook belowe ons Skepper oor en oor en oor wat met hom en sy dienaars gaan gebeur, dit staan geskrywe reg deur die Skrif. Hoeveel keer moet Abba klop voordat ons as mensekinders wat geskape is om Hom te loof en te verheerlik gaan luister.
HaSatan se name word ook aangegee in die Skrif: Ek gaan die Skrif aanhaal,
sodat julle jul self kan vergewis van sy werklikheid en sy bestaan, daar
word van hom gepraat by een van sy vele name reg van die begin af in die
Skrif tot reg aan die einde van die Skrif, Genesis tot Openbaring.
Snaaks ook vir my dat sy name nooit verander is nie maar die Name van ons Skepper is letterlik op duisende plekke vervang met afgodstitels, laat my nogal dink die een, hoop dit laat jou ook dink vir een oomblik oor HOEKOM dit gedoen is en op WIE se bevel.
Dis hoekom dit so moeilik is vir my as kind van die Lig om te verstaan hoe
mense wat sê hulle is belydende gelowiges, kan sê dat hy beeldspraak is of
'n ding om kinders mee bang te maak, lieg YHWH Yahushua en al die profete dan, lieg die Ruach HaKodesh? Is die Skrif dan 'n leuen?
Wie is jy mens wat wil sê jou Skepper, Sy Seun, Sy Gees en Sy profete lieg?
Wie se dienaar is jy werklik, in watter kamp staan jy? Watter god aanbid jy
as jy jou Skepper se Geesgedrewe Woord afmaak as nie van toepassing? Staan jou god se naam dalkies hieronder geskrywe?
Blink Môrester Jes 14:12
Seun van die Daeraad Jes 14:12
Aanklaer van die Broeders Open 12:10
Teestander 1 Petrus 5:8
Engel van die Afgrond Open 9:11
Antichris 1 Joh 4:3
Abbadon / Appolion Open 9:11
Beëlzebul Die owerste van die Duiwels(God van die Vlieë, drek god) Mat
12:24 Mark 3:22 Luk 11:15
Belial 11 Kor 6:15
Duiwel / Vyand Mat 4:1 Luk 4:2, 6 Open 20:2 Mat 13:39
Bose Gees 1 Sam 16:14
Vader van Leuens, Mensemoordenaar, Leuenaar, Joh 8:44
God van hierdie Wêreld 2 Kor 4:4
Groot vuurrooi draak Open 12:3
Lucifer, Môrester, Seun van die Daeraad Jes 14:12
Mens van Sonde 11 Thess 2:3
Ou slang / HaSatan en Duiwel Open 12:9 en 20:2
Mag van die Duisternis Kol 1:13
Owerste van die Wêreld Joh 12:31 Joh 14:30 Joh 16:11
Owerste van die mag van die lug / Die gees wat werk in die kinders van
ongehoorsaamheid Efe 2:2
Heerser van die Duisternis van hierdie eeu Ef 6:12
HaSatan 1 Kron 21:1 Job 1:6, Joh 13:27. Hand 5:3. Hand 26:18, Rom 16:20
Slang Gen 3:4 en 14, 11 Kor 11:3
Seun van die Verderf Joh 17:12
Versoeker, 1 Thess 3:5
Dief Joh 10:10
Die Bose Matt 13:19, 38
Die bose drie-enigheid is: Duiwel, Dier en Valse Profeet Open 20:10
Metatron en Baphomet is 'n groot gunstelinge buite, vra maar vir enige
vrymesselaar van die laaste drie vlakke (31-33) wie hy is, hulle ken hom
goed, my voorgeslagte het hom ook gedien, ek het swaar gedra aan hulle
vervloekinge oor hulle nageslag, ek en my kinders en my kleinkinders het
die prys betaal vir hulle euwel dade ook.
Verder tot die name vir hom soos dit in die Geesgedrewe Woord geskrywe
staan, het hy ʼn magdom verskillende identiteite in die wêreld van die afgodedienaar en satanis; ʼn horde name, ek is nie eers bereid om hulle hier te spreek nie.
Snaaks vir my, ʼn voormalige okkultiese satanis wat hom ken, dat hy soveel skriftuurlike name het, maar gelowiges glo nie aan sy bestaan nie? Dat sy demone ook so by die naam genoem word maar gelowiges glo ook nie aan hulle nie? Hoe verklaar ek hierdie dinge vir myself? Dan praat ek nie eers van sy ander identiteite in die donker nie? Hoekom het hy dan enigsins ʼn naam, name?
HaSatan is LISTIG, HaSatan is SLIM, HaSatan is SLINKS, SKELM en BOOS en SLU. Moet hom nooit uitdaag, hom verneder of hom vloek nie, hy is baie slimmer as jy en sal jou kry. Volg die voorbeeld van Yahushua in die woestyn, behou jou goeie maniere en ordentlikheid, verdryf hom en sy demone slegs in die Naam van Yahushua, want jou eie naam en jou eie krag sal jou tot ʼn val bring voor hom. Let ook hoe die Engel hom aangespreek het oor die liggaam van Moses.
Hy is eerstens listig, hy lê en loer vir jou, om jou in sy net te vang, hy
is listig se meester, hy is baie, baie slimmer as almal van ons met ons
powere mense kennis saamgevoeg tot een, hy ken die Skrif woord vir woord want hyself haal woorde uit die Skrif aan, gaan lees maar die versoeking van Yahushua.
As daar sonde in jou lewe is, staan hy ook voor die Troon van Guns om sy
reg op jou te eis, gaan lees dit maar by Job en elders, ek dink in Sagaria.
Hy vang ons omdat daar 'n gebrek aan kennis onder ons is, ons moet ons self bewapen met kennis om hom teë te staan, sodat ons sy planne ken, lees maar by 11 Kor 10-11 en by Hosea 4:6.
Hy wil jou denke oorheers
Hy wil doodmaak
Hy wil steel
Hy wil vernietig
Hy laat jou twyfel, hy hou baie van twyfel, dit laat jou staan in twee
kampe, nie warm nie, nie koud nie maar lou, m.a.w jy staan ge-oordeel om
uitgespuug te word deur jou Skepper.
11 Kor 4:4
HaSatan VERBLIND mense se sinne
Ef 6:12
Hy is in 'n geestelike worstelstryd met die mensdom, ons geveg is GEESTELIK nie vleeslik nie.
Sag 3:1
Hy kla ons aan voor die Troon van Guns
Gal 3:1-2
Hy betower mense
Gen 3:1-6
Hy verlei mense tot sonde
1 Kron 21:1
Hy hits mense aan tot sonde
Mat 4:1
Hy versoek mense tot sonde
Nou gaan ek aan bose geeste raak, aan demone, maar slegs aan die wat deur die Skrif aan ons bekend gemaak is. Daar loop baie daarbuite en enige satanis kan hordes van hulle by die naam noem, hulle dra name net soos ons en is individueel onderskeibaar in voorkoms net soos ons.
Hoe die goed aanteel en of hulle aanteel weet ek nie, ek het nooit enige
seksrituele gedoen of aan deelgeneem nie, en of daar onderskeid is tussen
gevalle engel en demoon of bose gees weet ek nie. Ek het hulle nooit
uitgevra na hulle gewoontes, weet net party lyk na mens, maar groter en
ander lyk na gedrog, misvorm en mismaak maar hulle almal is vir my een en dieselfde, geskape wesens, gevalle engele, verwerp deur YHWH.
Vir mense by wie die derde oog oop is, wat betrokke is by afgodsdiens of
satanisme, is hulle so duidelik sigbaar in die geestesrealm soos jy sigbaar is vir jou naaste en hy vir jou.
Ook kan hulle gesien word deur wat die ou mense genoem het "Hy / sy is met die helm gebore", dit is ook maar net die derde oog wat oop is.
Hierdie mense dra gewoonlik aan 'n bloedlynvervloeking, 'n familiêre gees
wat op die bloedlyn afkom van geslag tot geslag, hulle is onskuldige
slagoffers wat dra aan vervloekinge op hulle bloedlyn.
'n Eenvoudige gebed kan hierdie gruwelike band tussen siel en gees breek,
asook die vervloeking op die bloedlyn.
Eerstens wil ek verduidelik dat 'n bose gees ook 'n geskape wese is, hy is
vir my, ʼn gevalle engel, wat saam met HaSatan uit die hemel gewerp is en is
HaSatan se dienaars hier op aarde, as 'n mens dink aan die magdom van engele wat Yahweh dien is dit afgryslik om te dink dat 'n derde van hulle saam met HaSatan geval het, nou kan jy vir jouself dink hoeveel daar moet wees tussen ons.
Tweedens, dat daar ʼn duidelike rangstruktuur en orde is in die donker net
soos in die Lig welke struktuur ek nie bereid is om nou mee te deel nie,
die was genoeg vir een dag.
Die Skrif praat van die volgende bose geeste by die naam, ek lys van hulle
hieronder, daar is seker nog, maar tyd was beperk.
Num 5:14
Gees van jaloersheid
Job 4:15
'n Gees
Jes 29:10
Gees van diepe slaap
Hos 4:12
Gees van hoerery
Luk 8:29
Onreine gees
Luk 13:11
Gees van krankheid
Hand 16:16
Waarsêende gees
Rom 8:15
Gees van slawerny
11 Kron 18:21
Leuengees
Open 16:14
Geeste van duiwels wat tekens doen
1 Joh 4:1,3,6
Geeste, Gees van die Antichris, Gees van Dwaling
1 Tim 4:1
Verleidende geeste
Hand 19:13
Bose geeste
Mat 18:34
Die pynigers
Dan 11:38
God van die vestings
11 Tim 1:7
Gees van vreesagtigheid
Open 18:12
Onreine geeste
Gees van ongehoorsaamheid
1 Kor 2:12
Gees van die wêreld
Luk 4:33
Onreine duiwel
Mark 9:17
Stomme gees
Jes 61:3
Verslae gees
Jes 19:14
Gees van bedwelming
Spreuke 16:18
Hoogmoed en trots
Spreuke 14:29
Gees van kortgebondene
Ek het persoonlik met die volgende onderstaande bose geeste kontak gehad in my lewe, al myne het name gehad.
Wellus, depressie,sodomie, heksery, onvergifnis, verslawing, stryd en
tweedrag, bitterheid, egskeiding, gierigheid, woede, selfmoord, moord,
afgodediens, vroeë dood, kanker, oordeel, haat, wraak, verwarring,
fantasie, visualisering, kanalisering, pornografie, satanisme, okkulte,
dobbellary, geweld, rebellie, astrologie, waarsêery, krankheid, verblinding, bloedskande, wanhoop, ongeloof, afvalligheid, rassisme, anti-semitisme, inkubi, sukkubi, owerspel en die lys gaan aan en aan tot vervelens toe.
Ek is nie oortuig dat verwerping ʼn gees is nie, hom kon ek nooit sien nie,
slegs voel in my wese, my demone het name gehad waarby ek hulle aangespreek het, welke name nie plek het hier nie.
Gaan lees die Boek van Henog daar sal jy die name kry van die owerstes van HaSatan en wie vir wat verantwoordelik is. Ek is nie bereid om dit hier aan te bring nie.
Die mense het Yahushua beskuldig dat Hy duiwels en bose geeste uitdryf in die naam van Beëlzebul, die god van die vlieë, ek as voormalige okkultiese satanis sien so baie van HaSatan en hoe hy werk en meer so na 'n gesprek met 'n ander persoon oor hierdie onderwerp, deur net na 'n vlieg te kyk, daar is soveel eienskappe wat hulle deel, dink wat doen 'n vlieg en lees verder.
Jy kan self vlieë na jou toe trek as jy vullis om jou aanhou of self vuil
is, soos jy self bose geeste na jou toe trek deur jou te besmet met sonde.
Hulle dra peste en plae soos bose geeste.
Hulle vlieg deur die lug soos bose geeste.
Hulle is meer net voor 'n storm soos bose geeste meer is om jou in die
storms van die lewe of met trauma, skok en dies meer.
Vlieë tempteer en pla ons, kan jou tot blinde woede dryf soos bose geeste
jou tempteer, pla en tot blinde woede dryf.
Vlieë besmet oop wonde soos bose geeste emotionele wonde besmet.
Vlieë word getrek deur vullis soos bose geeste getrek word deur wellus en
pornografie en die vullis van sonde in 'n mens se lewe.
Vlieë kom deur die kleinste openinge jou huis binne soos bose geeste deur
die kleinste opening jou psige binnedring.
Vlieë bring die vrees van besmetting, soos bose geeste vrees bring.
Vlieë draai al om jou kop rond soos HaSatan en sy demone so hierdie naam Lord of the Flies "Beëlzebul" is vir my uiters van pas vir hom .
Ek het hierdie les op die god van die vlieë mooi gehoor en onthou hom mooi, wat sy oorsprong is en waar dit vandaan kom weet ek nie.
Mense Abba sê mooi vir ons, Hy is dieselfde gister, vandag en
môre tot in ewigheid, hierdie Skepper van ons YHWH, wie se Seun
Yahushua vir jou en my aan die stauros gesterf het, is steeds dieselfde
Skepper wat 'n bose gees oor Saul vaardig gemaak het, wat die nasies en
volke geslaan met met pes, swaard en hongersnood.
Hy wat elkeen vergeld na sy werke, Hy wat gely het en gesterf het en weer
opgestaan het, Hy wat die poorte na die hemel vir jou en my oopgemaak het, Hy wat red en verlos en bevry en vergewe, leer en troos, is ook Hy wat gaan kom en jou en my loon is by Hom. Hy kom om te oordeel die dooies en die lewendes, Hy kom nie as 'n MAK LAMMETJIE nie, Hy kom as ons REGTER.
Ek weet Hy is ook ons Advokaat, Hoë-priester, Vredevors, Geregtigheid,
Verlosser, maar die woord REGTER is die een wat my regop ruk en my laat
dink, diep dink, die woord wat maak dat ek na die balk in my eie oë grawe
om te probeer seker maak ek raak ontslae van al my ongeregtigheid en sonde sodat ek skoon en bruikbaar is vir Hom na die beste van my menslike vermoë en begrip.
Moet jou nie misgis met Wie jy te doen het nie, die wêreld maak Hom 'n
bespotting, 'n geleentheidsgod, 'n nutsartikel, 'n instrument by wie se
Naam hulle vele ander verlei, mislei om geld in hul sakke te kry om HaSatan
se planne deur te voer. Lees mooi wat ek nou sê, VREES jou Skepper, Hy kom as jou REGTER.
Vrees vir jou Skepper is die beginsel van alle wysheid en kennis van die
Afgesonderde Een is verstand Hy sê dit vir jou en vir my. Hierdie vrees vir
jou Skepper is nie vir my soos die vrees van die donker een nie, dit 'n
onbeskryflike gevoel van verheerliking, agting en respek vir Hom wat die
heelal in Sy handpalm hou, weet jy hoe klein ons is? Wie is ons om ons
ruggies teen Hom styf te trek?
Staan bietjie stil en kyk werklik na jouself vir presies wie jy is en vra
jouself die een simpel vraag: "Is ek warm of is ek koud", want as ek lou of
koud is, is ek dood, weet dit, glo dit want Hy belowe dit.
Mense, asseblief, ek is vandag 'n stem wat roep om vir jou te sê, moet HaSatan nie glo nie, moenie in sy strik trap nie, word wakker want hy wil jou hê, hy wil jou vernietig soos hy my amper vernietig het. En as jy dalk van die oortuiging is dat hy 'n sprokie is, iets uit 'n kinder-bangmaak storie, word wakker want hy is met jou, om jou, binne jou, ek weet, ek het hom en
sy demone binne myself gedra vir 40 lang jare van my lewe.
Vermorste jare, verlore jare en teen die einde het hy by my die lewe van
twee ander mense saam met my eie lewe ge-eis, dit was die finale prys aan
hom, die donker een, wat hy by my ge-eis het vir al die eer en diens wat ek
so getrou en uit vrye keuse aan hom gelewer het. By hom is daar geen guns,
geen liefde, geen vryheid van keuse, hy bestuur slegs deur vrees vir sy
wraak op jou of jou geliefdes, ek het sy wraak aan my eie lyf gevoel.
En hy verlei so sagkens, so stadig, so verlokkend, so soet, alles lyk so
reg, voel so goed op so baie maniere roep hy na ons en soos redelose skape
lei hy jou na sy slagbank om geslag te word deur allerhande lekker wêreldse dinge.
Ek meen wat is 'n ou bietjie tarot kaarte speel, of 'n bietjie
visualisering, of kanalisering, of glasie-glasie, of tafeltjie-tafeltjie,
of'n besoek aan 'n palmleser of waarsêer, of die lees van jou horoskoop,
die kyk na ʼn ou Harry Potter fliek , of ʼn Lord of the Rings of ʼn lekker
okkulte Stephen King, of glo aan reïnkarnasie en ewolusie, 'n bietjie
S&M, amper vergeet ek! Daar is ook nou ENGEL kaarte waar jy met die
ENGELE kan praat, ooooh, moet n pakkie van daai kry, sooooo interessant!
Of al daai lekkerrrrr dinge, dit doen mos nie skade nie, ek meen te sê, hoe
kan dit jou nou skade berokken, en so sluk hy jou in, stukkie vir stukkie,
sonde vir sonde.
Die lekker ou wellus, die drank /dwelm misbruik, los seksuele verhoudings,
owerspel, pornografie, die saamblyery, die losbandigheid, die gebrek aan
eerbied en respek, die ongehoorsaamheid, die afvalligheid, sataniese flieks en ander beeld en gedrukte okkulte materiaal, diefstal, egbreek, sodomie, die aborsies, kinderseks, bloedskande, prostitusie, bestialiteit, hoerery, homoseksualiteit, aanrandings, intimidasie, aaaaagh wat 'n verrotte lys en elkeen van hulle smaak so lekker op sy tyd, ek meen, wie sien jou, dis dan donker wanneer jy dit doen?
En in elk geval gaan party mense Sondae kerk toe om hul gewete skoon te
was, hul sonde te bedek met die "Bloed", dit aan die "kruis" vas te nael om
net weer die volgende dag aan te gaan waar hulle die vorige aand opgehou
het.
So 'n maklike geleentheidsgod, Hy vergewe op "order", maak nie saak dat jy
Hom oor en oor weer en weer folter as jy sondig nie, dis ok Hy is mos 'n
Lammetjie, Hy is mos Liefde, net Liefde en nie al die ander dinge ook nie.
Menige mens wat ek al mee gepraat het se siening van homself / haarself "Ek is 'n goeie mens, ek lewe in vrede met almal, ek oordeel niemand nie, ek
doen niemand skade aan nie, ek respekteer ander, ek glo in J-sus, al bly ek
saam, hoer en rumoer ek, glo ek aan reïnkarnasie of die ewolusie leer
be-oefen afgodediens, staan my huis vol afgodsbeelde of whatever nje nje
nje" Gaan dit aan en aan maar onthou hierdie woord, dit is nie 'n goeie
mens wat die ewige lewe be-erwe nie, maar 'n GEHOORSAME mens.
Vir diegene wat glo HaSatan is 'n sprokie, vir die wat nie sien nie en die
wat nie hoor nie, het ek een laaste woord, ek, ʼn vrou wat HaSatan vir 40 jaar gedien het, sy houvrou, wat dinge saam met hom gesien, gedoen, beleef en ervaar het wat jy nie eers in ʼn riller fliek te sien kry nie, ek sê vir jou
"Dream on" jy is in vir 'n ontsettende skok wanneer die uur slaan, want die
tyd word min, die dae is boos en die wêreld is verrot tot in sy kern.
Ek is nie 'n teoloog of geleerde in wysbegeerte of 'n professor of iets van
daardie aard nie. Ek is 'n kind van die Lig wat roep na ander kinders van
die Lig, met die kennis wat ek het, en ek hoop hulle hoor my sodat hulle
die gees van verblinding en verwarring en misleiding voor hulle oë kan
wegruk en die Waarheid sien soos dit is, dit alles staan geskrywe in Sy
Geesgedrewe Woord.
Ek as 'n voormalige okkultiese satanis gebruik die volgende om myself te beskerm teen aanslae vanuit die geestesrealm, en ek kry baie van hulle, soos julle ook, ek noem dit die Wapens van die Lig, ek deel dit graag met julle, met die hoop dat jy dit sal opneem en vir ons Skepper 'n goeie en getroue vegter kan wees, 'n gehoorsame vegter met Hom as jou Bevelvoerder, sodat Hy jou kan gebruik in die bres, in diens vir jou naaste en in diens aan Hom van wie alles is.
Geseënd is Hy en ek prys Sy Heerlike Naam!
Ek gaan my gebed met julle deel soos ek hom bid in 'n verkorte weergawe:
YHWH, Almagtige Skepper van Hemel en Aarde, In die Naam van Yahushua, my Verlosser, my Advokaat, my Regverdige Regter, dit is ek, mahdokt, U boodskapper wat U aanroep as Abba. Ek loof U en prys u vir U heerlike teenwoordigheid in my en om my.
Ek dank U Abba dat U voor my uittrek, dat U my agterhoede dek, dat U engele laer trek om my en my geliefdes. Ek dank U dat U wagte op my mure is, dat U my poorte gegrendel hou en dat U 'n muur van Vuur rondom my trek.
Ek dank U Abba dat U my verhoor in alles wat ek vra wat volgens U wil is, in die Naam van my Verlosser Yahushua, dat U my altyd verhoor, daarom vra ek in geloof en vertroue die volgende van U.
Vergewe my, my sondes en ongeregtigheid, reinig my sodat ek vir U van diens kan wees en onbesmet voor U Troon van Guns kan staan.
Ek neem op en dra U wapenrusting soos volg:
Die Helm van Verlossing
Die Borswapen van Geregtigheid
Die Gordel van Waarheid
Die Skoene van Vrede
Die Skild van Uitredding
Die Swaard van die RuachHaKodesh
Verder neem ek op Abba, U Lamp vir my voete en U Lig vir my pad, U is die
Lamp Abba en U is die Lig.
Ek neem my eie stauros op en volg waar U my lei in dankbaarheid en uit vrye keuse.
Abba , ek dank U vir die kragtige wapen van gebed.
Dan bid ek die Onse Vader en sluit af met Amein.
Asseblief, dra hierdie wapenrusting, besef ons geveg is teen gees nie teen
vlees nie, die is vir ons gegee as ons beskutting in die geestesrealm vir
'n doel en 'n rede.
Weereens, asseblief verstaan dat ek slegs praat van myself, my kennis, my
ervaringe. Ek fel geen oordeel oor jou of oor hoe jy glo nie, die keuse is
jou eie om te maak soos ek myne gemaak het.
En moenie my glo nie, gaan toets wat ek sê teen die Skrif en as jy my
skriftuurlik kan oortuig dat ek op ʼn dwaalspoor is, maak so, want Abba
weet, ek soek opreg na Sy aangesig. En een laaste groot begeerte, kan
AL Sy kinders nie maar saam glo aan ELKE wooord in die Skrif nie, presies
soos dit geskrywe staan nie?
Vrede vir jou wat hier lees.
Mahdokt
E-Sword Elektroniese Skrif Afr Ou Vertaling
1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef
of hulle uit YHWH is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan.
1Jn 4:2 Hieraan ken julle die Gees van YHWH: elke gees wat bely dat Yahushua in die vlees gekom het, is uit YHWH;
1Jn 4:3 en elke gees wat nie bely dat Yahushua in die vlees gekom het nie, is
nie uit YHWH nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor
het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
1Jn 4:4 Julle is uit YHWH, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in
julle is, groter is as hy wat in die wêreld is.
1Jn 4:5 Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die
wêreld luister na hulle.
1Jn 4:6 Ons is uit YHWH; hy wat YHWH ken, luister na ons; hy wat nie uit
YHWH is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die
Waarheid en die gees van die dwaling.
Jes 3 tot Jes 6 en Jakobus 1 tot Jakobus 4, dit hou boodskap vir jou en vir
my.
YHWH Nissi Hy is my Banier en my Oorwinning teen die magte van chaos!
Hersien 9de maand 5846 / 2010-11-20