Share This Page With Friends

Bookmark and Share

 

Jerusalem Time

 
 
 
 
 

Subscribe and Donate


 

 

Select Language

 

 

To return to English, press ‘Show Original’ button in upper right hand corner.  
 

Versteekte Sonde: ʼn Ope brief

The following manual (human) translations are also available.

English

 

Versteekte Sonde: ʼn Ope brief aan verkragters, pedofiele, molesteerders en aan hulle prooi
 
 
Vanaf die eerste week Chesvan (Okt.) 2010, het hierdie wilde begeerte, nee behoefte om hierdie artikel te skrywe in my vlam gevat. Wie sal weet hoekom? Wie sal weet waarnatoe dit sal lei? Wie sal dit lees? Net Abba SAL WEET. So skryf ek maar, en soos ek skrywe onthou ek en ek bid en ek huil. Nie omdat ek meer vasgevang is nie, maar omdat ek weet hoe dit proe, ruik, klink, voel en lyk.
 
In alledaagse samelewing loop hulle verby MY EN JOU, gewone ordinêre mans en vrouens wat hulself gruwelik vergryp aan die liggaam van ander. Kinders veral ʼn AANLOKLIKE, GEWILLIGE en BOONOP smaaklike prooi. So ONINGELIG, broos, so klein, so rein en so onskuldig, pêrels in die Skepper se Kroon. So ongekunsteld en so maklik om te mislei. So goedgelowig, opreg en nog so vry.
 
Sluit nie diere uit nie, in my eie lewe het ek ʼn blanke Suid Afrikaanse man ge-arresteer omdat hy seks gehad het met sy Labrador teef voor sy vrou, hy was steeds besig toe ons die kamer instap. Dan praat ek nie van wat op die plotte en plase aangaan nie, enigiets met ʼn gat loop deur, wat ʼn vieslikheid is los onder ons mense?
 
Statistieke wys dat ses uit elke 10 kinders mee gepeuter word, waarvan vier bekendes is wat die peuterwerk doen, en twee onbekendes. Bloedskande is van die hoogste ter wêreld  onder blanke Suid-Afrikaners. ʼn Sogenaamde "christelike " volk wat hulleself roem op hulle "gelowigheid". Sies man dis skandelik, waaraan meet ons volk dan ons sogenaamde skynheilige "VERHOUDING MET G-D” christelikheid" Watter gees is aan die werk onder die mense!
 
Daar word nie werk gemaak van die inwonende pedofiel of molesteerder nie, die familie beskerm hulle. Dis dan oupa of oom of boetie of pa of die dominiee wat hulself so vieslik vergryp? Wat sal die mense sê? OOOO wat ʼn skande!!! Bly maar eerder stil volk en fluister slegs oor die dinge agter gebakte hande en toe deure, die skandes in die familie!
 
Bogger die slagoffer, hy of sy moet maar die punch vat, wie gee om, nie ma of ouma nie? Wie voel ʼn veer dat hierdie vernielde kind opgroei en lewenslank dra aan ʼn hoop vullis en pyn daar geplaas deur ʼn wellustige vark of twee of drie?
 
Afrikaner-mense, my mense, stoere boere, ek praat met julle, julle wat hierdie gruwels pleeg, deur die hele spektrum, van ryk tot arm, vrot tot in julle siele.
Valse, agterbakse, verrotte mense wat julleself "Christene" noem, wat julleself as “beskaafd” beskryf, wat in die kerk sit, Sondag, en vannag aan julle wellus met die liggaam van ’n onskuldige kind uiting gee.
Ek weet ander nasies doen dit ook, maar ek praat met my mense, Afrikaners soos ek, my nasie, hoor my boodskap, hierdie is net vir jou geskrywe, lees dit aandagtig, met diepe aandag.
Ek weet in my psige, so seker as wat ek hier op hierdie stoel sit, dat ’n mens, man of vrou, of beide, wat kinders verniel, of mans of vroue, seksueel misbruik vir die gruwelike wellus wat in julle woon, hier gaan lees, Abba Vader sal sorg dat jy hier lees.
Ek praat nou direk met jou, nie in oordeel nie, die oordeel behoort nie aan my nie. Ek praat met jou om vir jou te sê dat dit wat jy doen, is daar geen verskoning voor nie, geen regverdiging voor nie.
Dit maak nie saak of dit met jou gebeur het nie, dit gee jou nie die reg om ’n ander een se lewe so te vernietig nie, ’n liggaam, ’n gees en siel te vermink nie, soos ’n klip wat jy in water gooi, die bose verder en verder te laat uitkring nie.
Hoe kan jy, ’n groot volwasse mens, die hartverskeurende gille van ’n onskuldige kind geniet, of van ’n man of ’n vrou? Hoe siek is jou siel om vir die pyn wat jy aan ’n kindjie of ander mens se liggaam doen, lekker te kry? Hoe verrot moet jy wees as iemand se vrees jou ’n orgasme gee? Dink jy regtig jy is normaal? Dink jy dit is jou reg?
Hoe lekker is dit om ’n kindjie se ingewande so te verskeur dat dit onder uit haar liggaampie hang? Watter lekker kan daar wees vir so iets? Besef jy hoe siek, hoe verrot en hoe verlore jy is?
Ek wat die bose ken, sou nie eers so laag gedaal het nie, en ek was boos op ’n vlak wat jy nie eers kan begryp nie, waarvoor jy geen insig het nie.
Ek, daardie eens bose vrou van ouds sê vir jou jy is verrot en sielsiek en in diens van Hasatan, net soos ek in sy diens gestaan het, en wat jy doen, doen jy omdat jy dit wil doen, dit is vir jou lekker. Dit is jou keuse en elkeen van hierdie dinge sê ek sonder oordeel verstaan dit ek sê dit in ernstige vermaning en uit liefde, glo dit ook maar.
Dink jy regtig dat jou Skepper jou dade nie sien nie, dat dit nie van jou verhaal gaan word nie? Ek het verskriklike nuus vir jou, en jy moet dit mooi lees, want op geen ander plek in die Nuwe Testament word die dood so duidelik aanbeveel nie, en dit deur die Verlosser self, Hy wat Liefde en Guns is.
Lees mooi, laat dit sink tot diep binne jou verrotte psige, hierdie woorde, brand hulle vas daar waar jou wellus lê, lees dit elke oggend en elke aand hardop, herhaal die woorde hardop elke dag van jou lewe sodat jy hulle ken, want jou loon wag vir jou.
Hy belowe dit vir jou, nie eers ’n redelose dier doen hierdie gruwel nie, maar jy, jy wat jouself beskaafd noem, jy wat jouself ’n mens noem, jy doen dit. Wat is jy?
Markus 9:42-48: “En elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ’n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.
En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om vermink die lewe in te gaan, as om twee hande te hê en in die hel te gaan in die onuitbluslike vuur,
waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
En as jou voet jou laat struikel, kap dit af. Dit is beter vir jou om kreupel die lewe in te gaan, as om twee voete te hê en in die hel gewerp te word in die onuitbluslike vuur,waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.
En as jou oog jou laat struikel, pluk dit uit. Dit is beter vir jou om met een oog die koninkryk van YHWH in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word,waar hulle wurm nie sterf en die vuur nie uitgeblus word nie.”
Ek het goeie raad vir jou, as jou privaatdele jou pla, kap dit af en gooi dit weg. Dit is my raad vir jou. Dit sal makliker gaan met jou sonder dit.
Ek raai jou aan, kry behandeling, nie by ’n sielkundige nie, maar by jou Hemelse Vader. Vergewe die wat teen jou oortree het, spreek hulle vry al verdien hulle dit nie, en dan bely jy elkeen van hierdie gruwelike sondes wat jy gepleeg het teenoor jou Skepper en vra Hom vir Sy vergifnis en guns oor jou en vergewe dan jouself in Sy Naam al verdien jy dit nie.
En waar jy kan, draai terug op jou lewenspad, gaan praat met daardie kinders, mans of vroue wat jy so verniel het, en verkry hulle vergifnis sodat hulle jou ook vry kan spreek en in die proses, vry kan word van dit wat jy aan hulle gedoen het.
 Jou hande aan hulle gedoen het, jou liggaam aan hulle gedoen het, wat jy gedoen het omdat jy dit wou doen, gekies het om dit te doen. Beter raad as dié sal jy in jou hele lewe nie kry nie.
Vir julle vroue wat weet dat julle man, seun of broer of pa of oupa of stiefpa hierdie gruwel met jou kind of enige ander kind pleeg, en jy hou jou oë toe en jy draai jou gesig van daardie kind of mens se pyn en lyding weg, suster, ek glo Abba Vader het ’n baie spesiale sitplek vir jou wat baie warm gaan wees, dink daaroor, dink diep daaroor.
Hoe kry jy dit oor jou hart? Is jy ’n mens? Is jy die naam mens enigsins werd? Jy het geen verskoning nie, niks, zilch, nada, en vir jou, jou loon wag ook, so sal die bloed van die slagoffers ge-eis word van julle ook.
En mag Hy julle begunstig as dit Sy wil is.
Weet jy net, as jy nie berou en bely nie, sal jy in die hel betaal vir wat jy gedoen het. Die ewige oordeel en die vuur wag vir jou en jou trawante want jy is ’n dienaar van Hasatan uit keuse en jou verrotte loon sal jy kry , soos ek myne gekry het en weer sal kry volgens die belofte.
Ek oordeel julle nie. Ek is vry van oordeel. Die woorde tot julle gespreek, die woorde sal julle oordeel in die laaste dag, dit is ’n belofte wat geskrywe staan, wat vas staan, want my en jou Skepper kan nie lieg nie.
Oordink jou sondige, verrotte en vervalle verlore menswees en bely en bekeer jouself.As jy voortgaan met hierdie euwel praktyk is jy dood. Dit is ’n belofte direk aan jou gemaak, opgeskrywe in die Woord van YHWH Yashushua en Hy sal die doodstraf oor jou volbring. Jy sal betaal. Lees dit maar in Sy Woord.
Vir die manne en vroue wat nog dra aan hulle pakke verrot wat deur hierdie demoniese mense in julle geplaas is, hier is raad vir julle ook; Vergewe hulle en seën hulle want dit is die ergste ding wat mens aan hulle kan doen, vergewe uit jou hart en bid dat Sy Gees oor hulle swewe om hulle op te wek uit die dood, want hulle is reeds dood al weet hulle dit nie is hulle net ʼn dop met ʼn hart wat klop.
Vrede vir julle.
 
YHWH Nissi!
 
© Mahdokt
Chesvan 2010
 
Hand 4-5 dankie Abba
 
Gaan ek Lag of gaan ek Huil
Meneer die Pedofiel jou lewe dans jy verby
op die hel se riel en dink so selfvoldaan
Niemand "sien" nie.
nog een vroetel nog een voel, dis dan so lekker
 
Goeie raad het ek vir jou kap daai vrot ding af my ou
raai tog wie se kierangs gaan braai
want soos jy saai so sal jy ook maai
ʼn vreeslike prys word van jou ge-eis
 
Elke kind deur jou verskeur, onteer, verrineweer
se bloedprys word van jou verhaal
op ʼn dag wat wag voor in jou breë pad
die een van smart getrap in ʼn ander se hart
 
En hulle en ek sal ons lag of sal ons huil?
As die kluite op jou kis se deksel klap
of sal elke verkragte, gemolesteerde, onteerde
dans op jou graf op ʼn helder maanlignag
 
Omdat almal weet jou eie vuur het jy gestook
met elke vroetel en elke voel
jou eindelose gewoel nag na nag, jaar na jaar
van kind tot onskuldige kind
 
Wie sal weet, net tyd sal leer
terwyl jy lê en wonder aand vir aand
wanneer gaan jou eie son dan onder
want ons wag vir daardie dag
 
O Ja! Ons wag vir daardie Dag van YHWH
Want die prys vir elke siel so deur jou verniel
gaan Hy Self van jou verhaal
Jy gaan met jou lewe, betaal.
 
@ Mahdokt
 
Jy wat jouself Man noem - Treur
Jy wat jouself Man noem
jou op eerbaarheid roem
glad met die bek, groot en sterk
as jy moet, dan praat jy Kerk
 
Jy wat jouself Man noem
het jou pêlle al ooit gevra
na die monster wat jy binne dra
in jou onpeilbare kuil
 
Jy wat jouself Man noem
wie sal dan ooit vermoed
watter demone daar in jou woed
gee jou aan jou drange oor-
 
Kind se siel - jy is min gestoor
 
Jy wat jouself Man noem
jy vat net wat jy wil hê
die kleintjie mag net vir niemand sê
volgens jou, ʼn liefdesdaad van Pa
 
Vir haar is jy ʼn Draak
 
Jy wat jouself Man noem
sluipend in die gange op en af
om seker te maak almal se ligte is af
begin jou bek te kwyl, jou piel verstyf
 
Fok, ek wonder voel jy ooit vuil?
 
Jy wat jouself Man noem
sluip saggies by my kamer in
voel jou, ruik jou, haat jou
my siel versplinter, ek los my lyf
 
Wyl jy saggies fluister - Voel, hy is styf
 
Jy wat jouself Man noem
ek kyk van bo af op jou neer
terwyl jy in my private grou
wat jy voel sal ek nooit weet
 
Wonder waaraan jy jou manlikheid meet
 
Jy wat jouself Man noem
jou dade het jou tot die hel verdoem
ek wonder of jy ooit sal raai
hoe ek jou in my drome afmaai
 
Ek was agt met die eerste keer
jy my kindwees van my wegskeur
al die jare Fok jy voort
in die hel is waar jy hoort
 
Jy wat jouself Man noem
die tye sleep verby - ek deel in drie
my lyf, my haat, my ek - stil en sku
my haat word later groter as jy
 
Ek droom oor manier om jou te laat ly
 
My lyf en ek - altyd apart
my haat dra my deur hierdie smart
veilige donker mantel wat ek dra
troos en koester sonder om te vra
 
Jy wat jouself Man noem
vermetel om op jou Vaderskap te roem
jy wat moes beskerm en vertroos
het net verniel en vernietig
want jy is boos.
 
© Triptiek
 

The following manual translations are also available. If you can improve on the existing translation, please send it to servant@nazareneisrael.org. Thank you.


English
 
Copyright 2010 by Stick of Ephraim | Terms Of Use | Privacy Statement